Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5610] Afrikaans op SAUK-TV
DS: [AFRIKAANS:5610] Afrikaans op SAUK-TV [boodskap #5294] Do, 18 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 11:53
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5610] Afrikaans op SAUK-TV

In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za (Koos):
> =20
>> Ek dink nie mense maak beswaar teen die *bestaan* van die SAUK nie
>> (alhoewel ek persoonlik gekant is teen staatsuitsenders, alhoewel = die
>> SAUK nou veronderstel is om "onafhanklik" te wees. Ba!).=20
> =20
> Waarom vra jy dan dat Afrikaners hulle van die SAUK moet losmaak. Die
> SAUK boikot en selfs hul TV-stelle laat verseel? Die SAUK van die

Ek dink jy verwar my hier met iemand anders. Ek is nie die persoon
wat vir 'n boikot gevra het nie - ek het bloot lig op die beswaardes se
standpunt gewerp. Voor jy sulke haastige uitsprake maak, moet jy =
miskien
eers seker maak wie wat gesê het.

> oomblik is baie meer onafhanklik as onder die ou bedeling. Onthou jy
> PW, die Pik en Cliff-show en die Broederbond wat alles van agter = skerm
> beheer. En dan wonder 'n mens nog oor militere intelligensie by die
> SAUK in die verlede. En dan kon Broeder-dominees wat besware teen
> kinder-tekenprente gehad het (een was die reekd Rainbow Brite, dink
> ek) eenvoudig inbel en die hele bleddie program verdwyn net van die
> lug af?

Jy herken dus die probleem - staatsbeheer oor 'n staatsuitsaaier.
Dis jou voorgestelde oplossings hieronder wat my kwel. Die SAUK
is miskien effe meer onafhanklik as tevore, maar nie naastenby so
onafhanklik as wat ek dit graag wil sien nie.

>> Ek geniet die
>> oorgeklankte Duitse en Franse reekse en flieks wat laat Vrydagaande
>> uitgesaai word. Dis r=3DEArig puik, en 'n welkome afwisseling van = die
>> geykte Amerikaanse goed.
> =20
> Noem 'n paar.

Ek het reeds - die Duitse en Franse flieks en reekse - kyk self laat
Vrydagaande.

>> Die beswaardes
>> is nie gekant teen die uitsaai van nie-Afrikaanse materiaal nie. = Dis
>> die voortrek van *Engels* ten koste van Afrikaans om die ander tale = te
>> akkomodeer. Persoonlik verwelkom ek die ander amptelike tale op TV,
>> maar dan moet Engels ook inboet.>>>
> =20
> Voortrek in terme van wie se standaarde? En watter standaarde? As ek
> dit nie mis het nie gaan daar altesame sowat 14 persent Afrikaans op
> TV wees - omtrent die persentasie van die Afrikaners in die land.

Voortrek volgens die SAUK se eie standaarde - hulle het immers Engels
as "ankertaal" verklaar. Volgens my inligting (volgens berigte in die
pers) gaan Afrikaans slegs ongeveer 2% lugtyd kry. Kan iemand hierdie
syfers bevestig?

> En moet nie by my kom met die Stigting vir Afrikaans se syfers nie.

Wat is hulle syfers? En waarom is hulle syfers nou juis minder
betroubaar as ander organisasies s'n?

> En wat is die voorkeur-taal vir TV vir die meerderheid van SA?

Lyk my niemand weet nie - dit hang af van wie se syfers mens graag
wil glo. En dit wissel buitendien afhangende van die landstreek.
Dit lyk my om bloot te verklaar dat dit Engels is, en basta,
nie die beste manier is om die saak te hanteer nie.

