Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aanval op Afghanistan
Aanval op Afghanistan [boodskap #51148] So, 07 Oktober 2001 18:31 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Blykbaar het dit nou begin - laat ons maar net hoop en bid dit is van korte
duur en suksesvol.
Die Nostradamus-aanhangers het die afgelope maand niks te voorspelle gehad
nie - maar ek is seker iemand gaan iets omtrent 7 /10 opdiep.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51158 is 'n antwoord op boodskap #51148] So, 07 Oktober 2001 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9pq9pa$jm4s4$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Blykbaar het dit nou begin - laat ons maar net hoop en bid dit is van korte
> duur en suksesvol.
> Die Nostradamus-aanhangers het die afgelope maand niks te voorspelle gehad
> nie - maar ek is seker iemand gaan iets omtrent 7 /10 opdiep.
> Annette
>
Ja laat ons net hoop, dit is nie die begin van wereldoorlog 3 nie.

Gr.Rico
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51163 is 'n antwoord op boodskap #51158] So, 07 Oktober 2001 23:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Ja laat ons net hoop, dit is nie die begin van wereldoorlog 3 nie.
>
> Gr.Rico
>

'n vrees wat deur my en vele ander ook uitgespreek is.
Dit is afgemaak deur iemand wat heel gerusstellend
gesê het dat die moeilikheid veroorsaak word deur
'n minderwaardige arm landjie. Maar, toe ek in Danielle,
Pop en Gloudina se kruidenierstrolliers kyk en suurstofmaskers
sien, is ek weer bekommerd. (en sò bly ek woon in die veilige
Suid Afrika...! :-)))

DD
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51170 is 'n antwoord op boodskap #51163] Ma, 08 Oktober 2001 03:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:57o1sts7gjp4i3pltgelqlb68d565dcv96@4ax.com...
> 'n minderwaardige arm landjie. Maar, toe ek in Danielle,
> Pop en Gloudina se kruidenierstrolliers kyk en suurstofmaskers
> sien, is ek weer bekommerd. (en sê bly ek woon in die veilige
> Suid Afrika...! :-)))
>
Hier by ons is suurstofmaskers ook uitverkoop, en baie lang waglyste. Ek
self het nog nie een gekoop nie, maar oorweeg dit sterk. Mens weet nooit -
en hierdie oorlog kan baie lank duur. Hoop net Amerika en sy bondgenote is
meer suksesvol in hierdie poging as wat hulle in Kosovo, Somalie en selfs
Irak was. Op daardie rekord lyk sake nie te belowend nie...
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51171 is 'n antwoord op boodskap #51170] Ma, 08 Oktober 2001 05:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is ook hoekom ek die hoop uitgepreek het me.
Rusland moes na 10 jaar moed opgee.
Kan jy dink, as die Amerikaners en die ander magte na 10 jaar nog moet
sukkel, hoe die wêreld dan sal uitsien?
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

me & bobby magee skryf in boodskap news:Yn9w7.2500$e5.2469@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:57o1sts7gjp4i3pltgelqlb68d565dcv96@4ax.com...
>> 'n minderwaardige arm landjie. Maar, toe ek in Danielle,
>> Pop en Gloudina se kruidenierstrolliers kyk en suurstofmaskers
>> sien, is ek weer bekommerd. (en sê bly ek woon in die veilige
>> Suid Afrika...! :-)))
>>
> Hier by ons is suurstofmaskers ook uitverkoop, en baie lang waglyste. Ek
> self het nog nie een gekoop nie, maar oorweeg dit sterk. Mens weet nooit -
> en hierdie oorlog kan baie lank duur. Hoop net Amerika en sy bondgenote is
> meer suksesvol in hierdie poging as wat hulle in Kosovo, Somalie en selfs
> Irak was. Op daardie rekord lyk sake nie te belowend nie...
>
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51177 is 'n antwoord op boodskap #51171] Ma, 08 Oktober 2001 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9prcj7$kf9bs$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dit is ook hoekom ek die hoop uitgepreek het me.
> Rusland moes na 10 jaar moed opgee.
> Kan jy dink, as die Amerikaners en die ander magte na 10 jaar nog moet
> sukkel, hoe die wêreld dan sal uitsien?
> Annette
>
Ja-nee, dis nie iets waaraan mens wil dink nie - genoeg om my na 'n hele
paar blou bottels te laat gryp. Gelukkig het ek ook nou 'n goeie
verskoning - die lewe is definitief kort, en mens moet die meeste van jou
geleenthede maak.
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51178 is 'n antwoord op boodskap #51170] Ma, 08 Oktober 2001 09:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Oct 2001 13:52:44 +1000, "me & bobby magee" wrote:
> (en sò bly ek woon in die veilige
>> Suid Afrika...! :-)))

