Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Riversdal?
Riversdal? [boodskap #53568] So, 18 November 2001 00:58 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
So rukkie gelede het iemand genoem dat hy/sy van Riversdal af kom. Wie
was dit? Ons kom nogal gereeld daar en ek hou van die plek. Ken nie
genoeg mense om te weet of ek van hulle ook hou nie :))

Ons seun woon daar. In Huis Wallace Anderson. En vir die wat nou dalk
wonder... nee, dis nie 'n huis vir opkomende of rehabiliterende
rampokkers nie :))

Drom
Re: Riversdal? [boodskap #53569 is 'n antwoord op boodskap #53568] So, 18 November 2001 01:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Nov 2001 16:58:19 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

> Ons seun woon daar. In Huis Wallace Anderson. En vir die wat nou dalk
> wonder... nee, dis nie 'n huis vir opkomende of rehabiliterende
> rampokkers nie :))

Jammer om dit te hoor, Drom. Was hy in 'n ongeluk?
Re: Riversdal? [boodskap #53570 is 'n antwoord op boodskap #53568] So, 18 November 2001 01:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ANYS  is tans af-lyn  ANYS
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
Hier is n hele spul mense wat Riversdal ken Drom, ek net van deurry Stilbaai
toe . Oulike dorp, tipies Bolands. Vertel vir ons van Huis W.Anderson.

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0111171658.47d5a128@posting.google.com...
> So rukkie gelede het iemand genoem dat hy/sy van Riversdal af kom. Wie
> was dit? Ons kom nogal gereeld daar en ek hou van die plek. Ken nie
> genoeg mense om te weet of ek van hulle ook hou nie :))
>
> Ons seun woon daar. In Huis Wallace Anderson. En vir die wat nou dalk
> wonder... nee, dis nie 'n huis vir opkomende of rehabiliterende
> rampokkers nie :))
>
> Drom
Re: Riversdal? [boodskap #53573 is 'n antwoord op boodskap #53568] So, 18 November 2001 02:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
My eertydse buurvrou kom daarvandaan:)).Sy was 'n gawe goose:))

Baie lekker boerewors daar - ons gaan gereeld wors daar koop op pad na
Mosselbaai vir ons vakansie in Augustus.
Annette

news:1e507c17.0111171658.47d5a128@posting.google.com...
> So rukkie gelede het iemand genoem dat hy/sy van Riversdal af kom. Wie
> was dit? Ons kom nogal gereeld daar en ek hou van die plek. Ken nie
> genoeg mense om te weet of ek van hulle ook hou nie :))
>
> Ons seun woon daar. In Huis Wallace Anderson. En vir die wat nou dalk
> wonder... nee, dis nie 'n huis vir opkomende of rehabiliterende
> rampokkers nie :))
>
> Drom
Re: Riversdal? [boodskap #53577 is 'n antwoord op boodskap #53568] So, 18 November 2001 05:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Drom"
: So rukkie gelede het iemand genoem dat hy/sy van Riversdal af
kom. Wie
: was dit? Ons kom nogal gereeld daar en ek hou van die plek.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

