Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bospos
Bospos [boodskap #55555] Wo, 16 Januarie 2002 17:44 na volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
My jongste seun (22jr) gaan binnekort Luanda toe vir 'n jaar van
sendingwerk en ek vra toe hoe gaan mens daar met hom kontak hou, 'bospos pa,
bospos.' sê hy toe. Sê toe vir hom die outjie met die stertriem en mikstok
bestaan seker nie meer nie en het toe meer gaan uitvind op die web omtrent
dié ISP.
Ek het nooit geweet daar bestaan iets soos 'bospos' nie. Nogal
interessant hoe die sisteem werk. Ek sou sê dis die Land Rover (Best 4 x 4 x
far) van ISP's. Gemaak vir bundu - bashing african - style. Makisaki waar jy
in die bos is nie, jou e-pos sal jy kry, as jou battarye net nie pap is nie.
Groete.

http://www.bushmail.net
Re: Bospos [boodskap #55563 is 'n antwoord op boodskap #55555] Wo, 16 Januarie 2002 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 16 Jan 2002 19:44:10 +0200, "Tobie" wrote:
> as jou battarye net nie pap is nie.

>

LOL, papgary is hierdie battary wel Tobie :-)))
Re: Bospos [boodskap #55661 is 'n antwoord op boodskap #55555] Do, 17 Januarie 2002 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Tobie,
Sê vir jou seun hy moet sterk staan en hierdie hele aangeleentheid
heroorweeg.
Die Sendelinge word oral uitgemoor en nou weet en nie of dit iets van God is
of nie aangesien hy sommer daar by julle gemeente in dieselfde straat by die
naaste robotte sommer onder sy eie mense kan sendelingwerk doen.
Hoekom altyd die Afrika state inneuk as dit so broodnodig is in die buurt
waar julle woon.

Het hulle nie hulle eie predikers daar in Luanda van "alle" plekke nie....

Groete en sterkte met die poging.
Frikkie

Tobie skryf in boodskap news:a24e18$40v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My jongste seun (22jr) gaan binnekort Luanda toe vir 'n jaar van
> sendingwerk en ek vra toe hoe gaan mens daar met hom kontak hou, 'bospos pa,
> bospos.' sê hy toe. Sê toe vir hom die outjie met die stertriem en mikstok
> bestaan seker nie meer nie en het toe meer gaan uitvind op die web omtrent
> dié ISP.
> Ek het nooit geweet daar bestaan iets soos 'bospos' nie. Nogal
> interessant hoe die sisteem werk. Ek sou sê dis die Land Rover (Best 4 x 4 x
> far) van ISP's. Gemaak vir bundu - bashing african - style. Makisaki waar jy
> in die bos is nie, jou e-pos sal jy kry, as jou battarye net nie pap is nie.
> Groete.
>
> http://www.bushmail.net
Re: Bospos [boodskap #55669 is 'n antwoord op boodskap #55563] Do, 17 Januarie 2002 20:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Didi" sê
: LOL, papgary is hierdie battary wel Tobie :-)))
~~~~~~~~~~~~
ermm .... Didi, dis nou die baterye van die 'Kenwood-transceiver' en van jou
'laptop-puter" ;-)
~~
Re: Bospos [boodskap #55694 is 'n antwoord op boodskap #55661] Vr, 18 Januarie 2002 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Seg Frikkels alweer met sy kluts kwyt:

Frikkie, die Woord sê: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my
dissipels" Matt 28:19 (1983 Afrikaanse vertaling) of dalk gebruik jy nog die
1933/1953 vertaling wat "oorgesit is uit die oorspronklike"
Maak nie saak nie, die boodskap bly dieselfde.

Maar jy doen dit natuurlik anders: Jy gaan sommer na die NG toe en probeer
dit nie eens hier doen nie...

Wat het jy in jou buurt gedoen, of "werp jy nie jou pêrels voor die swyne"
nie? Sit seker Sondag na Sondag waternat aangetrek met witdas en swartpak
voor in die koor?
Of wil jy ook nie jou ore opmaak vir lering nie? In Handelinge lees ek juis
dat Paulus en die apostels van plek tot plek gegaan het en soms lank op een
plek gebly het om die mense daar te leer, en dan weer verder gegaan het.
Gaan kyk maar in Hand 19:9 en 10: Twee jaar het daar by die groep gebly en
hulle geleer oor hulle net so hardkoppig en verdraaierig was.

Tobie se seun gaan dalk juis om vir die Zambiërs te bemoedig, en dalk gaan
hy om hulle te leer om hulle eie mense te vertel van die Goeie Nuus, en jy
braak gal? Kom nou man.
Dalk moet jy juis by hom gaan kers opsteek van die waarheid van die Skrif en
die boodskap vervat in daardie Waarheid.

Sleep sommer nou af na jou naaste robotte en winkelsentrum en gaan uit op
die strate en probeer daar jou deel doen. Of wil jy nie, want dis "vir
ander wat so oortuig is" bedoel? Seker nie deel van jou "opdrag" nie, nou
val jy ander aan! Bang as jy dalk daar inneuk dat jy dalk met die waarheid
gekonfronteer sal word?

Word groot ou! Skrik wakker en ruik die koffie! Dis al besig om koud te
word.

Thys oppie Bos

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:3c471e7b$0$229@hades.is.co.za...
> Tobie,
> Sê vir jou seun hy moet sterk staan en hierdie hele aangeleentheid
> heroorweeg.
> Die Sendelinge word oral uitgemoor en nou weet en nie of dit iets van God is
> of nie aangesien hy sommer daar by julle gemeente in dieselfde straat by die
> naaste robotte sommer onder sy eie mense kan sendelingwerk doen.
> Hoekom altyd die Afrika state inneuk as dit so broodnodig is in die buurt
> waar julle woon.
>
> Het hulle nie hulle eie predikers daar in Luanda van "alle" plekke nie....
>
> Groete en sterkte met die poging.
> Frikkie
>
> Tobie wrote in message
> news:a24e18$40v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> My jongste seun (22jr) gaan binnekort Luanda toe vir 'n jaar van
>> sendingwerk en ek vra toe hoe gaan mens daar met hom kontak hou, 'bospos
> pa,
>> bospos.' sê hy toe. Sê toe vir hom die outjie met die stertriem en mikstok
>> bestaan seker nie meer nie en het toe meer gaan uitvind op die web omtrent
>> dié ISP.
>> Ek het nooit geweet daar bestaan iets soos 'bospos' nie. Nogal
>> interessant hoe die sisteem werk. Ek sou sê dis die Land Rover (Best 4 x
4
> x
>> far) van ISP's. Gemaak vir bundu - bashing african - style. Makisaki
waar
> jy
>> in die bos is nie, jou e-pos sal jy kry, as jou battarye net nie pap is
> nie.
>> Groete.
>>
>> http://www.bushmail.net
>
Re: Klip in die Bos [boodskap #55747 is 'n antwoord op boodskap #55661] Vr, 18 Januarie 2002 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie sê:
--knip--
: Sê vir jou seun hy moet sterk staan en hierdie hele aangeleentheid
heroorweeg.
--knip--
~~~~~~~
Hello Frikkie
Nie veel wat jy of ek daaraan kan doen nie vriend. Jy ken mos die
groot opdrag wat Hy gegee het. "Gaan tot die uithoeke" ens. ens. Of hy
Holland, Korea, Indië, Pakistan, Egipte, Sudan gaan of Kongo die mees
onveiligste in Afrika, Angola, die 2 de na Kongo, hy is gehoorsaam, dis al
wat tel. Hy het selfs die keuse om op die Logos of Doulos te gaan werk, twee
groot skepe wat om die wêreld vaar en by hawens aandoen. Of selfs vir 6
maande net deur Nepal se berge te stap met ander mense en pamflette in die
klein dorpies te los. Operasie Mobilisasie is groot en jy kan gaan waar jy
voel dat jy geroep is. Ek sal ook daarvan gehou het dat hy by die huis in 'n
gemaksone werk te doen, maar nou ja .....
Sending in my eie dorp is broodnodig al is daar omtrent 8-9 leraars
hier. Die lewe onder ons eie is nog nie moelik nie omdat daar nog op mammon
staat gemaak word.
groete
--
Re: Thys se klip vanuit die bos. [boodskap #55808 is 'n antwoord op boodskap #55694] Sa, 19 Januarie 2002 20:16 Na vorige boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Thys gooi 'n klip uit die Bos
---knip---
: Sleep sommer nou af na jou naaste robotte en winkelsentrum en gaan uit op
: die strate en probeer daar jou deel doen.
--knip---
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Om aan mense in Sy diens oorsee te skrywe of e-pos te stuur word die
volgende riglyne gegee. Veral aan hulle wat in sekere Muslim lande net 'n
tentmaker kan wees.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

