Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dag Een
Dag Een [boodskap #51351] Wo, 10 Oktober 2001 14:53 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Danielle wrote:

> En jy is net
> plein moeilik, en het besluit van dag een dat jy niks van my hou nie.
>

You flatter yourself. Dis nie 'n kwessie of ek van jou "hou" ofnie hou
nie. Ek ken jou nie. Maar jou kuberpersoonlikheid
op hierdie nuusgroep ken ek wel. Jy kan maar teruggaan en
sien hoe van dag een af jy beledigende dinge oor my gesê
het. Merk op dat ek alleen antwoorde gee wanneer ek spesifiek
aangeval word. Jou kuberpersoonlikheid weerspieël ook iemand
wat desperaat by sekere mense probeer "inkruip" ( soos ons daar
in die Noordkaap gesê het) . Hoekom is jy so aggressief wanneer
dit kom by Ferdi en my? Omdat ons immuun is teen jou pogings om
in te kruip (en dan te kontrolleer.) Die twee dinge gaan altyd saam.

Gloudina

>
Re: Dag Een [boodskap #51407 is 'n antwoord op boodskap #51351] Wo, 10 Oktober 2001 22:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Oct 2001 14:53:23 GMT, @home.com wrote:

> You flatter yourself. Dis nie 'n kwessie of ek van jou "hou" ofnie hou
> nie. Ek ken jou nie. Maar jou kuberpersoonlikheid
> op hierdie nuusgroep ken ek wel.

Jy is natuurlik heeltemal reg. En tensy jy die uitsondering op die
reël is, gaan meeste mense se "kuberpersoonlikhede" gewoonlik hand aan
hand met hulle werklike persoonlikhede. Ek was tot dusvêr nog nie
verkeerd nie.

> Jy kan maar teruggaan en
> sien hoe van dag een af jy beledigende dinge oor my gesê
> het.

Dit is 'n LEUEN! Noudat ek terugdink (en teruggekyk het), blyk dit
dat jy my van dag een af met iemand anders verwar het, en net
eenvoudig aangeneem het dat ek "OM" is.
Wie ookal hierdie arme siel was. Die fout wat ek begaan het, was om
myself te probeer verdedig het teen jou en Ferdi se aanhoudende
persoonlike aanvalle. Intussen het ek bietjie meer geleer en wyser
geword oor die dinamika van hierdie groep.

> Merk op dat ek alleen antwoorde gee wanneer ek spesifiek
> aangeval word.

Dit is natuurlik ook 'n leuen. Kyk maar net na die paar antwoorde van
jou kant af, vandag. Jy het my naam gebruik en sommer 'n sydelingse
klap ook uitgedeel in 'n gesprek waar ek GLADNIE betrokke was nie!

> Jou kuberpersoonlikheid weerspieël ook iemand
> wat desperaat by sekere mense probeer "inkruip" ( soos ons daar
> in die Noordkaap gesê het) . Hoekom is jy so aggressief wanneer
> dit kom by Ferdi en my? Omdat ons immuun is teen jou pogings om
> in te kruip (en dan te kontrolleer.) Die twee dinge gaan altyd saam.

Hierdie paragraaf is veral baie insiggewend. Wat jy natuurlik hier
duidelik uitbring vir almal om te sien, is dat *JY* 'n algehele
"control freak" is. Ek sien mos hoe jy mense hier manipuleer en
"speel", en nogal dit regkry ook. Jy kry dit toe nou nogal nie reg
met Wouter en Annette nie, nè?

In kort - ek is aggressief teenoor mense soos jy en Ferdi want julle
kuberpersoonlikhede verteenwoordig alles wat ek my lewe lank teen
gerebelleer het, en nogsteeds haat.
Re: Dag Een [boodskap #51602 is 'n antwoord op boodskap #51351] Sa, 13 Oktober 2001 05:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina:
Merk op dat ek alleen antwoorde gee wanneer ek spesifiek
aangeval word.

Annette - Dit is nie 'n waar stelling wat jy daar maak nie.
Toemaar, moenie warrie nie - volgende keer as jy jou eie reël oortree, sal
ek jou herhinner;)))

skryf in boodskap news:3BC46230.6D2F3A7D@home.com...
Danielle wrote:

> En jy is net
> plein moeilik, en het besluit van dag een dat jy niks van my hou nie.
>

You flatter yourself. Dis nie 'n kwessie of ek van jou "hou" ofnie hou
nie. Ek ken jou nie. Maar jou kuberpersoonlikheid
op hierdie nuusgroep ken ek wel. Jy kan maar teruggaan en
sien hoe van dag een af jy beledigende dinge oor my gesê
het. Merk op dat ek alleen antwoorde gee wanneer ek spesifiek
aangeval word. Jou kuberpersoonlikheid weerspieël ook iemand
wat desperaat by sekere mense probeer "inkruip" ( soos ons daar
in die Noordkaap gesê het) . Hoekom is jy so aggressief wanneer
dit kom by Ferdi en my? Omdat ons immuun is teen jou pogings om
in te kruip (en dan te kontrolleer.) Die twee dinge gaan altyd saam.

Gloudina

>
Re: Dag Een [boodskap #51625 is 'n antwoord op boodskap #51602] Sa, 13 Oktober 2001 11:34 Na vorige boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina:
> Merk op dat ek alleen antwoorde gee wanneer ek spesifiek
> aangeval word.

Oepsie, foutjie in die sin. Dit moet eintlik lees;

"Merk op dat ek alleen antwoorde gee wanneer hulle spesifiek aangeval word."
Vorige onderwerp: Tobie gekry! - 5000naked.jpg (0/1)
Volgende onderwerp: vogelvereniging onzevogels Bladel-Nederland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:59:10 MGT 2024