Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geen raad met rad
Geen raad met rad [boodskap #54151] Do, 29 November 2001 17:51 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jammer Ta' Hessie van die Taalibandjies, daardie volksetimologie
is afgehandel. "Rad" kom nie in moderne woordeboeke voor nie.
Methinks the lady doth protest too much...

Wouter, die eenvoudige plaasvark, wat 'n
gebokkerde rat herken as hy hom sien.
En weet dat 'n rat rond is en om sy as draai.

skryf in boodskap news:3C0667BA.BD27E026@home.com...

>> Thys, jy draai geen rad voor enige oë meer nie.
>> Steek jou hande in die lug (of in die lig soos
>> Kekkel sê) en gee oor, man.

> Annette
> Dis Tinkerbell wat met haar vinger in die lig staan.:)

OK. Hulle is soos vinkel en Koljander.
Tant Hessie

Net soos 'n rat en 'n rad?
Wouter

Woutertjie, my dier, kom ons bekyk die sakie. Dit
is wel waar dat my boek van Idiome en
idiomatiese uitdrukkings net van " 'n rat voor die
oë draai" praat. Maar ons Afrikaanse woordeboek
dui aan dat daar 'n woord "rad" is, wat 'n alternatiewe
vorm "rat" het. In Nederlands is die uitdrukking
definitief " een rad voor oogen draaien." Sien,
hierdie ding wat voor die oë gedraai word, is nie
iets soos 'n rat in 'n ratkas nie, maar 'n ronde ding.
(Familie van die woord "radius." )
Wat rad na rat verander het, is 'n proses van
"volksetimologie." Mense het nie meer die woord
"rad" gebruik nie, en het oorgeslaan na "rat" wat
vir hulle meer bekend geklink het. Dieselfde proses
wat in "waar dawid die wortels gegrawe het" aangaan.
Die woord is eintlik die San woord vir wortel "davib"
maar dis vervang met die meer bekende "Dawid" wat
mense uit die Bybel ken.
So eintlik moes jy tweekeer gedink het voordat jy
jou stokkie optel om tant hessie oor die kneukels te
slaan. Wie van ons is nou eintlik reg?

Tant Hessie van die Talibande.
Re: Geen raad met rad [boodskap #54153 is 'n antwoord op boodskap #54151] Do, 29 November 2001 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Jammer Ta' Hessie van die Taalibandjies, daardie volksetimologie
> is afgehandel. "Rad" kom nie in moderne woordeboeke voor nie.
> Methinks the lady doth protest too much...
>

Wel, Wouter, toe ek vir my man hierdie storie
vertel, toe sê hy dis definitief "rad voor die oë
draai." Dis soos hy dit in die skool geleer het.
Ek vertel toe vir hom die Idiome-boek praat
net van "rat voor die oë draai." Toe sê hy hulle
is verkeerd. En ons Afrikaanse woordeboek
het die woord "rad" maar sê dan mens moet kyk
by die woord "rat." En die Nederlandse woordeboek
gee die uitdrukking met "rad." So ek dink jy moet
weer in jou "moderne woordeboeke" gaan kyk, of
bietjie daar by die Afrikaanse professore rondvra
in Stellenbosch en sien of hulle "rad voor die oë
draai" uit en uit sal verwerp as 'n geldige uitdrukking
in Afrikaans.

Anti Taalbande.
Re: Geen raad met rad [boodskap #54154 is 'n antwoord op boodskap #54151] Do, 29 November 2001 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Wel, Wouter, toe ek vir my man hierdie storie
> vertel, toe sê hy dis definitief "rad voor die oë
> draai." Dis soos hy dit in die skool geleer het.

Een rat voor de ogen draaien lijkt mij ook wel grappig. Zouden ze het
beestje dan bij de staart rondslingeren?

Wat is eigenlijk jullie meervoudsvorm voor rad?

Of gebruiken jullie het woord alleen nog in die ene uitdrukking? Geen op
stoom voortgedreven raderboten die stroomopwaarts tuffen, geen notoire
raddraaiers (zoals ik, volgens Norbert), geen radslagen tijdens de gymles,
geen rekruten die geradbraakt terugkeren van een lange oefening en geen
raderwerk aan de binnenzijde van een klok?

Groeten,
Arthur
Re: Geen raad met rad [boodskap #54161 is 'n antwoord op boodskap #54151] Do, 29 November 2001 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur wrote:

> Wat is eigenlijk jullie meervoudsvorm voor rad?
>
> Of gebruiken jullie het woord alleen nog in die ene uitdrukking?

Die meervoudsvorm van "rad" sal seker "radde" moet wees,maar die woord is
argaïes en bestaan in Afrikaans in die
uitdrukking " 'n rad voor die oë draai" en in woorde soos
"geradbraakte taal." As iemand jou vra om te verduidelik
wat die woord "rad" in Nederlands beteken, wat sal jy
sê? En as jy die Engelse woord "gear" gebruik, wat is
die Nederlands ( soos in first gear, second gear ens.)

Gloudina
Nog raad met rad [boodskap #54163 is 'n antwoord op boodskap #54154] Do, 29 November 2001 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Wel, Wouter, toe ek vir my man hierdie storie
> vertel, toe sê hy dis definitief "rad voor die oë
> draai." Dis soos hy dit in die skool geleer het.

Arthur
Een rat voor de ogen draaien lijkt mij ook wel grappig

Wouter
Hoekom? Wat is 'n rat in Nederlands? 'n Gear??

Arthur
Wat is eigenlijk jullie meervoudsvorm voor rad?

Wouter
Ons het nie so 'n woord nie. Nie in enkelvoud of meervoud nie.
Wel raad en rade. Rat en ratte.