> Hier by ons is suurstofmaskers ook uitverkoop, en baie lang waglyste. Ek
> self het nog nie een gekoop nie, maar oorweeg dit sterk.

Eh het nie geweet dat die vrese in Australië ook bestaan nie. Of wil
òns net ons self gerusstel deur slegs Amerika en moontlik ook England
as teikens te sien? Het jy gesien hoe moslems baniere ter ere van
osama bin laden ronddra? Vanmôre het Bush (re CNN) gesê dat 'n 'groot
geloof' beswadder word deur mense wat moord pleeg 'in die naam
daarvan'. En hy het die woord 'great' gebruik.
Myns insiens is die enigste 'grootheid' daarin die massa mense wat
lede is (daarvan) van die aggresiefste geloof ter aarde.

DD
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51200 is 'n antwoord op boodskap #51163] Ma, 08 Oktober 2001 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Onlinedude  is tans af-lyn  Onlinedude
Boodskappe: 15
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek werk hier in Londen.
My baas(Brits) se laas week oor die Taliban Magte.
'Those guys don't stand a chance...did you see our army!?"

Ek dog toe by myself:'Ja,ek is seker n 'gentleman' so 100 jaar gelede
het dieselfde gese in n hoogs Engelse aksent.
'I say old chap,those boers don't stand a chance.Did you see the queens
army!?'

En dan 60 jaar later met Vietnam...........

Tegnologie en die grootheid van jou weermag se niks.Het die mense dit nog
nie geleer nie?

Interessante brokkie:

http://www.worldnetdaily.com/news/article.asp?ARTICLE_ID=224 77
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51206 is 'n antwoord op boodskap #51178] Ma, 08 Oktober 2001 21:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet van geen een persoon hier in die suide van Amerika wat
n gasmasker gekoop het nie, ons reken ons is nie belangrike
teikens nie (Atlanta is 1 1/2 uur se ry van hier, en is seker
die belangrikste teiken). Ek moet sê, ek wil nie
n chemiese oorlog oorleef omdat ek my masker aangehad
het, en almal om my is dood nie. (Morbiede gedagtes).

Ek onthou nog hoe ou Saddam gesê het dit gaan die "moeder
van alle oorloeë" wees destyds, en kyk wat het gebeur. Ek steur my glad
nie
aan Ossama en Omar en hulle bedreigings nie. Hierdie keer het
ons baie ander lande wat ons help, en ons ouens train dan
glad in Rusland, wat vir ons waardevol is omdat hulle
Afghanistan so goed ken.

Pop
.

Davie Davis skryf in boodskap news:jsm2stctlsir0hv91276b0upa1efe672bg@4ax.com...
> On Mon, 8 Oct 2001 13:52:44 +1000, "me & bobby magee"
> wrote:
>> (en sò bly ek woon in die veilige
>>> Suid Afrika...! :-)))
>
>> Hier by ons is suurstofmaskers ook uitverkoop, en baie lang waglyste. Ek
>> self het nog nie een gekoop nie, maar oorweeg dit sterk.
>
> Eh het nie geweet dat die vrese in Australië ook bestaan nie. Of wil
> òns net ons self gerusstel deur slegs Amerika en moontlik ook England
> as teikens te sien? Het jy gesien hoe moslems baniere ter ere van
> osama bin laden ronddra? Vanmôre het Bush (re CNN) gesê dat 'n 'groot
> geloof' beswadder word deur mense wat moord pleeg 'in die naam
> daarvan'. En hy het die woord 'great' gebruik.
> Myns insiens is die enigste 'grootheid' daarin die massa mense wat
> lede is (daarvan) van die aggresiefste geloof ter aarde.
>
>
> DD
>
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51213 is 'n antwoord op boodskap #51170] Ma, 08 Oktober 2001 22:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Streepmuis  is tans af-lyn  Streepmuis
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 8 Oct 2001 13:52:44 +1000, "me & bobby magee" wrote:

