Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » My liefste Moedertjie (Helena Steyn)
My liefste Moedertjie (Helena Steyn) [boodskap #53929] Sa, 24 November 2001 04:22
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek skryf oor my Moedertjie want
Ek ruik
haar in die hoender en pampoen,
Ek proe
haar in die gemmer-gebak en appelkooskonfyt,
Ek hoor
haar in my kop en die musiek.
Ek sien haar
in my kamer teen die muur,
teen die spieel en teen my kas,
op die tafel langs my bed,
langs my rekenaar waar ek werk.
En snags
as ek gaan le, voel ek haar in my hart,
in die nat van my trane,
stil en saggies teen my wang...
Vorige onderwerp: Jongensfontien
Volgende onderwerp: Toets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 11:57:12 MGT 2024