Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 1/10
Nuus 1/10 [boodskap #50932] Ma, 01 Oktober 2001 06:07 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dinge gaan hier by ons weer soos gewoonlik aan - mense wat met rubber koeëls
in Mitchellsplain gepot word omdat hulle nie die munisipale werkers in hul
huise wil toelaat nie. Die munisiplae werkers is reg aangetrek - dis net
hulle moet die water gaan afsny - want die mense wil nie vir die water
betaal nie.

Die Walvisfees in Hermanus is al weer aan die gang - hierdie hele week tot
volgende Sondag.
Blykbaar is daar hierdie jaar so baie walvisse en kalfies in die water, dat
die arme walvisroeper - Wilson Salukazana - met sy horing rondloop sonder om
dit te gebruik:))
Die rede hoekom mense na die walvisfees gaan is om te kom spog hoe lank dit
hulle geneem het om terug Kaap toe te ry:))
Met die WKB wat vandag in werking tree, hoor ek verlede week dat 42% van die
huise in Hermanus te koop aangebied word - nogal teen vreeslike afslagpryse.
Die mense van VSA, UK en Europa kon 'n lekker vet slag geslaan het - veral
noudat die dollar al R9 kos, en die pond R13.25.

Verlede naweek was ons by die Clivia-skou in Kirstenbosch - die eerste prys
het gegaan aan 'n gele wat kersregop 3 voet in die lug staan.
Clivias moet 7 pare blare hê voordat dit begin blom.
Dus, onthou, volgende keer as jy 'n plant koop, tel eers die blare.

Saterdag en Sondag was daar 'n sjokoladefees in Franschhoek. Ek het
natuurlik genoeg geproe sodat ek 'n volle aand soet was:)))
Die sjokolade wat in SA kommersieel gemaak word, het tot 45% persent meer
vet en olie in as die wat in België, Switserland en daardie lekker
sjokolademekkas gemaak word. Van die redes is is dat dit goedkoper is, maar
die ander rede is is om die sjokolade langer hul vorm hier in SA te kan hou.
Die pedigree sjokolade smelt te gou in ons hitte.

Oral blom die blomme in die Kaap, en blommefeeste is aan die orde van die
dag. Gister een by die Velodrome in Bellville ( as julle nie weet nie, vra).
Daar sien ek toe pers boontjies - iemand dit al gesien of geëet?

Sodra ek die program van die opelugmusiekkonserte in Kirstenbosch kry - sal
ek julle laat weet.
Annette
Re: Nuus 1/10 [boodskap #50935 is 'n antwoord op boodskap #50932] Ma, 01 Oktober 2001 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:9p918i$h5brs$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dinge gaan hier by ons weer soos gewoonlik aan - mense wat met rubber koeëls
> in Mitchellsplain gepot word omdat hulle nie die munisipale werkers in hul
> huise wil toelaat nie. Die munisiplae werkers is reg aangetrek - dis net
> hulle moet die water gaan afsny - want die mense wil nie vir die water
> betaal nie.

Water is noodsaaklik. Ek voel 'n sekere hoeveelheid water, behoort
maandeliks gratis aan mense verskaf word.

>
> Die Walvisfees in Hermanus is al weer aan die gang - hierdie hele week tot
> volgende Sondag.
> Blykbaar is daar hierdie jaar so baie walvisse en kalfies in die water, dat
> die arme walvisroeper - Wilson Salukazana - met sy horing rondloop sonder om
> dit te gebruik:))

Seker omdat daar nie plek is nie. Hoe groot is die horing? ;))

