Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pasella punte maak nie slimmer
Pasella punte maak nie slimmer [boodskap #55106] Do, 03 Januarie 2002 19:36 na volgende boodskap
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Pasella punte maak nie slimmer

Op die hakke van die aanvanklike euforie oor die nasionale matriekslaagsyfer
van 61,7 persent, ''n styging van 3,8 persent bo verlede jaar, kom die nou
al amper onvermydelike regstellende waarheid aan die lig. Die hoër
slaagsyfer is nie aan beter onderrig te danke of dat soveel kinders soveel
beter presteer het nie. Daar is met die punte gepeuter om dit moontlik te
maak.

Natuurlik is daar baie kinders wat werklik goed gedoen het, selfs
buitengewoon gepresteer het. Hulle word werklik meer bevoordeel deur

die outomatiese aanpassing van die jaarpunt met tussen 5 en 10 persent.
Veral swakker kandidate word egter bevoordeel deurdat 'n aansienlike aantal
wat andersinds nie sou slaag nie, deur die pasellapunte oor die slaaglyn
gedruk is.

Voorste onderwyskenners bevraagteken die slaagsyfer. Hulle wys ook tereg
daarop dat dit kwalik as 'n geloofwaardige weerspieëling van die kandidate
se prestasie beskou kan word. Deur hierdie willekeurige opgradering van
punte word die waarde van 'n matrieksertifikaat gedegradeer. Dit weerspieël
nie meer die houer se ware intellektuele vermoëns nie.

Prof Paul Fatti, hoof van die Sertifiseringsraad se statistiekkomitee, het
na berig word toegegee dat onderwysers se onvermoë om jaarpunte te bereken,
Safsert genoop het om die sogenaamde jaarpunt outomaties vas te stel. Die
hoër jaarpunt saam met die eksamenpunt gee 'n hoër eindpunt en dus
slaagsyfer.

Die verwysing na onderwysers se onvermoë om eenvoudige berekenings te doen,
saamgelees met minister Kader Asmal se erkenning dat 'n vyfde van die land
se onderwysers ondergekwalifiseer is, skep 'n onrusbarende beeld van die
gehalte onderwys wat kinders ontvang. Die logiese afleiding sou wees dat
daar rede is om te vermoed dat leerlinge in werklikheid nie beter nie, maar
swakker as verlede jaar kon presteer het.

Ten grondslag van hierdie pasella punte-aksie lê egter 'n veel onrusbarender
denkpatroon. Dit is naamlik dat onaangename en negatiewe werklikhede opsy
geskuif word en vervang word met onjuiste voorgewings wat aanvaarbaarder vir
gemoedsrus is.

Dit beteken die werklikheid van 'n probleem word nie aangespreek nie. Dit
word met valse beeldskepping verdoesel. Sodoende bly die probleem onopgelos
en soos dit met probleme gaan, vererger dit progressief. In die onderwys
beteken dit dat standaarde eenvoudig gedurig verlaag sal word, en daar met
punte gedokter sal word om swak onderwys met 'n valse beeld van prestasie te
verdoesel. Sodoende word die probleem van swak opleiding, van 'n jeug wat
nie toegerus word vir die lewe nie, selfvermenigvuldigend.

Die land word feitlik op alle vlakke geregeer en gedomineer deur die
ANC/SAKP. Dis sy regstellende aanstellings, sy amptenare, sy onderwysers, sy
raadslede en so meer. Daarom kan met reg afgelei word dat hierdie
ongelukkige denkpatroon waarna ons verwys het, verteenwoordigend van dié
organisasie se werklikheidsbenadering is. Trouens, ons ervaar dit dat hoë
amptenare en politieke leiers meen dat hulle die werklikheid kan verander
bloot deur dinge te sê wat gunstiger en vleiender as die werklikheid is.

Wanneer gaan hierdie mense leer dat jy nie die werklikheid met woorde en
foefies kan verander nie, dat ook buitelandse beleggers deur hulle gordyn
van skyn-positiwiteit sien?

Of word ons soos Candide, die karakter van 'n siniese Voltaire wat alles
afmaak as die beste van alle moontlike wêrelde, hoe rampspoedig die
werklikhede ookal die teendeel bewys?
Re: Pasella punte maak nie slimmer [boodskap #55119 is 'n antwoord op boodskap #55106] Vr, 04 Januarie 2002 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"david" skryf in boodskap news:a12bqg$6ru$1@ctb-nnrp2.saix.net...

> Die hoër
> slaagsyfer is nie aan beter onderrig te danke of dat soveel kinders soveel
> beter presteer het nie. Daar is met die punte gepeuter om dit moontlik te
> maak.

Dié puntregstelling is al gedoen toe ek matriek geskryf het. As die
getal leerlinge wat 'n sekere gemiddelde behaal het, te min was, is
almal se punte verhoog. Insgelyks kon almal se punte verlaag word
(hoekom ons gepanic het toe almal sê hoe *maklik* die skeinatvraestel
was...).
Re: Pasella punte maak nie slimmer [boodskap #55121 is 'n antwoord op boodskap #55106] Vr, 04 Januarie 2002 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
David - Is dit 'n berig wat jy herpos of skryf jy die self?

