Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Dapper Muis
Die Dapper Muis [boodskap #53395] Wo, 14 November 2001 10:18 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek's 'n Dapper muis
Kyk hoe stap ek deur hierdie Huis
Met my knopkiere galant oor my skouer
En my houdinkie kordaat , sodat ek gouer
die engelse hoofskrif-opskrifpraters kan kry
om met dubbelposte van ons weg te bly.
.Annette
Re: Die Dapper Muis [boodskap #53423 is 'n antwoord op boodskap #53395] Wo, 14 November 2001 22:51 Na vorige boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:9sthoa$15kmn9$8@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek's 'n Dapper muis
> Kyk hoe stap ek deur die Huis
> Met my knopkiere galant oor my skouer
> En my houdinkie kordaat , sodat ek gouer
> die engelse hoofskrif-opskrifpraters kan kry
> om met dubbelposte van ons weg te bly.

Ek's 'n flink donkie
Met 'n pompvonkie
Ek is 'n bliksem jong
Maar 'n oulike klong
En daar's niks waarvoor ek skrik nie

En sê nou daars 'n @home Hessie
Met 'n humeur wat gloei soos 'n bessie
Wel.....
Behalwe vir 'n Hessie wat gloei soos 'n bessie
Is daar niks waarvoor ek skrik nie

Ek's 'n flink donkie
Met 'n pompvonkie
Ek is 'n bliksem jong
Maar 'n oulike klong
En daar's niks waarvoor ek skrik nie

En sê nou daar's 'n klokkie
Wat Tinker soos 'n bokkie
En 'n Kinky jong vrou
Wat haar arms om jou vou?
Wel......
Sjit dit kan net lekker wees!!

Piet HotMale-donkie
Vorige onderwerp: CNF
Volgende onderwerp: Petrol Pryse?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 17:51:10 MGT 2024