Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Grappies
Grappies [boodskap #51450] Do, 11 Oktober 2001 12:14
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die twee oues gaan sit in die restaurant en bestel 'n hamburger, en hulle
wil asseblief twee borde hê.

Die man wat by die tafel langs hulle sit leun oor, en vra of hulle probleme
het, hy sal hulle help as hulle nie genoeg geld het vir die tweede burger
nie.
"Nee wat nefie" seg die omie, "Ons twee is maar so: Ons deel als"

Toe die burger kom, sny die oom die burger middeltwee, sit een helfte op die
ander leë bord, tel die slaptjips mooi agt vir die een en agt vir die ander.

Op sy gemak begin die oom intussen te eet aan sy halwe burger en tjips. Die
tante sit maar so en kyk vir die oom.

Weer leun ons vriend oor en vra vir die tante of hy nie kan help met iets
nie.
"Nee dankie wat" seg sy. "Ons deel mos als, ek wag net vir die tande"

Thys oppie Bos
Vorige onderwerp: Grappie #7(?) Mans ... net vir Anti en en haar vrind Ferdi
Volgende onderwerp: Grappie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 03:18:25 MGT 2024