Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie wou vir Koos koos?
Wie wou vir Koos koos? [boodskap #5467] Vr, 26 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Iemand skrywe onlangs op die nuusgroep:
"Ek dink hierdie Koos verdien 'n koos."
Wat beteken die woord "koos"? Ek ken dit nie.
Uit die sinsverband het ek gedink twee betekenisse
is moontlik: (1) Koos verdien 'n opstopper.
(2) Koos verdien 'n soen.
Is ek enigsins warm?
As die eerste alternatief die regte is, dan wil ek net se:
Los vir Koos uit.
Koos is cute. (Gloudina)
Re: Wie wou vir Koos koos? [boodskap #5488 is 'n antwoord op boodskap #5467] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Hugo  is tans af-lyn  Pieter Hugo
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
My ouma het altyd van 'n koos gepraat as sy verwys het na die
bakkie wat sy onder haar bed gehou het. Hoekom weet ek nie -
want die to-lit was net om die hoek.

Pieter
Re: Wie wou vir Koos koos? [boodskap #5489 is 'n antwoord op boodskap #5467] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
<<>Is ek enigsins warm?
> As die eerste alternatief die regte is, dan wil ek net se:
> Los vir Koos uit.
> Koos is cute. (Gloudina)>>>

En dit is common knowledge dat Gloudina 'n baie sexy mens met 'n sterk
en aangename persoonlikheid is wat mooi inpas by haar uitstekende
intellek en beginselvaste geaardheid.
Re: Wie wou vir Koos koos? [boodskap #5590 is 'n antwoord op boodskap #5467] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
avdm...  is tans af-lyn  avdm...
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
<heeltemal uit verband geknip...>
> Is ek enigsins warm?
> (Gloudina)

Dit sal Izak seker vir ons moet sê!
;-)

Andre
Re: Wie wou vir Koos koos? [boodskap #5647 is 'n antwoord op boodskap #5467] Do, 01 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Dick van Nes  is tans af-lyn  Dick van Nes
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
> Iemand skrywe onlangs op die nuusgroep:
> "Ek dink hierdie Koos verdien 'n koos."
> Wat beteken die woord "koos"? Ek ken dit nie.

Hallo Afrikaners,

Hopelijk staan jullie mij toe te antwoorden in het Nederlands. Ik
vermoed dat 'koos' komt van 'kozen, liefkozen, minnekozen, liefkozing,
etc.' Kozen is volgens Van Dale: zoete vertrouwelijkheid praten,
vleien, vooral van gelieven, strelen, vrijen.

Dick
Vorige onderwerp: Afrikaans en Afrikanerskap in die 21ste eeu
Volgende onderwerp: MOER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 11:22:50 MGT 2024