Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ierse Nuus
Ierse Nuus [boodskap #53072] Wo, 07 November 2001 19:10 na volgende boodskap
Patricia  is tans af-lyn  Patricia
Boodskappe: 48
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Niks opwindends (is dit reg gespel?) in die land van die Vikings nie - net
'n lot bespiegeling met die dat Noord Ierland nou hul eerste Eerste Minister
David Trimble, gekies het met baie mense wat tevrede is en 'n hele spul wat
baie ongelukkig is. Dinge het volgens berigte en foto's in 'n groot sirkus
ontaard na die nuus bekend gemaak is, amper soos daardie keer in die Suid
Afrikaanse Parlement.

Daar is daagliks nuus van maatskappye wat gedwing word om hul deure te sluit
of om mense af te dank en vandag was geen uitsondering. Een van die
grootste koerante, die Irish Times, het aangekondig dat hulle 250 mense moet
laat gaan en gevra of daar dalk enige vrywilligers is, sal maar sien môre of
daar eniges is.
Re: Ierse Nuus [boodskap #53075 is 'n antwoord op boodskap #53072] Wo, 07 November 2001 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 07 Nov 2001 22:36:47 +0200, Davie Davis wrote:

> Niks opwindends nie sê jy Patricia?
> En dìt na òns nou die leiding gee?
> Lees hieronder en dan sien jy dat julle òns hierdie keer na-aap :-)

Aaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaargh!!!!
Die AKSENTE - die AKSENTE - die STREPE!!
Is jy altyd so linksom?
:-)

Okay - ek gaan nou. :-)
Re: Ierse Nuus [boodskap #53077 is 'n antwoord op boodskap #53072] Wo, 07 November 2001 20:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 7 Nov 2001 19:10:54 -0000, "Patricia" wrote:

Niks opwindends nie sê jy Patricia?
En dìt na òns nou die leiding gee?
Lees hieronder en dan sien jy dat julle òns hierdie keer na-aap :-)
want by julle is:
> Daar is daagliks nuus van maatskappye wat gedwing word om hul deure te sluit
> of om mense af te dank en vandag was geen uitsondering. Een van die
> grootste koerante, die Irish Times, het aangekondig dat hulle 250 mense moet
> laat gaan en gevra of daar dalk enige vrywilligers is, sal maar sien môre of
> daar eniges is.
>
na-apers...:-)
Re: Ierse Nuus [boodskap #53078 is 'n antwoord op boodskap #53075] Wo, 07 November 2001 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 07 Nov 2001 19:31:00 GMT, Streepmuis wrote:

>
> Aaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaargh!!!!

>
> Okay - ek gaan nou. :-)

Jy't belowe jy sou al weg wees! Wat soek jy nog daar :-)
Re: Ierse Nuus [boodskap #53079 is 'n antwoord op boodskap #53072] Wo, 07 November 2001 21:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Patricia wrote:

> Niks opwindends in die land van die Vikings nie

Nou vertel jy darem vir my iets nuuts! Ek het nie
geweet dat Ierland die land van die Vikings is nie.
Sê vir my, is Gaelic die taal van die Vikings?

Tant Hessie van Vinland
Nuus [boodskap #53080 is 'n antwoord op boodskap #53078] Wo, 07 November 2001 22:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 07 Nov 2001 22:58:50 +0200, Davie Davis wrote:

>
> Jy't belowe jy sou al weg wees! Wat soek jy nog daar :-)

Hehehehe....dog jy kon gou 'n kans vat agter my rug , nè? :-))
Het nogal aan jou gedink terwyl ek daar in Borders was. Want
aangesien ek sommer *baie* geld gespaar het om NIE Ludlum se nuutste
boek (nog in hardeband) te koop nie, maar wel die ene in sagteband wat
ek wou koop in die eerste plek - elkgeval, met die tonne geld wat ek
toe bespaar het, koop ek toe Enya se nuutse CD. Dis vreeslik mooi,
hoor. En jy hou mos ook van "New Age" musiek?

