Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » dis biek antie, dis biek!
dis biek antie, dis biek! [boodskap #52593] Di, 30 Oktober 2001 19:03 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie,

jinne so baie dinge het gebeer lat ek skoon vergeet het om te skryf.

antie sal my nie glo nie ma' antie sal bly wees om te hoor lat my pa
genees is van rakbie. hy sit nou heel dag net en syp en biek bradder
kyk antie. selfs toe die jille wêreld sit en kyk hoe ou bin ladin
jammerika platvlieg kyk hy biek bradder. hyt net gesê ou el goormaag
is seker bly lat hy nie genoeg preknint tjêds getel het om vir jorsie
boes te wen nie antie.

hy laaik dit so baie om te sit en kyk hoe syp en vloek ou vêrdie saam
met die kaalgat mysies in die jakoesie lat hy nou self 'n jakoesie wil
koop. my ma sê hy dink seker die kaalgat mysies gaan yt die lug yt val
om saam met hom innie jakoesie te sit. en my ma het hoeka nie gelaaik
van daai janien wat komkommers vreet lat die sop spat nie. my pa sê
nou lat sy yt die hys ytgegooi is hoop hy sy kry 'n vleisiggeitjie in
haar lyf want niemand kan van komkommers alleen leef nie.

oom hansie vannie pênnelbieters sê jammerika moet afganniestan plat
maak. my pa sê dresden en hieroesjiema en naghasakie is nie in
afganniestan nie. oom hansie sê my pa moenie dink hys stoepid nie
enige aap weet dit. jys nie sê my pa want in afganniestan is daar niks
om plat te maak nie. hy sê dit smaak hom die jammerikaners weet dit
nie en het vergeet van weetnam en soemalije.

ek vra vi my pa of hy weet wat innie kaap aangaan. ja sê hy hy hoor
ook ma' oppie draadloos laat oom martiens en oom tounie stry gekry het
oor oom pietertjie marê en nou vry die aa-en-see na die en-en-pee. hy
sê die oom vannie koerant gaan die blouaapstype kry as die leeu ennie
lam langs mekaar kom lê want die bybel sê dissie ynde vannie wêreld.

ek sê ek kan sien die drank en biek bradder het my pa se bryn opgeneek
want innie kaap het die wiepie die karriebeker gewen. ek dink my pa
skiem breitentjie skryf resitasies.

koebaai antie (moenie komkommers vreet innie jakoesie nie)

hennerietjie
Re: dis biek antie, dis biek! [boodskap #52600 is 'n antwoord op boodskap #52593] Di, 30 Oktober 2001 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> jinne so baie dinge het gebeer lat ek skoon vergeet het om te skryf.
>
> ou el goormaag
> is seker bly lat hy nie genoeg preknint tjêds getel het om vir jorsie
> boes te wen nie antie.
>

Hennerietjie, ek is so bly jy is terug. Tannie
het net begin dink dat jy ook in NY was op die
elfde September. Ja, tannie het ook eerste aan
Al Gore gedink toe die ding gebeur. Iemand het
eendag vertel dat Al Gore gesê het dat daar seker
'n rede is dat hy nie President geword het omdat
daar 'n klomp ou Joodse Demokrate in Florida nie
die stembriefies reg kon invul nie, en dat hy eendag
die rede daarvoor sou sien. Nou weet hy seker. Die
maatskappy wat die oortelling van die stemme in
Florida behartig het, het mos nou onlangs verklaar
dat hulle die finale telling het, maar omdat dit net
na September 11 was, het hulle besluit om dit
nie bekend te maak nie. Dit wys vir tannie duidelik
dat Al Gore toe uiteindelik gewen het.

Tannie Gloudina
Re: dis biek antie, dis biek! [boodskap #52601 is 'n antwoord op boodskap #52593] Di, 30 Oktober 2001 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> enige aap weet dit. jys nie sê my pa want in afganniestan is daar niks
> om plat te maak nie. hy sê dit smaak hom die jammerikaners weet dit
> nie en het vergeet van weetnam en soemalije.
>

Sê vir jou pa daar is berge in Afghanistan om plat te
maak. Plenty van hulle. Ek hoor hulle begin al sommige
van hulle bom. Hulle skiet die bomme in die spelonke
in. Nou tannie is bietjie bekommerd hieroor. Sê nou hulle
maak die hele boel berge daar bokant Indië en Pakistan
onstabiel en sommige van hulle tuimel.
Om weer na Al Gore terug te kom, Hennerietjie. Die
man maak my senuweeagtig. Hy het mos nou onlangs
'n baard begin kweek. Sedertdien het ons nog nie weer vir hom
op die TV gesien nie. Wonder of hy nou mujahadeen geword
het en teen George Bush in Afghanistan veg. Dit sou nou
die finale wraak gewees het vir wat in Florida gebeur het.
Wonder of dit hy is wat die anthrax brief daar in Florida
gepos het en toe verdere sterkere doepa daar na die
Capitol en die Supreme Court gestuur het. Dit maak Tannie
se hare op haar kop regop staan as Tannie dink dat die
vrou van die advokaat wat vir George Bush in die Supreme
Court laat wen het, in die vliegtuig was wat in die Pentagon
vasgevlieg het.
Hoekom hoor of sien mens niks van Al Gore nie?

Tannie Gloudina
Re: dis biek antie, dis biek! [boodskap #52602 is 'n antwoord op boodskap #52593] Di, 30 Oktober 2001 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> die oom vannie koerant gaan die blouaapstype kry as die leeu ennie
> lam langs mekaar kom lê want die bybel sê dissie ynde vannie wêreld.
>

En wat sê Nostradamus daarvan?

Tannie Gloudina
Re: dis biek antie, dis biek! [boodskap #52604 is 'n antwoord op boodskap #52593] Di, 30 Oktober 2001 21:30 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> innie kaap het die wiepie die karriebeker gewen. ek dink my pa
> skiem breitentjie skryf resitasies.

Ja, die oom hier het ook vir die streeptruie geskree. Hysit mos die ding
op die rekenaar en lees. (Hopelik sien
hy dit Sondag op die TV. Ons is maar bietjie agterlik
hier in Kanada.) Dit slaan nog altyd vir tannie dronk dat
mens nou rugby kan sit en lees op 'n rekenaar en nog
altyd opgewonde raak. Hy sê Braam van Straaten het
so mooi gebreek en die bal vir Breyten gegee om te
gaan druk. Nou weet tannie nie mooi hoe Breyten
dit regkry nie. Tannie sit sy versies op die nuusgroep
en hy praat net altyd van angeliere en kwikkies en hoe
mooi sy vrou is en so aan. Wat weet hy nou van
rugby?

Tannie Gloudina

>
Vorige onderwerp: Re: Nigerian Letters
Volgende onderwerp: NewsLink (coming soon)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 04:05:01 MGT 2024