> Die rede hoekom mense na die walvisfees gaan is om te kom spog hoe lank dit
> hulle geneem het om terug Kaap toe te ry:))
> Met die WKB wat vandag in werking tree, hoor ek verlede week dat 42% van die
> huise in Hermanus te koop aangebied word - nogal teen vreeslike afslagpryse.
> Die mense van VSA, UK en Europa kon 'n lekker vet slag geslaan het - veral
> noudat die dollar al R9 kos, en die pond R13.25.
>
> Verlede naweek was ons by die Clivia-skou in Kirstenbosch - die eerste prys
> het gegaan aan 'n gele wat kersregop 3 voet in die lug staan.
> Clivias moet 7 pare blare hê voordat dit begin blom.
> Dus, onthou, volgende keer as jy 'n plant koop, tel eers die blare.
>
> Saterdag en Sondag was daar 'n sjokoladefees in Franschhoek. Ek het
> natuurlik genoeg geproe sodat ek 'n volle aand soet was:)))
> Die sjokolade wat in SA kommersieel gemaak word, het tot 45% persent meer
> vet en olie in as die wat in België, Switserland en daardie lekker
> sjokolademekkas gemaak word. Van die redes is is dat dit goedkoper is, maar
> die ander rede is is om die sjokolade langer hul vorm hier in SA te kan hou.
> Die pedigree sjokolade smelt te gou in ons hitte.

Self met erge hitte het ons nog nooit 'n probleem met enige sjokolade gehad
nie. Ons eet dit te gou. Saam met my twee dogters is ons volslae
sjokoliste.

>
> Oral blom die blomme in die Kaap, en blommefeeste is aan die orde van die
> dag. Gister een by die Velodrome in Bellville ( as julle nie weet nie, vra).
> Daar sien ek toe pers boontjies - iemand dit al gesien of geëet?

As jy nou praat van groenbone (pers-groenbone?), ek het dit die eerste keer
in 1980's rond geëet en sodra dit gekook word proe dit dieselfde as die
gewone groenbone.

Shannon
>
> Sodra ek die program van die opelugmusiekkonserte in Kirstenbosch kry - sal
> ek julle laat weet.
> Annette
>
Re: Nuus 1/10 [boodskap #50939 is 'n antwoord op boodskap #50935] Ma, 01 Oktober 2001 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kekkelbek - dit word al klaar gedoen.
Ons almal kry 'n sekere hoeveelheid water gratis, en vir die res moet daar
betaal word.
Daar word buitekrane opgerig vir diegene wiw se water in die huis afgesny
word.
Mens moet tog iets betaal vir die gerief om die kraan in jou huis oop te
draai.
>
> Water is noodsaaklik. Ek voel 'n sekere hoeveelheid water, behoort
> maandeliks gratis aan mense verskaf word.
Re: Nuus 1/10 [boodskap #50940 is 'n antwoord op boodskap #50932] Ma, 01 Oktober 2001 10:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> "> > die arme walvisroeper - Wilson Salukazana - met sy horing rondloop sonder
> om
>> dit te gebruik:))
>
> Seker baie mans wat daardie probleem het...
>
Nie as jy betaal word om jou horing te gebruik nie:)))
Ons praat nou van 'n bamboeshoring;))

>> Met die WKB wat vandag in werking tree, hoor ek verlede week dat 42% van die
>> huise in Hermanus te koop aangebied word - nogal teen vreeslike afslagpryse.
>
> Wat's die WKB?
Ok Koek!! Disleksie is my voorland!! Jammer.
Kapitaalwinsbelasting - KWB.
Van vandag af is die wins wat mense maak op kapitaaltransaksies belasbaar -
dit was nie voorheen so nie - ( belasbaar -ons praat nou van die gewone
belastingbetaler - nie mense wat spekuleer nie - hulle moes nog altyd betaal
het)
>
>> Verlede naweek was ons by die Clivia-skou in Kirstenbosch - die eerste prys
>> het gegaan aan 'n gele wat kersregop 3 voet in die lug staan.
>> Clivias moet 7 pare blare hê voordat dit begin blom.
>
> Kan jy beskryf hoe 'n Clivia lyk? Het dit 'n gewone, common naam?
Nou vra jy 'n verkeerde mens - ek noem alle blomme bleddiehoulas. Op pad na
die uitstalling kom daar juis 'n tannie met 'n Clivia wat sy gekoop het
verbygestap, en ek sê toe dis 'n mooi bleddiehoula - toe sê sy, dit is nie
'n gladiola nie, dis 'n clivia:)))
Man, die blomme groei in sulke trosse - gewoonlik oranje - in 'n kelkievorm.
Die geles is glo die nuwe gier - die sade is maklik om uit te ken - die
oranjes het rooi saaddoppe en die geles geel saaaddoppe. Mens moet glo die
saadjies uit die dop haal, en dan is daar 'n vliesie wat mens moet aftrek -
hulle vertel ons met moet die vliesie afwas in sunlightseepwater om seker te
maak die saad is heeltemal skoon voordat jy dit in die vuil grond sit:))
>
>> Daar sien ek toe pers boontjies - iemand dit al gesien of geëet?
>
> Praat jy dalk hier van die donkerrooi kidney beans? Of van groenbone wat
> nou pers lyk?
>
Nee man - soos ons groenboontjies .
Selfde vorm en lengte net soos die gewone groenboontjie - maar dis pers.
Daar is geles ook - ek het gedog dit was die groenes wat 'n bietjie te min
son gekry het;)))
>
>> Annette
>
> Dankie, Annette!
Plesier ou dier:))
Annette

