Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog ODP-dinge
Nog ODP-dinge [boodskap #55199] Di, 08 Januarie 2002 11:04
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Uitnodiging:

Die "nuus"-afdeling by die Open Directory vir Afrikaanse werwe, by
http://dmoz.org/World/Afrikaans/Nuus/ word tans herrangskik, en ek
soek nuwe werwe om te lys. Die nuwe kategorieë sien as volg daar uit:

Koerante
Radio
Televisie
Tydskrifte

e-Koerante
e-Tydskrifte
Nuusbriewe
Persvrystellings
Vaktydskrifte

As enige iemand werwe het wat dalk in van hierdie kategorieë pas, meld
dit seblief by my aan (by bogemelde webadres, kliek op "add url"). Ek
is veral op soek na maatskappye en organisasies se interne nuusbriewe,
en na vaktydskrifte. Dit moet in Afrikaans of ten minste deels in
Afrikaans wees.

Lysing by die ODP is nie te versmaai vir 'n webwerf nie, omdat baie
soekmasjiene hul data van die ODP af kry.

--
.
Vorige onderwerp: Hi honey, I'm home!
Volgende onderwerp: Startpagina in Nederland over Zuid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 11:18:30 MGT 2024