Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Annette, help asseblief
Annette, help asseblief [boodskap #52771] Vr, 02 November 2001 17:39 na volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nou amper alles van die Afrikaanse kombuis :-)
Ek weet ook wat mieliepap is, maar nie hoe ek dit maak nie!!

Is mieliepap en polenta dieselfde??

Asseblief geef vir my die resep van julle mieliepap en veskillende diktes
:-))

Gr.Rico
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52773 is 'n antwoord op boodskap #52771] Vr, 02 November 2001 17:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sheeeeezz!!! Ek koop die goed in 'n pak wat gemerk is mieliepap en ek maak
dit - het nie idee van diktes en microns en daardie goed nie:))
Minder water, meer mieliemeel maak stywer pap.
Dis al wat ek weet.
Jammer.
Annette

.

Rico skryf in boodskap news:9rulpn$4eq$1@news1.xs4all.nl...
> Ek weet nou amper alles van die Afrikaanse kombuis :-)
> Ek weet ook wat mieliepap is, maar nie hoe ek dit maak nie!!
>
> Is mieliepap en polenta dieselfde??
>
> Asseblief geef vir my die resep van julle mieliepap en veskillende diktes
> :-))
>
> Gr.Rico
>
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52784 is 'n antwoord op boodskap #52773] Vr, 02 November 2001 23:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie vir jou help :-))))

Gr.Rico
"Annette" skryf in boodskap news:9rum0q$102cfo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sheeeeezz!!! Ek koop die goed in 'n pak wat gemerk is mieliepap en ek maak
> dit - het nie idee van diktes en microns en daardie goed nie:))
> Minder water, meer mieliemeel maak stywer pap.
> Dis al wat ek weet.
> Jammer.
> Annette
>
>
> .
> Rico wrote in message
> news:9rulpn$4eq$1@news1.xs4all.nl...
>> Ek weet nou amper alles van die Afrikaanse kombuis :-)
>> Ek weet ook wat mieliepap is, maar nie hoe ek dit maak nie!!
>>
>> Is mieliepap en polenta dieselfde??
>>
>> Asseblief geef vir my die resep van julle mieliepap en veskillende diktes
>> :-))
>>
>> Gr.Rico
>>
>
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52801 is 'n antwoord op boodskap #52784] Sa, 03 November 2001 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Probeer jy sarkasties wees?:)))))
Annette

>
> Gr.Rico
> "Annette" schreef in bericht
> news:9rum0q$102cfo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Sheeeeezz!!! Ek koop die goed in 'n pak wat gemerk is mieliepap en ek maak
>> dit - het nie idee van diktes en microns en daardie goed nie:))
>> Minder water, meer mieliemeel maak stywer pap.
>> Dis al wat ek weet.
>> Jammer.
>> Annette
>>
>>
>> .
>> Rico wrote in message
>> news:9rulpn$4eq$1@news1.xs4all.nl...
>>> Ek weet nou amper alles van die Afrikaanse kombuis :-)
>>> Ek weet ook wat mieliepap is, maar nie hoe ek dit maak nie!!
>>>
>>> Is mieliepap en polenta dieselfde??
>>>
>>> Asseblief geef vir my die resep van julle mieliepap en veskillende diktes
>>> :-))
>>>
>>> Gr.Rico
>>>
>>
>
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52807 is 'n antwoord op boodskap #52771] Sa, 03 November 2001 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Rico" schreef...
> Ek weet nou amper alles van die Afrikaanse kombuis :-)
> Ek weet ook wat mieliepap is, maar nie hoe ek dit maak nie!!
>
> Is mieliepap en polenta dieselfde??

Mieliepap is toch gewoon griesmeelpap, maar dan alleen met maisgries?

Groeten,
Arthur
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52814 is 'n antwoord op boodskap #52807] Sa, 03 November 2001 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 3 Nov 2001 09:58:18 +0100, "Arthur" wrote:

>
> Mieliepap is toch gewoon griesmeelpap, maar dan alleen met maisgries?
>
> Groeten,
> Arthur
>

Ghriesmeelpap eet jy as jy geolie wil word Arthur.

