Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat gebeur hier!!
Wat gebeur hier!! [boodskap #5382] Di, 23 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hoe lewensvatbaar is die forum?
Ek het gou 'n telling gemaak en van die 116 berigte in my legger was
90 afkomstig van DS:[AFRIKAANS] wat ek vermoed 'n e-mail-stelsel is
bestaande uit 'n geslote groep. Dit lyk asof bydraes daaruit op die
forum geplaas word.
Dit bevat interresante argumente en standpunte, maar 'n mens wonder
of jy alles sien.
Hoe kan jy weet wat daar bespreek word?
Dit maak gewone forum-deelnemers buitestaanders tot die hoofstroom
van die groep.
En as al die AD [AFRIKAANS]-bydrae hier geplaas word, wonder 'n mens
wat is die nut van een van die twee wat gedupliseer word?
Is dit inderdaad 'n geslote gespreksgroep?
(Miskien is daar meer lewe en demokrasie in soc.culture.south-africa.)
Re: Wat gebeur hier!! [boodskap #5419 is 'n antwoord op boodskap #5382] Wo, 24 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frederick Peter Eek  is tans af-lyn  Frederick Peter Eek
Boodskappe: 14
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek het nou vir die eerste keer NUUS gekry en kan nou hier ook saam met
julle gesels. Die poslys is nie 'n geslote lys nie, en was volgens my
kennis die oorsprong vir hierdie nuusgroep. As jy by die poslys wil
aansluit stuur die boodskap subscribe afrikaans na
lists...@unseen.aztec.co.za. Toe die nuusgroep gestig is, was daar
baie bespreking op die poslys oor hoe die lys en nuusgroep aan mekaar
gekoppel moet word. Robert het die vestiging van die nuusgroep op hom
geneem. Hoekom vra jy hom nie?
Re: Wat gebeur hier!! [boodskap #5420 is 'n antwoord op boodskap #5382] Wo, 24 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
joh...  is tans af-lyn  joh...
Boodskappe: 25
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , fe...@is.co.za (Koos) wrote:
>
> Hoe lewensvatbaar is die forum?
> Ek het gou 'n telling gemaak en van die 116 berigte in my legger was
> 90 afkomstig van DS:[AFRIKAANS] wat ek vermoed 'n e-mail-stelsel is
> bestaande uit 'n geslote groep. Dit lyk asof bydraes daaruit op die
> forum geplaas word.
> Dit bevat interresante argumente en standpunte, maar 'n mens wonder
> of jy alles sien.
> Hoe kan jy weet wat daar bespreek word?
> Dit maak gewone forum-deelnemers buitestaanders tot die hoofstroom
> van die groep.
> En as al die AD [AFRIKAANS]-bydrae hier geplaas word, wonder 'n mens
> wat is die nut van een van die twee wat gedupliseer word?
> Is dit inderdaad 'n geslote gespreksgroep?
> (Miskien is daar meer lewe en demokrasie in soc.culture.south-africa.)
>
---------
Ek dink die twee groepe : soc.culture.south-africa en die mailing-list van
Robert Wagenaar behoort twee afsonderlike groepe te wees. Publiseer asb. die
address waar aansoek gedoen kan vir om op die mailing list geplaas te word en
dan kan almal wat daarin belangstel daarby aansluit. Net een vraag: Is daar
enige iemand wat slegs Usenet toegang het en nie 'n eMail addr nie?

Cheers
Johann
-----------------------------------------
Johann Fourie, Open System Integrators
email : joh...@osi.co.za
Location:Land of the RUGBY WORLD CHAMPIONS(and a bloody good cricket team!)


-----------------------------------------
Johann Fourie, Open System Integrators
email : joh...@osi.co.za
Location: The land of the RUGBY WORLD CHAMPIONS.
Re: Wat gebeur hier!! [boodskap #5432 is 'n antwoord op boodskap #5382] Do, 25 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
fe...@is.co.za (Koos) schreef:


> Hoe lewensvatbaar is die forum?
> Ek het gou 'n telling gemaak en van die 116 berigte in my legger was
> 90 afkomstig van DS:[AFRIKAANS] wat ek vermoed 'n e-mail-stelsel is
> bestaande uit 'n geslote groep. Dit lyk asof bydraes daaruit op die
> forum geplaas word.

