Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ferdi - ons wag
Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51355 is 'n antwoord op boodskap #51102] Wo, 10 Oktober 2001 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, oppas dat jy nie afgesaag raak nie... Annette, vra tog verskoning,
en laat hierdie storie ook 'n end kry.
______________________________________________________

> Annette wrote:
>
>>> Wat is jou beginsels, Annette?
>
>> Baie eenvoudig - om alles - mens, dier, eiendom, geloof en plant - met
>> respek te behandel - en om mense so beskaafd moontlik tereg te wys as ek nie
>> met hulle siening kan saamstem nie.
>
> Ha, ha, ha, he, he, he.
>
> Die mense van Swellendam. Veral die
> Hospitaalraad van Swellendam.
>
>>
>
Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51382 is 'n antwoord op boodskap #51102] Wo, 10 Oktober 2001 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Gloudina, oppas dat jy nie afgesaag raak nie... Annette, vra tog verskoning,
> en laat hierdie storie ook 'n end kry.

Gie, gie, gie.

Die mense van Swellendam en Amstelveen.
Vuil wasgoed [boodskap #51389 is 'n antwoord op boodskap #51291] Wo, 10 Oktober 2001 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Oct 2001 09:02:21 +0200, "Annette" wrote:

> Dit is hoeka vandag weer 'n slag warm hier in die Kaap sodat ek kan wasgoed
> uithang;))

Solank dit skoon is, Annette!! :-))
Terloops, ons het al in state/counties gewoon waar dit heeltemal
onwettig is om wasgoed buite te hang of vertoon. Nie dat dit ooit 'n
probleem vir my was nie, want ek was nog nooit die ophangerige soort
nie - makliker om vanaf wasmasjien direk in tuimeldroër te prop. :-)
Wurms [boodskap #51390 is 'n antwoord op boodskap #51292] Wo, 10 Oktober 2001 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Oct 2001 09:03:56 +0200, "Annette" wrote:

> Danielle - ek weet vir 'n feit wurms word nog gebruik om vis mee te vang -
> dus handig:))))

Jy's natuurlik reg!! :-) Maar mens sal maar klein vissies vang met
die spesifieke wurm. Ek dink selfs visse het 'n sekere mate van
trots? :-)))
Ons het 'n vriend gehad wat so lief was vir gedroogde mopanie wurms.
Ek gril my siek. Eeeuw...hy het dit ge-eet soos Simba skyfies - crunch
crunch...:-)
Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51393 is 'n antwoord op boodskap #51318] Wo, 10 Oktober 2001 21:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Oct 2001 13:04:46 +0200, Davie Davis wrote:

>
>> ...................., en het besluit van dag een dat jy niks van my hou nie.
>
> Dìt, Danielle, maak jou nìks anders as die res van ons groep behalwe
> Ferdi nie :-)

Dan beskou ek dit as 'n kompliment, DD! :-)
Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51394 is 'n antwoord op boodskap #51319] Wo, 10 Oktober 2001 21:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Oct 2001 13:06:39 +0200, Davie Davis wrote:

> Beteken dit dus dat jy wel jou nommer vir
> haar gegee het, Hmmm Ferdi?

Natuurlik nie. Speletjies probeer speel, ja.
Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51399 is 'n antwoord op boodskap #51302] Wo, 10 Oktober 2001 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Oct 2001 19:23:10 +1000, "me & bobby magee" wrote:

>> genoem HIER in die openbaar. Ek wou graag sien of hy die integriteit
>> gehad het om my privaat te kontak.
>
> Ag, nee wat Danielle! Jy weet mos die eintlike rede waarom sy nie wil hê
> mense moet privaat met mekaar in aanraking kom nie? Sy's vreeslik bang sy
> mis iets, en dan kan sy mos nie haar stuiwer ingooi nie! Jy weet mos,
> dieselfde stuiwer wat sy al die afgelope jare vandat die ng eers begin het,
> ingooi. Plein jaloesie, Kinta! Wil nie uitgelaat wees nie. Sheim.

Noudat jy dit noem, kan ek dit insien en maak dit nogal baie sin. Ek
vermoed jy is reg. Interessant genoeg projekteer hulle nogal vreeslik
baie van hulleself en hulle eie gevoelens/vrese met hierdie
aanhoudende persoonlike aanvalle. Jy moet darem erken dat dit alles
baie komies is? :-))
Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51404 is 'n antwoord op boodskap #51292] Wo, 10 Oktober 2001 21:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Aikona, nie met daai soort wurm nie.

