Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Slangetjies
Slangetjies [boodskap #55532] Wo, 16 Januarie 2002 12:06 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Bespreking op RSG: As mens 'n slang sien - moet mens soos die bybel sê
summier die arme dier se kop verbrysel?
Ek hou nogal van slangetjies;)))
Annette
Re: Slangetjies [boodskap #55535 is 'n antwoord op boodskap #55532] Wo, 16 Januarie 2002 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ag nee wat. Slange vervul 'n belangrike rol in die ekologie, en daar sterf
meer mense op ons paaie in een jaar as wat daar van slangbyt in seker 'n eeu
gesterf het. Verbrysel dus die kop van motor, want hy's die sluipende dood
op die pad...

Thys waar almal weet ek is.

"Annette" skryf in boodskap news:a23qf7$ugfl3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Bespreking op RSG: As mens 'n slang sien - moet mens soos die Bybel sê
> summier die arme dier se kop verbrysel?
> Ek hou nogal van slangetjies;)))
> Annette
>

Re: Slangetjies [boodskap #55541 is 'n antwoord op boodskap #55532] Wo, 16 Januarie 2002 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 16 Jan 2002 14:06:55 +0200, "Annette" sent the following message to space station Earth:
> Bespreking op RSG: As mens 'n slang sien - moet mens soos die Bybel sê
> summier die arme dier se kop verbrysel?
> Ek hou nogal van slangetjies;)))
> Annette
>

hallo niekie, kan ek met niekie praat
ek hoop net nie een poepol daar het dit weer letterlik opgevat nie.
mens sien deesdae so min slange, almal vlug kanada toe want hulle
skrik die crime rate hierso, dat jy jouself seker gelukkig moet ag as
jy hom wel sien. hulle dra mos daartoe by om pes onder beheer te hou.

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Re: Slangetjies [boodskap #55542 is 'n antwoord op boodskap #55535] Wo, 16 Januarie 2002 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Het nou nie gehoor wat die inbellers te spoeg en te slaan gehad het nie,
maar ek self sal nimmer as te nooit 'n slang doodmaak nie - hulle is te cute
vir woorde.

Annette

Thys de Wet wrote in message
news:a23vi1$2vpg$1@news.adamastor.ac.za...
> Ag nee wat. Slange vervul 'n belangrike rol in die ekologie, en daar sterf
> meer mense op ons paaie in een jaar as wat daar van slangbyt in seker 'n eeu
> gesterf het. Verbrysel dus die kop van motor, want hy's die sluipende dood
> op die pad...
>
>
> Thys waar almal weet ek is.
>
> "Annette" wrote in message
> news:a23qf7$ugfl3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Bespreking op RSG: As mens 'n slang sien - moet mens soos die Bybel sê
>> summier die arme dier se kop verbrysel?
>> Ek hou nogal van slangetjies;)))
>> Annette
>>
>
Re: Slangetjies [boodskap #55562 is 'n antwoord op boodskap #55542] Wo, 16 Januarie 2002 18:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 16 Jan 2002 16:43:29 +0200, "Annette"
wrote:

> Het nou nie gehoor wat die inbellers te spoeg en te slaan gehad het nie,
> maar ek self sal nimmer as te nooit 'n slang doodmaak nie - hulle is te cute
> vir woorde.
>
> Annette

'n Paar jaar gelede het 'n oogkundige vriend (sowat twee jaar gelede
oorlede) aan my vertel hoe hy en 'n vriend êrens in 'n veld gestaan
het. 'n Rinkhals het verby geseil. Ken (die oogkundige) het
naarstiglik na 'n stok gesoek. Sy metgesel het gevra 'waarom?'.
Ken het gesê 'om hom dood te maak'. Die vraag aan hom was 'Waarom?'
Ken het die gesoekery gelos en ook gewonder 'waarom?'

Die slang het weggeseil en ek het die vraag (wat eintlik 'n antwoord
geword het) onthou. "Waarom?'.
Re: Slangetjies [boodskap #55570 is 'n antwoord op boodskap #55562] Wo, 16 Januarie 2002 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Waarom is hulle cute of waarom sê die Bybel 'n slang moet doodgeslaan word?
Annette

