Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kinky antwoord haar donkie
Kinky antwoord haar donkie [boodskap #55097] Do, 03 Januarie 2002 11:36
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Haai Kinky! Jy het my gemis
Ek is nog hier, o ja, gewis
Maar die mense stry oor dit en oor dat
Gloudina sê hulle ammal se gat

Ja, ek mis die liewe donkieman
wat rympies skryf net omdat hy kan.
En al sê Gloudina dan ammal se gat
vra ammal gereeld na haar, wat!

Nou lê ek maar so 'n bietjie laag
Tot ek my weer met die girls kan behaag
Want oor politiek en godsdiens, hoe sal ek sê
Wil niemand nou juis 'n donkie-mening hê

Jy is reg en dit is ook tog goed
Lê maar laag en wees baie soet
Meer as jou donkie- mening , ou dier
is dit jou teenwoordiheid wat ons plesier

Maar ek so bly; jy is weer hier
'n Yslike groot kinky-plesier
Ek voel vanjaar goed; selfs 'n klein bietjie mal
'n Lekker jaar vir jou en almal

Om mal te wees is n lekker gevoel
dit laat mens soms ook lekker woel
Ek sien uit na die jaar hier saam met jou
want sien ek is nog altyd pure vrou!
;-)
Kinky van PP
Vorige onderwerp: aanvalle
Volgende onderwerp: Is ek 'n Jopie Fourie of 'n Jan Smuts?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 06:51:22 MGT 2024