Pop

Annette skryf in boodskap news:9q0sgc$koidl$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Danielle - ek weet vir 'n feit wurms word nog gebruik om vis mee te vang -
> dus handig:))))
> Annette
>
>
> .com> skryf in boodskap news:utg7stog8uvmk0n17lv19dn8uvs9veafcd@4ax.com...
>> On Tue, 09 Oct 2001 14:45:14 GMT,
>> ferdeina...@iconNOSPAN.coNOSPAM.za (Ferdi Greyling) wrote:
>>
>>
>>>> Ag ou Ferdi, een van die dinge wat bygedra het daartoe
>>>> was toe jy nie die guts gehad het om Danielle te skakel
>>>> of selfs jou nommer vir haar te gee toe sy dit vra nie.
>>>
>>> Leun Davie, leun.
>>> Jy lieg.
>>
>> Waarom lieg Davie? NATUURLIK het jy nie die guts gehad nie!!!! Jy is
>> nogsteeds 'n wurm, FerdiEEE!
>> En moenie eers probeer antwoord nie, ek mors nie my tyd met wurms nie.
>>
>
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51424 is 'n antwoord op boodskap #51389] Do, 11 Oktober 2001 08:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
'n Tuimeldroër is 'n onding. Veral in plekke soos Gauteng ens waar die son
daagliks skyn!
____________________________________________________
"Danielle"
> probleem vir my was nie, want ek was nog nooit die ophangerige soort
> nie - makliker om vanaf wasmasjien direk in tuimeldroër te prop. :-)
>
Smit-moorde [boodskap #51425 is 'n antwoord op boodskap #51222] Do, 11 Oktober 2001 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"me & bobby magee"
: Ek self stel baie belang in die saak, en sal wil sien dat dit
opgelos word
: Daardie twee moorde bly my nog al die jare by - iemand, iewers,
moet mos
: weet, en hoekom vertel hulle nie maar nou die hele storie nie?
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Lees dié dokument wat in boekvorm gedruk is, genaamd
"VOLKSVERRAAD" (April 1996) geskryf deur Advokaat PJ Pretorius
(Gewese lid van Nasionale Intelligensie) bladsye 227 -229
--
------------------------------------------------------------ -----
Young men think old men are fools; but old men know young men are
fools.
�CHAPMAN
------------------------------------------------------------ -----
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51496 is 'n antwoord op boodskap #51424] Do, 11 Oktober 2001 23:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Oct 2001 10:32:10 +0200, "Max" wrote:

> 'n Tuimeldroër is 'n onding. Veral in plekke soos Gauteng ens waar die son
> daagliks skyn!

Jammer - ek is oor die algemeen redelik "groen". Maar wanneer dit by
gemak en gerief kom, is ek baie "Amerikaans". Buitendien, klere wat
buite opgehang was is so styf! Gladnie lekker nie. Om nie eens te
praat van daai "ore" wat die wasgoedpennetjies veroorsaak nie. :-)
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51517 is 'n antwoord op boodskap #51496] Vr, 12 Oktober 2001 07:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee maar hoe't jy dan geleer om wasgoed op te hang?

Ma was sommer kwaai met ons oor die regte manier van wasgoed ophang. En
wasgoed wat in die son droog geword ruik sommer so lekker na son...

Thys oppie Bos

"Danielle" skryf in boodskap news:2o9cstsgcv0eeebtehc2pd8bdisab51d3q@4ax.com...
> On Thu, 11 Oct 2001 10:32:10 +0200, "Max" wrote:
>
>> 'n Tuimeldroër is 'n onding. Veral in plekke soos Gauteng ens waar die son
>> daagliks skyn!
>
> Jammer - ek is oor die algemeen redelik "groen". Maar wanneer dit by
> gemak en gerief kom, is ek baie "Amerikaans". Buitendien, klere wat
> buite opgehang was is so styf! Gladnie lekker nie. Om nie eens te
> praat van daai "ore" wat die wasgoedpennetjies veroorsaak nie. :-)
>
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51521 is 'n antwoord op boodskap #51517] Vr, 12 Oktober 2001 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Oct 2001 09:04:50 +0200, "Thys de Wet" wrote:

> wasgoed wat in die son droog geword ruik sommer so lekker na son...
>

Hoe ruik die son Thys?
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51547 is 'n antwoord op boodskap #51521] Vr, 12 Oktober 2001 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gaan hang jou wasgoed op in die son, en as dit droog is, ruik dan hoe lekker
vars en "na son" dit ruik...

