Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5840] Re: DS: Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd)
DS: [AFRIKAANS:5840] Re: DS: Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) [boodskap #5536] Di, 30 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 10:20
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5840] Re: DS: Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd)

> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za
> (Koos):
>
>> > >As dit gedoen was, was dit beslis nie op enige noemenswaardige
>>>> >skaal aangepak vir enige tydperk wat 'n verskil kan maak nie.
>
>>> Inderdaad net wat Freek beweer het. "Oorbruggingskursusse" moes
>>> meesal onmiddelik gestaak word, weens druk uit wat die
>>> onderwysministerie so graag "the community" noem. Maar daarvan het
>>> jy dalk ook nie gehoor nie - hmm?
>
>>> Groete, Leendert>>
>
>> Inderdaad het ek nie.
>> Vertel my meer daarvan asb.

Sekerlik - kyk die koerantargiewe oor die onderwerp "onderwys" sedert
Januarie 1995 of daar rond.

>> CR SWart in Pretoria - ek het werklik gedink dit is een van talle
>> skole in Suid-Afrika. Is ek verkeerd?

Nee.

>> Was die skool en sy program
>> so massief dat die hele land en gemeenskap en regering en so meer
>> daaraan gemeet kan word.

Nee. Dit was ook een van die talle skole waar sulke programme nie van
die grond af kon kom nie, omdat dit verbied is. In die geval van
Gauteng, weens klagtes uit die gemeenskap, is die skole deur die
onderwysdepartement self verbied om sulke programme in te stel en
voort te sit.

>> Vertel my asb. meer van die skool.

Kry hulle nommer by navrae en vra hulle self.

>
>> Was daar druk uit die "community"?

Volgens koerantberigte en volgens Mev Metcalfe se kantoor wel.

>> Was daar nie en lieg die owerheid? Se asb.

Jammer, hier te te veel negatiewe in die sin - ek volg nie wat jy wil
he^ ek moet "Se" nie.

>> En as daar druk was, hoe groot was dit, wat was die redes, hoe is
>> dit oorgedra? Se asb. Noem sommer die ander skole ook asb. Ek is
>> seker daar is 'n paar ander in die land.

Jou belangstelling is so intens dat ek jou graag wil verwys na
prime^re bronne. Kyk gerus die koerantargiewe, vra gerus by die
onderwysowerhede en doen gerus navraag by sommige van die ander skole
in die land waarvan jy reeds seker is.

Maar jou navraag gaan tog oor die omvang van die "program". My
stelling was dat geen omvangryke program van die grond kon kom nie,
omdat dit in die kiem gesmoor is - deur onderwysowerhede self, op
aandrang van wat hulle "die community" noem.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
Re: DS: [AFRIKAANS:5840] Re: DS: Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) [boodskap #5571 is 'n antwoord op boodskap #5536] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
> Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 10:20
> Aan: Multiple recipients of list
> Onderwerp: [AFRIKAANS:5840] Re: DS: Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd)


stelling was dat geen omvangryke program van die grond kon kom nie,[/color]
> omdat dit in die kiem gesmoor is - deur onderwysowerhede self, op
> aandrang van wat hulle "die community" noem.

> Groete, Leendert>>

Dit lyk my eerder jy se: Daar was ten minste een program in
Pretoria wat klaarblyklik gestaak moes word omdat die koerante glo
gese het daar was klaarblyklik "klagtes" vanuit die gemeenskap maar
jy weet nie wat die klagtes was nie.
Vorige onderwerp: Is daar ENIGE mense wat hierdie groep gebruik?
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5909] FOGIES: VIRUSES--IMPORTANT PLEASE READ IMMEDIATELY
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:26:37 MGT 2024