Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mugabe
Mugabe [boodskap #54757] Wo, 19 Desember 2001 16:26 na volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
SAOG steun Mugabe

'n MINISTERSVERGADERING van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
het sy steun aan pres. Robert Mugabe se gewraakte grondhervormingsplan
toegesê en sanksies onvoorwaardelik teengestaan terwyl die wetteloosheid in
Zimbabwe onverpoos voortduur.

Me. Lilian Patel, Malawi se minister van buitelandse sake wat die
SAOG-afvaardiging gelei het, het Woensdag ná die tweedaagse samesprekings
gesê die organisasie steun die beslaglegging op plase in wit besit deur die
Zimbabwiese regering, het Sapa-AFP berig.

"Ons het teenoor Zimbabwe herhaal . . . regverdige grondverdeling moet
geskied mits dit wettig en vreedsaam gedoen word."

SAOG-staatshoofde het drie maande gelede op 'n beraad in Harare die
onderneming by Mugabe gekry dat hy onwettige plaasinvalle en geweld teenoor
boere en hul werkers sal keer.

Die SAOG-ministers het egter Maandag en Dinsdag by die Vereniging van
Kommersiële Boere en ander belangegroepe gehoor dat die geweld teen boere en
die politieke opposisie, asook die onderdrukking van die media, voortgaan.

Lede van die SAOG-afvaardiging het boonop in 'n gesamentlike verklaring gesê
hulle "verwelkom Mugabe se pogings om deur middel van wetgewing geweld te
voorkom en deursigtigheid te verseker" in die aanloop tot die
presidentsverkiesing in April.

Die ministers is "bekommerd oor die verdraaide beeld van Zimbabwe wat deur
die media in die streek en in die Weste geskep word", lui die verklaring.

Sedert die vorige SAOG-beraad in Harare het Mugabe wette deurgedwing wat die
politieke opposisie en die onafhanklike media aan bande lê, die integriteit
van die komende verkiesing in gevaar stel en die beslaglegging op wit plase
versnel.

Patel het gesê die SAOG is gekant teen die afdwing van enige vorm van
sanksies teen Zimbabwe.

Die SAOG-verklaring is in skerp teenstelling met die bevindings van mnr.
Walter Kansteiner, Amerikaanse adjunkminister van buitelandse sake. Hy het
oor sy eie besoek aan Zimbabwe vandeesweek gesê die voorkoms van
"staatsgesteunde geweld en intimidasie" in Zimbabwe is kommerwekkend.

Patel het hieroor gesê die SAOG word nie deur die Weste beïnvloed nie. "Ons
het hierheen gekom as die SAOG - nie namens die een of ander Westerse mag om
Zimbabwe te demoniseer nie."

'n Groep Zanu-PF-militantes het Woensdag die kantoor van mnr. Francis
Dhlakama, opposisielid en nuutverkose burgemeester van Chegutu, bestorm en
geëis dat hy padgee. Dhlakama het om veiligheidsredes daaraan gehoor gegee.

Druk artikel E-pos storie aan 'n vriend

� 2001 NEWS 24 - Kopiereg voorbehou
Re: Mugabe [boodskap #54761 is 'n antwoord op boodskap #54757] Wo, 19 Desember 2001 16:58 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Emmy. Hulle het natuurlik 'n doelbewuste fout gemaak met hul naam,
want SOG sou net te beskrywend gewees het.:)))
Annette

emmy skryf in boodskap news:9vqeup$kjq$1@news.pcmnet.nl...
> SAOG steun Mugabe
>
> 'n MINISTERSVERGADERING van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
> het sy steun aan pres. Robert Mugabe se gewraakte grondhervormingsplan
> toegesê en sanksies onvoorwaardelik teengestaan terwyl die wetteloosheid in
> Zimbabwe onverpoos voortduur.
>
>
> Me. Lilian Patel, Malawi se minister van buitelandse sake wat die
> SAOG-afvaardiging gelei het, het Woensdag ná die tweedaagse samesprekings
> gesê die organisasie steun die beslaglegging op plase in wit besit deur die
> Zimbabwiese regering, het Sapa-AFP berig.
>
> "Ons het teenoor Zimbabwe herhaal . . . regverdige grondverdeling moet
> geskied mits dit wettig en vreedsaam gedoen word."
>
> SAOG-staatshoofde het drie maande gelede op 'n beraad in Harare die
> onderneming by Mugabe gekry dat hy onwettige plaasinvalle en geweld teenoor
> boere en hul werkers sal keer.
>
> Die SAOG-ministers het egter Maandag en Dinsdag by die Vereniging van
> Kommersiële Boere en ander belangegroepe gehoor dat die geweld teen boere en
> die politieke opposisie, asook die onderdrukking van die media, voortgaan.
>
> Lede van die SAOG-afvaardiging het boonop in 'n gesamentlike verklaring gesê
> hulle "verwelkom Mugabe se pogings om deur middel van wetgewing geweld te
> voorkom en deursigtigheid te verseker" in die aanloop tot die
> presidentsverkiesing in April.
>
> Die ministers is "bekommerd oor die verdraaide beeld van Zimbabwe wat deur
> die media in die streek en in die Weste geskep word", lui die verklaring.
>
> Sedert die vorige SAOG-beraad in Harare het Mugabe wette deurgedwing wat die
> politieke opposisie en die onafhanklike media aan bande lê, die integriteit
> van die komende verkiesing in gevaar stel en die beslaglegging op wit plase
> versnel.
>
> Patel het gesê die SAOG is gekant teen die afdwing van enige vorm van
> sanksies teen Zimbabwe.
>
> Die SAOG-verklaring is in skerp teenstelling met die bevindings van mnr.
> Walter Kansteiner, Amerikaanse adjunkminister van buitelandse sake. Hy het
> oor sy eie besoek aan Zimbabwe vandeesweek gesê die voorkoms van
> "staatsgesteunde geweld en intimidasie" in Zimbabwe is kommerwekkend.
>
> Patel het hieroor gesê die SAOG word nie deur die Weste beïnvloed nie. "Ons
> het hierheen gekom as die SAOG - nie namens die een of ander Westerse mag om
> Zimbabwe te demoniseer nie."
>
> 'n Groep Zanu-PF-militantes het Woensdag die kantoor van mnr. Francis
> Dhlakama, opposisielid en nuutverkose burgemeester van Chegutu, bestorm en
> geëis dat hy padgee. Dhlakama het om veiligheidsredes daaraan gehoor gegee.
>
> Druk artikel E-pos storie aan 'n vriend
>
>
> � 2001 NEWS 24 - Kopiereg voorbehou
>
Vorige onderwerp: Nog hulp asseblief ...
Volgende onderwerp: Eerstedagkoeverte - wie stel belang?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 09:30:51 MGT 2024