Didi wrote in message
news:skfb4ugu0n5oov2qsn4ddvu35vpu15dbfd@4ax.com...
> On Wed, 16 Jan 2002 16:43:29 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Het nou nie gehoor wat die inbellers te spoeg en te slaan gehad het nie,
>> maar ek self sal nimmer as te nooit 'n slang doodmaak nie - hulle is te cute
>> vir woorde.
>>
>> Annette
>
>
> 'n Paar jaar gelede het 'n oogkundige vriend (sowat twee jaar gelede
> oorlede) aan my vertel hoe hy en 'n vriend êrens in 'n veld gestaan
> het. 'n Rinkhals het verby geseil. Ken (die oogkundige) het
> naarstiglik na 'n stok gesoek. Sy metgesel het gevra 'waarom?'.
> Ken het gesê 'om hom dood te maak'. Die vraag aan hom was 'Waarom?'
> Ken het die gesoekery gelos en ook gewonder 'waarom?'
>
> Die slang het weggeseil en ek het die vraag (wat eintlik 'n antwoord
> geword het) onthou. "Waarom?'.
>
Re: Slangetjies [boodskap #55571 is 'n antwoord op boodskap #55570] Wo, 16 Januarie 2002 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 16 Jan 2002 21:04:01 +0200, "Annette"
wrote:

> Waarom is hulle cute of waarom sê die bybel 'n slang moet doodgeslaan word?
> Annette
>

Ek het nie gesê dat hulle cute is nie. Jy het so gesê. Myns insiens
lyk hulle ogies te veel na die van slange.

Waarom sê die Bybel dat 'n slang moet doodgeslaan word? 'n Vraag wat
tot 'n hewige debat kan lei dié een. 'n Debat wat stellinge sal ontlok
dat die slang in die Tuin van Eden gepraat het en intelligent was. Die
verleier was. Die gespuis was. 'n Debat wat vrae sal uitlok soos 'in
watter mate was hier simbolies gepraat?' 'n Moeilike debat.
Re: Slangetjies [boodskap #55572 is 'n antwoord op boodskap #55532] Wo, 16 Januarie 2002 19:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 16 Jan 2002 21:23:17 +0200, "Annette" wrote:

> 'n Baie goeie onderwerp om 'n debat oor te voer, of hoe?
> Annette
>

uh uh
Re: Slangetjies [boodskap #55573 is 'n antwoord op boodskap #55571] Wo, 16 Januarie 2002 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
'n Baie goeie onderwerp om 'n debat oor te voer, of hoe?
Annette

Didi skryf in boodskap news:1bjb4ugipsm2v89n6cd2uq03tb80rdnq7m@4ax.com...
> On Wed, 16 Jan 2002 21:04:01 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Waarom is hulle cute of waarom sê die bybel 'n slang moet doodgeslaan word?
>> Annette
>>
>
> Ek het nie gesê dat hulle cute is nie. Jy het so gesê. Myns insiens
> lyk hulle ogies te veel na die van slange.
>
> Waarom sê die bybel dat 'n slang moet doodgeslaan word? 'n Vraag wat
> tot 'n hewige debat kan lei dié een. 'n Debat wat stellinge sal ontlok
> dat die slang in die Tuin van Eden gepraat het en intelligent was. Die
> verleier was. Die gespuis was. 'n Debat wat vrae sal uitlok soos 'in
> watter mate was hier simbolies gepraat?' 'n Moeilike debat.
Re: Slangetjies [boodskap #55578 is 'n antwoord op boodskap #55541] Wo, 16 Januarie 2002 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lavinia  is tans af-lyn  Lavinia
Boodskappe: 6
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Threeships 'did you see that?? ' Mcduck"

>> As mens 'n slang sien - moet mens soos >>die bybel sê
>> summier die arme dier se kop verbrysel?
>> Ek hou nogal van slangetjies;)))
>> Annette
>>
> mens sien deesdae so min slange, almal >vlug kanada toe

Kry vi' jou 'n kat. Ek sal my dienste met graagte uithuur.

Matewissie (het my naam mos nou veranner omlat hier soveel dowwe mense is)
Re: Slangetjies [boodskap #55583 is 'n antwoord op boodskap #55562] Wo, 16 Januarie 2002 22:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
me & bobby magee[1]  is tans af-lyn  me & bobby magee[1]
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Didi" skryf in boodskap news:skfb4ugu0n5oov2qsn4ddvu35vpu15dbfd@4ax.com...
>
> Die slang het weggeseil en ek het die vraag (wat eintlik 'n antwoord
> geword het) onthou. "Waarom?'.
>
Welkom terug, Didi! Haai, ek was ook eers bang vir slange, maar toe Canton
nou so begin slange indra hier van die woud af, het ek nou begin gewoond
raak aan die goedjies. Ek wag nog vir die 3 meter lange python wat blykbaar
hier naby ons woon om sy verskyning te maak...