>> 'n minderwaardige arm landjie. Maar, toe ek in Danielle,
>> Pop en Gloudina se kruidenierstrolliers kyk en suurstofmaskers
>> sien, is ek weer bekommerd. (en sò bly ek woon in die veilige
>> Suid Afrika...! :-)))

LOL! Nee wat, ons mors nie geld op sulke goed nie. Ons voer dit uit
na Australië! :-)))))
(Jy sal netnou sien en hoor hoe die Ozzies die goed koop soos
soetkoek!!) :-))))
Ooops, ampertjies vergeet alweer wie ek is! :-))
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51214 is 'n antwoord op boodskap #51171] Ma, 08 Oktober 2001 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Streepmuis  is tans af-lyn  Streepmuis
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 8 Oct 2001 07:11:32 +0200, "Annette" wrote:

> Dit is ook hoekom ek die hoop uitgepreek het me.
> Rusland moes na 10 jaar moed opgee.
> Kan jy dink, as die Amerikaners en die ander magte na 10 jaar nog moet
> sukkel, hoe die wêreld dan sal uitsien?

Annette, van dag een af het Dubya almal "gewaarsku" dat hierdie 'n
lang en uitgerekte storie gaan wees. Ek dink hierdie aanvalle is
sommer net om die algemene "skop skiet en donner" publiek gelukkig te
hou, en seker te maak dat die huidige administrasie se gewildheid nie
afneem nie.

Gisteraand was daar 'n geweldige interessante dokumentêr op PBS, oor
Islam: Empire of Faith. Jy kan so idee kry van waaroor dit gegaan
het, by:
http://www.pbs.org/empires/islam/

Elkgeval - hierdie storie is nogal baie kompleks - maar Bush en sy
administrasie het dit keer op keer duidelik gemaak dat die oorlog nie
teen Islam is nie. So, ek glo werklik nie die aanvalle gaan eindig in
Afghanistan nie. Dis maar net die begin. Dit was ook duidelik gestel
van die begin dat ENIGE land wat terries ondersteun kan moeilikheid
verwag - julle is nie so "veilig" as wat julle dink nie, hoor! :-))
Blou bottels [boodskap #51215 is 'n antwoord op boodskap #51177] Ma, 08 Oktober 2001 22:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Streepmuis  is tans af-lyn  Streepmuis
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 8 Oct 2001 19:21:58 +1000, "me & bobby magee" wrote:

> Ja-nee, dis nie iets waaraan mens wil dink nie - genoeg om my na 'n hele
> paar blou bottels te laat gryp. Gelukkig het ek ook nou 'n goeie
> verskoning - die lewe is definitief kort, en mens moet die meeste van jou
> geleenthede maak.

Maar jy sal meer kan doen as jy nugter is, so los daai blou bottels!!
:-)) Terloops, het die ou mense nie na "blou bottel" verwys as hulle
van kasterolie praat nie? Ek onthou dan nou so iets?
Of wat is jou bedoeling met "ge-olie raak met blou bottels" ?? :-))
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51220 is 'n antwoord op boodskap #51213] Di, 09 Oktober 2001 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Streepmuis" skryf in boodskap news:7h94st4jk21j3j8tpuo6flvvh2nl1eomkj@4ax.com...
> Ons voer dit uit
> na Australië! :-)))))
> (Jy sal netnou sien en hoor hoe die Ozzies die goed koop soos
> soetkoek!!) :-))))
> Ooops, ampertjies vergeet alweer wie ek is! :-))
>

Djy soek alweer!!!! Ons kan hoeka nie meer maskers hier kry nie, want daar
'n so 'n lang waglys in Amerika en ons wag op nuwe besendings!

In elk geval, ons is die middel van al die oorlogpraatjies - Australie speel
'n groot rol ook met sy troepe. En Indonesia, die grootste Moslemland in
die wereld, is baie naby aan ons - en daar is allerhande dreigemente gemaak
teen ons mense daar. Die 5000 - 8000 Australiers daar is gereed om enige
oomblik die land te verlaat.

