Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ds en sy vrou
Ds en sy vrou [boodskap #55908] Di, 22 Januarie 2002 07:14 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kort voor ons Desember gaan kuier het, het ons gou een van ons Engelse
predikante en sy gade gaan groet want hulle trek elders heen.

(Wow, sy's mooi! Van gelaat, postuur en geaardheid. En my wyfiemens sê
hy is self 'n hunk.)

Op pad terug herinner sy my aan 'n storie wat hy, die Ds self, eenkeer
vertel het. Kort na hulle troue het hulle een van die buurstate
besoek. Oorkant die grens moes hy persoonlike inligting verskaf aan 'n
ou wat agter 'n lessenaar sit.

"Surname and initials of you and your wife?" kom die eerste vraag.

Hy spel maar toe die van want dis moeilike een.

"Occupation?"

"Presbyterian Minister". antwoord hy.

Hy sien toe die ou weet nie mooi hoe om by die "Presb..." verby te kom
nie en spel dit toe ook maar.

"Wife's occupation?"

Hy dog toe as hy nou gaan sê "Ballerina" sal hy weer moet spel en sê
toe maar "Dancer."

Die ou kyk toe glo heel onthuts op en sê, "Sir, do you seriously want
to tell me that you work for the Lord and your wife works for the
Devil!?"

Drom

(Ons verlies is Durbanville se wins)
Re: Ds en sy vrou [boodskap #55947 is 'n antwoord op boodskap #55908] Di, 22 Januarie 2002 17:44 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis 'n mooi storie die ene ...

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0201212314.64d3f5e5@posting.google.com...
> Kort voor ons Desember gaan kuier het, het ons gou een van ons Engelse
> predikante en sy gade gaan groet want hulle trek elders heen.
>
> (Wow, sy's mooi! Van gelaat, postuur en geaardheid. En my wyfiemens sê
> hy is self 'n hunk.)
>
> Op pad terug herinner sy my aan 'n storie wat hy, die Ds self, eenkeer
> vertel het. Kort na hulle troue het hulle een van die buurstate
> besoek. Oorkant die grens moes hy persoonlike inligting verskaf aan 'n
> ou wat agter 'n lessenaar sit.
>
> "Surname and initials of you and your wife?" kom die eerste vraag.
>
> Hy spel maar toe die van want dis moeilike een.
>
> "Occupation?"
>
> "Presbyterian Minister". antwoord hy.
>
> Hy sien toe die ou weet nie mooi hoe om by die "Presb..." verby te kom
> nie en spel dit toe ook maar.
>
> "Wife's occupation?"
>
> Hy dog toe as hy nou gaan sê "Ballerina" sal hy weer moet spel en sê
> toe maar "Dancer."
>
> Die ou kyk toe glo heel onthuts op en sê, "Sir, do you seriously want
> to tell me that you work for the Lord and your wife works for the
> Devil!?"
>
> Drom
>
> (Ons verlies is Durbanville se wins)
Vorige onderwerp: Afrikaanse nuusgroep
Volgende onderwerp: Namakwalandse ghitaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 19:05:03 MGT 2024