>
Re: Nuus 1/10 [boodskap #50976 is 'n antwoord op boodskap #50932] Ma, 01 Oktober 2001 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9p918i$h5brs$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>
> die arme walvisroeper - Wilson Salukazana - met sy horing rondloop sonder om
> dit te gebruik:))

Seker baie mans wat daardie probleem het...

> Met die WKB wat vandag in werking tree, hoor ek verlede week dat 42% van die
> huise in Hermanus te koop aangebied word - nogal teen vreeslike
afslagpryse.

Wat's die WKB?

> Verlede naweek was ons by die Clivia-skou in Kirstenbosch - die eerste prys
> het gegaan aan 'n gele wat kersregop 3 voet in die lug staan.
> Clivias moet 7 pare blare hê voordat dit begin blom.

Kan jy beskryf hoe 'n Clivia lyk? Het dit 'n gewone, common naam?

> Daar sien ek toe pers boontjies - iemand dit al gesien of geëet?

Praat jy dalk hier van die donkerrooi kidney beans? Of van groenbone wat
nou pers lyk?

> Annette

Dankie, Annette!
Re: Nuus 1/10 [boodskap #50984 is 'n antwoord op boodskap #50939] Di, 02 Oktober 2001 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Annette. Nou ja, waaroor "moan" die mense dan, nê?

Annette skryf in boodskap news:9p99ft$h8l2s$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Kekkelbek - dit word al klaar gedoen.
> Ons almal kry 'n sekere hoeveelheid water gratis, en vir die res moet daar
> betaal word.
> Daar word buitekrane opgerig vir diegene wiw se water in die huis afgesny
> word.
> Mens moet tog iets betaal vir die gerief om die kraan in jou huis oop te
> draai.
>>
>> Water is noodsaaklik. Ek voel 'n sekere hoeveelheid water, behoort
>> maandeliks gratis aan mense verskaf word.
>
Clivia Miniata [boodskap #51020 is 'n antwoord op boodskap #50976] Di, 02 Oktober 2001 21:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
me : Kan jy beskryf hoe 'n Clivia lyk? Het dit 'n gewone, common naam?

Wouter :
Hier is 'n goeie foto van 'n clivia miniata :
http://www.docum.com/jardin/0_clivia.htm

In Kanada en die VSA noem hulle dit blykbaar 'n Kaffer Lily,
jy moet hulle aanpraat, Gloudina :-)

In SA is ons meer sensitief en word die 'n boslelie genoem.
Maar meer dikwels net Clivia.

##############

Van 'n klaarblyklik Kanadese site
http://www.blankees.com/house/plants/k_lily.htm

Common names : Kaffir Lily
Botanical name : Clivia miniata
Poisonous parts : Roots

Notes
Kaffir lily contains small amounts of the alkaloid lycorine. Large
quantities must be ingested to cause symptoms of toxicity. General symptoms
of poisoning are collapse, diarrhea, paralysis, salivation, vomiting.

Kaffir's produce a beautiful cluster of tubular orange flowers with yellow
throats. If the flowers are pollinated they each produce a cherry sized,
green berry which slowly turns red over many weeks.

Kaffir's are an easy to care for plant which tolerates typical house hold
conditions. Although good lighting is required for bloom, non-blooming
plants are still visually interesting. They sucker readily so sharing with
friends is easy. No wonder these plants are so popular as houseplants!

