Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Onskuld
Onskuld [boodskap #53260] Ma, 12 November 2001 07:39 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
So bietjie ondertoe (mier en springkaan) is daar 'n ernstige
bespreking van rassisme. Dit het my herinner aan 'n snaakse (waar)
storietjie wat 'n onerwysesres van ons laerskool my vertel het.

So paar jaar gelede was daar in die nuwe inname van Sub A's onder
andere twee dogtertjies, een wit een swart. Van die eerste dag af het
die tweetjies absoluut gekliek en onafskeidbare vriende geword. So in
hulle tweede skooljaar al, toe kom die swart dogtertjie se Pa haar vir
die eerste keer ooit by die skool haal. Toe die twee so maatjies so
saam-saam by die voordeur uitkom en die swart dogtertjie sien haar Pa
se sy ewe trots vir haar maatjie, "This is my Dad," waarop die ander
enetjie toe heel verwonderd en verbaas antwoord, "Wow, you've never
told me that you have black father!"

Drom

(Hulle het Engels gepraat Ta' Hessie) :)
Re: Onskuld [boodskap #53275 is 'n antwoord op boodskap #53260] Ma, 12 November 2001 13:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Drom wrote:

> 'n onerwysesres
>
> (Hulle het Engels gepraat Ta' Hessie) :)

Ja, oukei, my kind.

Tant Hessie, oud-onerwysesres
Re: Onskuld [boodskap #53305 is 'n antwoord op boodskap #53260] Di, 13 November 2001 06:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar was nog altyd iets verkeerd gewees met die term onderwyseres:))
Annette

wrote in message news:1e507c17.0111122238.683c664f@posting.google.com...
> @home.com skryf in boodskap news:...
>> Drom wrote:
>>
>>> 'n onerwysesres
>>>
>>> (Hulle het Engels gepraat Ta' Hessie) :)
>>
>> Ja, oukei, my kind.
>>
>> Tant Hessie, oud-onerwysesres
>
> Aag Ta' Hessie. Eerstens is ek 'n uiters swak tikker, tweedens is
> 99.9% van wat ek tik in Engels en derdens het ek die swak dat ek
> gladnie iets wat ek self getik het kan proeflees nie - dit MOET mos
> reg wees. :)
>
> Drom
Re: Onskuld [boodskap #53308 is 'n antwoord op boodskap #53260] Di, 13 November 2001 06:38 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> Drom wrote:
>
>> 'n onerwysesres
>>
>> (Hulle het Engels gepraat Ta' Hessie) :)
>
> Ja, oukei, my kind.
>
> Tant Hessie, oud-onerwysesres

Aag Ta' Hessie. Eerstens is ek 'n uiters swak tikker, tweedens is
99.9% van wat ek tik in Engels en derdens het ek die swak dat ek
gladnie iets wat ek self getik het kan proeflees nie - dit MOET mos
reg wees. :)

Drom
Vorige onderwerp: Woon engeltjies in Ingeland?
Volgende onderwerp: Adolf Hitler en Whodunnit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 11:57:25 MGT 2024