Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5582] Re: (Fwd) Re: Re: Vir die Afrikaner - teen die nu
DS: [AFRIKAANS:5582] Re: (Fwd) Re: Re: Vir die Afrikaner - teen die nu [boodskap #5270] Wo, 17 Januarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: woensdag 17 januari 1996 13:12
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5582] Re: (Fwd) Re: Re: Vir die Afrikaner - teen =
die nu

Freek skryf:

> Ek word skoon bang as ek sien hoe eenders ons oor hierdie onderwerp=20
> voel. Beteken dit dat jy saamstem met "vir die Afrikaner - teen die=20
> nuwe SA" en/of "vir die nuwe SA - teen die Afrikaner"? Voor jy=20
> antwoord; ek definieer die nuwe SA as die een soos omskryf in die=20
> tussentydse grondwet met uiters gesentraliseerde magte.=20

Slagspreuke soos "vir die Afrikaner" en "teen die nuwe Suid-Afrika"
het bepaalde, en uiteenlopende betekenisse vir verskillende persone.
Sonder dat ek weet wat jy werklik daardeur bedoel, kan ek nie sê
of ek met die stelling saamstem nie.

Ek is nie teen die "nuwe" Suid-Afrika nie - ek is ten gunste van
demokrasie, 'n handves van menseregte, 'n bindende grondwet, ens. Daar
is egter uiteenlopende vorms van demokrasie, en my goedkeuring van 'n
handves van menseregte of grondwet hang van die inhoud daarvan af. Ek
is nie ingenome met die bestaande handves of grondwet nie, maar almal
het seker hul voorbehoude daaroor, vir verskillende redes. Ek het
ernstige bedenkinge oor gesentraliseerde gesag, maar daar was selfs
meer sentralisasie van gesag in die "ou" Suid-Afrika, dus kan mens
nie net teen die "nuwe" Suid-Afrika uitvaar op grond daarvan nie.
Dit sou meer sinvol wees om teen gesentraliseerde gesag te betoog,
juis op grond van die ontsaglike wanbestuur en vertrapping van
regte wat onder die ou stelsel plaasgevind het.

As Afrikaner is ek ten gunste van die bevordering van my taal en dinge
wat ek voel eie aan die Afrikaanse gemeenskap is (selfs hieroor is daar
nie eensgesindheid nie), maar ek besef ook dat ons in 'n samelewing van
vele kulture woon, en dat ons mekaar ruimte moet gun. Ek glo dat dit
beteken dat almal - nie slegs Afrikaners nie - 'n "leef en laat leef"
gemeenskaplike waardestelsel (miskien soos die Switsers?) sal moet
ontwikkel. Ons het egter nog 'n lang pad om te loop, en ek glo nie dat
ons na ons politici moet kyk om so 'n waardestelsel te laat posvat nie -
eerder die teenoorgestelde. Jan Alleman sal die werk moet doen.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/=20
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5590] Re: (Fwd) Re: Re: Vir die Afrikaner - teen
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5569] Afrikaans en Nederlands
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:42:01 MGT 2024