Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor die Rand
Oor die Rand [boodskap #51232] Di, 09 Oktober 2001 07:44 na volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
JP Landman - arbeidprokureur en ekonoom skryf in Beeld oor die Rand se
wisselkoers:

-------------------------

Beeld-Forum:
2 mites oor SA
JP Landman

Verlede week op Aardklop het ek die voorreg gehad om na die Sol
Plaatje-diskoers te luister. Die besprekings het gehandel oor armoede
en hoe Suid-Afrika daaraan kan ontsnap.

Baie mense het deelgeneem. Dit was stimulerend en lekker.

Dit het my opgeval hoe baie van ons (en ek sluit myself baie spesifiek
in) vashou aan standpunte wat gewoon verkeerd is, maar wat ons
verkondig vir grote waarhede. En ons hou so stewig aan hierdie
verkeerde standpunte vas dat hulle die krag van mites begin kry.

Twee van die mites staan uit: oor werketiek en die rand.

Soveel mense glo dat Suid-Afrikaners nie oor 'n werketiek beskik nie
en dat ons produktiwiteit baie laag is. Ons aanvaar swak
produktiwiteit as 'n eienskap van Suid-Afrika so diep gesetel soos
biltong en rugby.

Maar dit is nie wat die beskikbare data of blote waarneming in die
omgewing om ons ons vertel nie.

Suksesvolle sakelui vertel dat hulle nou meer besigheid doen met
minder werkers. Ons lees en hoor deurlopend van maatskappye wat mense
aflê, en tog hoër omsette behaal en groter volumes hanteer.

Meer aktiwiteite, maar minder mense. Hoe rym dit?

Daar is net een verduideliking: werkers raak meer produktief. Daar is
geen ander verklaring nie.

En hierdie seine uit die omgewing word bevestig deur Reserwebank-data.
Dié syfers toon duidelik dat produktiwiteit in Suid-Afrika van so ver
terug as die jare sestig uiters beroerd was.

Maar die syfers wys ook dat daar 'n massiewe verandering in die middel
negentigerjare begin intree het. Min of meer die tyd toe globalisering
Suid-Afrika met erns begin tref het.

Van 1995 af styg produktiwiteit jaarliks met meer as 4%. Verlede jaar
het dit met meer as 6% gestyg.

Dit is van die hoogste produktiwiteit-groeikoerse ter wêreld.

Die mite dat ons nie produktief is nie of nie 'n werketiek kan
ontwikkel nie, is bewys as presies dít - 'n mite.

Wat ook al in die verlede gebeur het, ons kweek ál beter gewoontes
aan.

'n Deel van die mite oor produktiwiteit is dat dit bloot beteken dat
werkers harder moet werk. Niks kan verder van die waarheid af wees
nie.

Die oorsaak van swak produktiwiteit is swak base. (Gebrek aan
opleiding, gebrekkige toerusting, swak toesighouding, verkeerde
vergoeding.)

'n Kleinsakeman vertel hoe hy 'n gevestigde onderneming gekoop het. Hy
het die werkers van basiese toerusting voorsien, waarsonder hulle jare
lank moes klaarkom. En hoe hul produktiwiteit gestyg het.

Swak produktiwiteit, swak base.

Die ander mite wat ons aanhang, hou verband met die rand.

Ons blameer Zimbabwe, die president se siening oor vigs,
nie-geesdriftig-genoeg-steun-nie vir die VSA . . .

En altyd die gróót rede: ons bly in 'n swak buurt. Maak nie saak wat
ons doen nie, die buurt gaan ons aftrek.

Bog.

Die rand is nie swak oor wat buite ons grense gebeur nie. Of oor wat
binne ons grense maar buite die bestek van die ekonomie gebeur nie.
Dit is oor wat in ons ekonomie self aan die gang is.

Ons het die afgelope paar jaar buitengewone vordering gemaak met
ekonomiese beleid. Die land word in baie opsigte nou beter bestuur as
in enige tyd die afgelope drie of vier dekades. En die resultate begin
oral deurkom - soos in die produktiwiteitsyfers hierbo genoem en die
uitvoer wat ons verlede maand bespreek het.

Maar daar is nog baie om te doen.

Oor die jare en om 'n verskeidenheid redes het ons 'n reuse- ongedekte
posisie in valuta opgebou.

Van 'n hoogtepunt van bykans $25 miljard is dit afgewerk na ongeveer
$8 miljard.

Vergelyk die $8 miljard met ons totale valuta van ongeveer $3,5
miljard, en dit is duidelik waarom die rand so swak is.