>> In die eerste plek, M-Net is nie slegs Engels nie. Daar is minstens
>> die tweetalige seepopera, Egoli (nee ek kyk *beslis* nie na = seepoperas
>> nie :-)). Alhoewel ek nie self op M-Net inteken nie, verstaan ek = dat
>> mens 'n Afrikaanse klankbaan kon (kan?) kies selfs vir Engelse = flieks.
>> Miskien is dit nie (meer) die geval nie. Ek hoor dat M-Net dit ook
>> oorweeg om 'n Afrikaanse betaalkanaal in die lewe te roep. Kan = iemand
>> dit bevestig?
> =20
> Twee gemengde soapies maak die kanaal Afrikaans genoeg? Ek is seker = die
> SAUK sal oor sy voete val vir so 'n voorstel. Die tweede kanaal in
> Afrikaans is lank al nie meer 'n werklikheid nie. MultiChoise is
> bereid om 'n Afrikaans kanaal uit te saai. Die beteken, die stasie = moet
> deur ander op die been gebring word en die programme moet gemaak word.
> Dan gaan hulle in 'n kontrak met MC wat dit uitsaai. Dit sal
> waarskynlik beteken dat iemand wat dit wil opvang, 'n skottel en
> dekodeerder moet kry en so R90 per maand moet betaal daarvoor.

Ek het nie gesê dis "Afrikaans genoeg" nie - ek het slegs aandag =
daarop
gevestig dat dit nie *slegs* Engels is nie.

>> Afgesien daarvan, gee M-Net nie voor dat hy die "publieke uitsaaier" = is
>> nie. Jy het die keuse om in te teken, en jou intekengelde te = betaal,
>> of nie. Met SAUK, is jy verplig om hul lisensiefooie te betaal as = jy
>> 'n TV ontvanger besit.>>>
> =20
> M-Net het oop tyd. Dan is hy 'n publieke uitsaaier. Ek neem aan as = jy
> nie jou lisensie-geld betaal nie, gaan jy ook nie na die Springbokke
> en die All Blacks kyk nie. Ek neem aan jy het nie na die
> rugby-wereldreeks gekyk nie en ook nie na die krieket nie?

Nee, M-Net is nie *die* Openbare Uitsaaier nie, al saai hy tydens oop
tyd uit. 'n Openbare Uitsaaier is 'n de jure begrip, soos ek die saak
verstaan. En nee, ek het n=F3g na die rugby-wêreldreeks, n=F3g na die
krieket gekyk - ek stel nie in die minste in sport belang nie. Ek
vervies my gedurig omdat daar altyd sport is op TV. En waar het ek
gesê dat ek nie my lisensiegelde gaan betaal nie? Ek het egter 'n
mate van simpatie met diegene wat dit nie wil doen nie.

>> Sover my kennis strek, moet openbare staatskennisgewings in die
>> amptelike tale van die provinsie verskyn (Afrikaans, Engels en = Zoeloe,
>> in die geval van KwaZoeloe Natal).=20
> =20
> Het nog nooit padtekens in daardie tale gesien nie.

Jy bedoel jy't nog nooit 'n padpredikant gesien wat "Amazimtoti" aandui
nie? Meeste padtekens is in ieder geval simbolies. Dit sal buitendien
seker 'n rukkie neem voordat alle padtekens die nuwe taalbeleid
weerspieël.

>> Wetgewing in die parlement moet in
>> al elf amptelike tale verskyn.
> =20
> Onwaar, dink ek. Dit verskyn nie in al die tale nie. Op aanvraag kan = jy
> die dokumente in daardie tale kry. Maar jy gaan lank wag vir die
> vertalings en die ekstra drukwerk. Ons sal natuurlik meer belasting
> moet betaal om die luukse ten volle in werking te stel. Elf keer meer
> mense, dienste en drukwerk en so aan. Maar jy voel sterk oor die saak
> en neem aan jy sal daardie hoe"r belasting verdedig. Die debatte is
> ook in Engels. Daar was 'n paar komitees waarin een of twee mense
> Afrikaans begin praat het. Dan het van die ANC-mense in Xhosa begin
> praat en toe was almal baie gou terug in die meeste se tweede taal -
> Engels.