Arthur
Of gebruiken jullie het woord alleen nog in die ene uitdrukking?

Wouter
Joubert, P.A., Tweetalige Frasewoordeboek, 1997.
die rat van die fortuin Fortune's wheel;
in rat in gear;
'n motor se rat inskakel put/throw a car into gear;
iem. 'n rat voor die oë draai throw dust in s.o.'s eyes
uit rat out of gear;
'n motor se rat uitskakel/losskakel throw a car out of gear
ratte wissel/verstel change gear(s), shift gear.

Eksteen, L.C., Groot Woordeboek 1997.
rat, (-te), cog wheel, wheel; gear;
die ~ van die fortuin, the wheel of fortune;
iem. 'n ~ voor die Oë draai, pull the wool over one's eyes;
~te WISSEL, change gears.

F.J. Labuschagne, L.C. Eksteen, Verklarende Afrikaanse Woordeboek 1993
rat, -te.
1. Klein en groter wiele in 'n masjien waardeur die geheel
die nodige werk verrig.
2. Strafwerktuig uit vroeër dae toe die liggaam gemartel is;
die rat v.d. FORTUIN, die wisselvallighede v.d. lewe;
iem. 'n rat voor die Oë draai, iem. bedrieg.

Arthur
Geen op stoom voortgedreven raderboten die stroomopwaarts tuffen,
geen notoire raddraaiers (zoals ik, volgens Norbert),
geen radslagen tijdens de gymles,
geen rekruten die geradbraakt terugkeren van een lange oefening
en geen raderwerk aan de binnenzijde van een klok?

Wouter
Die woord geradbraak bestaan wel. Bostaande sou byvoorbeeld as erg
geradbraakte Afrikaans kon deurgaan, maar ons sal nie die woord op 'n
mens toepas nie.

gerad´braak, -te.
1. In stukke geskeur.
2. Bederf, slordig gebruik (taal); geradbraakte taal, taal wat deurspek word
met vreemde woorde en grammatikale vorme.
F.J. Labuschagne, L.C. Eksteen, Verklarende Afrikaanse Woordeboek 1993.

Die ander frases van jou verstaan ek geen een nie.
Waarvan praat jy?

Raderboten?
Tuffen?
Notoire? Berug (soos in notorious)?
Raddraaiers? Dalk latswaaiers of gathangers?
Radslagen? Dalk beraadslaag, hoekom in 'n gimnastiekles???
Raderwerk? Dalk klokwerk?
Re: Geen raad met rad [boodskap #54177 is 'n antwoord op boodskap #54151] Vr, 30 November 2001 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
>> Wat is eigenlijk jullie meervoudsvorm voor rad?

>> Of gebruiken jullie het woord alleen nog in die ene uitdrukking?

> Die meervoudsvorm van "rad" sal seker "radde" moet wees,maar die woord is
> argaïes en bestaan in Afrikaans in die
> uitdrukking " 'n rad voor die oë draai" en in woorde soos
> "geradbraakte taal."

In my HAT van 1988 staan daar : rad (meervoud : radere) : Minder gewone,
deftige vorm van 'rat'.

Rat (mv. ratte), ook 'rad' : 1.Wiel met of sonder tande .... ens. ; 2.
(hist.) Strafwerktuig bestaande uit 'n wiel op 'n paal, waarop die liggaam
van 'n veroordeelde gelê is nadat sy ledemate gebreek is (brrrrrr !!!!!).
Uitdrukking : Iemand 'n rat voor die oë draai = bedrieg, fop.

> As iemand jou vra om te verduidelik
> wat die woord "rad" in Nederlands beteken, wat sal jy
> sê? En as jy die Engelse woord "gear" gebruik, wat is
> die Nederlands ( soos in first gear, second gear ens.)
> Gloudina

In die Nederlandse Van Dale : rad : 1 {de ~ (m.)} eenheid van geabsorbeerde
energie van een ioniserende straling
2. {het ~} a. wiel onder een voertuig dat om een vaste as draait
b. vast aan zijn as verbonden wiel dat als onderdeel van een
machine dient om een beweging over te brengen => tandwiel
c. oud strafwerktuig
Die meervoud van 'het rad' is 'de raderen' en die uitdrukking : 'iemand een
rad voor de ogen draaien' bestaan ook en beteken dieselfde as in Afrikaans.

Die Engelse 'gear' vertaal ons deur 'versnelling'.

Hilda.
Re: Geen raad met rad [boodskap #54180 is 'n antwoord op boodskap #54177] Vr, 30 November 2001 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda en Gervaas" schreef...
> Die Engelse 'gear' vertaal ons deur 'versnelling'.

Dis net die vertaling vir die 'gear' in jou kar. Die vertaling vir 'n 'gear'
is 'tandwiel'.

Groete,
Arthur
Re: Nog raad met rad [boodskap #54184 is 'n antwoord op boodskap #54163] Vr, 30 November 2001 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef...
> Arthur
> Een rat voor de ogen draaien lijkt mij ook wel grappig
>
> Wouter
> Hoekom? Wat is 'n rat in Nederlands? 'n Gear??

Nee hoor, hetzelfde al in het Engels. Een soort knaagdier dat in een
vochtige omgeving leeft. Heeft nogal een slechte reputatie als het op
hygiëne aankomt. Bij een rat voor de ogen draaien stel ik me voor dat je het
beest bij de staart beetpakt en rondslingert :)

> Die ander frases van jou verstaan ek geen een nie.
> Waarvan praat jy?
>
> Raderboten?
> Tuffen?