Die $8 miljard verteenwoordig 'n aanspraak - een of ander tyd in die
toekoms - teen die land se reserwes, waarvan ons net $3,5 miljard het.

Maar, sê iemand by Aardklop, 25 jaar lank het die rand sterker gestaan
as die Australiese dollar, maar die laaste vyf jaar val die rand teen
die Aussie-dollar.

Die spreker vergeet dat die rand verskans was deur die finansiële
rand. Gevolglik was die rand nie regtig blootgestel aan internasionale
markkragte nie. Nou ís hy, want die finrand is in 1995 afgeskaf. En
nou kan markkragte hul oordeel oor die rand uitspreek. Dit is die
dissipline van 'n oop ekonomie.

Langenhoven het gewaarsku dat 'n mens moet oppas vir die kortpaaie,
daar is 'n rede hoekom die hoofpad nie daarlangs loop nie. Daar is nie
kortpaaie in die ekonomiese opbou van Suid-Afrika nie.

Betaal ons skuld, verhoog per capita-inkomste, akkumuleer $50 miljard
se netto reserwes, aanvaar mededinging in 'n werklik vrye mark, maak
ons strate skoon - dan sal die rand wel reageer.

Met ander woorde, sit skouer aan die wiel. Vergeet die
nonsens-verskonings. En vergeet die mites waaraan ons só vas glo dat
dit ons verlam. Soos dat ons in 'n swak buurt is. Sorg maar net dat
jou eie huis skoon is.
Re: Oor die Rand [boodskap #51250 is 'n antwoord op boodskap #51232] Di, 09 Oktober 2001 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie artikel laat my onwillekeurig dink aan die storie van die bokser wat
terugkom in sy hoek tydens 'n geveg terwyl hy besig is om goed pak te kry.
Om hom moed in te praat sê sy afrigter aan hom dat hy baie goed vaar, en dat
hy net so moet aanhou. Waarop die bokser aan sy afrigter sê dat hy die
skeidsregter mooi moet dophou, want hy besef iemand is besig om hom te moer.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3bc2aaae.720902@news.is.co.za...
>
> JP Landman - arbeidprokureur en ekonoom skryf in Beeld oor die Rand se
> wisselkoers:
>
> -------------------------
>
>
> Beeld-Forum:
> 2 mites oor SA
> JP Landman
>
> Verlede week op Aardklop het ek die voorreg gehad om na die Sol
> Plaatje-diskoers te luister. Die besprekings het gehandel oor armoede
> en hoe Suid-Afrika daaraan kan ontsnap.
>
> Baie mense het deelgeneem. Dit was stimulerend en lekker.
>
> Dit het my opgeval hoe baie van ons (en ek sluit myself baie spesifiek
> in) vashou aan standpunte wat gewoon verkeerd is, maar wat ons
> verkondig vir grote waarhede. En ons hou so stewig aan hierdie
> verkeerde standpunte vas dat hulle die krag van mites begin kry.
>
> Twee van die mites staan uit: oor werketiek en die rand.
>
> Soveel mense glo dat Suid-Afrikaners nie oor 'n werketiek beskik nie
> en dat ons produktiwiteit baie laag is. Ons aanvaar swak
> produktiwiteit as 'n eienskap van Suid-Afrika so diep gesetel soos
> biltong en rugby.
>
> Maar dit is nie wat die beskikbare data of blote waarneming in die
> omgewing om ons ons vertel nie.
>
> Suksesvolle sakelui vertel dat hulle nou meer besigheid doen met
> minder werkers. Ons lees en hoor deurlopend van maatskappye wat mense
> aflê, en tog hoër omsette behaal en groter volumes hanteer.
>
> Meer aktiwiteite, maar minder mense. Hoe rym dit?
>
> Daar is net een verduideliking: werkers raak meer produktief. Daar is
> geen ander verklaring nie.
>
> En hierdie seine uit die omgewing word bevestig deur Reserwebank-data.
> Dié syfers toon duidelik dat produktiwiteit in Suid-Afrika van so ver
> terug as die jare sestig uiters beroerd was.
>
> Maar die syfers wys ook dat daar 'n massiewe verandering in die middel
> negentigerjare begin intree het. Min of meer die tyd toe globalisering
> Suid-Afrika met erns begin tref het.
>
> Van 1995 af styg produktiwiteit jaarliks met meer as 4%. Verlede jaar