Thys innie son oppie Bos

"Davie Davis" skryf in boodskap news:fb9dstgpdbd4ucjj198dtjfiug4q839ou8@4ax.com...
> On Fri, 12 Oct 2001 09:04:50 +0200, "Thys de Wet"
> wrote:
>
>
>> wasgoed wat in die son droog geword ruik sommer so lekker na son...
>>
>
> Hoe ruik die son Thys?
>
Re: Smit-moorde [boodskap #51590 is 'n antwoord op boodskap #51425] Sa, 13 Oktober 2001 04:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:9q7fcs$fjl$4@ctb-nnrp1.saix.net...
> Lees dié dokument wat in boekvorm gedruk is, genaamd
> "VOLKSVERRAAD" (April 1996) geskryf deur Advokaat PJ Pretorius
> (Gewese lid van Nasionale Intelligensie) bladsye 227 -229
> --
Waar kan ek dit in die hande kry? Is dit miskien iewers op die Internet?
Ek dink nie ek sal dit hier in Australië kan kry nie...
Dankie vir die inligting - ek hoop jy kan my sê waar ek dit kan lees.
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51598 is 'n antwoord op boodskap #51389] Sa, 13 Oktober 2001 05:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Niks kan naby die lekkerruik van wasgoed kom wat in die son gehang het nie.
Voordat ek met vakansie oorsee gaan, hang ek al die klere wat ek wil inpak
eers in die son uit, sodat ek die son kan ruik daar in die koue.
My tas is dan my wondersak - ek maak dit oop en ruik die son:)))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:dec9stsfjmp7tsu6hhsv3pc59oi3dfc0s7@4ax.com...
> On Wed, 10 Oct 2001 09:02:21 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Dit is hoeka vandag weer 'n slag warm hier in die Kaap sodat ek kan wasgoed
>> uithang;))
>
> Solank dit skoon is, Annette!! :-))
> Terloops, ons het al in state/counties gewoon waar dit heeltemal
> onwettig is om wasgoed buite te hang of vertoon. Nie dat dit ooit 'n
> probleem vir my was nie, want ek was nog nooit die ophangerige soort
> nie - makliker om vanaf wasmasjien direk in tuimeldroër te prop. :-)
>
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51599 is 'n antwoord op boodskap #51517] Sa, 13 Oktober 2001 05:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ah Thys!! Jy weet dan in albei gevalle:)))
Miskien moet Danielle kom kuier sodat ons haar kan leer om wasgoed behoorlik
uit te spoel en reg op te hang:))
Annette