Mechanic
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52819 is 'n antwoord op boodskap #52801] Sa, 03 November 2001 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9s02t3$10e8gq$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Probeer jy sarkasties wees?:)))))
> Annette

Ek?????
teen jou???
Ek sou dit nie durf nie :-))))

Gr.Rico
>
>>
>> Gr.Rico
>> "Annette" schreef in bericht
>> news:9rum0q$102cfo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Sheeeeezz!!! Ek koop die goed in 'n pak wat gemerk is mieliepap en ek maak
>>> dit - het nie idee van diktes en microns en daardie goed nie:))
>>> Minder water, meer mieliemeel maak stywer pap.
>>> Dis al wat ek weet.
>>> Jammer.
>>> Annette
>>>
>>>
>>> .
>>> Rico wrote in message
>>> news:9rulpn$4eq$1@news1.xs4all.nl...
>>>> Ek weet nou amper alles van die Afrikaanse kombuis :-)
>>>> Ek weet ook wat mieliepap is, maar nie hoe ek dit maak nie!!
>>>>
>>>> Is mieliepap en polenta dieselfde??
>>>>
>>>> Asseblief geef vir my die resep van julle mieliepap en veskillende diktes
>>>> :-))
>>>>
>>>> Gr.Rico
>>>>
>>>
>>
>
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52834 is 'n antwoord op boodskap #52814] Sa, 03 November 2001 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> "Arthur" wrote:
>>
>> Mieliepap is toch gewoon griesmeelpap, maar dan alleen met maisgries?
>>
> Ghriesmeelpap eet jy as jy geolie wil word Arthur.

Ik weet dat Afrikaners soms rare ideëen hebben over ons Hollanders, maar dit
gaat wel erg ver :-)

Groeten,
Arthur
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52846 is 'n antwoord op boodskap #52773] So, 04 November 2001 03:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Sheeeeezz!!! Ek koop die goed in 'n pak wat gemerk is mieliepap en ek maak
> dit - het nie idee van diktes en microns en daardie goed nie:))
> Minder water, meer mieliemeel maak stywer pap.
> Dis al wat ek weet.
> Jammer.
> Annette

Kinky: Mag ek dalk n bietjie help? Ek het gaan soek na n resep vir
jou Rico, maar ek het nie een gekry nie, toe maak ek maar n potjie pap
gisteroggend en skryf die "resep" neer! :-)) Jy sien ons het met
die maak van pap grootgeword en dan ontwikkel mens n "gevoel" vir die
hoeveelhede daarvan. Goed, probeer die vir n stywerige pap en dan
verminder jy die water/mieliemeel na gelang van jou voorkeur: Onthou
egter die geheim van mieliepap is dat dit genoeg sout moet inhê en
baie goed gaar moet wees.

500 ml water (2 Kop)
10 ml sout (2 tl)
500 g growwe braaipapmieliemeel / mieliemeel (3 1/2 kop)
30 ml botter of margarien (opsioneel 2 E)

Verhit die water en sout tot kookpunt in n (verkieslik)
dikboomkastrol. Roer die meel by. (ek gooi eintlik die meel in n
hoop by, sit die deksel op en laat dit vir n paar minute so kook.)
Roer dan die meel deeglik deur, verlaag die hitte en prut tot gaar.
Mens kan ook die botter saam met die meel in die kookwater inroer,
anders kan jy die botter in die gaar pap inroer.
Ons eet dit met bruinsuiker en melk.

En vir ekstra lekkerte saam met braaivleis kan jy n blikkie
heelpitmielies inroer wanneer die pap gaar is.

En dan is daar nog n paptert resep ook! Wil jy die ook hê?

Hoop, hierdie kon jou help? Laat my tog weet as jy dit gemaak het!
;-)
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52852 is 'n antwoord op boodskap #52846] So, 04 November 2001 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Praat jy nou van die stywepaptert met uie en sampioene?
Ek maak my mieliepap sommer gaar in die mikrogolfoond - netnou is my
dikboompot te maer:))))
Soos jy sê - daar moet sout en 'n klontjie botter by wees:))
Annette