Hmm, weinig inlevingsvermogen. Je weet nu wat in het Nederlands een rad is.
Een groot wiel dat ronddraait. Monteer dat op een boot en dan zie je gelijk
van die schepen op de Mississippi voor je. Tuffen slaat op het geluid wat
zo'n stoomboot maakt .... tuf .. tuf .. tuf ...

> Notoire? Berug (soos in notorious)?
Ja.

> Raddraaiers? Dalk latswaaiers of gathangers?
Nee, ik denk dat het komt van de mensen die vroeger zo'n strafwerktuig
ronddraaiden. Niet positief dus.

> Radslagen? Dalk beraadslaag, hoekom in 'n gimnastiekles???
Nee, kom nou, dan had ik er wel een 'a'-tje bij geschreven. Hou je handen
boven je hoofd, neem een aanloopje, zet eerst je rechterhand op de vloer
(zonder snelheid te verminderen), gooi je benen op, linkerhand op de vloer,
benen door laten draaien, rechtervoet op de grond, rechterhand los,
linkervoet op de grond, linkerhand los, bovenlijf doordraaien, rechterhand
op de grond, benen omhoog, etc, etc. Hoe noemen jullie dat?

> Raderwerk? Dalk klokwerk?
Ja, allemaal kleine radertjes (gears).

Eeuwig zonde dat jullie de spelling van dat woordje hebben aangepast.
Meestal kan ik de spellingsvereenvoudigingen in het Afrikaans wel waarderen,
maar in dit geval toch niet. Pure taalverschraling.

Groeten,
Arthur
Re: Nog raad met rad [boodskap #54187 is 'n antwoord op boodskap #54184] Vr, 30 November 2001 16:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Arthur
> Een rat voor de ogen draaien lijkt mij ook wel grappig

> Wouter
> Hoekom? Wat is 'n rat in Nederlands? 'n Gear??

Arthur
Nee hoor, hetzelfde al in het Engels. Een soort knaagdier dat in een
vochtige omgeving leeft. Heeft nogal een slechte reputatie als het op
hygiëne aankomt. Bij een rat voor de ogen draaien stel ik me voor
dat je het beest bij de staart beetpakt en rondslingert :)

Wouter
Oooo!!! 'n Rot. By ons is dit natuurlik geen bees nie, 'n bees is 'n
koei of 'n bul en effe moeilik om aan die stert rond te swaai.

> Radslagen? Dalk beraadslaag, hoekom in 'n gimnastiekles???

Arhurt
Nee, kom nou, dan had ik er wel een 'a'-tje bij geschreven. Hou je handen
boven je hoofd, neem een aanloopje, zet eerst je rechterhand op de vloer
(zonder snelheid te verminderen), gooi je benen op, linkerhand op de vloer,
benen door laten draaien, rechtervoet op de grond, rechterhand los,
linkervoet op de grond, linkerhand los, bovenlijf doordraaien, rechterhand
op de grond, benen omhoog, etc, etc. Hoe noemen jullie dat?

Wouter
Breakdance? Ons het nie regtig 'n inheemse naam daarvoor nie, word
soms briekdans genoem

Arthur
Eeuwig zonde dat jullie de spelling van dat woordje hebben aangepast.
Meestal kan ik de spellingsvereenvoudigingen in het Afrikaans wel
waarderen, maar in dit geval toch niet. Pure taalverschraling.

Wouter
Hoekom sê jy so? Die -ad uitgang is skaars in Afrikaans.
Die -at uitgang is weer baie algemeen. Afrikaans is nie Nederlands
nie, hoor. Daarom noem ons 'n rot 'n rot en nie 'n rat of ratte (soos
in Duits nie). Die probleem in Afrikaans is dat daar weinig verskil
in die uitspraak van rat en rad sou wees, dis dus logies om die
volksvreemde rad weg te gooi.
Re: Nog raad met rad [boodskap #54188 is 'n antwoord op boodskap #54187] Vr, 30 November 2001 17:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef...
> Arthur
> Nee, kom nou, dan had ik er wel een 'a'-tje bij geschreven. Hou je handen
> boven je hoofd, neem een aanloopje, zet eerst je rechterhand op de vloer
> (zonder snelheid te verminderen), gooi je benen op, linkerhand op de vloer,
> benen door laten draaien, rechtervoet op de grond, rechterhand los,
> linkervoet op de grond, linkerhand los, bovenlijf doordraaien, rechterhand
> op de grond, benen omhoog, etc, etc. Hoe noemen jullie dat?
>
> Wouter
> Breakdance? Ons het nie regtig 'n inheemse naam daarvoor nie, word
> soms briekdans genoem

:) Wij krijgen geen breakdansen op gymnastiek, er zal vast een andere naam
voor zijn!

> Arthur
> Eeuwig zonde dat jullie de spelling van dat woordje hebben aangepast.
> Meestal kan ik de spellingsvereenvoudigingen in het Afrikaans wel
> waarderen, maar in dit geval toch niet. Pure taalverschraling.
>
> Wouter
> Hoekom sê jy so? Die -ad uitgang is skaars in Afrikaans.
> Die -at uitgang is weer baie algemeen. Afrikaans is nie Nederlands
> nie, hoor. Daarom noem ons 'n rot 'n rot en nie 'n rat of ratte (soos
> in Duits nie). Die probleem in Afrikaans is dat daar weinig verskil
> in die uitspraak van rat en rad sou wees, dis dus logies om die
> volksvreemde rad weg te gooi.

Hm, ik stond er niet bij stil dat een rat bij jullie een rot is. Nou begrijp
ik dit iets beter. Hier is overigens helemaal geen verschil in uitspraak
tussen rat en rad, maar de meervoudsvorm van de eerste is 'ratten' en van de
tweede 'raderen', vandaar het verschil in spelling.