Thys de Wet skryf in boodskap news:9q64mn$2gpu$1@news.adamastor.ac.za...
> Nee maar hoe't jy dan geleer om wasgoed op te hang?
>
> Ma was sommer kwaai met ons oor die regte manier van wasgoed ophang. En
> wasgoed wat in die son droog geword ruik sommer so lekker na son...
>
> Thys oppie Bos
> "Danielle" wrote in message
> news:2o9cstsgcv0eeebtehc2pd8bdisab51d3q@4ax.com...
>> On Thu, 11 Oct 2001 10:32:10 +0200, "Max" wrote:
>>
>>> 'n Tuimeldroër is 'n onding. Veral in plekke soos Gauteng ens waar die
> son
>>> daagliks skyn!
>>
>> Jammer - ek is oor die algemeen redelik "groen". Maar wanneer dit by
>> gemak en gerief kom, is ek baie "Amerikaans". Buitendien, klere wat
>> buite opgehang was is so styf! Gladnie lekker nie. Om nie eens te
>> praat van daai "ore" wat die wasgoedpennetjies veroorsaak nie. :-)
>>
>
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51600 is 'n antwoord op boodskap #51521] Sa, 13 Oktober 2001 05:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mmmmmm - dus weet net ons hier in die Kaap hoe die son ruik?
Ek sien 'n nuwe toeriste-aantreklikheid:)))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:fb9dstgpdbd4ucjj198dtjfiug4q839ou8@4ax.com...
> On Fri, 12 Oct 2001 09:04:50 +0200, "Thys de Wet"
> wrote:
>
>
>> wasgoed wat in die son droog geword ruik sommer so lekker na son...
>>
>
> Hoe ruik die son Thys?
>
Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51601 is 'n antwoord op boodskap #51399] Sa, 13 Oktober 2001 05:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ah!!! Sien? Ek het jou mos gesê dit is vreeslik snaaks om hierdie ng te
lees:)))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:lhe9stgphqp8t9mlmq0gbdort1oilje3vn@4ax.com...
> On Wed, 10 Oct 2001 19:23:10 +1000, "me & bobby magee"
> wrote:
>
>>> genoem HIER in die openbaar. Ek wou graag sien of hy die integriteit
>>> gehad het om my privaat te kontak.
>>
>> Ag, nee wat Danielle! Jy weet mos die eintlike rede waarom sy nie wil hê
>> mense moet privaat met mekaar in aanraking kom nie? Sy's vreeslik bang sy
>> mis iets, en dan kan sy mos nie haar stuiwer ingooi nie! Jy weet mos,
>> dieselfde stuiwer wat sy al die afgelope jare vandat die ng eers begin het,
>> ingooi. Plein jaloesie, Kinta! Wil nie uitgelaat wees nie. Sheim.
>
> Noudat jy dit noem, kan ek dit insien en maak dit nogal baie sin. Ek
> vermoed jy is reg. Interessant genoeg projekteer hulle nogal vreeslik
> baie van hulleself en hulle eie gevoelens/vrese met hierdie
> aanhoudende persoonlike aanvalle. Jy moet darem erken dat dit alles
> baie komies is? :-))
>
Re: Wurms [boodskap #51603 is 'n antwoord op boodskap #51390] Sa, 13 Oktober 2001 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Solank iets wat kraak in sjokolade gedoop is, sal ek dit eet:)))
Annette

+0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Danielle - ek weet vir 'n feit wurms word nog gebruik om vis mee te vang -
>> dus handig:))))
>
> Jy's natuurlik reg!! :-) Maar mens sal maar klein vissies vang met
> die spesifieke wurm. Ek dink selfs visse het 'n sekere mate van
> trots? :-)))
> Ons het 'n vriend gehad wat so lief was vir gedroogde mopanie wurms.
> Ek gril my siek. Eeeuw...hy het dit ge-eet soos Simba skyfies - crunch
> crunch...:-)
>
Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51604 is 'n antwoord op boodskap #51404] Sa, 13 Oktober 2001 05:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))))) Wat bedoel jy Pop? ( onskuldig) - ek weet van baie jong vissies wat
van harige ou wurms hou:)))
Annette

pop skryf in boodskap news:9q2ekd$h1o$1@slb0.atl.mindspring.net...
> Aikona, nie met daai soort wurm nie.
>
> Pop
>
>
> Annette wrote in message
> news:9q0sgc$koidl$4@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Danielle - ek weet vir 'n feit wurms word nog gebruik om vis mee te vang -
>> dus handig:))))
>> Annette
>>
>>
>> .com> wrote in message
news:utg7stog8uvmk0n17lv19dn8uvs9veafcd@4ax.com...
>>> On Tue, 09 Oct 2001 14:45:14 GMT,
>>> ferdeina...@iconNOSPAN.coNOSPAM.za (Ferdi Greyling) wrote:
>>>
>>>
>>>> >Ag ou Ferdi, een van die dinge wat bygedra het daartoe
>>>> >was toe jy nie die guts gehad het om Danielle te skakel
>>>> >of selfs jou nommer vir haar te gee toe sy dit vra nie.
>>>>
>>>> Leun Davie, leun.
>>>> Jy lieg.
>>>
>>> Waarom lieg Davie? NATUURLIK het jy nie die guts gehad nie!!!! Jy is
>>> nogsteeds 'n wurm, FerdiEEE!
>>> En moenie eers probeer antwoord nie, ek mors nie my tyd met wurms nie.
>>>
>>
>
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51615 is 'n antwoord op boodskap #51600] Sa, 13 Oktober 2001 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Oct 2001 07:32:48 +0200, "Annette" wrote:

> Mmmmmm - dus weet net ons hier in die Kaap hoe die son ruik?
> Ek sien 'n nuwe toeriste-aantreklikheid:)))

Nee wat - ek dink julle ruik stof. As mens goed buite ophang,
dan word dit tog net vol stof, of hoe? :-)
Ek verkies maar my vars en Downy-sagte klere wat lekker ruik en nooit
gestryk hoef te word nie. :-)
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51616 is 'n antwoord op boodskap #51599] Sa, 13 Oktober 2001 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Oct 2001 07:31:27 +0200, "Annette" wrote:

> Miskien moet Danielle kom kuier sodat ons haar kan leer om wasgoed behoorlik
> uit te spoel en reg op te hang:))

Ek soek eerder iemand wat my kan leer stryk. :-)
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51617 is 'n antwoord op boodskap #51517] Sa, 13 Oktober 2001 10:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Oct 2001 09:04:50 +0200, "Thys de Wet" wrote:

> Nee maar hoe't jy dan geleer om wasgoed op te hang?