Kinky skryf in boodskap news:4bb80b32.0111031945.5c734d5b@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Sheeeeezz!!! Ek koop die goed in 'n pak wat gemerk is mieliepap en ek maak
>> dit - het nie idee van diktes en microns en daardie goed nie:))
>> Minder water, meer mieliemeel maak stywer pap.
>> Dis al wat ek weet.
>> Jammer.
>> Annette
>
> Kinky: Mag ek dalk n bietjie help? Ek het gaan soek na n resep vir
> jou Rico, maar ek het nie een gekry nie, toe maak ek maar n potjie pap
> gisteroggend en skryf die "resep" neer! :-)) Jy sien ons het met
> die maak van pap grootgeword en dan ontwikkel mens n "gevoel" vir die
> hoeveelhede daarvan. Goed, probeer die vir n stywerige pap en dan
> verminder jy die water/mieliemeel na gelang van jou voorkeur: Onthou
> egter die geheim van mieliepap is dat dit genoeg sout moet inhê en
> baie goed gaar moet wees.
>
> 500 ml water (2 Kop)
> 10 ml sout (2 tl)
> 500 g growwe braaipapmieliemeel / mieliemeel (3 1/2 kop)
> 30 ml botter of margarien (opsioneel 2 E)
>
> Verhit die water en sout tot kookpunt in n (verkieslik)
> dikboomkastrol. Roer die meel by. (ek gooi eintlik die meel in n
> hoop by, sit die deksel op en laat dit vir n paar minute so kook.)
> Roer dan die meel deeglik deur, verlaag die hitte en prut tot gaar.
> Mens kan ook die botter saam met die meel in die kookwater inroer,
> anders kan jy die botter in die gaar pap inroer.
> Ons eet dit met bruinsuiker en melk.
>
> En vir ekstra lekkerte saam met braaivleis kan jy n blikkie
> heelpitmielies inroer wanneer die pap gaar is.
>
> En dan is daar nog n paptert resep ook! Wil jy die ook hê?
>
> Hoop, hierdie kon jou help? Laat my tog weet as jy dit gemaak het!
> ;-)
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52858 is 'n antwoord op boodskap #52807] So, 04 November 2001 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur wrote:

> Mieliepap is toch gewoon griesmeelpap, maar dan alleen met maisgries?

Arthur, wat is die verklaring van die woord "gries" in
Nederlands.(Afrikaans-sprekendes ken dit nie, maar wel die woord ghries,
wat seker maar 'n ander gedaante is van die Engelse woord
"grease," maar spesifiek bedoelende olie wat jy gebruik om
dinge vlotter te laat loop deur dit olie te gee. So sê mense
gereeld "Ek laat ghries my kar." )
Ek wonder of die Nederlandse "gries" en die Amerikaanse
"grits" nie dieselfde oorsprong het nie.
Ons American Heritage Dictionary verklaar "grits" as volg:
"Coarsely ground grain, especially corn. (From Middle
English gryt, bran Old English grytt)"
Dit klink dus na jou maisgries. Eet julle ook maisgries op
redelike groot skaal in Europa? Hoeveel mielies word daar
in Europa verbou. Hier in Noord-Amerika, veral in die
noordooste, is mielies absoluut oral, en word mielie newe-
produkte in baie vorms gebruik, meer as wat in SA die
geval was.
Is ek reg dat mielies nie ínheems aan Afrika is nie, maar
eers uit die Amerikas ingevoer was. Verbasend dat dit
so 'n stapelkos van suidelike Afrika geword het.

Gloudina


>
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52859 is 'n antwoord op boodskap #52771] So, 04 November 2001 13:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Arthur wrote:
>
>> Mieliepap is toch gewoon griesmeelpap, maar dan alleen met maisgries?
>
> Ek wonder of die Nederlandse "gries" en die Amerikaanse
> "grits" nie dieselfde oorsprong het nie.

Ik denk van wel. Het is ook verwant aan ons woord "gruis" (zoals in
steengruis).

> Eet julle ook maisgries op redelike groot skaal in Europa? Hoeveel mielies
> word daar in Europa verbou.

Nee, volgens mij wordt het niet op redelijk grote schaal gegeten. Niet dat
ik weet in ieder geval. Mogelijk zit het als ingredient wel in veel
produkten.

Het wordt wel op grote schaal verbouwd, maar dan vooral als veevoer. Ze
gebruiken daarvoor de hele plant (kolf, blad en stengel). In Nederland zie
je dan ook dat het vooral in Noord Brabant in enorme hoeveelheden wordt
verbouwd; daar vindt je ook de meeste varkenshouderijen.

> Is ek reg dat mielies nie 'nheems aan Afrika is nie, maar
> eers uit die Amerikas ingevoer was.

Ja. Net als aardappelen en tabak.