En terwyl ek toe na my nuwe CD luister, en my nuwe boek begin lees,
vang my oog die TV, en toe dog ek amper ek is weer terug in Kalifornië
toe ek sien dat hulle besig is om 'n "truck chase" wat besig is om te
gebeur in Dallas, TX uit te saai.
Dit was vreeslik snaaks om te kyk. 'Skuus- dit moenie eintlik
"snaaks" wees nie, want dis mos vreeslik ernstig - maar daai ou was 'n
dekselse goeie bestuurder, en hy het nogal vir die mense gewaai en sy
toeter gedruk terwyl hy met ongelooflike finesse deur die besige
strate navigeer het met daardie ongelooflike groot trok wat hy gesteel
het (vol houtpale gepak, en aan die brand ook nog) Dit was nogal 'n
halwe anti-klimaks toe die ou uiteindelik stop en die SWAT teams hom
arresteer.
:-)
Re: Ierse Nuus [boodskap #53081 is 'n antwoord op boodskap #53072] Wo, 07 November 2001 22:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 07 Nov 2001 21:02:41 GMT, @home.com wrote:

> Nou vertel jy darem vir my iets nuuts! Ek het nie
> geweet dat Ierland die land van die Vikings is nie.

Nee, almal weet mos dat Minnesota die land van die Vikings is!
Maar die simpel geskiedenis boeke wil vir ons probeer vertel dat
Dublin deur die Vikings gevestig is (nogal twee keer!!).
Re: Ierse Nuus [boodskap #53090 is 'n antwoord op boodskap #53072] Do, 08 November 2001 02:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Streepmuis wrote:

> Maar die simpel geskiedenis boeke wil vir ons probeer vertel dat
> Dublin deur die Vikings gevestig is (nogal twee keer!!).

Net omdat die Romeine lank gelede twee-derdes vanBrittanje beset het,
sit London nog nie in die land van die
Romeine nie. Al het die Vikings in Kanada nedersettings
gehad ( en heelwaarskynlik ook in New England - niemand
weet waar Vinland is nie, maar hulle het druiwe daar gesien)
maak dit nie vir Kanada die land van die Vikings nie.
Engeland se taal is heelwaarskynlik meer deur die Vikings
se Germaans beinvloed as die Kelties wat vandag in Ierland
gepraat word.

Tant Hessie van der Fjord.
Re: Nuus [boodskap #53098 is 'n antwoord op boodskap #53080] Do, 08 November 2001 04:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die nuwe Madam en Eve boek is uit:
Crouching Madam, Hiding Maiden.
Vir wat is die plaaslike gedrukte boeke net so duur of selfs duurder as die
ingevoerde boeke?
Annette

Streepmuis skryf in boodskap news:48bjut0d8ssc5e0aavph86i17q1i4bcn71@4ax.com...
> On Wed, 07 Nov 2001 22:58:50 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>>
>> Jy't belowe jy sou al weg wees! Wat soek jy nog daar :-)
>
> Hehehehe....dog jy kon gou 'n kans vat agter my rug , nê? :-))
> Het nogal aan jou gedink terwyl ek daar in Borders was. Want
> aangesien ek sommer *baie* geld gespaar het om NIE Ludlum se nuutste
> boek (nog in hardeband) te koop nie, maar wel die ene in sagteband wat
> ek wou koop in die eerste plek - elkgeval, met die tonne geld wat ek
> toe bespaar het, koop ek toe Enya se nuutse CD. Dis vreeslik mooi,
> hoor. En jy hou mos ook van "New Age" musiek?
>
> En terwyl ek toe na my nuwe CD luister, en my nuwe boek begin lees,
> vang my oog die TV, en toe dog ek amper ek is weer terug in Kalifornië
> toe ek sien dat hulle besig is om 'n "truck chase" wat besig is om te
> gebeur in Dallas, TX uit te saai.
> Dit was vreeslik snaaks om te kyk. 'Skuus- dit moenie eintlik
> "snaaks" wees nie, want dis mos vreeslik ernstig - maar daai ou was 'n
> dekselse goeie bestuurder, en hy het nogal vir die mense gewaai en sy
> toeter gedruk terwyl hy met ongelooflike finesse deur die besige
> strate navigeer het met daardie ongelooflike groot trok wat hy gesteel
> het (vol houtpale gepak, en aan die brand ook nog) Dit was nogal 'n
> halwe anti-klimaks toe die ou uiteindelik stop en die SWAT teams hom
> arresteer.
> :-)
>
Re: Nuus [boodskap #53105 is 'n antwoord op boodskap #53098] Do, 08 November 2001 06:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 8 Nov 2001 06:52:38 +0200, "Annette" wrote:

> Die nuwe Madam en Eve boek is uit:
> Crouching Madam, Hiding Maiden.