En boonop het ons al hierdie probleme met die sg. "boatpeople" - vanoggend
weer 'n bootvol uit die see gered wat hul eie ou skippie gesaboteer het
sodat dit moes sink en hulle gered moes word. En duisende van hulle is
alreeds hier. Ek twyfel nie daaraan dat daar opregte armoediges en
desperate vulgtelinge is nie, maar die meeste van hulle is heeltemal te
aggressief, en kom reguit van Pakistan en Afghanistan - en die wat regtig
arm is, sal nie die US$8000 kan betaal om ingesmokkel te word nie. Hoeveel
van hulle is ingesmokkelde terroriste? Dit is ons grootste probleem op die
oomblik.

Dis maar moeilike tye die - kom laat ons lag.
Re: Blou bottels [boodskap #51221 is 'n antwoord op boodskap #51215] Di, 09 Oktober 2001 00:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Streepmuis" skryf in boodskap news:d6a4stkvmne5obfr0af3n8e20agilq47a8@4ax.com...
> Maar jy sal meer kan doen as jy nugter is, so los daai blou bottels!!

Nee!!! Darem net op die naweek...

> :-)) Terloops, het die ou mense nie na "blou bottel" verwys as hulle
> van kasterolie praat nie? Ek onthou dan nou so iets?
> Of wat is jou bedoeling met "ge-olie raak met blou bottels" ?? :-))
>

Jy's reg oor die kasterolie! Self het ek dit een keer ingekry - aaklig.
Kan jou verseker dat my blou bottel 'n baaaie aangenamer manier is van
ge-olie raak.
Engelse grappie [boodskap #51223 is 'n antwoord op boodskap #51220] Di, 09 Oktober 2001 01:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Streepmuis  is tans af-lyn  Streepmuis
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 9 Oct 2001 10:00:02 +1000, "me & bobby magee" wrote:

> Dis maar moeilike tye die - kom laat ons lag.

Jy's reg - lag is die beste medisyne. Elkgeval....hier is iets vir
jou ...:-))
Terloops, dis in Aussie Ingels geskryf. :-)

Subject: Texas

A Texan farmer goes to Australia for a vacation. There he meets an
Aussie farmer and gets talking. The Aussie shows off his big wheat
field and the Texan says, "Oh! We have wheat fields that are at least
twice as large".

Then they walk around the ranch a little, and the Aussie shows off his
herd of cattle. The Texan immediately says, " We have longhorns that
are at least twice as large as your cows". The conversation has,
meanwhile, almost died when the Texan sees a herd of kangaroos hopping
through the field. He asks,
"And what are those"? The Aussie replies with an incredulous look,
"Don't you have any grasshoppers in Texas"?
Re: Engelse grappie [boodskap #51228 is 'n antwoord op boodskap #51223] Di, 09 Oktober 2001 03:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Streepmuis" skryf in boodskap news:8ti4stg5p63mgadpk223jie6l2pc3es7s1@4ax.com...
> Subject: Texas
>
> A Texan farmer goes to Australia for a vacation. There he meets an
> Aussie farmer and gets talking. The Aussie shows off his big wheat
> field and the Texan says, "Oh! We have wheat fields that are at least
> twice as large".
>
> Then they walk around the ranch a little, and the Aussie shows off his
> herd of cattle. The Texan immediately says, " We have longhorns that
> are at least twice as large as your cows". The conversation has,
> meanwhile, almost died when the Texan sees a herd of kangaroos hopping
> through the field. He asks,
> "And what are those"? The Aussie replies with an incredulous look,
> "Don't you have any grasshoppers in Texas"?
>

Hie-hie-hie! Dis vreeslik snaaks! Moet vir annerhelfte vertel vanaand na
werk. Nogal tipies, nê? (sien hoe mooi werk die leestekens?) Het jy nog?
ek kan nie die wat ek ken hier vertel nie...
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51237 is 'n antwoord op boodskap #51148] Di, 09 Oktober 2001 08:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Die eerste slagoffers was twee skape en vier VN-werkers wat van die
sowat 10 miljoen landmyne wat oor Afghanistan gestrooi le, help opruim
het.

