Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Fakkeldraers.
Fakkeldraers. [boodskap #55281] Do, 10 Januarie 2002 08:33 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou net oor die nuus gehoor dat die Olimpiese Fakkel vir die eerste keer
ooit na Suid Afrika kom op pad na Griekeland.
Sal my Verkenner uniform moet gaan uitstryk, want kyk, die Voortrekkers was
van kleinsaf geleer om met 'n fakkel te draf - niemand is beter opgelei
daarvoor nie;)))
Annette
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55287 is 'n antwoord op boodskap #55281] Do, 10 Januarie 2002 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Jan 2002 10:33:37 +0200, "Annette"
sent the following message to space station Earth:

> Nou net oor die nuus gehoor dat die Olimpiese Fakkel vir die eerste keer
> ooit na Suid Afrika kom op pad na Griekeland.
> Sal my Verkenner uniform moet gaan uitstryk, want kyk, die Voortrekkers was
> van kleinsaf geleer om met 'n fakkel te draf - niemand is beter opgelei
> daarvoor nie;)))
> Annette

wragtig? ek was nooit `n voortrekker nie. mag blykbaar nie gerook het
nie. waarheen het julle dan nou met die fakkel gehardloop? dis nou `n
ernstige vraag. voortrekkers is `n deel van die afrikaner kultuur wat
my verby gegaan het agv party van my minder goeie tydverdrywe.

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55290 is 'n antwoord op boodskap #55287] Do, 10 Januarie 2002 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Drieboot, ek het ook altyd gewonder waarvoor ons die wêreld vol met fakkels
moes draf ( dit is mos hoekom die kleintjies drawwertjies genoem word). Nou
weet ek:))

Klomp keer gehardloop jong - met Republiekwording gehardloop met 'n rokende
fakkel wat dreig om dood te gaan tussen Middelburg en Witbank - met die
boodskap en 'n sak met 'n boodskap in - dan oorhandig mens die sak, die
fakkel en die boodskap: Hou Koers Soos De Wet en Verwoerd:))) Moes dit
soveel keer doen dat ek dit vandag nog steeds onthou:)) Hierdie fakkel het
Pretoria gegaan.
Ander keer was met die opening van die Voortrekkermonument in Winburg.
Ander keer was met opening van die Taalmonument in Paarl.
Dit is 'n baie sosiale ding wat mens se uithouvermoë beproef: 'n Meisie en
seun word daar in die donker in die veld afgelaai, en hulle moet mekaar
vermaak en besig hou totdat die fakkel en boodskap opdaag om dit verder te
neem:)))
Gelukkig kan mens baaaaie ver in die nag sien as 'n fakkel aankom - sodat
die een wat waghou die slapende een kan wakker maak, sien?:)))
Net - as dit reen en die fakkel is net 'n yl rokie, dan is daar natuurlik
nie genoeg waarskuwing om die klere mooi netjies betyds reg te trek nie.:))
Annette

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote in
message news:egtq3u4f70j7c75qel4cl73ub0j521rgg8@4ax.com...
> On Thu, 10 Jan 2002 10:33:37 +0200, "Annette"
> sent the following message to space station Earth:
>
>> Nou net oor die nuus gehoor dat die Olimpiese Fakkel vir die eerste keer
>> ooit na Suid Afrika kom op pad na Griekeland.
>> Sal my Verkenner uniform moet gaan uitstryk, want kyk, die Voortrekkers was
>> van kleinsaf geleer om met 'n fakkel te draf - niemand is beter opgelei
>> daarvoor nie;)))
>> Annette
>
> wragtig? ek was nooit `n voortrekker nie. mag blykbaar nie gerook het
> nie. waarheen het julle dan nou met die fakkel gehardloop? dis nou `n
> ernstige vraag. voortrekkers is `n deel van die afrikaner kultuur wat
> my verby gegaan het agv party van my minder goeie tydverdrywe.
>
>
>
> Threeships 'did you see that?' McDuck
> www.mothership.co.za
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55299 is 'n antwoord op boodskap #55290] Do, 10 Januarie 2002 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Smaak my julle was fuckle-draers?
Piet Pompdonkie

Annette skryf in boodskap news:a1k10k$r5ohp$1@ID-92016.news.dfncis.de...
Drieboot, ek het ook altyd gewonder waarvoor ons die wêreld vol met fakkels
moes draf ( dit is mos hoekom die kleintjies drawwertjies genoem word). Nou
weet ek:))

