Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » misdaadsyfer
misdaadsyfer [boodskap #55892] Ma, 21 Januarie 2002 20:59 na volgende boodskap
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Die nuwe Suid-Afrika lewer soms 'n interessantheidjie op. Die nuutste hang
saam met die misdaadsyfer van Pretoria. Daar is in 'n ondersoek bevind dat
misdaad in die stad besig is om toe te neem, selfs skrikwekkend toegeneem
het. Dit het op sy beurt aanleiding gegee tot navorsing oor die saak.
Volgens nuusberigte is die wetenskaplike verklaring vir die toename in
misdaad dat dit die skuld van die inwoners van Pretoria is. Hulle sou dan
nie voldoende voorsorg teen misdaad tref nie. Die skuldiges in die verhaal,
so is nou vasgestel, is die slagoffers van misdaad en nie die misdadigers
nie.

Hierdie stelling dui tog daarop dat wetenskaplikheid, die werklikheid en die
waarheid nie noodwendig onder alle omstandighede aanmekaar verbind is nie.
Laat ons dit so bekyk: Dit is natuurlik waar dat as die inwoners van
Pretoria so dom is om iets te besit, dan is dit moontlik om hulle daarvan te
beroof. Maar is die wetenskaplike en logiese oplossing dan dat dit die beste
is om niks te besit nie ? Inderdaad, as niemand iets besit nie, is roof
onmoontlik ! Maar dan word dit mos belaglike wetenskap.

Indien die "oplossing" vir diefstal is om niks te besit nie, dan kan gesê
word dat die ANC-regering se program om die witmense te teiken en
stelselmatig te verarm, eintlik 'n lofwaardige saak is want dan is dit 'n
program wat op die lang duur misdaad sal voorkom omdat niemand meer iets
besit nie !

So gesien is die oplossing vir die probleem van plaasmoorde dat daar geen
blanke boere moet wees nie. As dit waar is, is die pleeg van plaasmoorde 'n
bydra tot die oplossing van die probleem van boere wat op plase woon !

Dit lyk asof dit moontlik is om te redeneer dat in 'n tyd van droogte 'n
misoes die skuld van die boer is. Hy moes nooit so dom gewees het om te
ploeg en te plant nie. As daar niks is nie kan hy tog ook niks verloor nie!

Met hierdie soort wetenskaplike logika is alles moontlik.

Wat ons hier vind is die tipiese verontskuldigings-argument. Indien 'n mens
verontskuldig word, moet iemand of iets anders die skuld kry. As die misdaad
in Pretoria toeneem, kan dit en mag dit nie 'n toename in misdadigheid wees
nie. Daarom word die skuld op die slagoffer gepak wat iets het wat die
hebsug van die misdadiger gaande maak.

Hierdie soort redenasie is in ons dae al te algemeen. Dit het begin met die
aanvalle op "apartheid" om sodoende die skuld vir alles wat verkeerd loop af
te wentel van die ANC-regering. Dit is verstaanbaar. Dit is ook verstaanbaar
dat ter wille van politieke korrektheid die argumente deur wetenskaplikes
herhaal sal word. Maar dit beteken ook 'n vernietiging van geloofwaardigheid
en eerbaarheid.

Alles is moontlik. Dit is waar. Maar dit is ook waar dat die pad na Chaos en
die vernietiging van die gemeenskap die pad van die minste weerstand of dan
die pad van politieke korrektheid is.
Re: misdaadsyfer [boodskap #55898 is 'n antwoord op boodskap #55892] Di, 22 Januarie 2002 04:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
David
Ek het die berigte in die koerante met dieselfde verbasing gelees. Die
argumentasie daarin is dat die mense/bevolking nie genoeg doen om misdaad
hok te slaan nie.

Maar dit verduidelik geensins die onlangse skerp toename van misdaad in
Pretoria nie. Die argument is eintlik belaglik.

Een van die grootste enkele probleme is die versuim van die SAPS om misdaad
vas te vat waar dit sy oorsprong het. Soos leeglêers, beide wit en swart, in
openbare plekke soos parke, inkopiesentrums indiesmeer. (Ons poskantoor is
die afgelope 6 maande by 3 geleenthede reeds met AK's geroof - ek pos my
briefies maar versigtig ...)

Dit is 'n oortreding om 'n advertensiebord teen 'n paal/muur op te sit, en
is die boetes daarvoor pas verhoog. Maar, ten spyte van kapings by
kruispaaie, kan elke janrap en sy moer 'n advertensiebord vashou by hierdie
kruisings - hy kan jou kom pla met swart sakke en plastiese hangers - en
daaroor kan jy niks doen nie.