Afrikaans is geen Nederlands, maar zo heel veel scheelt het nu ook weer
niet. Jullie spellen rad met een 't', maar de uitspraak is nog steeds
hetzelfde. Wij spellen 'rot' met een 'a', maar veel oudere mensen bij mij in
de buurt zeggen nog steeds 'rot' ....

Groeten,
Arthur
Re: Nog raad met rad [boodskap #54189 is 'n antwoord op boodskap #54163] Vr, 30 November 2001 17:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

>> Radslagen? Dalk beraadslaag, hoekom in 'n gimnastiekles???
>
> Arhurt
> Nee, kom nou, dan had ik er wel een 'a'-tje bij geschreven. Hou je handen
> boven je hoofd, neem een aanloopje, zet eerst je rechterhand op de vloer
> (zonder snelheid te verminderen), gooi je benen op, linkerhand op de vloer,
> benen door laten draaien, rechtervoet op de grond, rechterhand los,
> linkervoet op de grond, linkerhand los, bovenlijf doordraaien, rechterhand
> op de grond, benen omhoog, etc, etc. Hoe noemen jullie dat?
>
> Wouter
> Breakdance? Ons het nie regtig 'n inheemse naam daarvoor nie, word
> soms briekdans genoem

Nee, Wouter die Plaasvark, ek dink hy beskryf die proses vanbollemakiesie
slaan. Maar bollemakiesie is om head over heels
te beweeg. Wat is die Afrikaans (en die Nederlands) vir
cartwheels?

Gloudina
Re: Nog raad met rad [boodskap #54191 is 'n antwoord op boodskap #54163] Vr, 30 November 2001 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Die probleem in Afrikaans is dat daar weinig verskil
> in die uitspraak van rat en rad sou wees, dis dus logies om die
> volksvreemde rad weg te gooi.

Jy maak aannames wat jy nie deurdink het nie.
Wat van raad/raat, waar die uitspraak van albei
'n -t- aan die einde is foneties, maar die spelling
van beide woorde behou word, omdat hulle
verskillende betekenisse het. En hoekom hou ons
byvoorbeeld die -d- aan die einde van "draad"
alhoewel dit foneties draat uitgespreek word.
Om te wil beweer dat die -t- altyd wen in die
skryftaal in Afrikaans, mag tot 'n sekere mate
waar wees ( 'n grammatikale oorgangs-proses
dus), maar om , soos jou Afrikaanse juffrou-
outoriteit, vir my te gaan vertel dat ek nie 'n
"rad voor die oë" mag gebruik nie, alhoewel
ek dit in my Afrikaanse klas 'n paar dekades
gelede geleer het, is eintlik 'n swak begrip van
wat in Afrikaans bestaan. Sy sou soos 'n domkop
voel as haar studente haar voorbeeld na voorbeeld
uit die Afrikaanse letterkunde wys waar die
Afrikaanse skrywer "'n rad voor die oë draai"
gebruik het.

Gloudina
Re: Geen raad met rad [boodskap #54192 is 'n antwoord op boodskap #54151] Vr, 30 November 2001 17:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hilda en Gervaas wrote:

> Die meervoud van 'het rad' is 'de raderen' en die uitdrukking : 'iemand een
> rad voor de ogen draaien' bestaan ook en beteken dieselfde as in Afrikaans.
>
> Die Engelse 'gear' vertaal ons deur 'versnelling'.
>

Dankie, Hilda. Ja, "versnelling" word ook in Afrikaans gebruik vir "gear."

Gloudina
Re: Nog raad met rad [boodskap #54194 is 'n antwoord op boodskap #54163] Vr, 30 November 2001 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))))))) Dit moet wees MIELIES!!!!:))))
Annette;

Danielle skryf in boodskap news:4ngf0u404n5r77jd1h3hr6vdk6ho1712m2@4ax.com...
> On Fri, 30 Nov 2001 18:39:07 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>
>> Arthur
>> Eeuwig zonde dat jullie de spelling van dat woordje hebben aangepast.
>> Meestal kan ik de spellingsvereenvoudigingen in het Afrikaans wel
>> waarderen, maar in dit geval toch niet. Pure taalverschraling.
>>
>> Wouter
>> Hoekom sê jy so? Die -ad uitgang is skaars in Afrikaans.
>> Die -at uitgang is weer baie algemeen. Afrikaans is nie Nederlands
>> nie, hoor. Daarom noem ons 'n rot 'n rot en nie 'n rat of ratte (soos
>> in Duits nie). Die probleem in Afrikaans is dat daar weinig verskil
>> in die uitspraak van rat en rad sou wees, dis dus logies om die
>> volksvreemde rad weg te gooi.
>
> En die koor herhaal: AFRIKAANS IS NIE NEDERLANDS NIE!!! Dankie
> Wouter!
> Bloemerus het mos gesê: "Vertrou die Hollanders nie, al dra hulle
> geskenke!"
> Hierdie hollanders is skelms hoor - hulle wil ons Afrikaners verwar en
> laat dink dat ons KULTUURTAAL is ons OMGANGSTAAL, en dit is nie so
> nie. Afrikaans is 'n INHEEMSE Afrika taal! Viva Afrika
>
> - Mielies
>
Re: Nog raad met rad [boodskap #54217 is 'n antwoord op boodskap #54163] Sa, 01 Desember 2001 20:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Patricia  is tans af-lyn  Patricia
Boodskappe: 48
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Wawiele

