Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoera vir New Zealand
Hoera vir New Zealand [boodskap #50915] So, 30 September 2001 13:06 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Vanoggend vertel een van my susters vir my nou 'n ding:
Een van haar vriendinne het 'n paar jaar gelede na New
Zealand gegaan omdat haar man daar kontrakwerk doen
as rekenaarskundige. Iemand in Suid-Afrika kry toe vir
haar 'n kredietkaart en stuur dit in die pos aan haar. Maar
iemand in die poswese steel dit en koop $30,000 se goed
op die kaart voor hulle dit agterkom en die kaart stop.
Dis egter iemand in die poswese in New Zealand, want al
die dinge wat daarmee gekoop is, is in NZ gekoop.Tot
dusver weier die bank om vir die gesteelde goed te betaal.
Nouja, ek kan nie verstaan hoekom iemand in SA die
kaart daar moes koop nie (seker een van hierdie spesiale
soorte kaarte wat orals floreer). Dieselfde vriendin kom
ook nog gereeld na SA vir mediese aandag, want sy het
aangehou om haar betalings aan 'n mediese fonds in SA te
maak en dis glo te duur in NZ.
So alles is nie maneskyn en rose vir dié mense wat so
gou na 1994 die land verlaat het omdat hulle gedink het
alles is op die afdraande pad nie. Ek dink hierdie mense
(wat gelukkig ouerig is en nie meer kinders in die huis
het nie) is nou al keelvol vir NZ, en sal graag terug wil kom,
maar kan dit op die oomblik nie bekostig nie.

Gloudina
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #50920 is 'n antwoord op boodskap #50915] So, 30 September 2001 17:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[5]  is tans af-lyn  Koos[5]
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek moet net sê dat ek kans sien vir WWIII vanuit die nuwe SA alhoewel WWIII
totaal ongewens is. Ons is miskien big shots in Afrika maar vir die res van
die 1ste wêreld is ons maar peanuts. Dus is daar nie baie om te bereik om
die suidpunt van Afrika binne te val nie. Ek dink ook verder dat ons
huidiglik deur die pyne van die uiteindelike SA gaan want soos in meeste
stelsels het ons van die een uiterste na die ander oorgehel (kyk maar na die
waarde van die Rand). Ek sien Aids as die groot gelykmaker en emmigrasie na
die ander lande as die kompenseerder. Die wat nou agterbly gaan mekaar moet
aanvaar en dinge maak werk. My bottomline is en was nog altyd dat politici
laer as die skaduwee van haaistront is.
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #50926 is 'n antwoord op boodskap #50920] So, 30 September 2001 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 30 Sep 2001 19:41:36 +0200, "Koos" wrote:

> . Ons is miskien big shots in Afrika maar vir die res van
> die 1ste wêreld is ons maar peanuts.

Jy sien SA werklik as 'Eerste Wêrelds' Koos?

DD
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #50946 is 'n antwoord op boodskap #50915] Ma, 01 Oktober 2001 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Ek dink hierdie mense
> (wat gelukkig ouerig is en nie meer kinders in die huis
> het nie) is nou al keelvol vir NZ, en sal graag terug wil kom,
> maar kan dit op die oomblik nie bekostig nie.

He he - met die rand/dollar nou op R9,00/$ kan enigiemand die plek
bekostig - dit is nou behalwe ons afrikane natuurlik :}
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #50955 is 'n antwoord op boodskap #50926] Ma, 01 Oktober 2001 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, op 'n navraag moes ek toe uitvind dat ons nooit eerste wêrelds was
nie - 'n wensdenkery van die politici. En as julle wonder wat van die Tweede
wêreld geword het - hulle het verdwyn - en is julle bewus daarvan daar
bestaan 'n vierde wêreld?
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:lmtert4th5dlksdrv809q7rtvf0hhjhm5n@4ax.com...
> On Sun, 30 Sep 2001 19:41:36 +0200, "Koos"
> wrote:
>
>> . Ons is miskien big shots in Afrika maar vir die res van
>> die 1ste wêreld is ons maar peanuts.
>
> Jy sien SA werklik as 'Eerste Wêrelds' Koos?
>
>
> DD
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #50956 is 'n antwoord op boodskap #50946] Ma, 01 Oktober 2001 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lou, as jy wil op datum bly met die geldkoers, sal jy elke 10 minute moet
skryf:))) - is dat nie al R9.03 nie?
Van dinge wat vinnig verander gepraat - ons was mos vies vir Swissair omdat
hulle hul vlugte na ons opgeskort het - nou sien ons hulle is ook bankrot.
Een van die dae is dit nog net SAL wat rondvlieg op ons
ondersteuningsgeld:)))
Annette