Niemand het my ooit geleer nie. :-(

:-)
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51630 is 'n antwoord op boodskap #51615] Sa, 13 Oktober 2001 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Danielle, kom kuier dadelik!! Jy begin goed te vergeet, en jou dinge te
verbeel!
Wie het nou hier van stryk gepraat?:)))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:fl4gstg2333c9iutqbfvufri701nghthr3@4ax.com...
> On Sat, 13 Oct 2001 07:32:48 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Mmmmmm - dus weet net ons hier in die Kaap hoe die son ruik?
>> Ek sien 'n nuwe toeriste-aantreklikheid:)))
>
> Nee wat - ek dink julle ruik stof. As mens goed buite ophang,
> dan word dit tog net vol stof, of hoe? :-)
> Ek verkies maar my vars en Downy-sagte klere wat lekker ruik en nooit
> gestryk hoef te word nie. :-)
>
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51631 is 'n antwoord op boodskap #51616] Sa, 13 Oktober 2001 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ah!!!!! Slegte nuus vir jou ou dier - dis 'n aangebore gawe:)))
Sommige mense is strykers, ander nie:))
Annette

@4ax.com...
> On Sat, 13 Oct 2001 07:31:27 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Miskien moet Danielle kom kuier sodat ons haar kan leer om wasgoed behoorlik
>> uit te spoel en reg op te hang:))
>
> Ek soek eerder iemand wat my kan leer stryk. :-)
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51632 is 'n antwoord op boodskap #51617] Sa, 13 Oktober 2001 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag, my liewe mens - soooooo jammer om dit te hoor.
Dit is wonderlike oefening:))))
Ek is 'n voorslag ophanger, en sal jou in 'n japtrap kan leer:)))
Vertel ons eers - hoe lyk die wasgoedpennetjies daar in die VSA?
Ek kyk in die flieks - en die goed wat hulle gebruik lyk na gemors:))
Annette

@4ax.com...
> On Fri, 12 Oct 2001 09:04:50 +0200, "Thys de Wet"
> wrote:
>
>> Nee maar hoe't jy dan geleer om wasgoed op te hang?
>
> Niemand het my ooit geleer nie. :-(
>
> :-)
>
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51642 is 'n antwoord op boodskap #51630] Sa, 13 Oktober 2001 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Oct 2001 20:21:36 +0200, "Annette" wrote:

> Danielle, kom kuier dadelik!! Jy begin goed te vergeet, en jou dinge te
> verbeel!
> Wie het nou hier van stryk gepraat?:)))

Ek dink jy is reg. Ek sal myself in 'n hoekie sit, en repent!
:-)
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51672 is 'n antwoord op boodskap #51632] So, 14 Oktober 2001 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Oct 2001 20:25:52 +0200, "Annette" wrote:

> Ag, my liewe mens - soooooo jammer om dit te hoor.

Jaaaaa sus...:-))

> Dit is wonderlike oefening:))))

Dink jy dit is die rede waarom Amerikaners vet word? Omdat ons nie
meer wasgoed ophang nie? :-)))
Maar Annette, ek kan aan baie beter en lekkerder en selfs
interessanter maniere dink om fiks te bly!

> Ek is 'n voorslag ophanger, en sal jou in 'n japtrap kan leer:)))

Hang jy alles op om droog te word?

> Vertel ons eers - hoe lyk die wasgoedpennetjies daar in die VSA?