On Sun, 7 Oct 2001 20:31:18 +0200, "Annette" wrote:

> Blykbaar het dit nou begin - laat ons maar net hoop en bid dit is van korte
> duur en suksesvol.
> Die Nostradamus-aanhangers het die afgelope maand niks te voorspelle gehad
> nie - maar ek is seker iemand gaan iets omtrent 7 /10 opdiep.
> Annette
>
>
> --
> Groetnis,
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Happiness is a state of Mind.
>
Re: Engelse grappie [boodskap #51243 is 'n antwoord op boodskap #51223] Di, 09 Oktober 2001 10:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Lyk vir my meer na 'n muis as 'n sprinkaan, of hoe, Streepmuis?
_____________________________________________________
"Streepmuis"
> meanwhile, almost died when the Texan sees a herd of kangaroos hopping
> through the field. He asks,
> "And what are those"? The Aussie replies with an incredulous look,
> "Don't you have any grasshoppers in Texas"?
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51244 is 'n antwoord op boodskap #51237] Di, 09 Oktober 2001 10:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
2+4=6, Ferdi...
_______________________________________________________
"Ferdi Greyling"
>
> Die eerste slagoffers was twee skape en vier VN-werkers wat van die
> sowat 10 miljoen landmyne wat oor Afghanistan gestrooi le, help opruim
> het.
>
>
>
> On Sun, 7 Oct 2001 20:31:18 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Blykbaar het dit nou begin - laat ons maar net hoop en bid dit is van korte
>> duur en suksesvol.
>> Die Nostradamus-aanhangers het die afgelope maand niks te voorspelle gehad
>> nie - maar ek is seker iemand gaan iets omtrent 7 /10 opdiep.
>> Annette
>>
>>
>> --
>> Groetnis,
>> Annette. ann...@ctnet.co.za
>> Happiness is a state of Mind.
>>
>
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51246 is 'n antwoord op boodskap #51244] Di, 09 Oktober 2001 12:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling"

Die eerste slagoffers was twee skape en vier VN-werkers wat van die
sowat 10 miljoen landmyne wat oor Afghanistan gestrooi le, help opruim
het.

Vertel ons meer van die 2 skape wat gehelp het om van die landmyne uit te
haal Ferdi. Was hulle die bevelvoerders van die VN werkers. Moet wees want
jy moet donners dom wees om daar rond te wil hang terwyl Amerika 'n oorlog
beplan.
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51248 is 'n antwoord op boodskap #51246] Di, 09 Oktober 2001 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Riaan ek besef jy is baie meer besorg oor skape wat doodgaan as mense
wat vrywillig landmyne in ander lande verwyder, maar dis geen rede om
jou stupidity so ten toon te stel nie.
Uit die feit dat jy klaarblyklik nie 'n eenvoudige sin in jou
moedertaal kan verstaan wat meer as drie woorde lank is nie, maak 'n
mens onvermydelike gevolgtrekkings.

,
On Tue, 9 Oct 2001 14:23:53 +0200, "Riaan" wrote:

> "Ferdi Greyling"
>
> Die eerste slagoffers was twee skape en vier VN-werkers wat van die
> sowat 10 miljoen landmyne wat oor Afghanistan gestrooi le, help opruim
> het.
>
>
> Vertel ons meer van die 2 skape wat gehelp het om van die landmyne uit te
> haal Ferdi. Was hulle die bevelvoerders van die VN werkers. Moet wees want
> jy moet donners dom wees om daar rond te wil hang terwyl Amerika 'n oorlog
> beplan.
>
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51263 is 'n antwoord op boodskap #51237] Di, 09 Oktober 2001 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3bc8b6f3.3862606@news.is.co.za...
>
> Die eerste slagoffers was twee skape en vier VN-werkers wat van die
> sowat 10 miljoen landmyne wat oor Afghanistan gestrooi le, help opruim
> het.

Skape wat landmyne optel? Jy dra die verkeerde Beeld na buite, ou dommie.
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51270 is 'n antwoord op boodskap #51263] Di, 09 Oktober 2001 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
askme  is tans af-lyn  askme
Boodskappe: 11
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Junior Lid
Leer Afrikaans Kosie.

On Tue, 9 Oct 2001 20:12:39 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:

> Ferdi Greyling wrote in message
> news:3bc8b6f3.3862606@news.is.co.za...

>> Die eerste slagoffers was twee skape en vier VN-werkers wat van die
>> sowat 10 miljoen landmyne wat oor Afghanistan gestrooi le, help opruim
>> het.
>
> Skape wat landmyne optel? Jy dra die verkeerde Beeld na buite, ou dommie.
>
Re: Engelse grappie [boodskap #51275 is 'n antwoord op boodskap #51228] Di, 09 Oktober 2001 23:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wanner begin jou skool weer me?

