Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Na die Land waar die Son nooit ondergaan
Na die Land waar die Son nooit ondergaan [boodskap #53957] So, 25 November 2001 16:41
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Na die Land waar die Son nooit ondergaan
uit 'Gedagtes Flitse en Gedigte' van Dave Du Plessis

Daar is mense wat gereeld op reis gaan
En mense wat nooit daardie pad baan
Maar soos die son kom en gaan
Is daar een reis wat nooit sal beskaam

Geen metgesel is daarby
Geen bagasie word saamgeneem
Geen kaart om die rigting te dui
Want al reis jy alleen
Ken jy lank reeds jou bestemming
en die pad daarheen

Hetsy dit nou is of later
Is dit die reis oor die groot water
Die reis oor die breë rivier
Die reis na die land van swier

En dan...
Staan jy terug te kyk
Van die Goue Strand na hierdie kant
En weet opeens alles het net geblyk
Want dit was slegs op die baan
Na die Land waar die Son nooit ondergaan...
Vorige onderwerp: Namibië
Volgende onderwerp: Re: Berig in De Aar se plaaslike koerant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 13:39:47 MGT 2024