LOL! Is jy nou ernstig met daardie titel? :-)
Daardie M&E satiriese spotverse was altyd vreeslik goed.

> Vir wat is die plaaslike gedrukte boeke net so duur of selfs duurder as die
> ingevoerde boeke?

Wat kos 'n slapbandboek (nuwe release) deesdae? Hier is die algemene
prys sowat $7. (Net om 'n idee te kry hoe pryse vergelyk)
Re: Nuus [boodskap #53110 is 'n antwoord op boodskap #53105] Do, 08 November 2001 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daardie titel is rerag!:)) Dit is hoekom dit vir my so snaaks is.
Die ding - slapband - kos R90!!!!!!
En ek sien dit as 'n komiekboek!

Annette

Streepmuis skryf in boodskap news:ju9kutce4rp0pc42vjl2bd7p4klqar1krd@4ax.com...
> On Thu, 8 Nov 2001 06:52:38 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Die nuwe Madam en Eve boek is uit:
>> Crouching Madam, Hiding Maiden.
>
> LOL! Is jy nou ernstig met daardie titel? :-)
> Daardie M&E satiriese spotverse was altyd vreeslik goed.
>
>> Vir wat is die plaaslike gedrukte boeke net so duur of selfs duurder as die
>> ingevoerde boeke?
>
> Wat kos 'n slapbandboek (nuwe release) deesdae? Hier is die algemene
> prys sowat $7. (Net om 'n idee te kry hoe pryse vergelyk)
>
Re: Nuus [boodskap #53134 is 'n antwoord op boodskap #53110] Do, 08 November 2001 19:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 8 Nov 2001 11:47:23 +0200, "Annette" wrote:

> Daardie titel is rerag!:)) Dit is hoekom dit vir my so snaaks is.
> Die ding - slapband - kos R90!!!!!!
> En ek sien dit as 'n komiekboek!

Ag, ek moet dit nou ook hê!! Ja, R90 klink nogal na baie vir 'n
komiekboek. Maar ek dink dit is nogal sy prys werd?
Jammer dit is nog nie op Amazon beskikbaar nie! :-(
Re: Nuus [boodskap #53137 is 'n antwoord op boodskap #53134] Do, 08 November 2001 20:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As jy soet is, koop ek vir jou ook een - miskien kry ek afslag as ek twee
koop:))
Beskou dit maar as jou kerfeespersent wat jy na kersfees gaan kry:))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Streepmuis skryf in boodskap news:1golut8tn5t9pjoenf64te2g3arsijuipp@4ax.com...
> On Thu, 8 Nov 2001 11:47:23 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Daardie titel is rerag!:)) Dit is hoekom dit vir my so snaaks is.
>> Die ding - slapband - kos R90!!!!!!
>> En ek sien dit as 'n komiekboek!
>
> Ag, ek moet dit nou ook hê!! Ja, R90 klink nogal na baie vir 'n
> komiekboek. Maar ek dink dit is nogal sy prys werd?
> Jammer dit is nog nie op Amazon beskikbaar nie! :-(
>
Re: Nuus [boodskap #53186 is 'n antwoord op boodskap #53137] Vr, 09 November 2001 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 8 Nov 2001 22:19:38 +0200, "Annette" wrote:

> As jy soet is, koop ek vir jou ook een - miskien kry ek afslag as ek twee
> koop:))
> Beskou dit maar as jou kerfeespersent wat jy na kersfees gaan kry:))