Pop

me & bobby magee skryf in boodskap news:Oguw7.3144$e5.9746@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Streepmuis" wrote in message
> news:8ti4stg5p63mgadpk223jie6l2pc3es7s1@4ax.com...
>> Subject: Texas
>>
>> A Texan farmer goes to Australia for a vacation. There he meets an
>> Aussie farmer and gets talking. The Aussie shows off his big wheat
>> field and the Texan says, "Oh! We have wheat fields that are at least
>> twice as large".
>>
>> Then they walk around the ranch a little, and the Aussie shows off his
>> herd of cattle. The Texan immediately says, " We have longhorns that
>> are at least twice as large as your cows". The conversation has,
>> meanwhile, almost died when the Texan sees a herd of kangaroos hopping
>> through the field. He asks,
>> "And what are those"? The Aussie replies with an incredulous look,
>> "Don't you have any grasshoppers in Texas"?
>>
>
> Hie-hie-hie! Dis vreeslik snaaks! Moet vir annerhelfte vertel vanaand na
> werk. Nogal tipies, nè? (sien hoe mooi werk die leestekens?) Het jy nog?
> ek kan nie die wat ek ken hier vertel nie...
>
Re: Engelse grappie [boodskap #51278 is 'n antwoord op boodskap #51228] Wo, 10 Oktober 2001 00:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Streepmuis  is tans af-lyn  Streepmuis
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 9 Oct 2001 13:38:50 +1000, "me & bobby magee" wrote:

> werk. Nogal tipies, nè? (sien hoe mooi werk die leestekens?)

Ek is beindruk (en verdomp of ek die umlaut gaan tik! :-))

> Het jy nog?

Nog leestekens, of nog true blue grappies? :-))

> ek kan nie die wat ek ken hier vertel nie...

Ek wonner waarom nie?
Ek hoor nou die dag van die arme kind wat haar "fairy floss" in die
"dunny" gegooi het, terwyl haar ouers "chook" in die "bush" naby 'n
baie klein "woop woop" ge-barbie het.

Hier's nog so paar dowwes..:-)

Q: What do you get if you cross an elephant with a kangaroo?
A: Big holes all over Australia.

Q: What is found in the middle of Australia, and also in the middle of
America?
A: The letter R.

Q: What goes pad, pad, pad, squish?
A: A Tasmanian Devil with a wet sneaker.
Re: Engelse grappie [boodskap #51280 is 'n antwoord op boodskap #51275] Wo, 10 Oktober 2001 02:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"pop" skryf in boodskap news:9q005e$o60$1@slb0.atl.mindspring.net...

> Wanner begin jou skool weer me?
>
Skole hier het Maandag weer begin - op die oomblik het ek nog nie weer 'n
kontrak nie en geniet dus nog my vrye tyd. My ander helfte het uiteindelik
vkansie geneem en vir die volgende twee weke gaan ek ook weer vakansie
hou... Lekker om die vryheid te hê, nê?

Groetnis
Re: Engelse grappie [boodskap #51284 is 'n antwoord op boodskap #51278] Wo, 10 Oktober 2001 02:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Streepmuis" skryf in boodskap news:of67stc001s5793v4lt9s1skrc432l7et3@4ax.com...
> Ek is beindruk (en verdomp of ek die umlaut gaan tik! :-))

Kom nou, moenie lui raak nie!

> Ek hoor nou die dag van die arme kind wat haar "fairy floss" in die
> "dunny" gegooi het, terwyl haar ouers "chook" in die "bush" naby 'n
> baie klein "woop woop" ge-barbie het.

En het jy dit als verstaan?

>
> Hier's nog so paar dowwes..:-)
>
Hie-hie-hie! Ek sal 'n paar mooies moet gaan uitdink...
Re: Engelse grappie [boodskap #51285 is 'n antwoord op boodskap #51284] Wo, 10 Oktober 2001 03:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Streepmuis  is tans af-lyn  Streepmuis
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 10 Oct 2001 12:58:39 +1000, "me & bobby magee" wrote:

> Kom nou, moenie lui raak nie!