Die ANC-mense moes maar liewer volgehou het met Xhosa - dan gee hulle
ten minste uitvoering aan die gedagte van meer amptelike tale.
Op die oomblik betaal hulle slegs lippediens daaraan.

Ek verdedig geensins hoër belastings nie - anders as jy met jou
voorstelle hieronder van staatsbefondsing van die SAUK en skole.
Persoonlik is ek nie ten gunste van die huidige taalopset in
die parlement nie. As ek my sin gehad het, sou ek die parlement
afgeskaf het, of na Pofadder verskuif het. :-)

>> Daar is al heelwat mense wat beswaar
>> maak teen die oorwegende gebruik van Engels in die parlement.>>
> =20
> 'n Paar, nie heelwat nie. Wat gaan hulle maak as die Parlement al elf
> tale begin gebruik? Hulle kan twee verstaan!!!! Wat gaan gebeur as
> 'n landwye referendum uitgeskryf word om taal-voorkeure vas te stel?
> Sal jy jou neerle by die uitslag?

As hulle meer tale in die parlement gebruik, sal hulle meer doen om
die vele kulture in ons land te bevorder, wat kastig 'n grondwetlike
doelwit is.

Natuurlik sal ek my neerlê by die uitslag, met hierdie voorbehoud: 'n
Landswye referendum is 'n goeie idee, maar 'n veel beter idee sou
referendums op streeksvlak wees (soos die Switserse en Amerikaanse
stelsels) - dis ultra-demokraties, en weerspieël die
streeksverskille. Dis bv. sinneloos om dieselfde taalbeleid vir
Pietermaritzburg as vir Vryheid te hê, al val beide in dieselfde
provinsie. Taalbeleid, soos feitlik alle ander wetgewing (bv. oor
aborsie, die doodstraf, belasting, ens.), hoort myns insiens op
plaaslike vlak bepaal te word, en nie deur 'n sentrale regering nie.
Soos in Switserland, hoort die sentrale regering hom slegs met sake
van werklik nasionale belang (soos landsverdediging) te bemoei.
As mense dan nie van hul regering hou nie, kan hulle van regering
verander deur met hul voete te stem en te trek, en selfs nog steeds
dieselfde werk behou.

>> Terloops, dis interessant om te let dat, in Switserland, met sy vier
>> amptelike tale, al die tale gelyke status in die parlement het. Dit
>> sluit Reto-Romaans in, wat deur slegs een persent van die bevolking
>> gepraat word. Die vier amptelike tale verkyn ook op die land se
>> banknote.
> =20
> Dis Switserland. Die is Suid-Afrika.

Juis, maar ons kan geweldig baie by die Switsers leer. Lees gerus
"Suid-Afrika: Die Oplossing" en "Let the People Govern" deur Louw en
Kendall. Die Switserse stelsel van radikale federalisme is ideaal
geskik vir Suid-Afrika.

>> Myns insiens moet skole in ieder geval nie deur die staat bedryf = word
>> nie
> =20
> Wie moet dit bedryf? Waar gaan die geld vandaan kom? Wie gaan die
> onderwysers oplei? Wat gaan die leerplan wees? Wie gaan onderwys swot
> as sy nie op 'n werk en vaste strukture en standaarde kan reken nie?

Wie moet die skole bedryf? Ouers, verskeie privaatskole, stokvels,
kerke, moskees, ens., ens. Staatsopvoeding is gewoonlik 'n ontsaglike
vermorsing van geld en vertrapping van regte, afgesien van al die ander
nadele. Kyk maar hoe meeste swartmense in die verlede 'n goeie
skoolopleiding by die stelsel van private sendingskole ontvang het,
voordat Verwoerd (lees: die staat) hierdie skole met "Bantu-Onderwys"
vernietig het. Kyk maar hoe het die NG Kerk ongeveer 200 privaatskole
kort na die Anglo-Boere-oorlog op die been gebring in verset teen
ilner (lees: die staat) se verengelsingsbeleid.