Slange is ons vriende, en ek probeer hard om Canton te leer om hulle nie
dood te maak nie.
Aan die ander kant, my tannie daar in Jongensfontein was nog altyd doodbang
vir slange - dis blykbaar hoekom sy toe nooit getroud is nie...
Seksie slange [boodskap #55592 is 'n antwoord op boodskap #55532] Do, 17 Januarie 2002 02:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Bespreking op RSG: As mens 'n slang sien - moet mens soos die bybel sê
> summier die arme dier se kop verbrysel?
> Ek hou nogal van slangetjies;)))
> Annette

KinkY: Vra die inbeller vir Niekie:

Wat noem mens n lui slang?
N: Seker maar n luislang?

Inbeller: En wat noem mens n slang wat dagga rook?
N: Nee, gits, hoe moet ek weet?
Inbeller: n Boomslang! En wat noem mens n slang met seksuele afwykings?
N: Sonder woorde en nie seker wat hy moet sê nie:
Inbeller: n Skaapsteker!

:-)
Re: Seksie slange [boodskap #55596 is 'n antwoord op boodskap #55592] Do, 17 Januarie 2002 03:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoeka:)))) NOU weet ek waarvoor die steekpille is daar in Philladelphia se
winkeltjie;)))
Annette

Kinky skryf in boodskap news:4bb80b32.0201161848.47b2ea2c@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Bespreking op RSG: As mens 'n slang sien - moet mens soos die bybel sê
>> summier die arme dier se kop verbrysel?
>> Ek hou nogal van slangetjies;)))
>> Annette
>
> KinkY: Vra die inbeller vir Niekie:
>
> Wat noem mens n lui slang?
> N: Seker maar n luislang?
>
> Inbeller: En wat noem mens n slang wat dagga rook?
> N: Nee, gits, hoe moet ek weet?
> Inbeller: n Boomslang! En wat noem mens n slang met seksuele afwykings?
> N: Sonder woorde en nie seker wat hy moet sê nie:
> Inbeller: n Skaapsteker!
>
> :-)
Re: Slangetjies [boodskap #55603 is 'n antwoord op boodskap #55578] Do, 17 Januarie 2002 06:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 17 Jan 2002 07:31:02 +1000, "Matewissie" sent
the following message to space station Earth:

>
> Kry vi' jou 'n kat. Ek sal my dienste met graagte uithuur.
>
> Matewissie (het my naam mos nou veranner omlat hier soveel dowwe mense is)
>

ag nee man, wat gaan jy nou met jou fishnet stockings doen?

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Re: Slangetjies [boodskap #55605 is 'n antwoord op boodskap #55603] Do, 17 Januarie 2002 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit om die krappaal drapeer natuurlik:))
Annette

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote in
message news:f9qc4uooaallnubu616httderpbnhr1jkd@4ax.com...
> On Thu, 17 Jan 2002 07:31:02 +1000, "Matewissie" sent
> the following message to space station Earth:
>
>
>>
>> Kry vi' jou 'n kat. Ek sal my dienste met graagte uithuur.
>>
>> Matewissie (het my naam mos nou veranner omlat hier soveel dowwe mense is)
>>
>
> ag nee man, wat gaan jy nou met jou fishnet stockings doen?
>
>
>
> Threeships 'did you see that?' McDuck
> www.mothership.co.za
Re: Slangetjies [boodskap #55617 is 'n antwoord op boodskap #55583] Do, 17 Januarie 2002 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"me & bobby magee" skryf in boodskap news:QLm18.73445$HW3.77152@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Didi" wrote in message
> news:skfb4ugu0n5oov2qsn4ddvu35vpu15dbfd@4ax.com...
>
> Aan die ander kant, my tannie daar in Jongensfontein was nog altyd doodbang
> vir slange - dis blykbaar hoekom sy toe nooit getroud is nie...
>
gmph...tsk-tsk...hie-hie-hie...MWA-HA-HA-HA-HA
Re: Slangetjies [boodskap #55620 is 'n antwoord op boodskap #55617] Do, 17 Januarie 2002 09:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daardie tannie van Jongensfontein moet bietjie gaan lees wat die verskil is
tussen slangetjies en wurpies:)))
Dis die wurpies wat die visse vang:)))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c468830$0$228@hades.is.co.za...
>
> "me & bobby magee" wrote in message
> news:QLm18.73445$HW3.77152@newsfeeds.bigpond.com...
>>
>> "Didi" wrote in message
>> news:skfb4ugu0n5oov2qsn4ddvu35vpu15dbfd@4ax.com...
>>
>> Aan die ander kant, my tannie daar in Jongensfontein was nog altyd
> doodbang
>> vir slange - dis blykbaar hoekom sy toe nooit getroud is nie...
>>
> gmph...tsk-tsk...hie-hie-hie...MWA-HA-HA-HA-HA
>
Re: Seksie slange [boodskap #55656 is 'n antwoord op boodskap #55596] Do, 17 Januarie 2002 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tjaart  Riekert  is tans af-lyn  Tjaart Riekert
Boodskappe: 38
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Hier in Ierland is 'n plaaslike legende dat St Patrick op sy dag al wat
slang is hier in Ierland, verban het en in die see gedryf het daarom is daar
geen slange op die eiland nie.
Ek het 'n ander artikel gelees waarin verduidelik is dat geen slange te vind
is op die eiland nie omdat die eiland weggebreek het van die vasteland, many
moons ago...