> Dit bevat interresante argumente en standpunte, maar 'n mens wonder
> of jy alles sien.>

Dit is 'n volkomen ongegronde beskuldiging, dit IS alle berigte. Jy
kan dit voor jouself kontroleer deur in te skryf op die forum: stuur
'n epos-berig na lists...@unseen.aztec.co.za met as inhoud SUBSCRIBE
afrikaans .

> Hoe kan jy weet wat daar bespreek word?

Deur te lees!!!! Hoe anders?????

> Dit maak gewone forum-deelnemers buitestaanders tot die hoofstroom
> van die groep.

NEE! Die epos-forum is net 'n andere tegniese manier om dieselfe
informasie te benader. Jou beskuldiging is sonder rede.

> En as al die AD [AFRIKAANS]-bydrae hier geplaas word, wonder 'n mens
> wat is die nut van een van die twee wat gedupliseer word?

Omdat dit die moontlikhede bied om die informasie op verskillende
maniere te benader. Daar is 'n DEMOKRATIESE, OFFISIELE stemming oor
hierdie saak gewees. Die meerderheid van die mense het daarvoor
gestem, dat die artikels tussen die nuusgroep en die epos-forum
uitgewissel word.

> Is dit inderdaad 'n geslote gespreksgroep?

Nee. Maar wanneer jou voorstel, loskoppeling van die nuusgroep en die
epos-forum uitgevoerd word, dan word dit de-facto 'n geslote
nuusgroep. Die koppeling is juis bedoel om daarvoor te sorg, dat die
diskussies in die openheid gebeur, sodat iedereen dit kan lees.
Wanneer die AFRIKAANS[xxxx]-berigte verdwyn, sal baie mense die nie
meer lees nie.

Die drempel vir 'n epos-forum is baie hoger dan voor 'n nuusgroep.
Daar is baie mense die nie in staat is nie om in te skryf op 'n
epos-forum, omdat dit te ingewikkeld is. Daar is egter ook mense die
net toegang het tot epos en nie tot nuusgroep nie.

Dit is wel so, dat die koppeling op hierdie moment handmatig is,
daardeur kan het ek die moontlikheid om artikels te filter, MAAR EK
DOEN DIT NIE. Die koppeling moet so snel as moontlik automatisch word,
maar ek het nog nie iemand gevind die dit wil doen nie.

> (Miskien is daar meer lewe en demokrasie in soc.culture.south-africa.)

Iedereen die daartoe behoefte voel kan in hierdie nuusgroep (en dus
ook in die epos-forum, die berigte word in twee rigtinge deurgestuur)
pos. Daar is geen enkele geslotenheid: iedereen kan pos, in die taal
die hy/sy wil en met die onderwerpe/meninge die hy/sy het.

Robert.
Re: Wat gebeur hier!! [boodskap #5465 is 'n antwoord op boodskap #5382] Vr, 26 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos (fe...@is.co.za) wrote:

: Hoe lewensvatbaar is die forum?
: Ek het gou 'n telling gemaak en van die 116 berigte in my legger was
: 90 afkomstig van DS:[AFRIKAANS] wat ek vermoed 'n e-mail-stelsel is
: bestaande uit 'n geslote groep. Dit lyk asof bydraes daaruit op die
: forum geplaas word.
: Dit bevat interresante argumente en standpunte, maar 'n mens wonder
: of jy alles sien.
: Hoe kan jy weet wat daar bespreek word?
: Dit maak gewone forum-deelnemers buitestaanders tot die hoofstroom
: van die groep.
: En as al die AD [AFRIKAANS]-bydrae hier geplaas word, wonder 'n mens
: wat is die nut van een van die twee wat gedupliseer word?
: Is dit inderdaad 'n geslote gespreksgroep?
: (Miskien is daar meer lewe en demokrasie in soc.culture.south-africa.)