Klomp keer gehardloop jong - met Republiekwording gehardloop met 'n rokende
fakkel wat dreig om dood te gaan tussen Middelburg en Witbank - met die
boodskap en 'n sak met 'n boodskap in - dan oorhandig mens die sak, die
fakkel en die boodskap: Hou Koers Soos De Wet en Verwoerd:))) Moes dit
soveel keer doen dat ek dit vandag nog steeds onthou:)) Hierdie fakkel het
Pretoria gegaan.
Ander keer was met die opening van die Voortrekkermonument in Winburg.
Ander keer was met opening van die Taalmonument in Paarl.
Dit is 'n baie sosiale ding wat mens se uithouvermoë beproef: 'n Meisie en
seun word daar in die donker in die veld afgelaai, en hulle moet mekaar
vermaak en besig hou totdat die fakkel en boodskap opdaag om dit verder te
neem:)))
Gelukkig kan mens baaaaie ver in die nag sien as 'n fakkel aankom - sodat
die een wat waghou die slapende een kan wakker maak, sien?:)))
Net - as dit reen en die fakkel is net 'n yl rokie, dan is daar natuurlik
nie genoeg waarskuwing om die klere mooi netjies betyds reg te trek nie.:))
Annette

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote in
message news:egtq3u4f70j7c75qel4cl73ub0j521rgg8@4ax.com...
> On Thu, 10 Jan 2002 10:33:37 +0200, "Annette"
> sent the following message to space station Earth:
>
>> Nou net oor die nuus gehoor dat die Olimpiese Fakkel vir die eerste keer
>> ooit na Suid Afrika kom op pad na Griekeland.
>> Sal my Verkenner uniform moet gaan uitstryk, want kyk, die Voortrekkers was
>> van kleinsaf geleer om met 'n fakkel te draf - niemand is beter opgelei
>> daarvoor nie;)))
>> Annette
>
> wragtig? ek was nooit `n voortrekker nie. mag blykbaar nie gerook het
> nie. waarheen het julle dan nou met die fakkel gehardloop? dis nou `n
> ernstige vraag. voortrekkers is `n deel van die afrikaner kultuur wat
> my verby gegaan het agv party van my minder goeie tydverdrywe.
>
>
>
> Threeships 'did you see that?' McDuck
> www.mothership.co.za
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55302 is 'n antwoord op boodskap #55299] Do, 10 Januarie 2002 16:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai nee nooit!! Ons het daardie takie baie ernstig opgeneem:))))
Annette

Piet Pompdonkie skryf in boodskap news:3c3db35e$0$229@hades.is.co.za...
> Smaak my julle was fuckle-draers?
> Piet Pompdonkie
>
> Annette wrote in message
> news:a1k10k$r5ohp$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Drieboot, ek het ook altyd gewonder waarvoor ons die wêreld vol met fakkels
> moes draf ( dit is mos hoekom die kleintjies drawwertjies genoem word). Nou
> weet ek:))
>
> Klomp keer gehardloop jong - met Republiekwording gehardloop met 'n rokende
> fakkel wat dreig om dood te gaan tussen Middelburg en Witbank - met die
> boodskap en 'n sak met 'n boodskap in - dan oorhandig mens die sak, die
> fakkel en die boodskap: Hou Koers Soos De Wet en Verwoerd:))) Moes dit
> soveel keer doen dat ek dit vandag nog steeds onthou:)) Hierdie fakkel het
> Pretoria gegaan.
> Ander keer was met die opening van die Voortrekkermonument in Winburg.
> Ander keer was met opening van die Taalmonument in Paarl.
> Dit is 'n baie sosiale ding wat mens se uithouvermoë beproef: 'n Meisie en
> seun word daar in die donker in die veld afgelaai, en hulle moet mekaar
> vermaak en besig hou totdat die fakkel en boodskap opdaag om dit verder te
> neem:)))
> Gelukkig kan mens baaaaie ver in die nag sien as 'n fakkel aankom - sodat
> die een wat waghou die slapende een kan wakker maak, sien?:)))
> Net - as dit reen en die fakkel is net 'n yl rokie, dan is daar natuurlik
> nie genoeg waarskuwing om die klere mooi netjies betyds reg te trek nie.:))
> Annette
>
> Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote in
> message news:egtq3u4f70j7c75qel4cl73ub0j521rgg8@4ax.com...
>> On Thu, 10 Jan 2002 10:33:37 +0200, "Annette"
>> sent the following message to space station Earth:
>>
>>> Nou net oor die nuus gehoor dat die Olimpiese Fakkel vir die eerste keer
>>> ooit na Suid Afrika kom op pad na Griekeland.
>>> Sal my Verkenner uniform moet gaan uitstryk, want kyk, die Voortrekkers
> was
>>> van kleinsaf geleer om met 'n fakkel te draf - niemand is beter opgelei
>>> daarvoor nie;)))
>>> Annette
>>
>> wragtig? ek was nooit `n voortrekker nie. mag blykbaar nie gerook het
>> nie. waarheen het julle dan nou met die fakkel gehardloop? dis nou `n
>> ernstige vraag. voortrekkers is `n deel van die afrikaner kultuur wat
>> my verby gegaan het agv party van my minder goeie tydverdrywe.
>>
>>
>>
>> Threeships 'did you see that?' McDuck
>> www.mothership.co.za
>
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55305 is 'n antwoord op boodskap #55281] Do, 10 Januarie 2002 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
hy moet net n lyfwag kry om die fakkel op te pas, die ding kan gesteel word
"Annette" wrote in message
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55315 is 'n antwoord op boodskap #55290] Vr, 11 Januarie 2002 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Drieboot, ek het ook altyd gewonder waarvoor ons die wêreld vol met fakkels
> moes draf ( dit is mos hoekom die kleintjies drawwertjies genoem word). Nou
> weet ek:))
>
> Klomp keer gehardloop jong - met Republiekwording gehardloop met 'n rokende
> fakkel wat dreig om dood te gaan tussen Middelburg en Witbank - met die
> boodskap en 'n sak met 'n boodskap in - dan oorhandig mens die sak, die
> fakkel en die boodskap: Hou Koers Soos De Wet en Verwoerd:))) Moes dit
> soveel keer doen dat ek dit vandag nog steeds onthou:)) Hierdie fakkel het
> Pretoria gegaan.