>>
>> Ek dink hierdie mense
>> (wat gelukkig ouerig is en nie meer kinders in die huis
>> het nie) is nou al keelvol vir NZ, en sal graag terug wil kom,
>> maar kan dit op die oomblik nie bekostig nie.
>
> He he - met die rand/dollar nou op R9,00/$ kan enigiemand die plek
> bekostig - dit is nou behalwe ons afrikane natuurlik :}
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #50982 is 'n antwoord op boodskap #50956] Di, 02 Oktober 2001 05:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
R9.

R9.07 en die einde is blykbaar nie in sig nie - die wereld hou nog asem
op ...

Annette wrote:
>
> Lou, as jy wil op datum bly met die geldkoers, sal jy elke 10 minute moet
> skryf:))) - is dat nie al R9.03 nie?
> Van dinge wat vinnig verander gepraat - ons was mos vies vir Swissair omdat
> hulle hul vlugte na ons opgeskort het - nou sien ons hulle is ook bankrot.
> Een van die dae is dit nog net SAL wat rondvlieg op ons
> ondersteuningsgeld:)))
> Annette
>
>>>
>>> Ek dink hierdie mense
>>> (wat gelukkig ouerig is en nie meer kinders in die huis
>>> het nie) is nou al keelvol vir NZ, en sal graag terug wil kom,
>>> maar kan dit op die oomblik nie bekostig nie.
>>
>> He he - met die rand/dollar nou op R9,00/$ kan enigiemand die plek
>> bekostig - dit is nou behalwe ons afrikane natuurlik :}
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #50997 is 'n antwoord op boodskap #50982] Di, 02 Oktober 2001 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Huh uh, ek het nou net gaan kyk, hy staan nou op R9.13508.

:-)
________________________________________________
"Lou"
> R9.
>
> R9.07 en die einde is blykbaar nie in sig nie - die wereld hou nog asem
> op ...
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #51000 is 'n antwoord op boodskap #50997] Di, 02 Oktober 2001 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder of die Conradies weer die skuld gaan kry :-)))))))
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #51003 is 'n antwoord op boodskap #50982] Di, 02 Oktober 2001 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink ons ekonome moet nou begin anders dink ( change the mindset) - al
hulle redes. hoekoms en waarom nie's werk nie. Ek hoor vandag dat tot
Zimbabwe se geldeenheid teen die Rand verstewig het.!!!
Dus, ons mense praat onsself nog al die jare die verkeerde goed in die kop.
Om net die kop ongelowig te skud werk nie meer nie.
Dit lyk asof net ons Rand van sentiment afhanklik is - by al die ander
geldstelsels werk harde, koue, ekonomiese feite glo.
Annette

Lou skryf in boodskap news:3BB9516E.6A8C4C6F@lous.zzn.com...
> R9.
>
> R9.07 en die einde is blykbaar nie in sig nie - die wereld hou nog asem
> op ...
>
> Annette wrote:
>>
>> Lou, as jy wil op datum bly met die geldkoers, sal jy elke 10 minute moet
>> skryf:))) - is dat nie al R9.03 nie?
>> Van dinge wat vinnig verander gepraat - ons was mos vies vir Swissair omdat
>> hulle hul vlugte na ons opgeskort het - nou sien ons hulle is ook bankrot.
>> Een van die dae is dit nog net SAL wat rondvlieg op ons
>> ondersteuningsgeld:)))
>> Annette
>>
>>>>
>>>> Ek dink hierdie mense
>>>> (wat gelukkig ouerig is en nie meer kinders in die huis
>>>> het nie) is nou al keelvol vir NZ, en sal graag terug wil kom,
>>>> maar kan dit op die oomblik nie bekostig nie.
>>>
>>> He he - met die rand/dollar nou op R9,00/$ kan enigiemand die plek
>>> bekostig - dit is nou behalwe ons afrikane natuurlik :}
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #51004 is 'n antwoord op boodskap #50997] Di, 02 Oktober 2001 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink jy alweer laat Max - nog voordat jy die stuur knoppie van jou
boodskap kan druk is die prys alweer op:))
Annette