Jy is darem baie haastig met jou uitlatings. As jy die hele geskiedenis
van die Afrikaanse nuusgroep en poslys ken, sal jy weet waarom daar
boodskappe van die poslys op die nuusgroep verskyn.

Ek was, saam met Marco Van Het Hoog en andere, van die eerstes wat 'n
soc.culture.afrikaans op die been probeer bring het - dit was twee of
drie jaar gelede. Ons aanvanklike poging het vir verskeie redes misluk
(die vernaamste rede was valse stemme wat uitgebring is), maar
terselfdertyd is die Afrikaanse poslys gestig om die leemte te vul.
Ek neem geen krediet hiervoor nie, maar die verantwoordelike persoon
se naam ontgaan my op die oomblik.

Ander mense (hoofsaaklik Robert Wagenaar in Amsterdam) het 'n nuwe
poging vir 'n nuusgroep van stapel gestuur, wat toe geslaag het.
Robert was nog altyd 'n gereelde bydraer tot die poslys, en hy herlei
die boodskappe na die nuusgroep, en andersom, op 'n wyse wat in
oorlegpleging (ja, demokraties!) met die poslyslede besluit is. Ek
verwag dat mense geleidelik na die nuusgroep sal migreer, maar almal
het nie toegang tot Usenet nuusgroepe nie, gevolglik verkies sommiges
nog steeds die poslys.

Ek vergeet wat die presiese metode is om op die poslys in te skryf.
Miskien kan iemand anders die instruksies weer hier plaas.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: Wat gebeur hier!! [boodskap #5481 is 'n antwoord op boodskap #5382] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
de...@aqua.ccwr.ac.za (Reinier de Vos) wrote:


van die Afrikaanse nuusgroep en poslys ken, >>>[/color]

Jy ook.
Ek was - soos jy seker sal kan onthou - nie deel van julle poslys nie
en was dus nooit ingelig oor wat julle die afgelope twee jaar besluit
en gedoen het nie.
Dit was ook nooit common knowledge in die koffiehuise, restaurante en
kroee" van Johannesburg nie.
Toe vra ek.
oes ek gevra het of ek kan vra?
Gevra het of daar iets is waaroor ek kan vra of ek kan vra?

die boodskappe na die nuusgroep, en andersom, op 'n wyse wat in[/color]
> oorlegpleging (ja, demokraties!) met die poslyslede besluit is. >>

et Robert het ek geen argument nie. Hy is duidelik die een wat alles
aan die gang hou.
Net 'n totaal irellevante puntjie: Demokraties tot die stigting van
die forum, ja. Daarna begin 'n ander werklikheid. Die demokrasie van
die poslys is nie die demokrasie van die forum nie.
Cheers,
Ferdi
Re: Wat gebeur hier!! [boodskap #5537 is 'n antwoord op boodskap #5382] Di, 30 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
avdm...  is tans af-lyn  avdm...
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article wage...@xs4all.nl (Robert Wagenaar) writes:

> fe...@is.co.za (Koos) schreef:


>> Hoe lewensvatbaar is die forum?
>> Ek het gou 'n telling gemaak en van die 116 berigte in my legger was
>> 90 afkomstig van DS:[AFRIKAANS] wat ek vermoed 'n e-mail-stelsel is
>> bestaande uit 'n geslote groep. Dit lyk asof bydraes daaruit op die
>> forum geplaas word.

>> Dit bevat interresante argumente en standpunte, maar 'n mens wonder
>> of jy alles sien.>

> Dit is 'n volkomen ongegronde beskuldiging, dit IS alle berigte. Jy
> kan dit voor jouself kontroleer deur in te skryf op die forum: stuur
> 'n epos-berig na lists...@unseen.aztec.co.za met as inhoud SUBSCRIBE
> afrikaans .