*************

Van 'n VSA site:
http://www.ces.ncsu.edu/depts/hort/consumer/poison/Clivimi.h tm

Scientific Name : Clivia miniata
Common Name : Clivia, Kaffir lily

Characteristics:
Family Amaryllidaceae
Plant Description
Herbaceous perennial, essentially stemless; leaves strap-like and basal;
flowers small, 6-parted, the lobes longer than the tube, broadly
funnel-shaped, golden yellow, orange, or scarlet with yellow throat; fruit a
red berry.
Origin : S. Africa.
Where Found : Houseplant or interiorscape.
Mode : Ingestion.
Poisonous Part : All parts.
Symptoms : Salivation, nausea, vomiting, and diarrhea; paralysis if large
amounts ingested.
Toxic Principle : Alkaloids.
Severity : TOXIC ONLY IF LARGE QUANTITIES EATEN.

#################

SA bron :
http://www.plantzafrica.com/plantcd/cliviaminiata.htm

Clivia miniata [Lindl.] Regel
Family: Amaryllidaceae
Common names: Bush lily (English); Boslelie (Afrikaans); umayime (Zulu)

Clivia- after the Duchess of Northumberland, Lady Charlotte Clive who first
cultivated and flowered the type specimen in England.

miniata - colour of red lead - referring to the flowers.

The world's love affair with South Africa's clivia began in the 1800's when
specimens were sent back to England from Kwazulu-Natal. In Victorian times
this beautiful plant was very popular for indoor use in England and Europe.
The discovery of the yellow flowered Clivia miniata (C. miniata var.
citrina) in the late 1800's fuelled an interest which still persists today.

Part of the fascination has been with the breeding of clivia, both between
the four species (C. nobilis, C. gardenii, C. caulescens, C. miniata ) and
between forms and colours within the species. Breeders select for specific
traits in each generation which produces pronounced qualities such as huge,
broad petalled flowers, red, yellow or apricot coloration, broad leaves, fan
shaped leaf arrangement, variegation, dwarfism and many others.
Internationally, the most advanced breeding of Cliva is happening in the Far
East, most notably Japan.

Clivia miniata is a clump forming perennial with dark green, strap shaped
leaves which arise from a fleshy underground stem. The flowering heads of
brilliant orange (rarely yellow), trumpet shaped flowers appear mainly in
spring (August to November) but also sporadically at other times of the
year. The deep green shiny leaves are a perfect foil for the masses of
orange flowers.

Clivia are endemic to southern Africa, meaning that they do not occur
naturally anywhere else in the world! The wild bush lily grows in the
forests of Kwazulu-Natal, Eastern Cape, Mpumalanga and Swaziland. The
habitat may vary from subtropical coastal forest to ravines in high altitude
forest. The bush lily grows in dappled shade, often in large colonies. The
soil is well drained and humus rich. Occasionally they may be found growing
in the fork of a tree.

Sadly in many areas colonies of wild bush lilies have been destroyed by
harvesting for traditional medicine and also by plant collectors. The
rhizomes are reportedly extremely toxic but are used medicinally for various
purposes.

Growing Clivia miniata

Clivia miniata is easily cultivated and very rewarding. It should be planted
in dappled shade, (they are sensitive to sunlight and will burn easily) in
well composted soil. This will also help with soil water retention during
dry periods. The plants should be watered regularly during the summer months
which is their growing season. Watering can be reduced during winter and the
plants will tolerate fairly long dry periods. Bush lilies are spectacular
container subjects. They should be grown in a well drained potting medium
which has plenty of compost added. This will also ensure good aeration which
is another of their requirements. Clivia respond well to feeding in the
summer months, either with slow release fertiliser included in the potting
mix or with a good liquid feed. Beds of established clivia can be given a
granular fertiliser such as 3:1:5 or 2:3:2 and will benefit from a thick
layer of organic mulch such as well rotted compost, annually.

The bush lily is frost tender and may be damaged if in a position that is
exposed, to cold winds especially. It takes a long time for the damage to
grow out if this happens, so it is best to select a sheltered site.