Toe boere in die sewentigerjare saamgespan het om vir hul
plaasarbeiders met skole te voorsien, het die Nasionale Party-regering
(lees: die staat) 'n stok daarvoor probeer steek.

Indien staatsbefondsing van onderwys oorweeg moet word, is die beste
voorstel wat ek tot dusver gehoor het, die Vryemarkstigting s'n. Hulle
stel 'n koeponstelsel voor, waarvolgens alle kinders, ongeag van ras,
kleur, of verdienste, dieselfde aantal koepons kry, wat hulle by die
skool van hul keuse kan gebruik as betaling. Diegene wat hul kinders
na duur inrigtings wil stuur, sal dan bykomende gelde aan die skool
moet betaal. Dit verseker dat die kinders, en nie die skole nie,
gesubsidiëer word.

Ek is egter nie 'n deskundige op onderwys nie - ek sal verdere
kommentaar aan Leendert van Oostrum oorlaat. Hy is voorsitter van die
Tuisonderwys vereniging, en sal jou meer oor verskillende
onderwysmodelle kan vertel.

>>>> (TV-stasies ook nie),=20
> =20
> Ek reken daar is beslis 'n noodsaaklikheid vir 'n staats-ondersteunde =

> TV-stasie. Saam met die onafhanklikes. In Suid-Afrika is daar nie=20
> juis plek vir meer onafhanklike TV as M-Net nie. Nie genoeg kykers en=20
> geld nie. En M-Net sal nie aan nuus raak nie want 'n nuus-diens is=20
> bitter duur en werk teen 'n verlies. As jy nuus wil he, moet jy 'n=20
> publieke uitsaaier aanvaar. =20

Nee wat, 'n staatsondersteunde TV-stasie is in wese 'n onreg. As die
staat TV wil subsidiëer (wat ek geensins ondersteun nie) dan moet alle
stasies - privaat en andersins - dieselfde subsidie ontvang. En wie
sê daar is nie plek vir meer onafhanklike stasies nie? Enige besluit
daaroor hoort suiwer aan markkragte oorgelaat te word - nie een of
ander burokraat se uitsprake nie.

>> en skole moet eerder die behoeftes van die=20
>> ouers en hul kinders weerspie=3DEBl, nie een of ander = staatsideologie nie -=20
>> hetsy apartheid, hetsy "multikulturalisme". As 'n skool dan besluit =

>> om multikultureel, uitsluitlik Joods, Moslem, Afrikaans, of watookal = te=20
>> wees, is dit die skool se saak. Wie de hel is die politici om voor = te=20
>> skryf? =20
> =20
> En die behoeftes word natuurlik deur die meerderheid vasgestel. =20

Ja, die meerderheid van die ouers/kinders van daardie skool, wat self
die toelatingsvereistes moet bepaal.

> Weet jy hoeveel kos dit om 'n skool te bedryf sonder staatshulp? Wie=20
> het so R80,000 per jaar per kind? Wat word van 'n land waar net die=20
> super-rykes kan lees en skryf? So 'n land sink so vinnig weg in=20
> geweld, armoede en revolusie dis net nie snaaks nie. =20

Dis as gevolg van "staatshulp" dat onderwys in so 'n verknorsing sit.
En dis hoofsaaklik as gevolg van staatsinmenging in onderwys dat slegs
die rykes kan lees en skryf. Staatsubsidie van onderwys is, soos
enige ander staatsinmenging in die ekonomie, 'n ontsaglike vermorsing
van geld. Lees Don Caldwell se "South Africa - the New Revolution".

