Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Status van Afrikaans: Klaery doen skade
Status van Afrikaans: Klaery doen skade [boodskap #5315] Sa, 20 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
ber...  is tans af-lyn  ber...
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Afrikaans kan nie amptelik 'n beter posisie verwag as enige van die ander
inheemse tale in ons land nie. Nie in die SAUK, Staatsdiens of enige ander
plek nie. Om realisties te wees behoort ons, soos Namibië, Engels as amptelike
voertaal te aanvaar en die ander tale te hanteer volgens hehoefte, bv in skole
om onderrig in moedertaal te verseker, in die regstelsel om aangeklaagdes of
getuies in hulle moedertaal te bedien, ens.

Verder word die aanvaarbaarheid van 'n taal deur sy sprekers bepaal en
sal taalbelange bevorder word deur die gebruikers wat daarvoor omgee. Nie deur
wetlike beskerming of bevoorregting nie.

Die gekerm en gesanik in sommige Afrikaanse koerante, soos Die Burger, doen na
my mening die belange van Afrikaans baie skade aan. In my beperkte kring het
verskeie anderstaliges wat Afrikaans goedgesind is reeds simpatie verloor met
Afrikaans as gevolg van hierdie kinderagtige gekerm wat sy wortels het in
die bedorwenheid van die bevoorregte verlede.

Afrikaans is 'n pragtige taal en verbruikersvriendelik. Die engheid waarmee
sekere instansies en groepe dit nou probeer beskerm is 'n verleentheid vir
menige Afrikaanssprekendes en simpatiseerders van die taal. 'n Positiewe, oop
en bevryde benadering tot hierdie kwessie sal baie meer vir die taal beteken
en sal die taal se status as brugbouer tussen 1ste en 3de wêreld bevorder. Die
toekoms van die taal lê in die gebruik daarvan en daarom moet ons nie vyande
maak vir die taal nie.

Afrikaans is ook nie 'n blanke taal nie. Meer nie-blankes praat die taal as
blankes en hulle, meer as enige ander belangegroep, sal die voortbestaan en
bevordering van Afrikaans verseker.

Chris
Kaapstad
Re: Status van Afrikaans: Klaery doen skade [boodskap #5344 is 'n antwoord op boodskap #5315] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
ber...@iafrica.com wrote:
Re: Status van Afrikaans: Klaery doen skade [boodskap #5423 is 'n antwoord op boodskap #5315] Wo, 24 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Frederick Peter Eek wrote:


Amerika is die meeste mense se tweede taal Spaans. Ek sien nie dat ABC[/color]
> of NBC nou Spaans hulle ankertaal maak nie. Waarom moet almal in die
> land (behalwe die handjievol vir wie Engels 'n eerste taal is) nou vir
> altyd aan die agterspeen suig.>>>

Dis eintlik baie eenvoudig. In 'n land soos Suid-Afrika waar daar so
baie tale is, is die algemene tweede taal die een waarin die mense met
mekaar praat.
As ek in KwaZulu reis (ek praat nie Zulu nie) gaan ek in Engels
probeer regkom. Dieselfde in plekke waar ek nie Xhosa, Tswana en
Sotho praat nie.
(Ek weet in van die plekke is Afrikaans in der waarheid die 2 de taal,
maar ek wil 'n argument en beginsel stel hier).
Die tweede taal raak dus die taal waarin mense wat saam moet leef en
werk mekaar die meeste kere vind.
Waarom is dit Engels? Wie weet wat alles daarin gegaan het, maar
vandag is dit die werklikheid. Miskien het Amerika se ekonomiese mag,
die feit dat rekenaars in Engels gebou is en rolprente iets daarmee te
doen.
Dit hoef nie Afrikaans te bedreig nie, die algemene tweede taal. As
Engels almal se tweede taal is, het almal mos onderskeie eerste tale
wat 'n kulturele rykdom en diversiteit skep.
Wat 'n mens moet doen is eenvoudig om Afrikaans met jou gesin te
praat (en hulle met Engels toe te rus ook - en enige ander taal) en
'n goeie, beskaafde mens te wees wat deelneem aan die opbou van die
land en ander mense respekteer, leer ken en dinge saam geniet.
Dan se van die mense dalk eendag (in hulle iee taal) : "Haai daai
man/vrou/kind is so 'n aangename mens, ek gaan meer oor haar
agtergrond probeer uitvind. Daardie soort mense lyk na goeie mense."
En daar, eensklaps, is iets gewen.

Waarom die Spaans in die VSA nie dieselfde as Engels in SA is nie, is
vir my voor die hand liggend.
Re: Status van Afrikaans: Klaery doen skade [boodskap #5424 is 'n antwoord op boodskap #5315] Wo, 24 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frederick Peter Eek  is tans af-lyn  Frederick Peter Eek
Boodskappe: 14
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek weet nie waarom ons nou alles om die tweede taal moet laat draai nie.
Dit is waar dat meer nie-blankes Afrikaans praat as blankes. As jy egter
kyk na wie dit as eerste taal praat is dit egter nie waar nie.