Max skryf in boodskap news:9pc40a$ot7$1@azure.nl.gxn.net...
> Huh uh, ek het nou net gaan kyk, hy staan nou op R9.13508.
>
> :-)
> ________________________________________________
> "Lou"
>> R9.
>>
>> R9.07 en die einde is blykbaar nie in sig nie - die wereld hou nog asem
>> op ...
>
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #51005 is 'n antwoord op boodskap #51000] Di, 02 Oktober 2001 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Moet wees :)))))
Ons ekonomiese dood het mos nou 'n naam: Conradie:))
Hoe sal ons nou sê - Ons is alweer in die Conradie?
Die Rand het vandag alweer 'n Conradie gevat?
Die Conradies hou aan val?
:))))

--
is.co.za...
> Ek wonder of die Conradies weer die skuld gaan kry :-)))))))
>
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #51009 is 'n antwoord op boodskap #50915] Di, 02 Oktober 2001 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Dus, ons mense praat onsself nog al die jare die verkeerde goed in die kop.
> Om net die kop ongelowig te skud werk nie meer nie.
> Dit lyk asof net ons Rand van sentiment afhanklik is - by al die ander
> geldstelsels werk harde, koue, ekonomiese feite glo.

Kan dit ook wees dat dit die Amerikaanse dollar
is wat so sterk is, nog so sterk is selfs na September
11, dat dit al die ander stelsels in die stof laat staan?
Op een stadium was die Kanadese dollar meer werd
as die Amerikaanse dollar (in die middel van die 60's.)
Nou sukkel ons so tussen 62 en 64 Amerikaanse sent
op ons dollar. En dit in 'n tyd wat Kanada nog effens
van 'n ekonomiese boom gehad het, voor September 11.

Gloudina
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #51011 is 'n antwoord op boodskap #51003] Di, 02 Oktober 2001 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sentimente se turf man. As jy nie onder andere stabiliteit in jou omgewing
het nie (Zim) en jy kan nie jou kriminele beheer nie en jy kry nie produksie
vir jou salarisrand nie, is jy geteel.

"Annette" skryf in boodskap news:9pcc7s$hnj4i$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek dink ons ekonome moet nou begin anders dink ( change the mindset) - al
> hulle redes. hoekoms en waarom nie's werk nie. Ek hoor vandag dat tot
> Zimbabwe se geldeenheid teen die Rand verstewig het.!!!
> Dus, ons mense praat onsself nog al die jare die verkeerde goed in die kop.
> Om net die kop ongelowig te skud werk nie meer nie.
> Dit lyk asof net ons Rand van sentiment afhanklik is - by al die ander
> geldstelsels werk harde, koue, ekonomiese feite glo.
> Annette
>
> Lou wrote in message
> news:3BB9516E.6A8C4C6F@lous.zzn.com...
>> R9.
>>
>> R9.07 en die einde is blykbaar nie in sig nie - die wereld hou nog asem
>> op ...
>>
>> Annette wrote:
>>>
>>> Lou, as jy wil op datum bly met die geldkoers, sal jy elke 10 minute moet
>>> skryf:))) - is dat nie al R9.03 nie?
>>> Van dinge wat vinnig verander gepraat - ons was mos vies vir Swissair omdat
>>> hulle hul vlugte na ons opgeskort het - nou sien ons hulle is ook bankrot.
>>> Een van die dae is dit nog net SAL wat rondvlieg op ons
>>> ondersteuningsgeld:)))
>>> Annette
>>>
>>>> >
>>>> > Ek dink hierdie mense
>>>> > (wat gelukkig ouerig is en nie meer kinders in die huis
>>>> > het nie) is nou al keelvol vir NZ, en sal graag terug wil kom,
>>>> > maar kan dit op die oomblik nie bekostig nie.
>>>>
>>>> He he - met die rand/dollar nou op R9,00/$ kan enigiemand die plek
>>>> bekostig - dit is nou behalwe ons afrikane natuurlik :}
>
Die Rand (van Bankrotskap) [boodskap #51016 is 'n antwoord op boodskap #51003] Di, 02 Oktober 2001 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Ek dink ons ekonome moet nou begin anders dink ( change the mindset)
- al hulle redes. hoekoms en waarom nie's werk nie.

