Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rad = rat; rat = rot
Rad = rat; rat = rot [boodskap #54190] Vr, 30 November 2001 17:35 na volgende boodskap
*Sterrenkijker*  is tans af-lyn  *Sterrenkijker*
Boodskappe: 67
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Hallo, elkeen,

Wat is dit tog 'n snaakse toestand op hierdie nuusgroep omtrent die
woord "rad"? Ek het daar self van opgekyk.
'N "rad" is in die Nederlands ditselfde as 'n wiel maar dit word in
Afrikaans met 'n 't' geskryf, dus "rat" (meervoud: ratte).
As die Nederlanders egter oor 'n "rat" (in hulle taal) praat dan
bedoel hulle 'n "rot" (in Afrikaans). Dis 'n knaagdier.
In die Nederlands en die Vlaams bestaan die woord "rot" als 'n
newevorm van die woord "rat". Ons sê byvoorbeeld:"Hij is 'n ouwe
rot in 't vak!" en dis ditselfde als: "Hij is 'n ouwe rat in 't vak".
En ons praat ook van 'n "landrot", wat eintlik 'n landrat beteken.
Die Afrikaners het dus êrens 'n moeilikheid gehad om die verskeie
gedaantes van dieselfde woord in hulle taal te assimileer en het toe
daarvoor 'n andere logika gevolg.
Merkwaardig is nietemin dat die Afrikaanse woord "rat" tog nog met 'n
'd' geskryf word in sekere uitdrukkinge waar hierdie woord nog steeds
dieselfde betekenis het soals in "raddraaier" , "radbraak",
"raderboot" of "raderwerk" en dan gebruik hulle selfs nog die meer-
voudsuitgang van die Nederlandse woord "rad" = "raderen"!
En dan vind ek ook die andere betekenis van die Nederlandse "rad"
nie in Afrikaans terug nie soos in die uitdrukking: "Hij is rad van
tong". Dit wil sê: "Hy is welsprekend".
Ek verstaan baie goed waarom die Afrikaners ons Nederlands
eenvoudiger gemaak het. Nederlands sou baie moeilik gewees het
vir die vreemde mense wat hulle in die Kaapprovinsie ontmoet het. Toe
het die swartmense en die slawe met die Nederlands gedoen wat die
Kelte met die Duits en die Gote in Frankryk met die Latyn gedoen het:
'n bietje herkou soos 'n koei dit doen en dan weer insluk. Hm, maar ek
bly daarby dat Arthur 'n raddraaier is. Ek bedoel daar nie mee nie dat
hy teenoor elkeen so is maar hy wil Annette verlei en daarom wring hy
homself in allerlei krommings en draaie.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Rad = rat; rat = rot [boodskap #54204 is 'n antwoord op boodskap #54190] Vr, 30 November 2001 21:20 Na vorige boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert schreef...
> Merkwaardig is nietemin dat die Afrikaanse woord "rat" tog nog met 'n
> 'd' geskryf word in sekere uitdrukkinge waar hierdie woord nog steeds
> dieselfde betekenis het soals in "raddraaier" , "radbraak",
> "raderboot" of "raderwerk" en dan gebruik hulle selfs nog die meer-
> voudsuitgang van die Nederlandse woord "rad" = "raderen"!

Ek dink dat jy die diskussie nie goed gevolg het nie, dit was ek wat van
'raddraaier', 'raderboot' en 'raderwerk' gepraat het, nie enige Afrikaner
nie....

> En dan vind ek ook die andere betekenis van die Nederlandse "rad"
> nie in Afrikaans terug nie soos in die uitdrukking: "Hij is rad van
> tong". Dit wil sê: "Hy is welsprekend".

Nee, natuurlik nie, dis 'RAP van tong'.

> Hm, maar ek bly daarby dat Arthur 'n raddraaier is. Ek bedoel daar
> nie mee nie dat hy teenoor elkeen so is maar hy wil Annette verlei
> en daarom wring hy homself in allerlei krommings en draaie.

Oh jee, Norbert het my geheim agenda ontdek! :-)

XXX (vir Annette), vir die anderes net groete,
Arthur
Vorige onderwerp: Friekaans
Volgende onderwerp: Daar oorkant die spruit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 10:23:56 MGT 2024