Groeten,
Arthur
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52861 is 'n antwoord op boodskap #52771] So, 04 November 2001 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Afrikaans-sprekendes ken dit nie, maar wel die woord ghries,
> wat seker maar 'n ander gedaante is van die Engelse woord
> "grease," maar spesifiek bedoelende olie wat jy gebruik om
> dinge vlotter te laat loop deur dit olie te gee.

Dat klinkt inderdaad nogal Engels. Bij ons noemen we dat smeerolie.

> So sê mense gereeld "Ek laat ghries my kar."

De motor van de auto laat ik doorsmeren ...

Groeten,
Arthur
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52862 is 'n antwoord op boodskap #52859] So, 04 November 2001 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
>> Arthur wrote:
>>
>>> Mieliepap is toch gewoon griesmeelpap, maar dan alleen met maisgries?
> Nee, volgens mij wordt het niet op redelijk grote schaal gegeten. Niet dat
> ik weet in ieder geval. Mogelijk zit het als ingredient wel in veel
> produkten.

We griesmeelpap met rozijnen. ......maar dan is het vaak van tarwemeel
gemaakt.
er staat dan ook tarwegries op het pak wat je kan kopen in de winkel.
Maismeel als bindmiddel wordt wel veel gebruikt..(Maizena)

grt emmy
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52873 is 'n antwoord op boodskap #52771] So, 04 November 2001 19:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Patricia  is tans af-lyn  Patricia
Boodskappe: 48
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ek het altyd die volgende mikrogolf resep gebruik wanneer ons met die woonwa
gaan kamp het oor naweke aangesien dit maklikiker was om die bak i.p.v die
pot skoon te maak:

1Kop Water (werk beter & vinniger as dit kookwater is)
1Kop Mieliemeel
1Teelepel sout
Botter of Margarien na smaak

Meng die water, meel en sout saam in 'n opdienbak geskik vir die mikrogolf.
Plaas in die mikrogolf by 100% krag vir 1 minuut. Verwyder en roer met 'n
vurk of sny met 'n mes (met hierdie metode word die pap eventueel
krummelpap). Plaas weer vir 1 minuut in die mikrogolf, verwyder en roer.
Herhaal hierdie proses totdat pap gaar is, ongeveer 7-8 minute, maar wees
verseker om net 1 minuut op 'n slag te mikrogolf en te roer, want anders is
dit beslis 'n flop!

"Rico" skryf in boodskap news:9rulpn$4eq$1@news1.xs4all.nl...
> Ek weet nou amper alles van die Afrikaanse kombuis :-)
> Ek weet ook wat mieliepap is, maar nie hoe ek dit maak nie!!
>
> Is mieliepap en polenta dieselfde??
>
> Asseblief geef vir my die resep van julle mieliepap en veskillende diktes
> :-))
>
> Gr.Rico
>
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52885 is 'n antwoord op boodskap #52852] Ma, 05 November 2001 03:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Praat jy nou van die stywepaptert met uie en sampioene?
> Ek maak my mieliepap sommer gaar in die mikrogolfoond - netnou is my
> dikboompot te maer:))))
> Soos jy sê - daar moet sout en 'n klontjie botter by wees:))
> Annette

Kinky: Ja, ek doen. Maar ek hou van daai stukkie brandsel onder in
die boom van die dikboompot! :-)) Dus geen mikrogolfpap vir my nie
dankie! ;-)
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52893 is 'n antwoord op boodskap #52885] Ma, 05 November 2001 06:27 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gebrande Patats , Pampoen, Uie - ja heerlik.
Pap nee - die melk kry dan sulke swart roetkorreltjies in:)))
Annette

Happiness is a state of Mind.

Kinky skryf in boodskap news:4bb80b32.0111041931.1321a97f@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Praat jy nou van die stywepaptert met uie en sampioene?
>> Ek maak my mieliepap sommer gaar in die mikrogolfoond - netnou is my
>> dikboompot te maer:))))
>> Soos jy sê - daar moet sout en 'n klontjie botter by wees:))
>> Annette
>
> Kinky: Ja, ek doen. Maar ek hou van daai stukkie brandsel onder in
> die boom van die dikboompot! :-)) Dus geen mikrogolfpap vir my nie
> dankie! ;-)
Vorige onderwerp: Resep: Slaaisous.
Volgende onderwerp: Braai-kampieonskap - uitslag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 20:07:51 MGT 2024