> het dit met meer as 6% gestyg.
>
> Dit is van die hoogste produktiwiteit-groeikoerse ter wêreld.
>
> Die mite dat ons nie produktief is nie of nie 'n werketiek kan
> ontwikkel nie, is bewys as presies dít - 'n mite.
>
> Wat ook al in die verlede gebeur het, ons kweek ál beter gewoontes
> aan.
>
> 'n Deel van die mite oor produktiwiteit is dat dit bloot beteken dat
> werkers harder moet werk. Niks kan verder van die waarheid af wees
> nie.
>
> Die oorsaak van swak produktiwiteit is swak base. (Gebrek aan
> opleiding, gebrekkige toerusting, swak toesighouding, verkeerde
> vergoeding.)
>
> 'n Kleinsakeman vertel hoe hy 'n gevestigde onderneming gekoop het. Hy
> het die werkers van basiese toerusting voorsien, waarsonder hulle jare
> lank moes klaarkom. En hoe hul produktiwiteit gestyg het.
>
> Swak produktiwiteit, swak base.
>
> Die ander mite wat ons aanhang, hou verband met die rand.
>
> Ons blameer Zimbabwe, die president se siening oor vigs,
> nie-geesdriftig-genoeg-steun-nie vir die VSA . . .
>
> En altyd die gróót rede: ons bly in 'n swak buurt. Maak nie saak wat
> ons doen nie, die buurt gaan ons aftrek.
>
> Bog.
>
> Die rand is nie swak oor wat buite ons grense gebeur nie. Of oor wat
> binne ons grense maar buite die bestek van die ekonomie gebeur nie.
> Dit is oor wat in ons ekonomie self aan die gang is.
>
> Ons het die afgelope paar jaar buitengewone vordering gemaak met
> ekonomiese beleid. Die land word in baie opsigte nou beter bestuur as
> in enige tyd die afgelope drie of vier dekades. En die resultate begin
> oral deurkom - soos in die produktiwiteitsyfers hierbo genoem en die
> uitvoer wat ons verlede maand bespreek het.
>
> Maar daar is nog baie om te doen.
>
> Oor die jare en om 'n verskeidenheid redes het ons 'n reuse- ongedekte
> posisie in valuta opgebou.
>
> Van 'n hoogtepunt van bykans $25 miljard is dit afgewerk na ongeveer
> $8 miljard.
>
> Vergelyk die $8 miljard met ons totale valuta van ongeveer $3,5
> miljard, en dit is duidelik waarom die rand so swak is.
>
> Die $8 miljard verteenwoordig 'n aanspraak - een of ander tyd in die
> toekoms - teen die land se reserwes, waarvan ons net $3,5 miljard het.
>
>
> Maar, sê iemand by Aardklop, 25 jaar lank het die rand sterker gestaan
> as die Australiese dollar, maar die laaste vyf jaar val die rand teen
> die Aussie-dollar.
>
> Die spreker vergeet dat die rand verskans was deur die finansiële
> rand. Gevolglik was die rand nie regtig blootgestel aan internasionale
> markkragte nie. Nou ís hy, want die finrand is in 1995 afgeskaf. En
> nou kan markkragte hul oordeel oor die rand uitspreek. Dit is die
> dissipline van 'n oop ekonomie.
>
> Langenhoven het gewaarsku dat 'n mens moet oppas vir die kortpaaie,
> daar is 'n rede hoekom die hoofpad nie daarlangs loop nie. Daar is nie
> kortpaaie in die ekonomiese opbou van Suid-Afrika nie.
>
> Betaal ons skuld, verhoog per capita-inkomste, akkumuleer $50 miljard
> se netto reserwes, aanvaar mededinging in 'n werklik vrye mark, maak
> ons strate skoon - dan sal die rand wel reageer.
>
> Met ander woorde, sit skouer aan die wiel. Vergeet die
> nonsens-verskonings. En vergeet die mites waaraan ons sê vas glo dat
> dit ons verlam. Soos dat ons in 'n swak buurt is. Sorg maar net dat
> jou eie huis skoon is.
>
Re: Oor die Rand [boodskap #51253 is 'n antwoord op boodskap #51250] Di, 09 Oktober 2001 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Jonas,
Jy is voorwaar vreemd.
Dink bietjie wat jy sou doen as die wederkoms in SA sou
plaasvind!
Jy sal dit verwerp.
As jy SA se naam sleg kan maak deur jouself dood te maak, sal
jy sekerlik dit ook doen.
Maar weet jy wat? Ek ag JP Landman se insig en vermoens ver,
ver bokant joune.

