Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Opname: Alzheimers
Opname: Alzheimers [boodskap #54470] Sa, 08 Desember 2001 09:46 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoeveel mense hier het met 'n lyer op 'n daaglikse basis te doen?
Hoeveel mense hier het 'n ouer of familielid wat aan hierdie vreeslike
siekte ly?
Annette
Re: Opname: Alzheimers [boodskap #54505 is 'n antwoord op boodskap #54470] Ma, 10 Desember 2001 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Anette,
My pa het dit die afgelope paar jaar (seker 4 jaar) gehad tot en met sy dood
2 maande gelede. Ons was baie gelukkig. Ons kon hom tuis versorg vir die
eerste 18 maande van sy siekte. En net om dit nog erger te maak het hy ook
Parkinsons gehad. Die laaste 2 en 'n half jaar was hy in 'n ouetehuis op
Villiersdorp versorg, en dit was vir ons wonderlik hoe goed hy versorg was
deur die verpleegpsersoneel daar.
Ek dink dit was die swaarste dag in ons lewens was toe die dokter ons inlig
dat hy beide siektes het, en dat die medikasies net vir een van die siektes
kon gebruik word. Ons moes toe besluit om slegs voort te gaan die
Parkinsons se medikasie. Dit het hom so beetgehad dat hy nie kon sluk nie,
en dat hy so gefrusteerd was dat hy 'n "las" vir ons was.

Wat vir almal so verbasend en hartseer was, is dat Pa so 'n wyse en
intellektuele mens was. Jy kon hom nie klop met finansies nie, en as jy nog
sit en die kolomme van die kasboek optel met jou sompompie, dan het hy al
klaar die antwoord tot op die sent toe korrek gehad. En hy was wyd belese.
Het altyd geweet wanneer dié of daardie veldslag in die ABO gebeur het. Van
landsake het hy alles geweet, en kon hy met gesag en vriendelikheid sy
opponente polities die loef afsteek. En hy het mense geken. Eers op die
herdenkingsdiens het ek waarlik agtergekom hoe bemin en bekend hy was. Een
so 'n vriend was Sir De Villiers Graaff . 'n Huisvriend, en hulle was op
voornaam-terme met mekaar. Dit was 'n jaarlikse instelling: Pa het op 6
Desember verjaar, en sir Div op 8 Desember. Op Pa se verjaarsdag dan is die
kaartjie van sir Div af daar. In sy eie handskrif: "Beste Thys, ou vriend,
Nog 'n jaar is verby..." En dan was dit geteken: "Div"
Dan het Pa al verlede week gesorg dat sy kaartjie aan sir Div gepos is om
die 8ste in die Kaap te wees.
*------

So kom ek so 'n jaar gelede een dag by Pa en ons sit en gesels allerhande ou
stories. Vra een van die verpleegsters daar vir hom of dit darem vir hom
lekker is as sy kinders by hom kom kuier:
"Ja, dis nogal lekker, want dan kry jy sommer al die dorp se skindernuus
ook. Net jammer van die spul vlooie wat hulle altyd saambring."

Tot die end het hy, ten spyte van die verwarring en dementia by tye, sy sin
vir humor behou.

'n Ander keer kry ek hom in die sonkamer in 'n stoel sit met 'n Huisgenoot
voor hom. Hy't 'n bril op. Maar dis een van daai brille wat Coke-bottel
bome het vir glase. Vra ek hom waar sy eie bril is. "Hier in my hempsak"
is sy antwoord.
"Kan pa dan sien? " vra ek. "Nie so goed nie" is sy antwoord.
"Kom dan sit ek Pa se bril vir jou op" waag ek dit. "Nee wat, vir wat moet
ek dan my bril uitslyt as ek iemand anders s'n kan gebruik. In elk geval,
ek wou net kyk of my naam al op die referendum se keiserslys is. En julle
moet daai hek gaan toemaak. Netnou loop vreet die lammerooie aan die
aartappel-lowwe."

So het die gesprekke verloop. Ons behou maar die toon en leiding van die
gesprek en bring hom terug as hy so wil "skape oppas". Net om daarna weer
verryk te word met 'n sonstraaltjie van sy besondere sin vir humor. Mamma
is ook later in dieselfde ouetehuis opgeneem, en het haar eie kamer. Dit
was vir ons, en ek weet vir haar seker die swaarste, om die mens wat eens
ons en die gemeenskap se trots was, so te sien wegkwyn na liggaam maar veral
na gees, totdat hy op 13 Oktober stil huis toe gegaan het na sy Hemelse
Tuiste.
So 'n paar dae voor sy heengaan was ek en my gesin daar. Hy was toe al
bedlêend en die oë was toe. Ek vat so aan sy arm, en hy mompel skaars
hoorbaar "Hallo Matthys" en hy maak sy oë oop en groet almal. En dit was
ons afskeid. Mense, maar kyk toe ons daar uitstap toe lòòp die trane hoor.
Die Saterdag middag was dit als verby. Nou weet ons hy is in dié Plek waar
hy die mooiste wuiwende lande van die mooiste volryp goue graan kan aanskou.
Waar hy saam met die Meester Landbouer kan boer. Waar die mooiste Duitse
Merino skape te sien is, en waar die vrugtebome en wingerde oorloop van die
mooiste oes.