Yikes, miskien sal Pop weet. Ek het geen idee nie. Jammer. :-)

> Ek kyk in die flieks - en die goed wat hulle gebruik lyk na gemors:))

LOL!!
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51673 is 'n antwoord op boodskap #51631] So, 14 Oktober 2001 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Oct 2001 20:23:18 +0200, "Annette" wrote:

> Ah!!!!! Slegte nuus vir jou ou dier - dis 'n aangebore gawe:)))
> Sommige mense is strykers, ander nie:))

Ek het dit nog altyd vermoed. Seker daarom dat ek
nog nooit die viool kon baasraak ook nie? :-)
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51683 is 'n antwoord op boodskap #51672] So, 14 Oktober 2001 23:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hang ek alles op om draag te word? Ek kan nie aan iets dink wat ek nie
ophang nie:)))
Bokkoms is mos opgehangde vis:)))
Biltong is opgehangde vleis:))
Oeps!! Wag - vrugte moet mos in die son lê om droog te word - die hangery
sal bietjie baie lank vat:)))
Annette

>
>> Ag, my liewe mens - soooooo jammer om dit te hoor.
>
> Jaaaaa sus...:-))
>
>> Dit is wonderlike oefening:))))
>
> Dink jy dit is die rede waarom Amerikaners vet word? Omdat ons nie
> meer wasgoed ophang nie? :-)))
> Maar Annette, ek kan aan baie beter en lekkerder en selfs
> interessanter maniere dink om fiks te bly!
>
>> Ek is 'n voorslag ophanger, en sal jou in 'n japtrap kan leer:)))
>
> Hang jy alles op om droog te word?
>
>> Vertel ons eers - hoe lyk die wasgoedpennetjies daar in die VSA?
>
> Yikes, miskien sal Pop weet. Ek het geen idee nie. Jammer. :-)
>
>> Ek kyk in die flieks - en die goed wat hulle gebruik lyk na gemors:))
>
> LOL!!
>
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51685 is 'n antwoord op boodskap #51389] Ma, 15 Oktober 2001 00:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Oeps!! Wag - vrugte moet mos in die son lê om droog te word - die hangery
> sal bietjie baie lank vat:)))

Nee, eintlik is dit nie so in die geval van rosyntjies- maak
van druiwe nie. As jy dit in die son laat lê, op houtstellasies,
dan neem dit baie langer om droog te word as wanneer jy
dit op draadrakke hang om droog te word, gewoonlik nadat
jy dit gedoop het in 'n hittige mengsel van loog, olyfolie en
"caustic soda." (As gevolg van laasgenoemde onheilige mengsel
het my ma altyd vir my pa 'n paar sakke songedroogde rosyntjies,
wat op stellasies drooggeword het, vir huisgebruik laat maak. Sy
wou nie hê dat ons die goud-geel sultanas eet wat ons aan die
res van die wêreld verkoop het nie. Ek het een of tweekeer die
verskil vir mense in health food stores probeer verduidelik hier,
maar hulle kyk my net ongelowig aan.)

Gloudina
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51689 is 'n antwoord op boodskap #51600] Ma, 15 Oktober 2001 06:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Mmmmmm - dus weet net ons hier in die Kaap hoe die son ruik?
> Ek sien 'n nuwe toeriste-aantreklikheid:)))
> Annette

Miskien kan jy dit bottel? Dink net aan die uitvoermoontlikhede na
koue-gat plekke soos kanada!
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51723 is 'n antwoord op boodskap #51389] Ma, 15 Oktober 2001 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is die rosyntjies net so aan die trosse opgehang Gloudina?
Die arme korrels - daar hang hulle lekker in die boord, en dan word hulle
gepluk, gedoop, en op 'n ander plek gehang waar hulle oud en verrimpeld
raak?
Hoe lank vat dit om droog genoeg te word?
Annette

skryf in boodskap news:3BCA3449.88F28C69@home.com...
Annette wrote:

> Oeps!! Wag - vrugte moet mos in die son lê om droog te word - die hangery
> sal bietjie baie lank vat:)))

Nee, eintlik is dit nie so in die geval van rosyntjies- maak
van druiwe nie. As jy dit in die son laat lê, op houtstellasies,
dan neem dit baie langer om droog te word as wanneer jy
dit op draadrakke hang om droog te word, gewoonlik nadat
jy dit gedoop het in 'n hittige mengsel van loog, olyfolie en
"caustic soda." (As gevolg van laasgenoemde onheilige mengsel
het my ma altyd vir my pa 'n paar sakke songedroogde rosyntjies,
wat op stellasies drooggeword het, vir huisgebruik laat maak. Sy
wou nie hê dat ons die goud-geel sultanas eet wat ons aan die
res van die wêreld verkoop het nie. Ek het een of tweekeer die
verskil vir mense in health food stores probeer verduidelik hier,
maar hulle kyk my net ongelowig aan.)