Wat maak dit saak dat Engels die meeste mense se tweede taal is. In
Amerika is die meeste mense se tweede taal Spaans. Ek sien nie dat ABC
of NBC nou Spaans hulle ankertaal maak nie. Waarom moet almal in die
land (behalwe die handjievol vir wie Engels 'n eerste taal is) nou vir
altyd aan die agterspeen suig.

Ek moet julle egter gelyk gee - die klaery doen skade. Dit stel
Afrikaanssprekendes voor as morpotte wat op hulle agterente sit en kla.
Ek dink dit het lankal tyd geword dat Die Burger moet ophou kla en
bietjie aksie begin neem.
Re: Status van Afrikaans: Klaery doen skade [boodskap #5437 is 'n antwoord op boodskap #5315] Do, 25 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
william howard  is tans af-lyn  william howard
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:
> Frederick Peter Eek wrote:
>
>
> In
>> Amerika is die meeste mense se tweede taal Spaans. Ek sien nie dat ABC
>> of NBC nou Spaans hulle ankertaal maak nie. Waarom moet almal in die
>> land (behalwe die handjievol vir wie Engels 'n eerste taal is) nou vir
>> altyd aan die agterspeen suig.>>>
>
> Dis eintlik baie eenvoudig. In 'n land soos Suid-Afrika waar daar so
> baie tale is, is die algemene tweede taal die een waarin die mense met
> mekaar praat.

Gestel die volgende:

50% van die land se huistaal is taal X; tweede tale is 30% Z en 20% Y
50% (die res) se huistaal is taal Y; tweede tale is 30% X en 20% Z

Hiervolgens moet ons taal Z gebruik omdat 50% dit as tweede taal verkies, 30% X en
20% Z. MAAR na regte is taal X die taal wat deur die meeste mense gepraat word, 80%
X 70% Y en 50% Z. Dus as jy nie die plaaslike taal ken nie is X die mees
waarskynlike taal wat verstaan gaan word.

Wat ek hierdeur probeer illustreer is dat, om die term GROOTSTE TWEEDE TAAL te
gebruik alleenlik beduidend is indien jy dit kwalifiseer met syfers!

>
> Waarom die Spaans in die VSA nie dieselfde as Engels in SA is nie, is
> vir my voor die hand liggend.
>

Wat is so voor die hand liggend daaraan? Verduidelik asseblief.

William Howard
Re: Status van Afrikaans: Klaery doen skade [boodskap #5585 is 'n antwoord op boodskap #5315] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Sandilands[2]  is tans af-lyn  Robert Sandilands[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Frederick Peter Eek (f...@nanoteq.co.za) wrote:
: Ek weet nie waarom ons nou alles om die tweede taal moet laat draai nie.
: Dit is waar dat meer nie-blankes Afrikaans praat as blankes. As jy egter
: kyk na wie dit as eerste taal praat is dit egter nie waar nie.

Statistiek kan 'n mense verdraai om by jou te pas. Die hoeveelheid eerste
taal/tweede taal gebruikers is vir my nie die punt nie.

: Ek moet julle egter gelyk gee - die klaery doen skade. Dit stel
: Afrikaanssprekendes voor as morpotte wat op hulle agterente sit en kla.
: Ek dink dit het lankal tyd geword dat Die Burger moet ophou kla en
: bietjie aksie begin neem.

Ek stem nie heeltemal saam nie. Ons as Suid Afrikaners en spesifiek
Afrikaners vind dit heeltemal te maklik om die gemors te vat en daar
te los. Die eerste stap na 'n samelewing wat iets doen aan sy
omstandighede is een wat bewus is van sy probleme is en die wil ontwikkel
om iets daarom te doen.

My grootste probleem met die SAUK/Afrikaans is die feit dat die nie 'n
wen-wen posisie is nie. Afrikaans, Xhosa, Zoeloe ,Sotho verloor tenoor
Engels. Die selfde geveg wat daar in 1940+ was vir die behoud van
Afrikaans word nou weer geveg. Toe was daar pogings om Afrikaans 'n
nietige kombuistaal te maak. Die mense het toe opgestaan - gekla - en
gedoen. Afrikaans is vandag 'n sterker taal.

Ek kry ook die gevoel dat daar vooraf besluit is dat Afrikaners gaan
"gestraf" word vir wie/wat hulle is en daarom word dit verminder of
TV - daarna is die nodige statistiek uit die hoed gepluk om hul standpunt
te bewys.

--
____________________________________________________________ _____________
Nobody has the honor/dishonor to be held responsible for any of the
boblygook expressed in this long winded combination of primitive symbols
------------------------------------------------------------ -------------
Robert Sandilands - An Engineer and computer slave.
Virus Analyst : CSIR Virus Protection Services
Tel: +27-12-841-2106, Fax: +27-12-841-3037, Email: rob...@vps.cis.co.za
------------------------------------------------------------ -------------
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5632] Re: DS: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA -
Volgende onderwerp: Wat gebeur hier!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:16:54 MGT 2024