Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Grooot Verseboek
Grooot Verseboek [boodskap #55950] Di, 22 Januarie 2002 17:55 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is dit korrek - die nuutste Groot Verseboek het meer as 1,000 bladsye? Dit
laat mens wonner ... (en die Junior Verseboek - bestaan die ook nog?)

Is die samesteller nie meer kieskeurig nie - en kry elke ou wat rympies
skryf nou 'n beurt? Is dit nou soos onse sportspanne?

Of, het ons binne twee/drie dekades ontpop as 'n nasie van digters?

Word manne soos Koos Kombuis, Koos du Plessis ens. ook daarin gehuisves? Ek
vra dit met 'n rede. Want, as jou dinge nie gesing kan word nie, is dit m.i.
'n tipe akademiese blokkiesraaisel.

Wie het 'n elektroniese weergawe van die boek - wat seker volksbesit behoort
te wees?
Re: Grooot Verseboek [boodskap #55960 is 'n antwoord op boodskap #55950] Di, 22 Januarie 2002 21:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Is dit korrek - die nuutste Groot Verseboek het meer as 1,000 bladsye? Dit

> Is die samesteller nie meer kieskeurig nie - en kry elke ou wat rympies
> skryf nou 'n beurt? Is dit nou soos onse sportspanne?
>
> Of, het ons binne twee/drie dekades ontpop as 'n nasie van digters?

As ek reg onthou, is André Brink die nuwe
samesteller. Daar was glo ook meningsverskil
oor wat opgeneem is. Ek het eenkeer iets gelees
waar Andre Brink sy keuses verantwoord het.
Die oorsponklike een is saamgestel deur Dirk
Opperman, en volg tot 'n groot mate sy smaak
of litere politiek, waar dit by die keuses kom.
Daar is byvoorbeeld glad teveel gedigte van
Wilma Stockenstrom in, 'n protege van Opperman
wat stokkerige en intellektuele gedigte skryf.

Ek hoop dat daar in die nuwe bloemlesing minder
bladsye afgestaan word aan N P van Wyk Louw
(in die oue 50 bladsye) en volop aandag gegee
word aan mense soos Charl-Pierre Naude en
George Weideman, goeie sterk digters.

Gloudina
Re: Groot Verseboek [boodskap #55961 is 'n antwoord op boodskap #55950] Di, 22 Januarie 2002 22:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Red  Ryder  is tans af-lyn  Red Ryder
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Die Groot Verseboek 2000 het 942 bladsye en het wel verse van Koos Kombuis
en Koos du Plessis.

Die samesteller is André P. Brink.
'n CD Rom van hierdie boek getiteld Verswêreld is deur Logos gepubliseer en
word deur Tafelberg Uitgewers versprei. Die CD het ook foto's van verskeie
van die digters wat in die bundel verskyn plus voorlesings deur van die
digters self
asook verskeie toonsettings van verse wat hierin verskyn.

Philip de Vos

Jonas skryf in boodskap news:a2k92c$3i8$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Is dit korrek - die nuutste Groot Verseboek het meer as 1,000 bladsye? Dit
> laat mens wonner ... (en die Junior Verseboek - bestaan die ook nog?)
>
> Is die samesteller nie meer kieskeurig nie - en kry elke ou wat rympies
> skryf nou 'n beurt? Is dit nou soos onse sportspanne?
>
> Of, het ons binne twee/drie dekades ontpop as 'n nasie van digters?
>
> Word manne soos Koos Kombuis, Koos du Plessis ens. ook daarin gehuisves? Ek
> vra dit met 'n rede. Want, as jou dinge nie gesing kan word nie, is dit m.i.
> 'n tipe akademiese blokkiesraaisel.
>
> Wie het 'n elektroniese weergawe van die boek - wat seker volksbesit behoort
> te wees?
>
Re: Grooot Verseboek [boodskap #55965 is 'n antwoord op boodskap #55950] Wo, 23 Januarie 2002 00:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
me & bobby magee[1]  is tans af-lyn  me & bobby magee[1]
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:a2k92c$3i8$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Is dit korrek - die nuutste Groot Verseboek het meer as 1,000 bladsye?