Gloudina
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51749 is 'n antwoord op boodskap #51689] Di, 16 Oktober 2001 04:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Lou - miskien moet ek dit liewer blik - netnou dink die mense daar is
niks in die bottel nie;))
Annette

.zzn.com...
>
>
> Annette wrote:
>>
>> Mmmmmm - dus weet net ons hier in die Kaap hoe die son ruik?
>> Ek sien 'n nuwe toeriste-aantreklikheid:)))
>> Annette
>
> Miskien kan jy dit bottel? Dink net aan die uitvoermoontlikhede na
> koue-gat plekke soos kanada!
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51789 is 'n antwoord op boodskap #51547] Di, 16 Oktober 2001 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dit is goed om jou wasgoed in die son te laat hang. Die UV strale ontsmet
die wasgoed en haal kieme en goed uit wat waspoeier nie kan uithaal nie.
Dit breek ook baie van die neweprodukte van waspoeier af. Dis o.a. hoekom
goed growwer voel as hulle in die son gehang het - die neweprodukte breek na
'n soort poeier af.

Verder het die waspoeiermense ook al begin om stowwe in hul poeiers te sit
wat fluoriseer wanneer dit aan UV strale blootgestel word. Die effek
daarvan is - heel slim - dat die wasgoed skoner lyk as dit in die son hang
("whites are whiter, colours brighter" om 'n bekende vervaardiger te
parafraseer) Dis ook hoe die outydse blousel gewerk het. 'n Variasie
hierop is dat hulle 'n baie effense blou kleurstof in die waspoeier sit wat
natuurlik meer die blou en pers dee van die sonspektrum reflekteer, en dit
laat ook jou wasgoed skoner lyk. Veral witgoed. Nou moet ek darem ook sê
dat dit nie vir my lyk of daar soveel van die goed in is dat dit jou wasgoed
permanent kleur nie.

Die nadeel van in die son hang (in sekere wêrelddele) is dat daar 'n sekere
vliegie is wat sy eiers op die klam wasgoed lê, hulle broei uit as jy dit
aantrek en dan boor die larwes in jou vel in. Eeuwg!

Dries

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9q6n8b$19u$1@news.adamastor.ac.za...
> Gaan hang jou wasgoed op in die son, en as dit droog is, ruik dan hoe lekker
> vars en "na son" dit ruik...
>
> Thys innie son oppie Bos
> "Davie Davis" wrote in message
> news:fb9dstgpdbd4ucjj198dtjfiug4q839ou8@4ax.com...
>> On Fri, 12 Oct 2001 09:04:50 +0200, "Thys de Wet"
>> wrote:
>>> wasgoed wat in die son droog geword ruik sommer so lekker na son...
>> Hoe ruik die son Thys?
Re: Smit-moorde [boodskap #51792 is 'n antwoord op boodskap #51590] Di, 16 Oktober 2001 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"me & bobby Magee"
: Dankie vir die inligting - ek hoop jy kan my sê waar ek dit kan
lees.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Liewe Me & Bobby,
Waar jy dit te lees gaan kry kan ek nie sê nie. Ek kan natuurlik
@ 'n klein fooitjie vir jou die nodige bladsye tik. Wat die klein
fooitjie aan betref, ek soek maar net een ou Palm cocketoo'tjie
:-)
--
------------------------------------------------------------ -----
Worry is simply the triumph of fear over faith
------------------------------------------------------------ -----
Re: Vuil wasgoed en goggas [boodskap #51801 is 'n antwoord op boodskap #51789] Wo, 17 Oktober 2001 04:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Oct 2001 22:30:30 +0200, "Dries Venter"
wrote:

> Die nadeel van in die son hang (in sekere wêrelddele) is dat daar 'n sekere
> vliegie is wat sy eiers op die klam wasgoed lê, hulle broei uit as jy dit
> aantrek en dan boor die larwes in jou vel in. Eeuwg!