Annette, ek is mos STROOPSOET - soeter sal jy eenvoudig nie kry nie!!
:-))) (Selfs my halo is nou ge-brasso, hoor!) :-))
Ek stuur vir jou onmiddelik 'n epos met my adres. DANKIE!!!
Sal sommer vir jou 'n paar blikkies gekookte peanuts stuur in ruil
daarvoor! (Toemaar - ek grap maar net!) :-))
Re: Nuus [boodskap #60707 is 'n antwoord op boodskap #53080] Sa, 20 April 2002 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nie so snaaks nie - hy het dit heeltyd geweet, en net gewag vir die
geleentheid om behoorlik te kan kraai:))
Annette

Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:3cc17056.0@news1.mweb.co.za...
> Dit is net snaaks dat die man wat eerste daarop aangedring het dat Morkel
> moet loop naamlik ou Pieter daardie tyd ook lid was van die DA.
>
> Reenen
> Annette wrote in message
> news:a9rd21$5ih13$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Jurgen Harksen - wie die Duitse owerhede al agt jaar sukkel dat SA hom aan
>> hulle moet uitlewer - gaan nou uiteindelik aan Duitsland uitgelewer word.
>> Daar word allerhande vae redes gegee, maar die ondertekening van die
>> uitleweringsbevel kom na verskeie berigte verlede week dat hy verkieslik
>> eers hier teregstaan vir sy stoutighede hier gepleeg.
>> Daar is seker maar weer 'n politieke stertjie by die "skielike"
>> ondertekening.
>> Gerald Morkel is onder skoot omdat hy glo gelde van Harksen ontvang het -
>> maar toe daar berigte begin verskyn dat die ANC ook glo gelde van Harksen
>> ontvang het, word hy vinnig aan die Duitse Owerhede oorhandig - seker tot
>> groot verligting van meer as een politikus en party hier
>>
>> Annette
>>
>
Re: Nuus [boodskap #60709 is 'n antwoord op boodskap #53080] Sa, 20 April 2002 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vandag in die Burger - nou is 'n groot kop van Absa, ene Erik? Marais
summier geskors omdat hy glo by die transaksies betrokke was.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:3cc17056.0@news1.mweb.co.za...
> Dit is net snaaks dat die man wat eerste daarop aangedring het dat Morkel
> moet loop naamlik ou Pieter daardie tyd ook lid was van die DA.
>
> Reenen
> Annette wrote in message
> news:a9rd21$5ih13$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Jurgen Harksen - wie die Duitse owerhede al agt jaar sukkel dat SA hom aan
>> hulle moet uitlewer - gaan nou uiteindelik aan Duitsland uitgelewer word.
>> Daar word allerhande vae redes gegee, maar die ondertekening van die
>> uitleweringsbevel kom na verskeie berigte verlede week dat hy verkieslik
>> eers hier teregstaan vir sy stoutighede hier gepleeg.
>> Daar is seker maar weer 'n politieke stertjie by die "skielike"
>> ondertekening.
>> Gerald Morkel is onder skoot omdat hy glo gelde van Harksen ontvang het -
>> maar toe daar berigte begin verskyn dat die ANC ook glo gelde van Harksen
>> ontvang het, word hy vinnig aan die Duitse Owerhede oorhandig - seker tot
>> groot verligting van meer as een politikus en party hier
>>
>> Annette
>>
>
Re: nuus [boodskap #104444 is 'n antwoord op boodskap #53080] So, 17 Julie 2005 18:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Jul 2005 21:47:52 -0400, "@rogers.com" wrote:

of het
> jy nou maar jou moedertaal in jou
> vaderland totsiens gesê? Sien, dis soos
> Afrikaans in SA gaan verdwyn. Wanneer
> julle regses Afrikaans vermoor.
>
> Gloudina
>

komende van 'n vrou wat haar man ondersteun het
toe hy Afrikaans verraai het. 'n Vrou wat Afrikaans
uit haar huis verban het. 'n Vrou wat die taal van
die moordenaars van Afrikaner vroue en kinders,
haar gesogte huistaal gemaak het. 'n Vrou wie se man
gehoop het dat hy nie eens meer 'n Afrikaanse aksent laat
deurskemer en dus as Afrikaanssprekende herken word nie:-(((
Re: nuus [boodskap #104521 is 'n antwoord op boodskap #53080] Do, 21 Julie 2005 01:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> Didiza responsible for loan debacle, says Leon