On Tue, 9 Oct 2001 15:57:16 +0200, "Jonas" wrote:

> Hierdie artikel laat my onwillekeurig dink aan die storie van die bokser wat
> terugkom in sy hoek tydens 'n geveg terwyl hy besig is om goed pak te kry.
> Om hom moed in te praat sê sy afrigter aan hom dat hy baie goed vaar, en dat
> hy net so moet aanhou. Waarop die bokser aan sy afrigter sê dat hy die
> skeidsregter mooi moet dophou, want hy besef iemand is besig om hom te moer.
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:3bc2aaae.720902@news.is.co.za...
Re: Oor die Rand [boodskap #51261 is 'n antwoord op boodskap #51253] Di, 09 Oktober 2001 17:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3bcf0b6a.25823264@news.is.co.za...

> Maar weet jy wat? Ek ag JP Landman se insig en vermoens ver,
> ver bokant joune

Ditto vir jou, ou grote.
(Veral jou vermoens)
Re: Oor die Rand [boodskap #51268 is 'n antwoord op boodskap #51261] Di, 09 Oktober 2001 20:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
askme  is tans af-lyn  askme
Boodskappe: 11
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 9 Oct 2001 19:49:11 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:

> Ferdi Greyling wrote in message
> news:3bcf0b6a.25823264@news.is.co.za...
>
>> Maar weet jy wat? Ek ag JP Landman se insig en vermoens ver,
>> ver bokant joune
>
> Ditto vir jou, ou grote.
> (Veral jou vermoens)

Shame, kleinboet. Jy weet nie waaroor ons praat nie. Gaan speel nou,
toe.
Ferdi sê kleinboet moet gaan speel... [boodskap #51281 is 'n antwoord op boodskap #51268] Wo, 10 Oktober 2001 02:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Streepmuis  is tans af-lyn  Streepmuis
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 09 Oct 2001 20:42:27 GMT, askme@for.the.adres (Ferdi) wrote:

> Shame, kleinboet. Jy weet nie waaroor ons praat nie. Gaan speel nou,
> toe.

And all the hills echoed
And all the hills echoed
And all the hills echoed
And
all
the
hills
echo
ed
Re: Oor die Rand [boodskap #51306 is 'n antwoord op boodskap #51268] Wo, 10 Oktober 2001 09:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3bcf0b6a.25823264@news.is.co.za...
>>> Ek ag JP Landman se insig en vermoens ver, ver bokant joune
>> Ditto vir jou, ou grote.
> Shame, kleinboet. Jy weet nie waaroor ons praat nie.

Ons praat oor die volgende:

(Jy in jou hoofrol as kneg van jou hanteerders)
JP Landman skryf ;
Dit het my opgeval hoe baie van ons (en ek sluit myself baie spesifiek
in) vashou aan standpunte wat gewoon verkeerd is, maar wat ons
verkondig vir grote waarhede. En ons hou so stewig aan hierdie
verkeerde standpunte vas dat hulle die krag van mites begin kry.

(Dit kon net sowel jou eie woorde gewees het, ou grote)

Langenhoven het gewaarsku dat 'n mens moet oppas vir die kortpaaie,
daar is 'n rede hoekom die hoofpad nie daarlangs loop nie.

(Vandag sou hy sê Afrika moet nie altyd die kort bedelpad volg nie, maar
liewer probeer om self hoofpaaie te bou.)

(Toe hak Jonas af en sê)
Hierdie artikel laat my onwillekeurig dink aan die bokser wat besig is om
goed pak te kry.
Om hom moed in te praat sê sy afrigter aan hom dat hy baie goed vaar, en dat
hy net so moet aanhou. Waarop die bokser sê dat hy die
skeidsregter mooi moet dophou, want hy iemand is besig om hom te moer.

(Toe skop jou streetfighter instinkte in en jy knor. Voorts dien dit daarop
gelet te word dat jou beledigende antwoord niks te doen het nie met sy
stelling dat Rome eintlik besig is om te brand)
Jonas,
Dink bietjie wat jy sou doen as die wederkoms in SA sou
plaasvind!
Jy sal dit verwerp.
As jy SA se naam sleg kan maak deur jouself dood te maak, sal
jy sekerlik dit ook doen.

Toe gaan ek tot die sensasionele stap oor om te beweer dat jou insig en
vermoens onder verdekking blyk te wees; - want jy wil graag ten alle koste
glo dat alles in die land dooddollies is.

(Toe skop jou streetfighter instinkte weer in.)

(Toe laat Streepmuis die berge weergalm. Over the hills and far away - met
die nodige ekskusies aan Led Zeppelin) :-)

Drama-drama in drie bedrywe.

