Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5637] Die Ekonomie in SA
DS: [AFRIKAANS:5637] Die Ekonomie in SA [boodskap #5311] Vr, 19 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 15:06
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5637] Die Ekonomie in SA


Op die oomblik probeer almal vir almal oortuig dat SA se ekonomie nou groei en
dat die land vooruit streef. Dit lyk nie of die groei janalleman veel gaan help
nie. Die volgende het in vandag se Business Day verskyn:

Opskrif: Brain drain worsens

Na aanleiding van 'n ondersoek, wat 84 maatskappye vanoor die hele ekonomiese
spektrum insluit, bevind hulle die volgende:
1) Bedankings as gevolg van emigrasie was in 1993 1% op, 4% meer in 1994 en 8%
meer in 1995.

2) 66% van die maatskappye beskryf die beskikbaarheid van topbestuurmense,
middelbestuurmense en spesialiste as "baie skaars".

2) 41% van die maatskappye gaan vanjaar hul personeelkorps vergroot (2% minder
as verlede jaar) en 35% gaan personeel besnoei (6% meer as verlede jaar).

Antonie
DS: [AFRIKAANS:5672] Re: Die Ekonomie in SA [boodskap #5335 is 'n antwoord op boodskap #5311] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 10:08
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5672] Re: Die Ekonomie in SA

Leendert skryf:

> Nou ja, ek dink dis die nimlike Pik wat gesê het: "Afrika is nie vir
> sissies nie".

Inderdaad. Soos Attie van Niekerk uit Elsa Joubert se "Missionaris"
aanhaal (praat van 'n aanhaling van 'n aanhaling!), waar haar karakter,
Aart van der Lingen sê, "Afrika was my loog".

Ek het nog nie "Missionaris" gelees nie - miskien kan iemand vir ons
'n resensie gee.

Laat my dink aan die Russiese vliegtuig wat enkele weke gelede in
Zaire in 'n mark neergestort het - blykbaar was daar altesame vyf
oorlewendes van die ramp - ongeveer 200 mense op die grond het
omgekom (ek is nie seker van my syfers nie), maar slegs vier
oorlewendes is betyds uit die kloue van die verwoede omstanders
gered - die vyfde een was nie so gelukkig nie.

Dieselfde geld hier, waar die bestuurder van 'n bus wat in 'n
ongeluk betrokke was, hom maar gou uit die voete moet maak
indien hy die ramp self oorleef het - hy sal nie die omstanders
of ander oorlewendes se woede oorleef nie.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5668] Re: Die Ekonomie in SA [boodskap #5341 is 'n antwoord op boodskap #5311] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 9:33
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5668] Re: Die Ekonomie in SA

On 19 Jan 96 at 14:06, a...@rmbmain.rmb.co.za wrote:

> Opskrif: Brain drain worsens
>
> Na aanleiding van 'n ondersoek, wat 84 maatskappye vanoor die hele
> ekonomiese spektrum insluit, bevind hulle die volgende: 1)
> Bedankings as gevolg van emigrasie was in 1993 1% op, 4% meer in
> 1994 en 8% meer in 1995.
>
> 2) 66% van die maatskappye beskryf die beskikbaarheid van
> topbestuurmense, middelbestuurmense en spesialiste as "baie
> skaars".
>
> 2) 41% van die maatskappye gaan vanjaar hul personeelkorps vergroot
> (2% minder as verlede jaar) en 35% gaan personeel besnoei (6% meer
> as verlede jaar).

Daar is nou van ons vriende wat emigreer, nie omdat hulle self so
graag wil nie, maar omdat al hul naaste familie reeds ge-emigreer
het.

Ek verneem dat Perth die grootste Griekse bevolking naas Athene het.
Miskien het dit binnekort ook die grootste Afrikaanse bevolking naas
Pretoria :-(((

Nou ja, ek dink dis die nimlike Pik wat gesê het: "Afrika is nie vir
sissies nie".

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5686] Re: Die Ekonomie in SA [boodskap #5361 is 'n antwoord op boodskap #5311] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: JAC...@yvax.byu.edu[SMTP:J...@yvax.byu.edu]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 18:50
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5686] Re: Die Ekonomie in SA

Leendert skryf:

Laat my dink aan die Russiese vliegtuig wat enkele weke gelede in
Zaire in 'n mark neergestort het - blykbaar was daar altesame vyf
oorlewendes van die ramp - ongeveer 200 mense op die grond het
omgekom (ek is nie seker van my syfers nie), maar slegs vier
oorlewendes is betyds uit die kloue van die verwoede omstanders
gered - die vyfde een was nie so gelukkig nie.

Dieselfde geld hier, waar die bestuurder van 'n bus wat in 'n
ongeluk betrokke was, hom maar gou uit die voete moet maak
indien hy die ramp self oorleef het - hy sal nie die omstanders
of ander oorlewendes se woede oorleef nie.


Ek lees juis nou die dag van 'n bus in Ghana wat in die platteland net die
bestuurder en kondukteur aan boord gehad het. Hulle dop toe so 'n effense
toets op 'n skerperige draai en ploeg toe tussen 'n groepie langs die pad in.
Beide maak toe dadelik spore. So 50 tree weg besef die konduteur hy het sy sak
busgeld agtergelaat en keer toe vinnig terug om dit te gaan haal. Onnosel!
hulle het hom toe opgeoffer vir die ongeluk en hom glo aan't flarde geruk.

Groete, Jacques
DS: [AFRIKAANS:5702] Re: Die Ekonomie in SA [boodskap #5399 is 'n antwoord op boodskap #5311] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 11:44
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5702] Re: Die Ekonomie in SA

On 22 Jan 96 at 17:50, JAC...@yvax.byu.edu wrote:

> Leendert skryf:
>
> Laat my dink aan die Russiese vliegtuig wat enkele weke gelede in
> Zaire in 'n mark neergestort het - blykbaar was daar altesame vyf
> oorlewendes van die ramp - ongeveer 200 mense op die grond het
.................ens.

Nee, nie hy nie - ek dink dit was Reinier.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5700] Re: Prys van 'n AK47
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5682] Foto Album
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:18:34 MGT 2024