"Annette" skryf in boodskap news:a25gu2$uir2h$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hoeka:)))) NOU weet ek waarvoor die steekpille is daar in Philladelphia se
> winkeltjie;)))
> Annette
>
>
> Kinky wrote in message
> news:4bb80b32.0201161848.47b2ea2c@posting.google.com...
>> "Annette" wrote in message
> news:...
>>> Bespreking op RSG: As mens 'n slang sien - moet mens soos die bybel sê
>>> summier die arme dier se kop verbrysel?
>>> Ek hou nogal van slangetjies;)))
>>> Annette
>>
>> KinkY: Vra die inbeller vir Niekie:
>>
>> Wat noem mens n lui slang?
>> N: Seker maar n luislang?
>>
>> Inbeller: En wat noem mens n slang wat dagga rook?
>> N: Nee, gits, hoe moet ek weet?
>> Inbeller: n Boomslang! En wat noem mens n slang met seksuele afwykings?
>> N: Sonder woorde en nie seker wat hy moet sê nie:
>> Inbeller: n Skaapsteker!
>>
>> :-)
>
Re: Slangetjies [boodskap #55657 is 'n antwoord op boodskap #55583] Do, 17 Januarie 2002 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 17 Jan 2002 08:07:58 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

> Welkom terug, Didi! Haai, ek was ook eers bang vir slange
..........
........
...

> . Ek wag nog vir die 3 meter lange python wat blykbaar
> hier naby ons woon om sy verskyning te maak...
........
.....

> Aan die ander kant, my tannie daar in Jongensfontein was nog altyd doodbang
> vir slange - dis blykbaar hoekom sy toe nooit getroud is nie...

Haai R, so lekker om jou stem weer te hoor! Hallo jy..
Dit klink soos musiek!
Na aanleiding van alles wat jy hier te sê het, wil ek jou
iets vertel wat ek in 'n Engelse boek oor slange gelees het.
En ek kan dit nou nog nie verstaan waarom dit gesê word dat
dit oor slange gaan en dan word daar van olifante gepraat.
In elk geval, hier is die storie:

Johnny at the Zoo

Little Johnny is visiting the zoo with his mother. They go to the
elephant exhibit, where a big old bull elephant is taking a leak.
Johnny points to the pachyderm's privates and says, "Mommy, what's
that?" Mommy, seeing the huge member, turns bright red and says, "Oh,
that's nothing. Never mind. Come along now."

A few weeks later, Johnny is at the zoo with his father. Johnny grabs
his dad by the hand, and pulls him over the elephants, saying he has a
question. Once there, Johnny points to the elephant's member and says,
"Daddy, what's that?" Dad replies, "Didn't your mother tell you?"
"Yes, she told me it was nothing." "Well, your mom is spoiled, son."

Nou, bes moontlik was dit by 'n dieretuin in Jongensfontein!
Re: Slangetjies [boodskap #55676 is 'n antwoord op boodskap #55657] Do, 17 Januarie 2002 23:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
me & bobby magee[1]  is tans af-lyn  me & bobby magee[1]
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Didi" skryf in boodskap news:q43e4ucmf222740fvshqj8c1r87uavss8t@4ax.com...

> "Yes, she told me it was nothing." "Well, your mom is spoiled, son."
>
> Nou, bes moontlik was dit by 'n dieretuin in Jongensfontein!
>
Hie-hie-hieeeeee! Ons spot al jaaare lank my antie oor haar vrees vir
slange van allerlei soorte. Ek sal haar hierdie een moet vertel. Ken jy
die rede hoekom vroumense soveel moeite het om motors te parkeer?
Re: Slangetjies [boodskap #55756 is 'n antwoord op boodskap #55676] Vr, 18 Januarie 2002 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 18 Jan 2002 09:05:45 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

> Ken jy
> die rede hoekom vroumense soveel moeite het om motors te parkeer?
>

Nou't jy my nuuskierig. Vertel toe :-)