Anyway - dit is maar net nog 'n nekslag vir SA Kwalifikasies oorsee.
Mooi so ou Kader en kie! Wat ons bring by 'n nuwe sameswerings teorie -
maklikste manier om die brain drain te stop - maak hulle kwalifikasies
nikswerd! :)

En ek vir een het soveel hoop gehad toe ek hoor Kader Asmal word
minister van onderwys maar lyk my hy moes ook maar ingee voor die
algemene siening - i.e standaarde word afgetrek tot almal daaraan
voldoen!

david wrote:
>
> Pasella punte maak nie slimmer
>
>
Re: Pasella punte maak nie slimmer [boodskap #55178 is 'n antwoord op boodskap #55119] Ma, 07 Januarie 2002 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Voetleuce wrote:
>
> "david" wrote in message
> news:a12bqg$6ru$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Die hoër
>> slaagsyfer is nie aan beter onderrig te danke of dat soveel kinders
> soveel
>> beter presteer het nie. Daar is met die punte gepeuter om dit
> moontlik te
>> maak.

Dit was nie net regstellings nie ...
Re: Pasella punte maak nie slimmer [boodskap #55249 is 'n antwoord op boodskap #55178] Wo, 09 Januarie 2002 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit is niks nuuts nie. Wanneer die gemiddelde punt van 'n spesifieke
vraestel laer is as verwag word, word die vraestel weer na gekyk en as daar
dan vrae in is wat beskou word as onredelik, word die punte daarvolgens
aangepas. Met die prinsiep is daar niks mee verkeerd nie. My probleem
daarmee is dat die vraestel oorspronklik opgestel is om nie onredelik te
wees nie. Wat sal dit nou skielik onredelik maak.
Sakkie

"Lou" skryf in boodskap news:3C39B37E.E49B93CD@lous.zzn.com...
>
>
> Voetleuce wrote:
>>
>> "david" wrote in message
>> news:a12bqg$6ru$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> Die hoër
>>> slaagsyfer is nie aan beter onderrig te danke of dat soveel kinders
>> soveel
>>> beter presteer het nie. Daar is met die punte gepeuter om dit
>> moontlik te
>>> maak.
>
> Dit was nie net regstellings nie ...
Re: Pasella punte maak nie slimmer [boodskap #55262 is 'n antwoord op boodskap #55249] Do, 10 Januarie 2002 06:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Omdat daar agv begrekkige opleiding probleme was met die berekening van
die standaardisering van rekord eksamen punte op skoolvlak is dit nou op
departementele vlak gedoen soos al vir 'n paar jaar in die Wes Kaap
gedoen word. Dit het blykbaar tot 'n 5% verandering tot gevolg gehad wat
duidelik sommige leerders bevoordeel het maar almal op dieslefe vlak
geplaas het. In 2000r was alle leerders wat eksamen geskryf het in
engels waar dit nie hulle huistaal is nie se finale punt met 5%
aangepas. Maak self die somme,

Sakkie wrote:
>
> Dit is niks nuuts nie. Wanneer die gemiddelde punt van 'n spesifieke
> vraestel laer is as verwag word, word die vraestel weer na gekyk en as daar
> dan vrae in is wat beskou word as onredelik, word die punte daarvolgens
> aangepas. Met die prinsiep is daar niks mee verkeerd nie. My probleem
> daarmee is dat die vraestel oorspronklik opgestel is om nie onredelik te
> wees nie. Wat sal dit nou skielik onredelik maak.
> Sakkie
>
> "Lou" wrote in message
> news:3C39B37E.E49B93CD@lous.zzn.com...
>>
>>
>> Voetleuce wrote:
>>>
>>> "david" wrote in message
>>> news:a12bqg$6ru$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>
>>>> Die hoër
>>>> slaagsyfer is nie aan beter onderrig te danke of dat soveel kinders
>>> soveel
>>>> beter presteer het nie. Daar is met die punte gepeuter om dit
>>> moontlik te
>>>> maak.
>>
>> Dit was nie net regstellings nie ...
Re: Pasella punte maak nie slimmer [boodskap #55297 is 'n antwoord op boodskap #55262] Do, 10 Januarie 2002 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Omdat daar begrekkige opleiding

I rest my case.

Tant Hessie de Meester
Re: Pasella punte maak nie slimmer [boodskap #55317 is 'n antwoord op boodskap #55297] Vr, 11 Januarie 2002 06:43 Na vorige boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Seker maklik vir jou want meeste van die tyd het jy geen case nie. :}

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Omdat daar begrekkige opleiding
>
> I rest my case.
>
> Tant Hessie de Meester
Vorige onderwerp: Verkeersboetes foto's
Volgende onderwerp: grap vannie jaar antie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 12:52:50 MGT 2024