So nou word jy ook 'n agent vir die
rooinekke, du plessis? Hoekom plaas
jy nie uittreksels uit Afrikaanse koerante
op 'n Afrikaanse nuusgroep nie, of het
jy nou maar jou moedertaal in jou
vaderland totsiens gesê? Sien, dis soos
Afrikaans in SA gaan verdwyn. Wanneer
julle regses Afrikaans vermoor.

Gloudina
Re: nuus [boodskap #104541 is 'n antwoord op boodskap #104444] So, 24 Julie 2005 08:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"DD" skryf in boodskap news:pr7ld19d8acju2p1b6he7u3bis481f545v@4ax.com...
> On Wed, 20 Jul 2005 21:47:52 -0400,
>
> komende van 'n vrou wat haar man ondersteun het
> toe hy Afrikaans verraai het. 'n Vrou wat Afrikaans
> uit haar huis verban het.

Jy is die een wat Gloudina daarvan beskuldig dat sy altyd op dieselfde ou
dinge haper. En tog, hier bring jy alweer dieselfde ou argumente op. Kry
tog verbeelding, dink iets anders uit. Praat van "op my ou ramkiekie met
nog net een snaar".

> 'n Vrou wat die taal van
> die moordenaars van Afrikaner vroue en kinders,
> haar gesogte huistaal gemaak het.

Moet tog net nie vergeet van die balk in jou eie oog nie - die Engelse is
self maar met plesier uitgewis. Wel nie vroue en kinders nie, maar moord
bly moord, mens kan nie sulke gerieflike onderskeidings tref nie. Engels is
baie mense se huistaal, baie Suid-Afrikaners ook. En as jy oorsee woon en
werk en leef, is jy net stupid as jy aan Afrikaans wil vaskleef as huistaal.
Re: nuus [boodskap #104542 is 'n antwoord op boodskap #104541] So, 24 Julie 2005 23:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bobby - as jy die land verlaat en engels wil word is dit jou saak maat.
Maar, dan moet jy nie probeer om die groot patriot te wees nie - soos in die
geval van Anti Gloudina.
DD se opmerkings oor haar wat haar as die hoogheilige kampvegter vir
Afrikaans voorhou is volg bloot op haar standpunt in die verband. Hoe sê
julle engelse - "pratice what you preach"....
O ja - waar is die "arme" engelse vermoor? Die engelse bliksems het
afrikaans en afrikaners vervolg net waar hulle kon, nie slegs tydens die
Boereoorlog nie maar ook daarna - en jy neem standpunt vir hulle in?
Re: nuus [boodskap #104566 is 'n antwoord op boodskap #104542] Di, 26 Julie 2005 04:52 Na vorige boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:dc081p$957$1@ctb-nnrp2.saix.net...

> O ja - waar is die "arme" engelse vermoor? Die engelse bliksems het
> afrikaans en afrikaners vervolg net waar hulle kon, nie slegs tydens die
> Boereoorlog nie maar ook daarna - en jy neem standpunt vir hulle in?
>
In enige oorlog is daar mense wat onnodig doodgeskiet word - in my oë is dit
moord. Baie Boere het beslis onnodig Engelse gevangenes doodgeskiet, net
soos die Engelse gemaak het. Die Engelse imperialisme is wel bekend oral in
die wêreld, en ek neem beslis nie vir hulle standpunt in nie want hulle was
'n redelik wrede spulletjie. Maar om nou steeds vandag die taal Engels te
veroordeel en verwerp net omdat dit die taal van die Engelse oorheersers
was, is heeltemal onnosel. En om dan mense wat Engels praat almal oor
dieselfde kam te skeer en hulle as landsverraaiers te beskou, is nog meer
onnosel.
Vorige onderwerp: CD OPNAMES & BACKTRACKS
Volgende onderwerp: 'n Brief van Zimbabwe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 18:01:11 MGT 2024