Clivia miniata can be propagated by seed or by removing suckers. The fruits
are bright orange when ripe (or golden in the case of the yellow flowered
plants). The pulp should be removed from the seed when you are ready to sow
. The seeds are large with a pearly sheen and should be sown fresh for best
results. (Remember to wash your hands very well after cleaning the seed.)
Sow the seed in deep trays in sifted seedling mix which has been sterilised.
Simply press the seeds gently into the mix until they are almost flush with
the surface. The medium should be kept moist but since the seeds take a long
time to germinate (four to six weeks), keep an eye out for algal growths on
the surface which will deprive the germinating seeds of oxygen. They may
remain in the trays for up to two years before they are large enough to
plant on.

Large clumps can be split up using two forks to lever them apart or
individual plants can be removed using a clean, sharp spade. These plants
may not flower for a couple of seasons after splitting. This method of
propagation is a reliable method of obtaining plants which are true to
colour which is a problem when using seed. A yellow clivia will not
necessarily yield yellow seedlings!
Re: Clivia Miniata [boodskap #51021 is 'n antwoord op boodskap #51020] Di, 02 Oktober 2001 21:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> In Kanada en die VSA noem hulle dit blykbaar 'n Kaffer Lily,
> jy moet hulle aanpraat, Gloudina :-)
>
> http://www.blankees.com/house/plants/k_lily.htm
>
> Kaffir's are... easy to care for
>
> Clivia miniata can be propagated ... by removing suckers.

Nee, Wouter, hoekom moet ek hulle aanpraat? Ons Noord-Amerikaners weet wat ons
doen. Kaffir's are
easy to care for. Mens remove net die suckers.

Gloudina

>
Re: Clivia Miniata [boodskap #51023 is 'n antwoord op boodskap #51020] Di, 02 Oktober 2001 22:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek het gaan kyk, Wouter, dankie! Pragtige blomme - lyk of mens hulle as
potplant kan kry? Ek sal nou moet gaan soek...

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3bba2b27.0@news1.mweb.co.za...

> Wouter :
> Hier is 'n goeie foto van 'n clivia miniata :
> http://www.docum.com/jardin/0_clivia.htm
>
Re: Clivia Miniata [boodskap #51030 is 'n antwoord op boodskap #51023] Wo, 03 Oktober 2001 03:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Me - die goed is duur as dit al klaar blom. Dus as jy 'n geduldige mens is ,
sal ek jou aanbeveel om 'n plantjie te koop wat nog nie blom nie - dit is
baie goedkoper.
Vanaf ontkieming tot by die blom stadium neem dit 3.5 jaar .
Die plante is nog redelik goedkoop hier - R120 vir een wat al blom -
blykbaar is dit in Japan en VSA vreeslik gesog en baie duur.
O Ja - definiteif 'n potplant. As dit in die grond geplant word, dan gaan al
die groeikrag af na die wortels toe, en jy sal tot in lengte van dae wag vir
'n blom.
Sodra my PC probleme opgelos is, sal ek vir jou 'n foto stuur van die
weninskywing.
Annette

> Ek het gaan kyk, Wouter, dankie! Pragtige blomme - lyk of mens hulle as
> potplant kan kry? Ek sal nou moet gaan soek...
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3bba2b27.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Wouter :
>> Hier is 'n goeie foto van 'n clivia miniata :
>> http://www.docum.com/jardin/0_clivia.htm
>>
>
Re: Clivia Miniata [boodskap #51064 is 'n antwoord op boodskap #51030] Do, 04 Oktober 2001 06:07 Na vorige boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9pe14i$hrhes$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Me - die goed is duur as dit al klaar blom. Dus as jy 'n geduldige mens is ,
> sal ek jou aanbeveel om 'n plantjie te koop wat nog nie blom nie - dit is
> baie goedkoper.

Geduldig? Ekke? Ongelukkig nie een van mt karaktertrekke nie... Maar ek
sil mooi probeer.

> Sodra my PC probleme opgelos is, sal ek vir jou 'n foto stuur van die
> weninskywing.
> Annette
>

Sal dit waardeer! Kry my adres by die ander groep of by Danielle
Vorige onderwerp: Tolla oorlede in kar ongeluk
Volgende onderwerp: Nuus 16/10
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:31:01 MGT 2024