Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wynproe- Verlede Donderdag.
Wynproe- Verlede Donderdag. [boodskap #53263] Ma, 12 November 2001 09:00
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hierdie jaar vir die eerste keer by Canal Walk - ruimer plek vir die
slingerende pro�ers en plek vir meer stalletjies - 125 in totaal.
Soos gewoonlik proe ek net rooiwyne - dit help vir die balans 'n bietjie
later.:)) - en besluit toe om, behalwe vir Botha - wat geen ordenlike
wyndrinker verbyloop nie, net die nuwe landgoede te proe.
Wanneer mens vir jou proeglas en labeltjie betaal, kry mens 'n boekie met al
die deelnemede landgoede in, met 'n vloerplan en plek vir notas. Agterin is
daar 'n kompetisie wat mens veronderstel is om in te skryf nadat jy klaar
geproe het - mens moet sê watter wyn was vir jou die lekkerste.
Omdat ek weet hoe die handskrif kan verander na so 'n proesessie het ek maar
die kompetisie voltooi nog voordat daar 'n druppel geproe is - Botha
Pinotage - en ek was 100% reg:)
Koop maar 2001 rooiwyn - dit is goeie goed:))
Die Botha 2001 Pinotage is pure hemelse genot, en teen R15 per bottel kan
mens nie beter waarde vir geld kry nie.

Soos gewoonlik was daar rooiwyne wat tot R55 per bottel gekos het, wat ek
sonder skuldgevoel maar uitgegooi het na die eerste proeslag. Die jappies
kan maar so duur betaal vir daardie.

Drie ander goed wat ek van gehou het - druiwekorrelsaadolie - glo sonder
cholesterol vir die siekes.
'n Pink muskadel wat op ys en fyngesnyde aarbeie bedien word - heerlik vir
so 'n warm aand.
'n Plek van die Strand wat goeie wyn verkoop in spesiale bottels - die
bottels se etikette is gemaak van pewter - en mens kan altyd die bottels
weer volmaak met dooswyn, en dit sal nog steeds lekker smaak:))
Die Groot 5 word op die bottles uitgebeeld- en so 'n stel van vyf botels met
die lekker wyn kos R360.

Die landgoede waar ek by geproe het en van die wyne gehou het was:

Botha ( R15 per bottel) beste wyn vir 'n baie goeie prys.
La Couronne - Franschhoek
Rietvallei - Robertson
Riebeek
Deetlefs - hulle het 'n Muscat d'Alexandrie 1974 vir R165 - hierdie skat
word net elke 25 jaar vrygestel.
Jan�za
Laibach
Porterville - Pinotage en Enigma teen R16 per bottel is vir my baie
lekkerder as die duur Durbanville Hills se goeie wyne teen R35 per bottel..
Le Jus et Vine -die pink muscadel plek - teen R21.60 'n bottel pure
plesier.

Annette
Vorige onderwerp: Gloudina Gaan Verander!!
Volgende onderwerp: Voorgraads
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 03:55:54 MGT 2024