Thys (met 'n lang storie) oppie Bos

"Annette" skryf in boodskap news:9usnh9$ane5k$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hoeveel mense hier het met 'n lyer op 'n daaglikse basis te doen?
> Hoeveel mense hier het 'n ouer of familielid wat aan hierdie vreeslike
> siekte ly?
> Annette
>
Re: Opname: Alzheimers [boodskap #54507 is 'n antwoord op boodskap #54505] Ma, 10 Desember 2001 09:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Thys- dat jy dit met ons gedeel het.
En dan ook innige simpatie met die afsterwe.
(((((((((((Thys)))))))))
Ek voel altys as mens nog die humor kan raaksien in die situasie dan help
dit met die hartseer.
Wat vir my die snaakste was met Tant Alie was dat sy haar hele lwe lank
gehakkel het, maar toe sy siek was, was die hakkel weg.

Annette

news:9v1srg$1uha$1@news.adamastor.ac.za...
> Anette,
> My pa het dit die afgelope paar jaar (seker 4 jaar) gehad tot en met sy dood
> 2 maande gelede. Ons was baie gelukkig. Ons kon hom tuis versorg vir die
> eerste 18 maande van sy siekte. En net om dit nog erger te maak het hy ook
> Parkinsons gehad. Die laaste 2 en 'n half jaar was hy in 'n ouetehuis op
> Villiersdorp versorg, en dit was vir ons wonderlik hoe goed hy versorg was
> deur die verpleegpsersoneel daar.
> Ek dink dit was die swaarste dag in ons lewens was toe die dokter ons inlig
> dat hy beide siektes het, en dat die medikasies net vir een van die siektes
> kon gebruik word. Ons moes toe besluit om slegs voort te gaan die
> Parkinsons se medikasie. Dit het hom so beetgehad dat hy nie kon sluk nie,
> en dat hy so gefrusteerd was dat hy 'n "las" vir ons was.
>
> Wat vir almal so verbasend en hartseer was, is dat Pa so 'n wyse en
> intellektuele mens was. Jy kon hom nie klop met finansies nie, en as jy nog
> sit en die kolomme van die kasboek optel met jou sompompie, dan het hy al
> klaar die antwoord tot op die sent toe korrek gehad. En hy was wyd belese.
> Het altyd geweet wanneer dié of daardie veldslag in die ABO gebeur het. Van
> landsake het hy alles geweet, en kon hy met gesag en vriendelikheid sy
> opponente polities die loef afsteek. En hy het mense geken. Eers op die
> herdenkingsdiens het ek waarlik agtergekom hoe bemin en bekend hy was. Een
> so 'n vriend was Sir De Villiers Graaff . 'n Huisvriend, en hulle was op
> voornaam-terme met mekaar. Dit was 'n jaarlikse instelling: Pa het op 6
> Desember verjaar, en sir Div op 8 Desember. Op Pa se verjaarsdag dan is die
> kaartjie van sir Div af daar. In sy eie handskrif: "Beste Thys, ou vriend,
> Nog 'n jaar is verby..." En dan was dit geteken: "Div"
> Dan het Pa al verlede week gesorg dat sy kaartjie aan sir Div gepos is om
> die 8ste in die Kaap te wees.
> *------
>
> So kom ek so 'n jaar gelede een dag by Pa en ons sit en gesels allerhande ou
> stories. Vra een van die verpleegsters daar vir hom of dit darem vir hom
> lekker is as sy kinders by hom kom kuier:
> "Ja, dis nogal lekker, want dan kry jy sommer al die dorp se skindernuus
> ook. Net jammer van die spul vlooie wat hulle altyd saambring."
>
> Tot die end het hy, ten spyte van die verwarring en dementia by tye, sy sin
> vir humor behou.
>
> 'n Ander keer kry ek hom in die sonkamer in 'n stoel sit met 'n Huisgenoot
> voor hom. Hy't 'n bril op. Maar dis een van daai brille wat Coke-bottel
> bome het vir glase. Vra ek hom waar sy eie bril is. "Hier in my hempsak"
> is sy antwoord.
> "Kan pa dan sien? " vra ek. "Nie so goed nie" is sy antwoord.
> "Kom dan sit ek Pa se bril vir jou op" waag ek dit. "Nee wat, vir wat moet
> ek dan my bril uitslyt as ek iemand anders s'n kan gebruik. In elk geval,
> ek wou net kyk of my naam al op die referendum se keiserslys is. En julle
> moet daai hek gaan toemaak. Netnou loop vreet die lammerooie aan die
> aartappel-lowwe."
>
> So het die gesprekke verloop. Ons behou maar die toon en leiding van die
> gesprek en bring hom terug as hy so wil "skape oppas". Net om daarna weer
> verryk te word met 'n sonstraaltjie van sy besondere sin vir humor. Mamma
> is ook later in dieselfde ouetehuis opgeneem, en het haar eie kamer. Dit
> was vir ons, en ek weet vir haar seker die swaarste, om die mens wat eens
> ons en die gemeenskap se trots was, so te sien wegkwyn na liggaam maar veral
> na gees, totdat hy op 13 Oktober stil huis toe gegaan het na sy Hemelse
> Tuiste.
> So 'n paar dae voor sy heengaan was ek en my gesin daar. Hy was toe al
> bedlêend en die oë was toe. Ek vat so aan sy arm, en hy mompel skaars
> hoorbaar "Hallo Matthys" en hy maak sy oë oop en groet almal. En dit was
> ons afskeid. Mense, maar kyk toe ons daar uitstap toe lòòp die trane hoor.
> Die Saterdag middag was dit als verby. Nou weet ons hy is in dié Plek waar
> hy die mooiste wuiwende lande van die mooiste volryp goue graan kan aanskou.
> Waar hy saam met die Meester Landbouer kan boer. Waar die mooiste Duitse
> Merino skape te sien is, en waar die vrugtebome en wingerde oorloop van die
> mooiste oes.
>
> Thys (met 'n lang storie) oppie Bos
>
> "Annette" wrote in message
> news:9usnh9$ane5k$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Hoeveel mense hier het met 'n lyer op 'n daaglikse basis te doen?
>> Hoeveel mense hier het 'n ouer of familielid wat aan hierdie vreeslike
>> siekte ly?
>> Annette
>>
>
Re: Opname: Alzheimers [boodskap #54509 is 'n antwoord op boodskap #54505] Ma, 10 Desember 2001 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Pragtige stuk Thys. Ek dink humor is al ding wat mens deur die lewe kry
en dit in die swaar makliker maak. Ek probeer altyd die humor in alles om
my sien.