Hier op die Rand is daar nou al waarskuwingsborde, wat deur die
verkeersowerhede aangebring is, om jou te waarsku dat die kruising 'n
kapingsgevaarpunt is! Maar, die lapswaaiers, bedelaars en verkopers kan jou
maar daar tyster. Van jou, die publiek, word dit verwag om die verskil
tussen 'n kaper en bedelaar/verkoper te ken. Met die een moet jy beskaafd en
vriendelik wees, teen die ander moet jy jou kan verdedig.

Is daar iemand wat my kan inlig mbt wetgewing in die RSA rakende drentelary
("loitering") en "touting" (om iemand met jou produk / diens te teister)?

"david" skryf in boodskap news:a2hvh1$ebv$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Die nuwe Suid-Afrika lewer soms 'n interessantheidjie op. Die nuutste hang
> saam met die misdaadsyfer van Pretoria. Daar is in 'n ondersoek bevind dat
> misdaad in die stad besig is om toe te neem, selfs skrikwekkend toegeneem
> het. Dit het op sy beurt aanleiding gegee tot navorsing oor die saak.
> Volgens nuusberigte is die wetenskaplike verklaring vir die toename in
> misdaad dat dit die skuld van die inwoners van Pretoria is. Hulle sou dan
> nie voldoende voorsorg teen misdaad tref nie. Die skuldiges in die verhaal,
> so is nou vasgestel, is die slagoffers van misdaad en nie die misdadigers
> nie.
>
> Hierdie stelling dui tog daarop dat wetenskaplikheid, die werklikheid en die
> waarheid nie noodwendig onder alle omstandighede aanmekaar verbind is nie.
> Laat ons dit so bekyk: Dit is natuurlik waar dat as die inwoners van
> Pretoria so dom is om iets te besit, dan is dit moontlik om hulle daarvan te
> beroof. Maar is die wetenskaplike en logiese oplossing dan dat dit die beste
> is om niks te besit nie ? Inderdaad, as niemand iets besit nie, is roof
> onmoontlik ! Maar dan word dit mos belaglike wetenskap.
>
> Indien die "oplossing" vir diefstal is om niks te besit nie, dan kan gesê
> word dat die ANC-regering se program om die witmense te teiken en
> stelselmatig te verarm, eintlik 'n lofwaardige saak is want dan is dit 'n
> program wat op die lang duur misdaad sal voorkom omdat niemand meer iets
> besit nie !
>
> So gesien is die oplossing vir die probleem van plaasmoorde dat daar geen
> blanke boere moet wees nie. As dit waar is, is die pleeg van plaasmoorde 'n
> bydra tot die oplossing van die probleem van boere wat op plase woon !
>
> Dit lyk asof dit moontlik is om te redeneer dat in 'n tyd van droogte 'n
> misoes die skuld van die boer is. Hy moes nooit so dom gewees het om te
> ploeg en te plant nie. As daar niks is nie kan hy tog ook niks verloor nie!
>
> Met hierdie soort wetenskaplike logika is alles moontlik.
>
> Wat ons hier vind is die tipiese verontskuldigings-argument. Indien 'n mens
> verontskuldig word, moet iemand of iets anders die skuld kry. As die misdaad
> in Pretoria toeneem, kan dit en mag dit nie 'n toename in misdadigheid wees
> nie. Daarom word die skuld op die slagoffer gepak wat iets het wat die
> hebsug van die misdadiger gaande maak.
>
> Hierdie soort redenasie is in ons dae al te algemeen. Dit het begin met die
> aanvalle op "apartheid" om sodoende die skuld vir alles wat verkeerd loop af
> te wentel van die ANC-regering. Dit is verstaanbaar. Dit is ook verstaanbaar
> dat ter wille van politieke korrektheid die argumente deur wetenskaplikes
> herhaal sal word. Maar dit beteken ook 'n vernietiging van geloofwaardigheid
> en eerbaarheid.
>
> Alles is moontlik. Dit is waar. Maar dit is ook waar dat die pad na Chaos en
> die vernietiging van die gemeenskap die pad van die minste weerstand of dan
> die pad van politieke korrektheid is.
>
Re: misdaadsyfer [boodskap #55905 is 'n antwoord op boodskap #55892] Di, 22 Januarie 2002 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Jan 2002 22:59:04 +0200, "david" sent
the following message to space station Earth:

> Die nuwe Suid-Afrika lewer soms 'n interessantheidjie op. Die nuutste hang
> saam met die misdaadsyfer van Pretoria. Daar is in 'n ondersoek bevind dat
> misdaad in die stad besig is om toe te neem, selfs skrikwekkend toegeneem
> het. Dit het op sy beurt aanleiding gegee tot navorsing oor die saak.
> Volgens nuusberigte is die wetenskaplike verklaring vir die toename in
> misdaad dat dit die skuld van die inwoners van Pretoria is. Hulle sou dan
> nie voldoende voorsorg teen misdaad tref nie. Die skuldiges in die verhaal,
> so is nou vasgestel, is die slagoffers van misdaad en nie die misdadigers
> nie.