Kyk wie praat!! :-))

>> Ek hoor nou die dag van die arme kind wat haar "fairy floss" in die
>> "dunny" gegooi het, terwyl haar ouers "chook" in die "bush" naby 'n
>> baie klein "woop woop" ge-barbie het.
>
> En het jy dit als verstaan?

Tuurlik! :-) Spookasem, toilet, hoender, um...veld?, klein dorpie en
braaivleis.
Hoe's daai vir jou? :-)
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51289 is 'n antwoord op boodskap #51248] Wo, 10 Oktober 2001 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Uit die feit dat jy klaarblyklik nie 'n eenvoudige sin in jou
> moedertaal kan verstaan wat meer as drie woorde lank is nie, maak 'n
> mens onvermydelike gevolgtrekkings.

Maar Ferdi, ek het die "trick" om 'n ding so te lees soos wat dit jou pas,
by JOU geleer.
Re: Engelse grappie [boodskap #51303 is 'n antwoord op boodskap #51285] Wo, 10 Oktober 2001 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Streepmuis" skryf in boodskap news:a9e7stg77kafnu25i84vr3s4lijoerhjr2@4ax.com...

> Hoe's daai vir jou? :-)
>
Wragtag! Nie sleg nie! Sil jou nou maar 'n honourary Aussie moet maak...
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51307 is 'n antwoord op boodskap #51246] Wo, 10 Oktober 2001 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[1]  is tans af-lyn  Pieter[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Junior Lid
.. en die 7 kakkerlakke en 13 miere moet asseblief nie vergeet word nie

"Riaan" skryf in boodskap news:9pupv0$30dk$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> "Ferdi Greyling"
>
> Die eerste slagoffers was twee skape en vier VN-werkers wat van die
> sowat 10 miljoen landmyne wat oor Afghanistan gestrooi le, help opruim
> het.
>
>
> Vertel ons meer van die 2 skape wat gehelp het om van die landmyne uit te
> haal Ferdi. Was hulle die bevelvoerders van die VN werkers. Moet wees want
> jy moet donners dom wees om daar rond te wil hang terwyl Amerika 'n oorlog
> beplan.
>
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51309 is 'n antwoord op boodskap #51270] Wo, 10 Oktober 2001 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf in boodskap news:3bc5626e.19922510@news.telkomsa.net...
> Leer Afrikaans Kosie.

OK ek het gou die taal bemeester. Die sin moet as volg lees;

>>> Die eerste slagoffers was twee skape, asook vier VN-werkers wat van die
>>> sowat 10 miljoen landmyne wat oor Afghanistan gestrooi le, help opruim
>>> het.

Maar nou maak dit weer nie sin dat hulle tydens die nagaanval besig was om
landmyne op te ruim nie?
Ek sou liewer dink die volgende is die waarheid;

Die eerste slagoffers was twee skape en die tweede slagoffers was vier
VN-werkers. Eeersgenoemde is
in Afganistan gebore en laasgenoemde was daar om van die sowat 10 miljoen
landmyne wat yl verspreid le oor die hele binneland te help opruim.
Re: Aanval op Afghanistan [boodskap #51397 is 'n antwoord op boodskap #51309] Wo, 10 Oktober 2001 21:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen"
------knip--------
: landmyne wat yl verspreid le oor die hele binneland te help opruim.
-------knip------------
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
jy het die kappie op die ê vergeet ....... skryf nou 200 maal uit
die woordjie 'lê'
--
------------------------------------------------------------ -----
Young men think old men are fools; but old men know young men are
fools.
-CHAPMAN
------------------------------------------------------------ -----
Re: Engelse grappie [boodskap #51402 is 'n antwoord op boodskap #51303] Wo, 10 Oktober 2001 21:24 Na vorige boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Oct 2001 19:25:05 +1000, "me & bobby magee" wrote:

>> Hoe's daai vir jou? :-)

> Wragtag! Nie sleg nie! Sil jou nou maar 'n honourary Aussie moet maak...

Hehehehe....eendag sal ek jou leer "Suthren"praat. Maar dit sal
privaat geskied sodat ek jou kan "beheer" - jy weet mos! :-)))
Vorige onderwerp: Weet Iemand?
Volgende onderwerp: Bloubottels en goed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 05:11:25 MGT 2024