DD
Re: Slangetjies [boodskap #55784 is 'n antwoord op boodskap #55532] Sa, 19 Januarie 2002 10:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jan 2002 20:20:31 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

> dit het iets te doen ment mans se
> spogterye oor 'n sekere liggaamsdeel wat 8 duim lank is, en vrouens wat
> hulle glo...
>

Nou hoe op aarde kan die vroumense hulle met handgebare beskuldig van
onderskatting......van beskeidenheid? (of is dit nie waaroor dit gaan
nie?)
Re: Slangetjies [boodskap #55785 is 'n antwoord op boodskap #55756] Sa, 19 Januarie 2002 10:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
me & bobby magee[1]  is tans af-lyn  me & bobby magee[1]
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Didi" skryf in boodskap news:kgug4u054t6mubjiiig4t85ruik95hi8t1@4ax.com...
> Nou't jy my nuuskierig. Vertel toe :-)
>
> DD

Hie-hie-hie.... Nee, jong, ek sal eers die regte beskrywende woorde moet
uitdink - mens moet eintlik die handgebare sien om dit mooit te verstaan...
Om jou mond nog verder te laat water: dit het iets te doen ment mans se
spogterye oor 'n sekere liggaamsdeel wat 8 duim lank is, en vrouens wat
hulle glo...
Re: Slangetjies [boodskap #55820 is 'n antwoord op boodskap #55784] So, 20 Januarie 2002 01:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
me & bobby magee[1]  is tans af-lyn  me & bobby magee[1]
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Didi" skryf in boodskap news:sqhi4ugljqqaqndd6k8t5n9sb1vnc115io@4ax.com...

> Nou hoe op aarde kan die vroumense hulle met handgebare beskuldig van
> onderskatting......van beskeidenheid? (of is dit nie waaroor dit gaan
> nie?)
>
Nee, Didi! Jy't die kat aan die gat beet! Dis die mans se OORskatting wat
tot die verwarring lei!
Re: Slangetjies [boodskap #58095 is 'n antwoord op boodskap #55532] So, 03 Maart 2002 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hein[1]  is tans af-lyn  hein[1]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Slang kos is vreeslik lekker hier in texas is n esogte maaltyd

"Annette" skryf in boodskap news:a23qf7$ugfl3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Bespreking op RSG: As mens 'n slang sien - moet mens soos die bybel sê
> summier die arme dier se kop verbrysel?
> Ek hou nogal van slangetjies;)))
> Annette
>
Re: Slangetjies [boodskap #58104 is 'n antwoord op boodskap #58095] So, 03 Maart 2002 13:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Mar 2002 05:49:33 -0600, "hein"
wrote:

> Slang kos is vreeslik lekker hier in texas is n esogte maaltyd
> "Annette" wrote in message
> news:a23qf7$ugfl3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Bespreking op RSG: As mens 'n slang sien - moet mens soos die bybel sê
>> summier die arme dier se kop verbrysel?
>> Ek hou nogal van slangetjies;)))
>> Annette


Enige soekmasjien vir daardie Afrikaanse Taal Lesse, Hein
Re: Slangetjies [boodskap #58109 is 'n antwoord op boodskap #58104] So, 03 Maart 2002 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Davie, hoe kan jy van so 'n obvious macho ou verwag om hom besig te hou met
sulke verfynde goedjies soos soekenjins?:))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:gc948us4esl6tlp2glq05lk6vgopc7h6gh@4ax.com...
> On Sun, 3 Mar 2002 05:49:33 -0600, "hein"
> wrote:
>
>> Slang kos is vreeslik lekker hier in texas is n esogte maaltyd
>> "Annette" wrote in message
>> news:a23qf7$ugfl3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Bespreking op RSG: As mens 'n slang sien - moet mens soos die bybel sê
>>> summier die arme dier se kop verbrysel?
>>> Ek hou nogal van slangetjies;)))
>>> Annette
>
>
> Enige soekmasjien vir daardie Afrikaanse Taal Lesse, Hein
>
Re: Slangetjies [boodskap #58114 is 'n antwoord op boodskap #58104] So, 03 Maart 2002 17:35 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> Enige soekmasjien vir daardie Afrikaanse Taal Lesse, Hein

Davie Davis, jy kan maar ophou met
jou snipperige opmerkings oor Hein
se taal. Jy sit in SA en maak baie
taalfoute en typos. Hy sit in Texas
en probeer sy bes om nog Afrikaans
te skryf.

Tant Hessie van die Derde Taalbeweging.
Vorige onderwerp: 'n Snaakse feit
Volgende onderwerp: Oorlog in Zim...?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 08:58:37 MGT 2024