skryf in boodskap news:3C07C38F.C3272FCB@home.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>>> Radslagen? Dalk beraadslaag, hoekom in 'n gimnastiekles???
>>
>> Arhurt
>> Nee, kom nou, dan had ik er wel een 'a'-tje bij geschreven. Hou je handen
>> boven je hoofd, neem een aanloopje, zet eerst je rechterhand op de vloer
>> (zonder snelheid te verminderen), gooi je benen op, linkerhand op de vloer,
>> benen door laten draaien, rechtervoet op de grond, rechterhand los,
>> linkervoet op de grond, linkerhand los, bovenlijf doordraaien, rechterhand
>> op de grond, benen omhoog, etc, etc. Hoe noemen jullie dat?
>>
>> Wouter
>> Breakdance? Ons het nie regtig 'n inheemse naam daarvoor nie, word
>> soms briekdans genoem
>
> Nee, Wouter die Plaasvark, ek dink hy beskryf die proses vanbollemakiesie
> slaan. Maar bollemakiesie is om head over heels
> te beweeg. Wat is die Afrikaans (en die Nederlands) vir
> cartwheels?
>
> Gloudina
>
Re: Nog raad met rad [boodskap #54223 is 'n antwoord op boodskap #54163] So, 02 Desember 2001 10:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
>> Radslagen? Dalk beraadslaag, hoekom in 'n gimnastiekles???
>
> Arhurt
> Nee, kom nou, dan had ik er wel een 'a'-tje bij geschreven.
. Hoe noemen jullie dat?

> Wouter
> Breakdance?

Gloudina
Nee, Wouter die Plaasvark, ek dink hy beskryf die proses van
bollemakiesie slaan. Maar bollemakiesie is om head over heels
te beweeg. Wat is die Afrikaans (en die Nederlands) vir
cartwheels?

Wouter
Dit word soms wawiele genoem...
Het ook al van flikflakke in gimnastiekkonteks gehoor, maar ek
is nie seker wat dit presies is nie.
Re: Nog raad met rad [boodskap #54225 is 'n antwoord op boodskap #54163] So, 02 Desember 2001 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Wat is die Afrikaans (en die Nederlands) vir cartwheels?

In het Nederlands wagenwielen of karrewielen.

Groeten,
Arthur
Re: Nog raad met rad [boodskap #54227 is 'n antwoord op boodskap #54223] So, 02 Desember 2001 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wouter, flik flakke is gat oor kop.
Wawiele is wat soos Arthur beskryf het.
Skuins soos 'n krap.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3c0a0300.0@news1.mweb.co.za...
>>> Radslagen? Dalk beraadslaag, hoekom in 'n gimnastiekles???
>>
>> Arhurt
>> Nee, kom nou, dan had ik er wel een 'a'-tje bij geschreven.
> . Hoe noemen jullie dat?
>
>> Wouter
>> Breakdance?
>
> Gloudina
> Nee, Wouter die Plaasvark, ek dink hy beskryf die proses van
> bollemakiesie slaan. Maar bollemakiesie is om head over heels
> te beweeg. Wat is die Afrikaans (en die Nederlands) vir
> cartwheels?
>
> Wouter
> Dit word soms wawiele genoem...
> Het ook al van flikflakke in gimnastiekkonteks gehoor, maar ek
> is nie seker wat dit presies is nie.
>
Re: Geen raad met rad [boodskap #54280 is 'n antwoord op boodskap #54151] Di, 04 Desember 2001 06:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C07C6B6.A34ECE78@home.com...
> Hilda en Gervaas wrote:
>
> Dankie, Hilda. Ja, "versnelling" word ook in Afrikaans gebruik vir "gear."

Aldus sprak 'ta Hess: Soos hierbo genoem:

Hessie:

Goeie moderne Afrikaans vir die ingelse "gear" is 'RAT' Dit is die woord
wat in die nywerheid gebruik word daarvoor. Die woord "versnelling" word
gebruik wanneer ek my voertuig van rat verander wanner die voertuig al aan't
beweeg is. Skakel oor van eerste versnelling na tweede rat... Maar dit
word maar min gebruik. Ons verkies om "van rat te verander"
Moontlik moet jy dalk daardie outomatiese versnelbak van jou voertuig
omskakel vir 'n handratstelsel sodat jy nou finaal van rat kan verwissel...
Lyk my jy staan nou al te lank in 'P'

As ek vir 'n draaier moet gaan vra om vir my 'n versnelling met deursnee van
150mm, as-grootte van 25mm en hipoďed gesnyde tande moet maak sal die man my
net daar opsluit en na die groendakkies toe stuur... Of my sê dat die
"pornshop" net verder straataf is..

Aanvaar nou maar: RAT is die woord wat Suid-Afrikaners, wat hier woon,
gebruik vir 'n "gear". As jy 'n 'rad voor die ogen gedraaid' wil hê, staan
dit jou vry om so te doen. Ons gebruik nie meer die woord RAD nie. Is
bekend as 'n argaïsme. Maar dit weet jy seker wat dit beteken...

Laat my aan die storie dink van die ou en sy seun wat hier in "die Kaap"
(Kaapstad) vir hom 'n nuwe bakkie kom koop het. 'n Splinternuwe Toyota 2.2
Diesel met 5 ratte.
Trek hulle twee nou hier weg op pad terug huis toe. Maar die pa 'drywe'.
En hy kook die bakkie sommer lekker...Gooi net nat! Laat net waai! Toe
hulle nou hier naby Malmesbury kom kyk die seun sy pa so aan. Sê hy vir sy
Pa:
"Pa, Pa"
"Ja jong, wat's 'it nou?"
"Pa, maar sil Pa hom dan nou wil oorsit na sy se "sekkind gêr" nie?"
G'n reaksie van Pa nie. Hy ry net.
Anderkant Piketberg weer dieselfde storie: "Pa, Pa" die jongere weer
"Wat's 'it na vidag mit jousaam lat jou se bek so fletter nes jou se ma
syne?"
"Nee Pa, Pa sien, ek wil mar net lat Pa hom nou oorsit na sy se sekkind gêr.
Ek mien te sê oorlat hy nou nog so lekker blinknuut is"
Al reaksie is so 'n onderlangse gesnork-mompel...
Anderkant Citrusdal toe wil die knaap nou weer sy pa se aandag daarop vestig
dat hulle nou nog in eerste rat is.
"Julle's ok ammil euners: Nes julle se ma. Is my se bakkie hierrie en ik
sil hom self alleen gêr vir gêr in hulle se moer ry. Nie als sommer so op
eenslag deur my se gat loop trek nie"