is sy naam Danie? jou van sien ek is du Toit :-)
--
------------------------------------------------------------ -----
Most people buy things they don't need with money
they don't have to impress people they don't like.
- Anon -
------------------------------------------------------------ -----
Re: Riversdal? [boodskap #53578 is 'n antwoord op boodskap #53570] So, 18 November 2001 05:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"ANYS"
Oulike dorp, tipies Bolands.
~~~~~~~~~~~
hoe 'dare' jy sê Riversdal is Bolands?
Ons is Suid - Kaaps ......... hehehehehh
--
------------------------------------------------------------ -----
Most people buy things they don't need with money
they don't have to impress people they don't like.
- Anon -
------------------------------------------------------------ -----
Re: Riversdal? [boodskap #53683 is 'n antwoord op boodskap #53577] Ma, 19 November 2001 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> "Drom"
> : So rukkie gelede het iemand genoem dat hy/sy van Riversdal af
> kom. Wie
> : was dit? Ons kom nogal gereeld daar en ek hou van die plek.
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> is sy naam Danie? jou van sien ek is du Toit :-)

Hier het nou iets verkeerds gebeur, maak nie saak nie

Baie vrae en ek was lank weg. Gister het ons 'n inspirerende
donderstorm gehad wat 'n lang kragonderbreking veroorsaak het en
vandag was ons server (diensverskaffer?) by die werk afwesig.

Eers vir Tobie: Ja, sy naam is Danie. Ek neem aan jy ken hom en hulle
dus. Het jy iets met die huis te doen? Ons ontmoet so baie mense daar
dat mens nie almal kan onthou nie.

Dan vir Danielle: Ja, 'n motorongeluk so klompie jare gelede. So
ongeveer 1993. Mens is geneig om slegte goed te vergeet. Dit het naby
Rusfonteindam, Bloemfontein se hoofdam, gebeur. Hulle sou gaan
waterski het. Gelukkig het die maatjie wat saam met hom in die kar was
niks oorgekom nie. Hoe weet jy van die plek?

Vir ANYS: Ek voel nou al sleg dat ek hierdie draad begin het, dis so
asof iemand sal dink dat ek simpatie soek. Dis nie so nie. Ek wou maar
net weet wie in hierdie groep kom van Riversdal af en het toe my
belang by die plek genoem. Maar om jou vraag te beantwoord, dis wat
die mediese mense in hulle "slang" 'n "quad" huis noem, bedoelende dat
dit 'n huis vir kwadroplee is. Ons seun is nie rerig een nie, hy het
hande, so 80% regs en so 30% links. Dis 'n privaat huis wat absoluut
onafhanklik is en geen sent van die staat kry nie, hulle sorg vir
hulle self. Dit is in die vroee 1990s deur ene Johan Cronje (self een
van daai) gebou nadat hy binne 2 of 3 jaar R800 000 ingesamel het. Hy
was seker een van die sterkste persoonlikhede wat ek ooit onmoet het.
Nou's dit genoeg. As jy meer wil weet vra, dalk vir Tobie ook. Of mail
my by die adres hierbo. Dit is 'n plek wat ek onbeskaamd sal
adverteer, maar dalk nie op 'n plek soos hierdie nie.

Drom
Re: Riversdal? [boodskap #53692 is 'n antwoord op boodskap #53683] Ma, 19 November 2001 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Drom"
Hy
: was seker een van die sterkste persoonlikhede wat ek ooit
onmoet het.
: Drom
~~~~~~~~~~~~~~~~~
en watter pragtige voorbeeld was hy vir mense wat volle gebruik
van hande en voete het.
Ek het julle al ontmoet, dit was net so die tyd dat Danie hier
kom kuier het. Ek moet egter erken dat ek julle slegs net vir 'n
kort tydjie in die eetsaal gesien en mee gepraat het.
groete
Re: Riversdal? [boodskap #53710 is 'n antwoord op boodskap #53692] Di, 20 November 2001 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ek moet egter erken dat ek julle slegs net vir 'n
> kort tydjie in die eetsaal gesien en mee gepraat het.
> groete

Is jy die man wat met 'n papegaai in die dorp rondloop? :))

Nee man, ek het klompe kere met jou gesels tydens daai een kuier van
ons 'n paar jaar gelede. Was selfs eenkeer saam met jou na julle huis
toe om van daai plastiekgoedjies (Rawl plugs?) te kry waarmee mens
skroewe in mure indraai.

Gaan dit goed?

Ek het netnounet met Danie gepraat. Dis hoe ek weet van die bont saak
op jou skouer en ook dat jy die Tobie van jare gelede is.