Het juis gewonder oor die ekstra o in jou titel - dit is dan regtig 'n
ekstra groot Verseboek...

Tyd dat die oue vervang word - baie gedigte en digters daarin is redelik
verouderd en sommer doodgewoon boring.
Re: Groot Verseboek [boodskap #55998 is 'n antwoord op boodskap #55961] Wo, 23 Januarie 2002 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dki Philip.

"Red Ryder" skryf in boodskap news:3c4e33ae.0@news1.mweb.co.za...
> Die Groot Verseboek 2000 het 942 bladsye en het wel verse van Koos Kombuis
> en Koos du Plessis.
>
> Die samesteller is André P. Brink.
> 'n CD Rom van hierdie boek getiteld Verswêreld is deur Logos gepubliseer en
> word deur Tafelberg Uitgewers versprei. Die CD het ook foto's van verskeie
> van die digters wat in die bundel verskyn plus voorlesings deur van die
> digters self
> asook verskeie toonsettings van verse wat hierin verskyn.
>
> Philip de Vos
>
>
> Jonas wrote in message
> news:a2k92c$3i8$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Is dit korrek - die nuutste Groot Verseboek het meer as 1,000 bladsye? Dit
>> laat mens wonner ... (en die Junior Verseboek - bestaan die ook nog?)
>>
>> Is die samesteller nie meer kieskeurig nie - en kry elke ou wat rympies
>> skryf nou 'n beurt? Is dit nou soos onse sportspanne?
>>
>> Of, het ons binne twee/drie dekades ontpop as 'n nasie van digters?
>>
>> Word manne soos Koos Kombuis, Koos du Plessis ens. ook daarin gehuisves?
> Ek
>> vra dit met 'n rede. Want, as jou dinge nie gesing kan word nie, is dit
> m.i.
>> 'n tipe akademiese blokkiesraaisel.
>>
>> Wie het 'n elektroniese weergawe van die boek - wat seker volksbesit
> behoort
>> te wees?
>>
>
re: Groot Verseboek [boodskap #56086 is 'n antwoord op boodskap #55961] Vr, 25 Januarie 2002 04:39 Na vorige boodskap
Red  Ryder  is tans af-lyn  Red Ryder
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Die Groot Verseboek 2000 het 942 bladsye en het wel verse van Koos Kombuis
en Koos du Plessis.

Die samesteller is André P. Brink.
'n CD Rom van hierdie boek getiteld Verswêreld is deur Logos gepubliseer en
word deur Tafelberg Uitgewers versprei. Die CD het ook foto's van verskeie
van die digters wat in die bundel verskyn plus voorlesings deur van die
digters self
asook verskeie toonsettings van sommige verse wat hierin verskyn.

Philip de Vos

Jonas skryf in boodskap news:a2k92c$3i8$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Is dit korrek - die nuutste Groot Verseboek het meer as 1,000 bladsye? Dit
> laat mens wonner ... (en die Junior Verseboek - bestaan die ook nog?)
>
> Is die samesteller nie meer kieskeurig nie - en kry elke ou wat rympies
> skryf nou 'n beurt? Is dit nou soos onse sportspanne?
>
> Of, het ons binne twee/drie dekades ontpop as 'n nasie van digters?
>
> Word manne soos Koos Kombuis, Koos du Plessis ens. ook daarin gehuisves? Ek
> vra dit met 'n rede. Want, as jou dinge nie gesing kan word nie, is dit m.i.
> 'n tipe akademiese blokkiesraaisel.
>
> Wie het 'n elektroniese weergawe van die boek - wat seker volksbesit behoort
> te wees?
>
Vorige onderwerp: " Johannesburg 1997 " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: " Die Bidder " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 19:07:45 MGT 2024