My man se oupa het ook sulke wonderlike verhale vertel, onder andere hoe
bang hy vir paddas was en dat hy van sy motorfiets gespring het so in die
ry, van skrik vir 'n padda. Hom natuurlik disnis geval.

Sy bure het twee kwaai "dobermans" gehad wat vir almal geblaf en op hol
gejaag het. Hy pluk toe eendag sy kettie uit en terwyl die twee vir almal
staan en versondig met hul blaffery, klits die een op die bout. Dié dink
die ander een het hom gebyt en daar spring die twee honde tot sy grootste
vermaak aanmekaar! Hy het baie soortgelyke staaltjies ten minste een keer
per jaar vertel en almal het dit elke keer geniet. Sy manier van vertel het
die dieselfde storie altyd weer nuut laat klink.

Hy was 'n groot gelowige en het sy hele lewe deur myntering gehad, kon nooit
genees nie, maar het 'n vol lewe gehad, gesond ten spyte daarvan. Hy is op
die ouderdom van ±83 oorlede.

Thys de Wet skryf in boodskap news:9v1srg$1uha$1@news.adamastor.ac.za...
> Anette,
> My pa het dit die afgelope paar jaar (seker 4 jaar) gehad tot en met sy dood
> 2 maande gelede. Ons was baie gelukkig. Ons kon hom tuis versorg vir die
> eerste 18 maande van sy siekte. En net om dit nog erger te maak het hy ook
> Parkinsons gehad. Die laaste 2 en 'n half jaar was hy in 'n ouetehuis op
> Villiersdorp versorg, en dit was vir ons wonderlik hoe goed hy versorg was
> deur die verpleegpsersoneel daar.
> Ek dink dit was die swaarste dag in ons lewens was toe die dokter ons inlig
> dat hy beide siektes het, en dat die medikasies net vir een van die siektes
> kon gebruik word. Ons moes toe besluit om slegs voort te gaan die
> Parkinsons se medikasie. Dit het hom so beetgehad dat hy nie kon sluk nie,
> en dat hy so gefrusteerd was dat hy 'n "las" vir ons was.
>
> Wat vir almal so verbasend en hartseer was, is dat Pa so 'n wyse en
> intellektuele mens was. Jy kon hom nie klop met finansies nie, en as jy nog
> sit en die kolomme van die kasboek optel met jou sompompie, dan het hy al
> klaar die antwoord tot op die sent toe korrek gehad. En hy was wyd belese.
> Het altyd geweet wanneer dié of daardie veldslag in die ABO gebeur het. Van
> landsake het hy alles geweet, en kon hy met gesag en vriendelikheid sy
> opponente polities die loef afsteek. En hy het mense geken. Eers op die
> herdenkingsdiens het ek waarlik agtergekom hoe bemin en bekend hy was. Een
> so 'n vriend was Sir De Villiers Graaff . 'n Huisvriend, en hulle was op
> voornaam-terme met mekaar. Dit was 'n jaarlikse instelling: Pa het op 6
> Desember verjaar, en sir Div op 8 Desember. Op Pa se verjaarsdag dan is die
> kaartjie van sir Div af daar. In sy eie handskrif: "Beste Thys, ou vriend,
> Nog 'n jaar is verby..." En dan was dit geteken: "Div"
> Dan het Pa al verlede week gesorg dat sy kaartjie aan sir Div gepos is om
> die 8ste in die Kaap te wees.
> *------
>
> So kom ek so 'n jaar gelede een dag by Pa en ons sit en gesels allerhande ou
> stories. Vra een van die verpleegsters daar vir hom of dit darem vir hom
> lekker is as sy kinders by hom kom kuier:
> "Ja, dis nogal lekker, want dan kry jy sommer al die dorp se skindernuus
> ook. Net jammer van die spul vlooie wat hulle altyd saambring."
>
> Tot die end het hy, ten spyte van die verwarring en dementia by tye, sy sin
> vir humor behou.
>
> 'n Ander keer kry ek hom in die sonkamer in 'n stoel sit met 'n Huisgenoot
> voor hom. Hy't 'n bril op. Maar dis een van daai brille wat Coke-bottel
> bome het vir glase. Vra ek hom waar sy eie bril is. "Hier in my hempsak"
> is sy antwoord.
> "Kan pa dan sien? " vra ek. "Nie so goed nie" is sy antwoord.
> "Kom dan sit ek Pa se bril vir jou op" waag ek dit. "Nee wat, vir wat moet
> ek dan my bril uitslyt as ek iemand anders s'n kan gebruik. In elk geval,
> ek wou net kyk of my naam al op die referendum se keiserslys is. En julle
> moet daai hek gaan toemaak. Netnou loop vreet die lammerooie aan die
> aartappel-lowwe."
>
> So het die gesprekke verloop. Ons behou maar die toon en leiding van die
> gesprek en bring hom terug as hy so wil "skape oppas". Net om daarna weer
> verryk te word met 'n sonstraaltjie van sy besondere sin vir humor. Mamma
> is ook later in dieselfde ouetehuis opgeneem, en het haar eie kamer. Dit
> was vir ons, en ek weet vir haar seker die swaarste, om die mens wat eens
> ons en die gemeenskap se trots was, so te sien wegkwyn na liggaam maar veral
> na gees, totdat hy op 13 Oktober stil huis toe gegaan het na sy Hemelse
> Tuiste.
> So 'n paar dae voor sy heengaan was ek en my gesin daar. Hy was toe al
> bedlêend en die oë was toe. Ek vat so aan sy arm, en hy mompel skaars
> hoorbaar "Hallo Matthys" en hy maak sy oë oop en groet almal. En dit was
> ons afskeid. Mense, maar kyk toe ons daar uitstap toe lòòp die trane hoor.
> Die Saterdag middag was dit als verby. Nou weet ons hy is in dié Plek waar
> hy die mooiste wuiwende lande van die mooiste volryp goue graan kan aanskou.
> Waar hy saam met die Meester Landbouer kan boer. Waar die mooiste Duitse
> Merino skape te sien is, en waar die vrugtebome en wingerde oorloop van die
> mooiste oes.
>
> Thys (met 'n lang storie) oppie Bos
>
> "Annette" wrote in message
> news:9usnh9$ane5k$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Hoeveel mense hier het met 'n lyer op 'n daaglikse basis te doen?
>> Hoeveel mense hier het 'n ouer of familielid wat aan hierdie vreeslike
>> siekte ly?
>> Annette
>>
>
Re: Opname: Alzheimers [boodskap #54517 is 'n antwoord op boodskap #54505] Ma, 10 Desember 2001 19:03 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

En julle
> moet daai hek gaan toemaak. Netnou loop vreet die lammerooie aan die
> aartappel-lowwe."

Dankie, Thys. So 'n stukkie harts-geskiedenis
laat ons voel dat ons amper deel het aan hom.

Ek het 'n oupa gehad wat hier teen die einde van
sy dae vir my ma gevra het vir 'n latjie. Toe vra
my ma waarvoor het hy die latjie nodig. Toe sê hy
dis om die hond weg te ja. Daar was geen hond in die
huis nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Vir Gloudina oor Lina Spies.
Volgende onderwerp: Kom ons wees eerlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 03:53:39 MGT 2024