PRESIES!!!!!! Sien Annette en Thys!! Dis wat gebeur as julle die goed
buite ophang. Julle lywe gaan vol wurms word!! Ek het mos GEWEET
daar was 'n goeie rede om die tuimeldroër altyd te gebruik!! Dankie
Dries! :-))

Terloops Dries - wat word hierdie gedierte nou weer genoem? En ek
dog al die tyd dit kom meestal net in Zim voor?
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51807 is 'n antwoord op boodskap #51789] Wo, 17 Oktober 2001 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dries Venter skryf in boodskap news:3bcc9c95.0@news1.mweb.co.za...
> Dit is goed om jou wasgoed in die son te laat hang. Die UV strale ontsmet
> die wasgoed en haal kieme en goed uit wat waspoeier nie kan uithaal nie.
> Dit breek ook baie van die neweprodukte van waspoeier af. Dis o.a. hoekom
> goed growwer voel as hulle in die son gehang het - die neweprodukte breek na
> 'n soort poeier af.
>
> Verder het die waspoeiermense ook al begin om stowwe in hul poeiers te sit
> wat fluoriseer wanneer dit aan UV strale blootgestel word. Die effek
> daarvan is - heel slim - dat die wasgoed skoner lyk as dit in die son hang
> ("whites are whiter, colours brighter" om 'n bekende vervaardiger te
> parafraseer)

Interessant. Ek het gedink dit is bloot 'n verkoopsfoefie. Ek is van
nature agterdogtig en laat my nie oortuig deur enige soetsappige advertensie
nie.

Dis ook hoe die outydse blousel gewerk het. 'n Variasie
> hierop is dat hulle 'n baie effense blou kleurstof in die waspoeier sit wat
> natuurlik meer die blou en pers dee van die sonspektrum reflekteer, en dit
> laat ook jou wasgoed skoner lyk. Veral witgoed. Nou moet ek darem ook sê
> dat dit nie vir my lyk of daar soveel van die goed in is dat dit jou wasgoed
> permanent kleur nie.

My wederhelf was so gaaf om eendag met wasgoed te help, het die 'staysoft'
vergeet en toe sommer vinnig op die klere gegooi. Fout! Van daardie dag af
het dit enige vuilheid, presies net op daardie plek laat vassit. Dis waarom
ek dit nou weinig vir my klere gebruik. Nou is al ons wit hemde en bloese
steeds wit na 'n jaar of wat. Die ander klere se kleure word ook nie dowwer
nie.

>
> Die nadeel van in die son hang (in sekere wêrelddele) is dat daar 'n sekere
> vliegie is wat sy eiers op die klam wasgoed lê, hulle broei uit as jy dit
> aantrek en dan boor die larwes in jou vel in. Eeuwg!
>
> Dries
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:9q6n8b$19u$1@news.adamastor.ac.za...
>> Gaan hang jou wasgoed op in die son, en as dit droog is, ruik dan hoe
> lekker
>> vars en "na son" dit ruik...
>>
>> Thys innie son oppie Bos
>> "Davie Davis" wrote in message
>> news:fb9dstgpdbd4ucjj198dtjfiug4q839ou8@4ax.com...
>>> On Fri, 12 Oct 2001 09:04:50 +0200, "Thys de Wet"
>>> wrote:
>>>> wasgoed wat in die son droog geword ruik sommer so lekker na son...
>>> Hoe ruik die son Thys?
>
Re: Vuil wasgoed en goggas [boodskap #51822 is 'n antwoord op boodskap #51801] Wo, 17 Oktober 2001 10:11 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daai vliegie is nie hier nie!! Ek sal weet as ek geboor word;)))
En ek het nog nooit 'n geknars van die wurmpies gehoor as ek stryk nie;))
Annette

in message news:oq2qsts54urf15cnka8qdb67ss17vk3859@4ax.com...
> On Tue, 16 Oct 2001 22:30:30 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
>
>> Die nadeel van in die son hang (in sekere wêrelddele) is dat daar 'n sekere
>> vliegie is wat sy eiers op die klam wasgoed lê, hulle broei uit as jy dit
>> aantrek en dan boor die larwes in jou vel in. Eeuwg!
>
> PRESIES!!!!!! Sien Annette en Thys!! Dis wat gebeur as julle die goed
> buite ophang. Julle lywe gaan vol wurms word!! Ek het mos GEWEET
> daar was 'n goeie rede om die tuimeldroër altyd te gebruik!! Dankie
> Dries! :-))
>
> Terloops Dries - wat word hierdie gedierte nou weer genoem? En ek
> dog al die tyd dit kom meestal net in Zim voor?
Vorige onderwerp: Die (holruggeryde) oorlog.
Volgende onderwerp: Re: Iemand ook dit gekry? Ja van Annette!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 18:34:43 MGT 2024