>> Wat die hele TV-taaldebat betref, het ek nou-die-dag 'n voorstel = =3DEArens=20
>> gelees wat vir my nogal sin maak. Hoekom plaas die SAUK nie 'n = vraelys=20
>> op sy lisensiebetaalstrokies nie? Hierop kan mense dan aandui wat = hul=20
>> taalvoorkeur is. Dit sal al hierdie stryery oor die taalverhoudings =

>> van die kykers uitskakel. Die lisensiebetalers, wat eintlik die reg
>> het om te besluit, sal dan direk kan aandui wat hulle taalvoorkeure
>> is. =20
> =20
> Die keuse moet natuurlik nie net een keer gedoen en dan in metaal=20
> gegiet word nie. Dit sal elke jaar gedoen moet word. Met ander woorde =

> as die meerderheid dan oor so vyf jaar NET Xhosa en Zulu vra, neem ek =

> aan jy sal as 'n demokraat daarmee saamgaan en dit ondersteun. =20

Natuurlik. Maar ek hou vol dat dit veel beter sal wees om die hele
idee van 'n "openbare uitsaaier" af te skaf. Ek moet nie deur
lisensiegelde verplig word om vir 'n TV-diens te betaal wat ek nie
wil hê nie.

> Toevallig: Die maklikste oplossing vir die SAUK om die stomp swaardjie =

> van die lisensiegeld is om lisensies af te stel en die SAUK = regstreeks=20
> uit staatskanale te befonds.

Goeie genugtig! Dis nog veel erger as die huidige stelsel van
lisensies. Dit beteken dat *almal* vir die blerrie TV betaal, of jy
nou wil of nie. Die SAUK moet *geen* geld van die staat ontvang nie.
Dit lei maar net weereens onvermydelik tot staatsinmenging in die
uitsaaiwese - die staat befonds die uitsaaier, en voel dus geregtig
daarop om voor te skryf wat uitgesaai moet word.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/=20
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: DS: [AFRIKAANS:5610] Afrikaans op SAUK-TV [boodskap #5363 is 'n antwoord op boodskap #5294] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Antwoord aan Renier de Vos (dink ek):

Ek wil graag op een of twee goed reageer en dan kort antwoord
onderaan.

Het nog nooit padtekens in daardie tale gesien nie.

> Jy bedoel jy't nog nooit 'n padpredikant gesien wat "Amazimtoti" aandui
> nie? Meeste padtekens is in ieder geval simbolies. Dit sal buitendien
> seker 'n rukkie neem voordat alle padtekens die nuwe taalbeleid
> weerspieël.>>

Het nog nooit bordjies met parkeer-inligting in Sotho gesien nie. Hoop
nie ek sien dit nie want ek kan nie Sotho lees nie en sal dus nie
weet of ek daar kan parkeer nie.
Jy weet net so goed soos ek talle van die belangrike pad-inligting is
nie net simbole en dorp-name nie.
En dan is daar natuurlik 'n magdom ander openbare inligting waarvan jy
behoort te weet as jy al ooit in enige opnebare soort gebou gestap
het.


ten minste uitvoering aan die gedagte van meer amptelike tale.[/color]
> Op die oomblik betaal hulle slegs lippediens daaraan.>>

Dit sou moeilik gewees het aangesien die ANC vir die meerderheid uit
mense bestaan wat nie Xhosa is nie.
Dan wonder ek hoe ouens soos jy sou aangegaan het op die groep as die
land net een amptelike taal - Xhosa - gehad het.

voorstelle hieronder van staatsbefondsing van die SAUK en skole.[/color]
> Persoonlik is ek nie ten gunste van die huidige taalopset in
> die parlement nie. As ek my sin gehad het, sou ek die parlement
> afgeskaf het, of na Pofadder verskuif het. :-)>>

Jy antwoord nie nie punt van hoe"r belasting nie.
Ek neem aan jou anti-regering-standpunt is 'n beginsel en jy was net
so afwysend oor alle vorige regerings ook.
Anders is jy maar net 'n politieke bitterbek.
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5646] Re: AW: Re: Afrikaans vs Nederlands/vl
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5615] Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 22:30:54 MGT 2024