GUIDELINES FOR WRITING TO CHRISTIANS OVERSEAS

*1. Most mail (& email) entering and leaving is routinely read, in spite of
official denials. Nothing is "censored" out of letters - but in some areas
much mail never arrives. It is good to number letters, or to say, "This is
my third letter to you since Christmas." Aerogrammes arrive more easily
than hand-written letters.
*2. Topics to AVOID: politics, support or money gifts (other than for
birthdays or Christmas), foreigners' rights, negative comments about the
country, evangelism, missionary work, witnessing, etc.. DO NOT MENTION
"newsletters" or "prayer letters".
*3. In NO way imply that the person is in the country as a missionary or
"for the Lord" or is in any way connected with any Christian organization.
(Do not write on church, mission or Christian agency letterhead.) Do not
ask about giving out tracts or Bibles, about using the Bible as a textbook,
teaching about Christ in class, meeting house-church Christians, or
witnessing in any way, especially to Muslims.
*4. DO NOT try to "write between the lines". Anything which might seem to
be secret code could cause suspicion and misunderstanding.
*5. DO NOT use the full name of any other Christians in the country or
otherwise pinpoint them. NEVER mention the word MUSLIM or a Muslim's real
name.
6. Feel free to write about your personal life and to share how God is
working in your everyday affairs. Ask about your friend's job, studies,
living conditions, lifestyle, sightseeing, vacations, etc..
7. Be POSITIVE and uplifting; responding to some items in your friend's
letters that will show you have prayerfully read them.
8. You may send post cards and special occasions cards. Frequent cards are
better than less frequent long letters.
9. Before sending gift packages or tape recordings, consult with your local
post office for any postal restrictions. Some packages never arrive.
Always airmail a list of the contents separately when you mail a package.
Often, there may be someone going to that particular country who can hand
carry a small package.
10. As you write, it is an excellent time to be in prayer for your friends.
May you truly feel a part of their work as YOU support them by your written
communication. GOD BLESS YOU!

* Important Security Concerns.

Written by InterServe.
~~~
Vorige onderwerp: Uiteindelik Terug
Volgende onderwerp: Re: Uiteindelik Terug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 21:50:55 MGT 2024