Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Retief se manifes en Afrikaans
Retief se manifes en Afrikaans [boodskap #56085] Vr, 25 Januarie 2002 04:02 na volgende boodskap
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Retief se manifes en Afrikaans

Presies 165 jaar gelede, op 23 Januarie 1838, word Piet Retief se Manifes
in die Graham's Town Journal in Engels gepubliseer. Hoewel dit deesdae
verbode stof in die staatskole is, bly hierdie manifes met sy duidelike
uiteensetting van die redes vir die Groot Trek en sy aanklag teen die
Britse administrasie 'n belangrike deel van die Boerevolk se geskiedenis
van verset teen vreemde oorheersing en onderdrukking.

Die geldigheid van die besware in die manifes is deur niemand minder nie as
goewerneur sir George Napier in 'n brief aan lord Glenelg bevestig, Hoewel
hy Britse beleid in die openbaar verdedig het, erken hy aan Glenelg dat die
boere onherstelbare verliese ly weens rooftogte deur swartes, geen hoop op
kompensasie het nie en dat die situasie vir die Britse heersers buite
beheer geraak het. Ook sê hy dat die Boere self geen aanleiding vir die
rooftogte gee nie, dat hulle inderdaad onskuldige slagoffers is.

Dit is tog interessant dat hoewel Retief se manifes in Engels gepubliseer
is, die Groot Trek volgens die taalkenner prof. Jaap Steyn op die duur
belangrike taalgevolge vir die Afrikaner gehad het.

In die eerste plek het die grootskeepse uittog van die grensboere tot
gevolg gehad dat Oos-Kaapland feitlik heeltemal verengels het en dit vandag
nog is.

Die tweede gevolg was dat die Groot Trek Afrikaans oor 'n groot gebied van
Suider-Afrika verbrei het. In die nuwe state het Hollands vanselfsprekend
die taal van die staat, die regspleging, die kerk en die skool geword.

Die Transvaalse gondwet van 1858 het weliswaar nie bepalinge oor die
amptelike taal bevat nie, maar was natuurlik in Hollands.

Die Vrystaatse grondwet het egter spesifieke bepalings bevat wat Hollands
as die hooftaal, oftewel amptelike taak van die Republiek verskans het. Dit
is bepaal as die taal van alle geregshowe en regeringskantore,
dagvaardings, vonnisse, uitsprake, lasbriewe, instruksies, ordonnansies,
proklamasies ens. Dit het ook vir alle interdepartementele kommunikasies en
selfs briewe aan die staat gegeld. Dit was ook van toepassing op alle
plaaslike besture.

Hollands sou ook die taal van die onderwys wees en minstens die helfte van
die bedrag wat die staat vir die aankoop van biblioteke beskikbaar gestel
het, moes aan Hollandse boeke bestee word.

Die mense van die republieke het in voortdurende voeling met hulle familie
en vriende in die suide geleef en die nasionale en taaltrots het
aansteeklik op die Kapenaars ingewerk, skryf Steyn. Met die aanbreek van
die jare sewentig was daar tekens van 'n nasionale ontwaking en van dié tyd
af het al hoe meer Kaapse Afrikaners aanvalle begin doen op die verengelsde
staatskole en kerkskole.

Dit is 'n erkende feit dat die Groot Trek 'n deurslaggewende rol in ons
volkswording gespeel het en Retief se manifes, wat so sinoniem met die Trek
bly, moet ook gesien word as 'n bydraende faktor in die vorming en behoud
van Afrikaans.
Re: Retief se manifes en Afrikaans [boodskap #56122 is 'n antwoord op boodskap #56085] Vr, 25 Januarie 2002 09:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
david skryf in boodskap news:a2qlfv$7es$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Retief se manifes en Afrikaans
>
> Presies 165 jaar gelede, op 23 Januarie 1838, word Piet Retief se

Ag nee, het ek 'n hele jaar gemis:-((

Kan iemand my asb. sê hoe het dit toe verder met ons krieket en rugby gegaan
verlede jaar, sal ons vanjaar die krieket wereldbeker kan wen en wie is toe
aangestel as nuwe sprinbok afrigter???

;-)))
Re: Retief se manifes en Afrikaans [boodskap #56125 is 'n antwoord op boodskap #56122] Vr, 25 Januarie 2002 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sherbet!! Jy is darem lekka deurmeka' djong!!:))
Hulle speel nog krieket - ons moet nog ten minste 3 maal verloor om nie in
die eindstryd te speel nie.
Die Krieketwêreldbeker is eers later, en soos dinge nou lyk het ons nie 'n
kat se kans om te wen nie.
Daar is nog geen rugbyafrigter aangewys nie - ek sal die ng laat weet so gou
as ons weet wie die arme drommel is;))
Annette

.net> skryf in boodskap news:a2r96a$gno$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> david skryf in boodskap news:a2qlfv$7es$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Retief se manifes en Afrikaans
>>
>> Presies 165 jaar gelede, op 23 Januarie 1838, word Piet Retief se
>
> Ag nee, het ek 'n hele jaar gemis:-((
>
> Kan iemand my asb. sê hoe het dit toe verder met ons krieket en rugby gegaan
> verlede jaar, sal ons vanjaar die krieket wereldbeker kan wen en wie is toe
> aangestel as nuwe sprinbok afrigter???
>
> ;-)))
>
Re: Retief se manifes en Afrikaans [boodskap #56166 is 'n antwoord op boodskap #56085] Sa, 26 Januarie 2002 04:54 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

david wrote:

> Retief se manifes en Afrikaans
>
> Presies 165 jaar gelede, op 23 Januarie 1838, word Piet Retief se Manifes
> in die Graham's Town Journal in Engels gepubliseer. Hoewel dit deesdae
> verbode stof in die staatskole is, bly hierdie manifes met sy duidelike
> uiteensetting van die redes vir die Groot Trek en sy aanklag teen die
> Britse administrasie 'n belangrike deel van die Boerevolk se geskiedenis
> van verset teen vreemde oorheersing en onderdrukking.

Ek ken een van die nageslag van Piet
Retief. Hy sê dat in hulle familie
daar maar net aangeneem word dat Piet
Retief een van die vele grensboere
was wat getrek het om van hulle skulde
ontslae te raak. Die Groot Trek, belangrik
soos dit was as 'n sosio-ekonomiese
verskynsel, word egter glad te veel tot
'n amper godsdienstige ikoon verhef
en in mense se kele afgedruk. Ek twyfel
of informasie oor die Groot Trek "verbode
stof" is in die leerplanne van staatskole.
Maar om dit vir kinders te leer asof dit
gelyk staan aan Moses se uittog uit
Egipte, daardie dae is hopelik vir ewig
verby.

Gloudina
Vorige onderwerp: Turksvytyd
Volgende onderwerp: Die Wit Bladsye
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 03:39:14 MGT 2024