Duidelik was jy laaannkaaal 'n aprtheidsvarkie ;D
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55320 is 'n antwoord op boodskap #55315] Vr, 11 Januarie 2002 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wil ook geweet het of Hessie ook haar vak kil gedra het. Maar sy was seker
nie een van daai vak kil draers nie. Was seker te apartheids-snoetneuserig
gewees.

Soos die ouens wat rapportryers was. Watter rapporte het hulle waarvandaan
na wie toe aangery, en waarvoor? Wat se sakke had hulle daarvoor: Leer,
plastiek, of so een van daai plastiekomslae met die bank se 'kout óf aams'
op en sy voorletters in goud daarop gedruk?

Of was daar niks op nie? Of was dit dalk gemerk: Geheim. net vir die BB?

Miskien ken hessie iemand wat iemand ken wat iemand se neef ken wat 'n
kennis het in die wandelgange van die stelsel wat vir ons iets soos 'n "die
raport se tog deur die saalsakke" sal kan skryf...

Thys wattie vak kils gedra het nie.

"Lou" skryf in boodskap news:3C3E8739.FDF7C5B5@lous.zzn.com...
>
>
> Annette wrote:
>>
>> Drieboot, ek het ook altyd gewonder waarvoor ons die wêreld vol met fakkels
>> moes draf ( dit is mos hoekom die kleintjies drawwertjies genoem word). Nou
>> weet ek:))
>>
>> Klomp keer gehardloop jong - met Republiekwording gehardloop met 'n rokende
>> fakkel wat dreig om dood te gaan tussen Middelburg en Witbank - met die
>> boodskap en 'n sak met 'n boodskap in - dan oorhandig mens die sak, die
>> fakkel en die boodskap: Hou Koers Soos De Wet en Verwoerd:))) Moes dit
>> soveel keer doen dat ek dit vandag nog steeds onthou:)) Hierdie fakkel het
>> Pretoria gegaan.
>
> Duidelik was jy laaannkaaal 'n aprtheidsvarkie ;D
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55325 is 'n antwoord op boodskap #55315] Vr, 11 Januarie 2002 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Lou - ek was in die Voortrekkers vir die sports, definitief nie vir die
koeksisterlewensbeskouing nie;))))
Annette

Lou skryf in boodskap news:3C3E8739.FDF7C5B5@lous.zzn.com...
>
>
> Annette wrote:
>>
>> Drieboot, ek het ook altyd gewonder waarvoor ons die wêreld vol met fakkels
>> moes draf ( dit is mos hoekom die kleintjies drawwertjies genoem word). Nou
>> weet ek:))
>>
>> Klomp keer gehardloop jong - met Republiekwording gehardloop met 'n rokende
>> fakkel wat dreig om dood te gaan tussen Middelburg en Witbank - met die
>> boodskap en 'n sak met 'n boodskap in - dan oorhandig mens die sak, die
>> fakkel en die boodskap: Hou Koers Soos De Wet en Verwoerd:))) Moes dit
>> soveel keer doen dat ek dit vandag nog steeds onthou:)) Hierdie fakkel het
>> Pretoria gegaan.
>
> Duidelik was jy laaannkaaal 'n aprtheidsvarkie ;D
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55332 is 'n antwoord op boodskap #55325] Vr, 11 Januarie 2002 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Nee Lou - ek was in die Voortrekkers vir die sports, definitief nie vir die
> koeksisterlewensbeskouing nie;))))
> Annette