hierdie is iets wat al lank beweer word. telkens is daar die een of
ander beriggie in ons plaaslike koerant wat daarop wys dat ek dit of
dat verkeerd doen en vandaar die feit dat ek gehi-jack of beroof word.
jy betaal belasting, sit diefwering voor al jou vensters en deure, sit
hoe heinings en hekke op wat altyd gesluit is, sit `n alarm stelsel in
wat aan `n beheerkamer gekoppel is, sluit aan by die buurtwag, alles
op jou eie onkoste en nog steeds wil iemand jou besteel of vermoor.
skiet jy hom in die proses is jy skuldig daaraan dat jy sy menseregte
aangetas het. daar moet een drastiese verandering in ons regstelsel
gemaak word, as jy iemand anders se menseregte aantas offer jy jou eie
op. hoe kan jy iemand anders sin ontneem maar jou eie behou?

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Re: misdaadsyfer [boodskap #55924 is 'n antwoord op boodskap #55905] Di, 22 Januarie 2002 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Eergisteraand is 'n jong inginieur hier koelbleodig in sy eie huis geskiet
sonder warskuwing. 'n DVD-speler is geroof ....

Gee my net en rede waarom so 'n bliksemse moordenaar nie gehang moet word
nie.

"Threeships 'did you see that?? ' Mcduck" wrote in
message news:sj3q4ugbo3rocg5p1ombob8ua5h8jtr9kl@4ax.com...
> On Mon, 21 Jan 2002 22:59:04 +0200, "david" sent
> the following message to space station Earth:
>
>> Die nuwe Suid-Afrika lewer soms 'n interessantheidjie op. Die nuutste hang
>> saam met die misdaadsyfer van Pretoria. Daar is in 'n ondersoek bevind dat
>> misdaad in die stad besig is om toe te neem, selfs skrikwekkend toegeneem
>> het. Dit het op sy beurt aanleiding gegee tot navorsing oor die saak.
>> Volgens nuusberigte is die wetenskaplike verklaring vir die toename in
>> misdaad dat dit die skuld van die inwoners van Pretoria is. Hulle sou dan
>> nie voldoende voorsorg teen misdaad tref nie. Die skuldiges in die verhaal,
>> so is nou vasgestel, is die slagoffers van misdaad en nie die misdadigers
>> nie.
>
> hierdie is iets wat al lank beweer word. telkens is daar die een of
> ander beriggie in ons plaaslike koerant wat daarop wys dat ek dit of
> dat verkeerd doen en vandaar die feit dat ek gehi-jack of beroof word.
> jy betaal belasting, sit diefwering voor al jou vensters en deure, sit
> hoe heinings en hekke op wat altyd gesluit is, sit `n alarm stelsel in
> wat aan `n beheerkamer gekoppel is, sluit aan by die buurtwag, alles
> op jou eie onkoste en nog steeds wil iemand jou besteel of vermoor.
> skiet jy hom in die proses is jy skuldig daaraan dat jy sy menseregte
> aangetas het. daar moet een drastiese verandering in ons regstelsel
> gemaak word, as jy iemand anders se menseregte aantas offer jy jou eie
> op. hoe kan jy iemand anders sin ontneem maar jou eie behou?
>
>
>
>
>
> Threeships 'did you see that?' McDuck
> www.mothership.co.za
Re: misdaadsyfer [boodskap #56038 is 'n antwoord op boodskap #55924] Do, 24 Januarie 2002 11:25 Na vorige boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:a2jjio$rde$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Eergisteraand is 'n jong inginieur hier koelbleodig in sy eie huis geskiet
> sonder warskuwing. 'n DVD-speler is geroof ....
>
> Gee my net en rede waarom so 'n bliksemse moordenaar nie gehang moet word
> nie.
>
>

Ons nuwe Suid-Afrika noem dit menseregte Jonas. Ek sal nou graag wil sien
dat so 'n geval se werklike slagoffers, die familie van die vermoorde, die
staat dagvaar vir die tipe onderhoud wat 'n eggenoot en pa sy familie sou
gee vir die volgende vyftig? jaar. Die gronde van so 'n eis?? Vir my is
dit heel eenvoudig. Belastingbetalers betaal vir 'n diens. Een van die
baie dienste wat die staat veronderstel is om te lewer is die beskerming van
elke landsburger se veiligheid. "MOENIE DIE REG IN EIE HANDE NEEM NIE" hoor
ons elke dag.

Iemand moet net die emosionele kant ignoreer en die staat dagvaar skoon op
goeie besigheidsbeginsels. Daardie arme outjie het betaal vir 'n diens wat
nie gelewer is nie. Dit klink seker heel simplisties, maar hel, iewers moet
iets gedoen word.
Vorige onderwerp: Kaaitjie se Kind
Volgende onderwerp: Lotto-suinigheid.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:05:43 MGT 2024