Thys wat nou goed in "gear" is oppie Bos en nie die "clutch" kwyt is nie
Re: Nog raad met rad [boodskap #54298 is 'n antwoord op boodskap #54227] Di, 04 Desember 2001 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Flikflakke is soos Breyten Paulse se drie-druk-dans. Met ander woorde
voorentoe gat oor kop, maar net die hande en voete raak grond met die
liggaam wat vooroor en agteroor U-buigings maak. "Flip flops". Dit word
dikwels in Chinese karate flieks gebruik. Ek is onder korreksie, maar ek
het ook al gehoor dat dit arabierspronge genoem word. Ek dink
arabierspronge is net soos flikflakke met die uitsondering dat dit gedoen
word sonder dat die hande grond raak, Breyten se afrondings sprong.

Wawiele word die arms en bene in 'n ster vorm oopgesprei en die liggaam rol
letterlik sywaarts soos 'n wawiel. "Cartwheels"

Bollemakiesie word die liggaam "opgerol" in 'n bolletjie en rol dan vooroor.
Ons het dit almal gedoen toe ons nog jonk en elasties genoeg was.

Sakkie
(wie se agterkant baie gebrand het by die gimnastiek klas van "Sparks"
Swart)

"Annette" skryf in boodskap news:9udg76$7o4qq$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wouter, flik flakke is gat oor kop.
> Wawiele is wat soos Arthur beskryf het.
> Skuins soos 'n krap.
> Annette
>
>
> --
> Groetnis,
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Happiness is a state of Mind.
> Wouter Plaasvark wrote in message
> news:3c0a0300.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Radslagen? Dalk beraadslaag, hoekom in 'n gimnastiekles???
>>>
>>> Arhurt
>>> Nee, kom nou, dan had ik er wel een 'a'-tje bij geschreven.
>> . Hoe noemen jullie dat?
>>
>>> Wouter
>>> Breakdance?
>>
>> Gloudina
>> Nee, Wouter die Plaasvark, ek dink hy beskryf die proses van
>> bollemakiesie slaan. Maar bollemakiesie is om head over heels
>> te beweeg. Wat is die Afrikaans (en die Nederlands) vir
>> cartwheels?
>>
>> Wouter
>> Dit word soms wawiele genoem...
>> Het ook al van flikflakke in gimnastiekkonteks gehoor, maar ek
>> is nie seker wat dit presies is nie.
>>
>
Re: Nog raad met rad [boodskap #54299 is 'n antwoord op boodskap #54298] Di, 04 Desember 2001 09:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie skryf in boodskap news:3c0c91ec$0$234@hades.is.co.za...
> Flikflakke is soos Breyten Paulse se drie-druk-dans. Met ander woorde
> voorentoe gat oor kop, maar net die hande en voete raak grond met die
> liggaam wat vooroor en agteroor U-buigings maak. "Flip flops". Dit word
> dikwels in Chinese karate flieks gebruik. Ek is onder korreksie, maar ek
> het ook al gehoor dat dit arabierspronge genoem word.

jou arabiersprong is soos 'n wawiel, maar baie vinnig en jy land met albei
voete gelyk, sodat daar genoeg momentum is vir die volgende beweging. (wat
gewoolik 'n flikflak of agteroor "summy"-'n backtuck, is)

Ek dink
> arabierspronge is net soos flikflakke met die uitsondering dat dit gedoen
> word sonder dat die hande grond raak, Breyten se afrondings sprong.

As jy agteroor gaan sonder om jou hande te gebruik is dit 'n "backtuck" en
vooroor sonder jou hande, is 'n "fronttuck" (dit wat in omgangstaal 'n
"summy" is.) Sy "backtuck" is egter nader aan 'n "lay-out", wat beteken dat
jou bene en lyf eintlik reguit moet wees.

Indien jy agteroor gaan (soos die "backtuck" en met jou hande op die grond
druk, doen jy 'n "flikflak".

>
> Wawiele word die arms en bene in 'n ster vorm oopgesprei en die liggaam rol
> letterlik sywaarts soos 'n wawiel. "Cartwheels"
>
> Bollemakiesie word die liggaam "opgerol" in 'n bolletjie en rol dan vooroor.
> Ons het dit almal gedoen toe ons nog jonk en elasties genoeg was.
>
> Sakkie
> (wie se agterkant baie gebrand het by die gimnastiek klas van "Sparks"
> Swart)

Kekkel
(wat nooit slae gekry het nie, maar dan vir straf, sit-ups moes doen)