Hey - dit is jy wat verwoerdiaanse boodskappe rondgedra het - hoekom het
jy nie geweier en kanada toe geimmigreer nie? Sies vir jou :)
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55337 is 'n antwoord op boodskap #55332] Vr, 11 Januarie 2002 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Welllllll, ek het net daardie boodskappie aan 6 mense (drie keer, twee-twee)
oorgedra - ek dink nie die hele nonsens spul wat tot Gloudina se
selfopgelegde ballingskap gelei het is my skuld nie - of dat ek selfs 'n
veldtog begin het nie;)))))
Ek jok eintlik - ek het dit net een keer gesê - toe daar 'n offisier
bygestaan het :))
Die ander twee kere was my boodskap met die oorhandiging:
Hou Koers soos 'n Dronk Weerluis:)))
Njannies!:)))
Annette

Lou skryf in boodskap news:3C3ED255.A9C417E3@lous.zzn.com...
>
>
> Annette wrote:
>>
>> Nee Lou - ek was in die Voortrekkers vir die sports, definitief nie vir die
>> koeksisterlewensbeskouing nie;))))
>> Annette
>
> Hey - dit is jy wat verwoerdiaanse boodskappe rondgedra het - hoekom het
> jy nie geweier en kanada toe geimmigreer nie? Sies vir jou :)
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55343 is 'n antwoord op boodskap #55320] Vr, 11 Januarie 2002 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Soos die ouens wat rapportryers was. Watter rapporte het hulle waarvandaan
> na wie toe aangery, en waarvoor?
> Of was dit dalk gemerk: Geheim. net vir die BB?
>
> Miskien ken hessie iemand wat iemand ken wat iemand se neef ken wat 'n
> kennis het in die wandelgange van die stelsel wat vir ons iets soos 'n "die
> raport se tog deur die saalsakke" sal kan skryf...

Wel, Thys, as ek dit nie mis het nie, bestaan
die "Junior Rapportryers" vandag nog. (Ek dink
Hennerietjie se pa is 'n Junior Rapportryer.)
Hulle beywer hulle vir die Afrikaanse kultuur en
- welstand en beywer hulself ook vir goeie
verhoudinge met groepe van ander kulture rondom
hulle. Dus iets wat mens moet ondersteun.
Ongelukkig het die Rapportryers en die
Junior Rapportryers in die tydperk van die
fascistiese apartheidsregime deel geword van 'n
voos en siek maatskappy, waar lidword van die
junior rapportryers vir jou gehelp het om teen die
promosie-leer op te klim. Hier is 'n voorbeeld. Ek
was in die Geskiedenis 111 klas met 'n ou wat nou
definitief nie die beste student in die klas was nie.
Maar tien jaar nadat ons saam in daardie klas was,
kom ek in Stellenbosch en vind uit hy is nou Professor
in die Geskiedenis fakulteit, nie net lektor nie.
En, hy is die nasionale sekretaris van die Junior
Rapportryers. Oral, maar oral, in SA het mannetjies
(gewoonlik nie vroumense nie, maar wit omies) gesit
in jobs wat hulle nie gekry het waarvoor hulle bekwaam
is nie, maar wat hulle gekry het omdat hulle vir hulself
geskaar het by die fasciste.

Tant Hessie van Kandahar, wat goddank nie meer
in die hande van die Taliban is nie.
Re: Fakkeldraers. [boodskap #55347 is 'n antwoord op boodskap #55337] Vr, 11 Januarie 2002 14:24 Na vorige boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Welllllll, ek het net daardie boodskappie aan 6 mense (drie keer, twee-twee)
> oorgedra - ek dink nie die hele nonsens spul wat tot Gloudina se
> selfopgelegde ballingskap gelei het is my skuld nie - of dat ek selfs 'n
> veldtog begin het nie;)))))
> Ek jok eintlik - ek het dit net een keer gesê - toe daar 'n offisier
> bygestaan het :))
> Die ander twee kere was my boodskap met die oorhandiging:
> Hou Koers soos 'n Dronk Weerluis:)))
> Njannies!:)))

Laat dit vir jou 'n les wees - as jy die regte boodskap oorgedra het kon
jy minister van onderwys in diie vorige bedeling gewees het.

Maar dit laat my nou dink. Duidelik het jy aan die kant van die current
regime geveg deur valse boodskappe aan hulle vyand oor te dra - alla spy
vs spy. Ek stel voor dat jy onmiddelik aansoek doen om in die Nuwe SA
Weermag opgeneem te word as ten minste 'n Generaal! En miskien kan selfs
'n straat in jou geboorte stad(t) na jou vernoem word?
Vorige onderwerp: BOB of Bloed
Volgende onderwerp: M-Web alweer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 20:50:49 MGT 2024