Hokaai! Laat my tot ferdi/koos se verdediging kom hier: dit is ooglopend
vanuit die soms gebroke drade (threads) dat nie ALLE boodskappe vanuit die
afr e-pos groep "hier" verskyn nie. Ek plaas "hier" in aanhalingstekens, want
"hier" is 'n funksie van die server waarvandaan die leser sy nuusgroep kry.
Uit ondervinding weet ek dat nie alle boodskappe verskyn op die server wat my
bedien nie (op ander groepe ook, nie net scsaa nie). Mens moet maar saamleef
met die feit dat die Net nie onfeilbaar is nie. Wees net versigtig voor jy
jou voet in jou mond sit...

groete
andre
Re: Wat gebeur hier!! [boodskap #5538 is 'n antwoord op boodskap #5382] Di, 30 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
fe...@is.co.za (Koos) schreef:

> Net 'n totaal irellevante puntjie: Demokraties tot die stigting van
> die forum, ja. Daarna begin 'n ander werklikheid. Die demokrasie van
> die poslys is nie die demokrasie van die forum nie.

Ja, maar in die charter van die *FORUM* (nuusgroep), waaroor gestem
is door middel van die offisiele USENET (nuusgroep) prosedure, het
'n diskussie plaatsgevind in news.groups en is 'n stemming met 'n
onafhankelike votetaker gehou, die gewin is deur die ja-side.

In hierdie charter sta o.a. beskryf dat daar 'n koppeling is tussen
die poslys en die nuusgroep.

aar, ek stem saam:

GEBRUIK LIEWER DIE NUUSGROEP, die poslys is in principe net vir mense
die geen NEWS-toegang het nie.

Robert.
Re: Wat gebeur hier!! [boodskap #5572 is 'n antwoord op boodskap #5382] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef
avdm...@miningt1.csir.co.za:

> In article wage...@xs4all.nl (Robert Wagenaar) writes:

>> Dit is 'n volkomen ongegronde beskuldiging, dit IS alle berigte. Jy
>> kan dit voor jouself kontroleer deur in te skryf op die forum: stuur
>> 'n epos-berig na lists...@unseen.aztec.co.za met as inhoud SUBSCRIBE
>> afrikaans .

> Hokaai! Laat my tot ferdi/koos se verdediging kom hier: dit is ooglopend
> vanuit die soms gebroke drade (threads) dat nie ALLE boodskappe vanuit die
> afr e-pos groep "hier" verskyn nie. Ek plaas "hier" in aanhalingstekens, want
> "hier" is 'n funksie van die server waarvandaan die leser sy nuusgroep kry.
> Uit ondervinding weet ek dat nie alle boodskappe verskyn op die server wat my
> bedien nie (op ander groepe ook, nie net scsaa nie). Mens moet maar saamleef
> met die feit dat die Net nie onfeilbaar is nie. Wees net versigtig voor jy
> jou voet in jou mond sit...

Is jy seker dat daar boodskappe ontbreek? Hier (news.xs4all.nl)
ontbreek werkelik geen boodskappe (dit is eenvoudig te kontroller,
deur te kyk na die nummers van die AFRIKAANS[XXXX] artikels. Als die
XXXX nummers nie doorlopend is nie, dan ontbreek daar artikels.

Die feit dat die 'threads' gebroke is, word nie noodsaaklik
veroorsaak deur die feit dat artikels ontbreek:

die Epos-server gee die artikels steeds nuwe nummers in die titel,
waardeur die artikels deur die Nuus-software nie as 'thread'
herken word nie:

v.b.

AFRIKAANS[1010] Diskussie
AFRIKAANS[1011] Re: Diskussie

Afgesien daarvan, is dit natuurlik ook mogelyk, dat sommige artikels
nie goed deur die net gekom het nie, of dat ek 'n vergissing gemaak
het by die doorstuur van die artikels.

Robert.
Vorige onderwerp: Status van Afrikaans: Klaery doen skade
Volgende onderwerp: Is daar ENIGE mense wat hierdie groep gebruik?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:45:36 MGT 2024