>
> "Annette" wrote in message
> news:9udg76$7o4qq$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Wouter, flik flakke is gat oor kop.
>> Wawiele is wat soos Arthur beskryf het.
>> Skuins soos 'n krap.
>> Annette
>>
>>
>> --
>> Groetnis,
>> Annette. ann...@ctnet.co.za
>> Happiness is a state of Mind.
>> Wouter Plaasvark wrote in message
>> news:3c0a0300.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Radslagen? Dalk beraadslaag, hoekom in 'n gimnastiekles???
>>>>
>>>> Arhurt
>>>> Nee, kom nou, dan had ik er wel een 'a'-tje bij geschreven.
>>> . Hoe noemen jullie dat?
>>>
>>>> Wouter
>>>> Breakdance?
>>>
>>> Gloudina
>>> Nee, Wouter die Plaasvark, ek dink hy beskryf die proses van
>>> bollemakiesie slaan. Maar bollemakiesie is om head over heels
>>> te beweeg. Wat is die Afrikaans (en die Nederlands) vir
>>> cartwheels?
>>>
>>> Wouter
>>> Dit word soms wawiele genoem...
>>> Het ook al van flikflakke in gimnastiekkonteks gehoor, maar ek
>>> is nie seker wat dit presies is nie.
>>>
>>
>
Re: Nog raad met rad [boodskap #54301 is 'n antwoord op boodskap #54299] Di, 04 Desember 2001 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vertaal dit nou vir ons.

"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3c0c9d67.0@news1.mweb.co.za...
>
> Sakkie wrote in message
news:3c0c91ec$0$234@hades.is.co.za...
>> Flikflakke is soos Breyten Paulse se drie-druk-dans. Met ander woorde
>> voorentoe gat oor kop, maar net die hande en voete raak grond met die
>> liggaam wat vooroor en agteroor U-buigings maak. "Flip flops". Dit word
>> dikwels in Chinese karate flieks gebruik. Ek is onder korreksie, maar ek
>> het ook al gehoor dat dit arabierspronge genoem word.
>
> jou arabiersprong is soos 'n wawiel, maar baie vinnig en jy land met albei
> voete gelyk, sodat daar genoeg momentum is vir die volgende beweging. (wat
> gewoolik 'n flikflak of agteroor "summy"-'n backtuck, is)
>
> Ek dink
>> arabierspronge is net soos flikflakke met die uitsondering dat dit gedoen
>> word sonder dat die hande grond raak, Breyten se afrondings sprong.
>
> As jy agteroor gaan sonder om jou hande te gebruik is dit 'n "backtuck" en
> vooroor sonder jou hande, is 'n "fronttuck" (dit wat in omgangstaal 'n
> "summy" is.) Sy "backtuck" is egter nader aan 'n "lay-out", wat beteken dat
> jou bene en lyf eintlik reguit moet wees.
>
> Indien jy agteroor gaan (soos die "backtuck" en met jou hande op die grond
> druk, doen jy 'n "flikflak".
>
>>
>> Wawiele word die arms en bene in 'n ster vorm oopgesprei en die liggaam rol
>> letterlik sywaarts soos 'n wawiel. "Cartwheels"
>>
>> Bollemakiesie word die liggaam "opgerol" in 'n bolletjie en rol dan vooroor.
>> Ons het dit almal gedoen toe ons nog jonk en elasties genoeg was.
>>
>> Sakkie
>> (wie se agterkant baie gebrand het by die gimnastiek klas van "Sparks"
>> Swart)
>
> Kekkel
> (wat nooit slae gekry het nie, maar dan vir straf, sit-ups moes doen)
>
Re: Nog raad met rad [boodskap #54302 is 'n antwoord op boodskap #54301] Di, 04 Desember 2001 10:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
waar bly jy, dan kom wys ek sommer ;))

Sakkie skryf in boodskap news:3c0ca395$0$235@hades.is.co.za...
> Vertaal dit nou vir ons.
>
>
> "Kekkelbek" wrote in message
> news:3c0c9d67.0@news1.mweb.co.za...
>>
>> Sakkie wrote in message
> news:3c0c91ec$0$234@hades.is.co.za...
>>> Flikflakke is soos Breyten Paulse se drie-druk-dans. Met ander woorde
>>> voorentoe gat oor kop, maar net die hande en voete raak grond met die
>>> liggaam wat vooroor en agteroor U-buigings maak. "Flip flops". Dit word
>>> dikwels in Chinese karate flieks gebruik. Ek is onder korreksie, maar ek
>>> het ook al gehoor dat dit arabierspronge genoem word.
>>
>> jou arabiersprong is soos 'n wawiel, maar baie vinnig en jy land met albei
>> voete gelyk, sodat daar genoeg momentum is vir die volgende beweging. (wat
>> gewoolik 'n flikflak of agteroor "summy"-'n backtuck, is)
>>
>> Ek dink
>>> arabierspronge is net soos flikflakke met die uitsondering dat dit gedoen
>>> word sonder dat die hande grond raak, Breyten se afrondings sprong.
>>
>> As jy agteroor gaan sonder om jou hande te gebruik is dit 'n "backtuck" en
>> vooroor sonder jou hande, is 'n "fronttuck" (dit wat in omgangstaal 'n
>> "summy" is.) Sy "backtuck" is egter nader aan 'n "lay-out", wat beteken dat
>> jou bene en lyf eintlik reguit moet wees.
>>
>> Indien jy agteroor gaan (soos die "backtuck" en met jou hande op die grond
>> druk, doen jy 'n "flikflak".
>>
>>>
>>> Wawiele word die arms en bene in 'n ster vorm oopgesprei en die liggaam rol
>>> letterlik sywaarts soos 'n wawiel. "Cartwheels"
>>>
>>> Bollemakiesie word die liggaam "opgerol" in 'n bolletjie en rol dan vooroor.
>>> Ons het dit almal gedoen toe ons nog jonk en elasties genoeg was.
>>>
>>> Sakkie
>>> (wie se agterkant baie gebrand het by die gimnastiek klas van "Sparks"
>>> Swart)
>>
>> Kekkel
>> (wat nooit slae gekry het nie, maar dan vir straf, sit-ups moes doen)
>>
>
Re: Nog raad met rad [boodskap #54309 is 'n antwoord op boodskap #54302] Di, 04 Desember 2001 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Daar is nie 'n manier dat ek so 'n aanbod kan van die hand kan wys nie.
Toti, nee, TOTI, dis nog nie goed genoeg nie! A-M-AN-Z-I-M-T-O-T-I. Die
plek waar Shaka tydens een van sy wittebroodsreise? vir een van sy generaals
gesê het: Moer maar die water is lekker soet!!!

