Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pragtige Blou Veldblom
Pragtige Blou Veldblom [boodskap #52830] Sa, 03 November 2001 19:01
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek onthou baie jare terug (circa 1943) rondom Port Elizabeth was daar 'n
veldblom, blou van kleur, sonder stam wat plat op die grond gegroei het en
wat ons as kinders gepluk het op pad van die skool af en wat dan in 'n plat
bak met water gesit het om daar teen mekaar te "float" en die aangenaamste
reuk afgegee het.

Bo en behalwe hierdie blom was daar ook hordes skilpadbessie-bosse;
doringrig met 'n rooi bessie, meer pit as vrug en die skilpaaie was mal oor
hulle.

Waar ons toe deur die veld skool toe gestap het, is daar vandag net huise,
bome en strate.

Kan die Baaienaars my nog inlig oor die "status qou" van hierdie plante, en
sommer oor die skilpaaie ook?
Vorige onderwerp: Vir die Hot-male
Volgende onderwerp: Skuld erkenning deur 'n Witman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:07:35 MGT 2024