Groete
Re: Riversdal, dorp van die 'Sleeping Beauty' [boodskap #53794 is 'n antwoord op boodskap #53710] Wo, 21 November 2001 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Drom"
: Nee man, ek het klompe kere met jou gesels tydens daai een
kuier van
: ons 'n paar jaar gelede. Was selfs eenkeer saam met jou na
julle huis
: toe om van daai plastiekgoedjies (Rawl plugs?) te kry waarmee
mens
: skroewe in mure indraai.
~~~~~~~
Is .....
drom ek kannie so lekker van die 'rawlplugs' onthou nie,
maar oor die 'Blue Gold' Macaw op my skouer en die rondloop in
die dorp met hom, slaan jy die spyker op sy kop :-) Baie dankie
dat jy ook sê die groot papegaai op die skouer.
Daar is mense wat plesier daaruit put om te sê ek is die ou met
die grootste voël in die dorp :-(
Nouja, wanneer julle weer hier gaan aanland, laat weet my,
verwyder
net die "_nospam" van my e-pos adres.
groete
Re: Riversdal, dorp van die 'Sleeping Beauty' [boodskap #53882 is 'n antwoord op boodskap #53794] Vr, 23 November 2001 06:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Daar is mense wat plesier daaruit put om te së ek is die ou met
> die grootste voël in die dorp :-(

Hoekom dan 'n treurige gesiggie?

Vertel die mense van Sleeping Beauty. Ek is seker daar is baie wat nie
weet nie.

Soos die planne nou loop sal ons heelwaarskynlik oor Kerstyd daar
wees. Die twee meisiekinners ook, een werk op Skelmbos (koets my
kjend...hier kom Thys!) en die ander een ry perd net buite Swellendam.

Groete
Re: Riversdal, dorp van die 'Sleeping Beauty' [boodskap #53883 is 'n antwoord op boodskap #53882] Vr, 23 November 2001 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gaan sy die tog te perd aanpak?")))
Ek weet van die Slapende Dame - maar julle wat meer van die dorp weet moet
liewer vertel.
Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0111222227.5319937b@posting.google.com...
>> Daar is mense wat plesier daaruit put om te sê ek is die ou met
>> die grootste voël in die dorp :-(
>
> Hoekom dan 'n treurige gesiggie?
>
> Vertel die mense van Sleeping Beauty. Ek is seker daar is baie wat nie
> weet nie.
>
> Soos die planne nou loop sal ons heelwaarskynlik oor Kerstyd daar
> wees. Die twee meisiekinners ook, een werk op Skelmbos (koets my
> kjend...hier kom Thys!) en die ander een ry perd net buite Swellendam.
>
> Groete
Re: Riversdal, dorp van die 'Sleeping Beauty' [boodskap #53908 is 'n antwoord op boodskap #53883] Vr, 23 November 2001 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee Anette, die "sleeping beuaty" is nie die een wie jy dink dit is nie:
Gloudina IS nog in Kanada..

When in doubt: left sleeping beauty sleep....

Thys (wat stir) op Skelm se bos

"Annette" skryf in boodskap news:9tkqmv$39te9$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Gaan sy die tog te perd aanpak?")))
> Ek weet van die Slapende Dame - maar julle wat meer van die dorp weet moet
> liewer vertel.
> Annette
>
>
> Drom wrote in message
> news:1e507c17.0111222227.5319937b@posting.google.com...
>>> Daar is mense wat plesier daaruit put om te sê ek is die ou met
>>> die grootste voël in die dorp :-(
>>
>> Hoekom dan 'n treurige gesiggie?
>>
>> Vertel die mense van Sleeping Beauty. Ek is seker daar is baie wat nie
>> weet nie.
>>
>> Soos die planne nou loop sal ons heelwaarskynlik oor Kerstyd daar
>> wees. Die twee meisiekinners ook, een werk op Skelmbos (koets my
>> kjend...hier kom Thys!) en die ander een ry perd net buite Swellendam.
>>
>> Groete
>
Re: Riversdal, dorp van die 'Sleeping Beauty' [boodskap #53917 is 'n antwoord op boodskap #53882] Vr, 23 November 2001 17:41 Na vorige boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Nov 2001 22:28:00 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

>> Daar is mense wat plesier daaruit put om te së ek is die ou met
>> die grootste voël in die dorp :-(
>

Die donkie met die pompie en die man met die papegaaitjie kyk mekaar
in die oë en maak of hul vriende is maar is eintlik slim genoeg om die
opposisie onder oë te hou.
Vorige onderwerp: Pietertjie
Volgende onderwerp: Moeite met lezen en begrijpen.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 20:16:40 MGT 2024