"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3c0ca759.0@news1.mweb.co.za...
> waar bly jy, dan kom wys ek sommer ;))
>
> Sakkie wrote in message
news:3c0ca395$0$235@hades.is.co.za...
>> Vertaal dit nou vir ons.
>>
>>
>> "Kekkelbek" wrote in message
>> news:3c0c9d67.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>> Sakkie wrote in message
>> news:3c0c91ec$0$234@hades.is.co.za...
>>>> Flikflakke is soos Breyten Paulse se drie-druk-dans. Met ander woorde
>>>> voorentoe gat oor kop, maar net die hande en voete raak grond met die
>>>> liggaam wat vooroor en agteroor U-buigings maak. "Flip flops". Dit word
>>>> dikwels in Chinese karate flieks gebruik. Ek is onder korreksie, maar ek
>>>> het ook al gehoor dat dit arabierspronge genoem word.
>>>
>>> jou arabiersprong is soos 'n wawiel, maar baie vinnig en jy land met albei
>>> voete gelyk, sodat daar genoeg momentum is vir die volgende beweging. (wat
>>> gewoolik 'n flikflak of agteroor "summy"-'n backtuck, is)
>>>
>>> Ek dink
>>>> arabierspronge is net soos flikflakke met die uitsondering dat dit gedoen
>>>> word sonder dat die hande grond raak, Breyten se afrondings sprong.
>>>
>>> As jy agteroor gaan sonder om jou hande te gebruik is dit 'n "backtuck" en
>>> vooroor sonder jou hande, is 'n "fronttuck" (dit wat in omgangstaal 'n
>>> "summy" is.) Sy "backtuck" is egter nader aan 'n "lay-out", wat beteken dat
>>> jou bene en lyf eintlik reguit moet wees.
>>>
>>> Indien jy agteroor gaan (soos die "backtuck" en met jou hande op die grond
>>> druk, doen jy 'n "flikflak".
>>>
>>>>
>>>> Wawiele word die arms en bene in 'n ster vorm oopgesprei en die liggaam rol
>>>> letterlik sywaarts soos 'n wawiel. "Cartwheels"
>>>>
>>>> Bollemakiesie word die liggaam "opgerol" in 'n bolletjie en rol dan vooroor.
>>>> Ons het dit almal gedoen toe ons nog jonk en elasties genoeg was.
>>>>
>>>> Sakkie
>>>> (wie se agterkant baie gebrand het by die gimnastiek klas van "Sparks"
>>>> Swart)
>>>
>>> Kekkel
>>> (wat nooit slae gekry het nie, maar dan vir straf, sit-ups moes doen)
>>>
>>
>
Re: Geen raad met rad [boodskap #54314 is 'n antwoord op boodskap #54151] Di, 04 Desember 2001 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Goeie moderne Afrikaans vir die ingelse "gear" is 'RAT' Dit is die woord
> wat in die nywerheid gebruik word daarvoor. Die woord "versnelling" word
> gebruik wanneer ek my voertuig van rat verander wanner die voertuig al aan't
> beweeg is. Skakel oor van eerste versnelling na tweede rat... Maar dit
> word maar min gebruik. Ons verkies om "van rat te verander"

Dankie Thys. Nou weet ons almal dat die woord
"versnelling" ook nog in Afrikaans bestaan. Net
soos dit, volgens Hilda, ook in Nederlands bestaan.
Is dit nie snaaks hoe na aan Nederlands onse
Afrikaans ook maar telkens bevind word nie? Soos
byvoorbeeld, die feit dat die Nederlanders nog
dag vir dag praat van " 'n rad voor die oë draai."

Wat het toe met die Pompdonkie gebeur. Of
probeer hy nog vir ons 'n rad voor die oë draai?

Gloudina
Re: Geen raad met rad [boodskap #54322 is 'n antwoord op boodskap #54151] Di, 04 Desember 2001 16:21 Na vorige boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C0CD840.6DA1F648@home.com...

> Dankie Thys. Nou weet ons almal dat die woord
> "versnelling" ook nog in Afrikaans bestaan. Net
> soos dit, volgens Hilda, ook in Nederlands bestaan.
> Is dit nie snaaks hoe na aan Nederlands onse
> Afrikaans ook maar telkens bevind word nie? Soos
> byvoorbeeld, die feit dat die Nederlanders nog
> dag vir dag praat van " 'n rad voor die oë draai."
>
> Wat het toe met die Pompdonkie gebeur. Of
> probeer hy nog vir ons 'n rad voor die oë draai?
>
> Gloudina

Haai Gloudien jy't my gemis!
Met jou bolla in Tinker se tiz?
Maar 'n rad sal ek nie draai
Ek moet met my pomp laat waai

Want 'n pompdonkie moet werk
My spiere is lekker sterk
Die meisies dink dis kwaai
As ek so sterk laat waai

Die pomp wat ek moet swaai
Het 'n ratte wat ek moet draai
Maar 'n rad? Nee hel Gloudien
Die't ek nog nooit gesien...

Piet Radeloosdonkie
Vorige onderwerp: Boelies
Volgende onderwerp: glo julle dit ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:28:46 MGT 2024