Ag nee wat, as inwonende hofnar behoort jy jou meer te bepaal by die
vermaaklikheids aspekte, en jouself daarvan weerhou om ook die rol van
Village Idiot te vertolk. Gooi liewer nog 'n paar van jou rympies jong.
Drama-drama in drie bedrywe [boodskap #51391 is 'n antwoord op boodskap #51306] Wo, 10 Oktober 2001 20:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Oct 2001 11:48:14 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:

> (Toe skop jou streetfighter instinkte weer in.)
>
> (Toe laat Streepmuis die berge weergalm. Over the hills and far away - met
> die nodige ekskusies aan Led Zeppelin) :-)
>
> Drama-drama in drie bedrywe.
>
> Ag nee wat, as inwonende hofnar behoort jy jou meer te bepaal by die
> vermaaklikheids aspekte, en jouself daarvan weerhou om ook die rol van
> Village Idiot te vertolk.

LOL! Kobus, jou humor is ongelooflik skerpsinnig en PUIK!!! Ek
geniet dit werklik om elke liewe boodskap van jou te lees. (Wou dit
maar net sê.)
Netnou baklei ons weer oor politiek, dan kan ek nie vir jou sê hoeveel
ek van jou skerpsinnige humor hou nie! :-))
Re: Drama-drama in drie bedrywe [boodskap #51398 is 'n antwoord op boodskap #51391] Wo, 10 Oktober 2001 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Danielle skryf in boodskap news:mvc9stcmhcc3jfe7n3v14nfnukjujpkus4@4ax.com...

> LOL! Kobus, jou humor is ongelooflik skerpsinnig en PUIK!!! Ek
> geniet dit werklik om elke liewe boodskap van jou te lees. (Wou dit
> maar net sê.)

OK, jy't jou limit bereik ou matie.
Sowat van belediging het ek nog nooit ervaar terwyl ek ernstig probeer wees
nie.
Sien my antwoord elders aan Annette. Jy's ook op notice en gelys!!
(Dink jy ou Fredie het ook 'n sin vir humor al is hy 'n lord omgedraai?!)

> Netnou baklei ons weer oor politiek, dan kan ek nie vir jou sê hoeveel
> ek van jou skerpsinnige humor hou nie! :-))

Het ons al?
Nee wat, as ons eendag cowboys en crooks aanlyn speel, sal ons albei cowboys
wees!

Dankie
Re: Drama-drama in drie bedrywe [boodskap #51511 is 'n antwoord op boodskap #51398] Vr, 12 Oktober 2001 05:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die kellies is vervelig man!! Ek wil 'n Indiaan wees, sodat ek die perde kan
bloots ry:))
Annette

>> LOL! Kobus, jou humor is ongelooflik skerpsinnig en PUIK!!! Ek
>> geniet dit werklik om elke liewe boodskap van jou te lees. (Wou dit
>> maar net sê.)
>
> OK, jy't jou limit bereik ou matie.
> Sowat van belediging het ek nog nooit ervaar terwyl ek ernstig probeer wees
> nie.
> Sien my antwoord elders aan Annette. Jy's ook op notice en gelys!!
> (Dink jy ou Fredie het ook 'n sin vir humor al is hy 'n lord omgedraai?!)
>
>> Netnou baklei ons weer oor politiek, dan kan ek nie vir jou sê hoeveel
>> ek van jou skerpsinnige humor hou nie! :-))
>
> Het ons al?
> Nee wat, as ons eendag cowboys en crooks aanlyn speel, sal ons albei cowboys
> wees!
>
>
>
>
> Dankie
>
Re: Drama-drama in drie bedrywe [boodskap #51522 is 'n antwoord op boodskap #51511] Vr, 12 Oktober 2001 08:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Oct 2001 07:40:56 +0200, "Annette" wrote:

> Die kellies is vervelig man!! Ek wil 'n Indiaan wees, sodat ek die perde kan
> bloots ry:))
> Annette
>

Annette, sê vir my of jy weet wat 'halfkrone' is.
Re: Drama-drama in drie bedrywe [boodskap #51594 is 'n antwoord op boodskap #51522] Sa, 13 Oktober 2001 05:13 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek is mos nie alwys nie jong!:)) Vertel maar.
Ek is oud genoeg om te weet wat 'n regte halfkroon is - net in naam - want
25c is baie minder werd as 'n halfkroon.
Deesdae gee mense vir ander mense die snaakste name!!
Volgens die Hansard van 3 Oktober het Balfour in die parlement die
kleurlinge coconuts genoem - en ons het nie eers bome hier nie;))
Annette

56 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Die kellies is vervelig man!! Ek wil 'n Indiaan wees, sodat ek die perde kan
>> bloots ry:))
>> Annette
>>
>
> Annette, sê vir my of jy weet wat 'halfkrone' is.
Vorige onderwerp: Al weer 'n hemp
Volgende onderwerp: Geestesgesondheid Filmfees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:41:13 MGT 2024