Wouter
Ekonome bepaal nie die prys van die Rand nie, hulle het ongeveer geen
invloed daaroor nie. Die mark bepaal dit en ekonome neem normaalweg nie deel
aan die mark nie.

Annette
Ek hoor vandag dat tot Zimbabwe se geldeenheid teen die Rand verstewig
het.!!!

Wouter
Zim se geldeenheid is onverhandelbaar en die prys word deur hulle sentrale
bank gemanipuleer. Probeer egter Zim dollars teen die amptelike koers
verkoop, dit sal nie werk nie. Die swarmarkkoers is baie laer.

Annette
Dus, ons mense praat onsself nog al die jare die verkeerde goed in
die kop. Om net die kop ongelowig te skud werk nie meer nie.
Dit lyk asof net ons Rand van sentiment afhanklik is - by al die ander
geldstelsels werk harde, koue, ekonomiese feite glo.

Wouter
Nee, nee, nee.
Die Rand, net soos enige ander verhandelbare geldeenheid, se prys hang van
net een ding af. Vraag vs aanbod. Sentiment, persepsies, vertroue en
ekonomiese werklikhede beïnvloed die aanvraag en die aanbod, net soos vir
elke ander geldeenheid. In die opsig is daar geen verskil tusssen die Rand
en die VSA dollar nie. Oor die langer termyn het ekonomiese werklikhede
verreweg die grootste invloed op enige geldeenheid, die ander faktore se
effek is almal korttermyn.
Re: Hoera vir New Zealand [boodskap #51022 is 'n antwoord op boodskap #51011] Di, 02 Oktober 2001 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Sakkie - ek sien jy gebruik die nuwe woorde wat ons geleer het baie
goed:)))
Annette

stabiliteit in jou omgewing
> het nie (Zim) en jy kan nie jou kriminele beheer nie en jy kry nie produksie
> vir jou salarisrand nie, is jy geteel.
>
> "Annette" wrote in message
> news:9pcc7s$hnj4i$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek dink ons ekonome moet nou begin anders dink ( change the mindset) - al
>> hulle redes. hoekoms en waarom nie's werk nie. Ek hoor vandag dat tot
>> Zimbabwe se geldeenheid teen die Rand verstewig het.!!!
>> Dus, ons mense praat onsself nog al die jare die verkeerde goed in die kop.
>> Om net die kop ongelowig te skud werk nie meer nie.
>> Dit lyk asof net ons Rand van sentiment afhanklik is - by al die ander
>> geldstelsels werk harde, koue, ekonomiese feite glo.
>> Annette
>>
>> Lou wrote in message
>> news:3BB9516E.6A8C4C6F@lous.zzn.com...
>>> R9.
>>>
>>> R9.07 en die einde is blykbaar nie in sig nie - die wereld hou nog asem
>>> op ...
>>>
>>> Annette wrote:
>>>>
>>>> Lou, as jy wil op datum bly met die geldkoers, sal jy elke 10 minute moet
>>>> skryf:))) - is dat nie al R9.03 nie?
>>>> Van dinge wat vinnig verander gepraat - ons was mos vies vir Swissair omdat
>>>> hulle hul vlugte na ons opgeskort het - nou sien ons hulle is ook bankrot.
>>>> Een van die dae is dit nog net SAL wat rondvlieg op ons
>>>> ondersteuningsgeld:)))
>>>> Annette
>>>>
>>>> > >
>>>> > > Ek dink hierdie mense
>>>> > > (wat gelukkig ouerig is en nie meer kinders in die huis
>>>> > > het nie) is nou al keelvol vir NZ, en sal graag terug wil kom,
>>>> > > maar kan dit op die oomblik nie bekostig nie.
>>>> >
>>>> > He he - met die rand/dollar nou op R9,00/$ kan enigiemand die plek
>>>> > bekostig - dit is nou behalwe ons afrikane natuurlik :}
>>
>
Plaasvark se snoet in die ekonomie. [boodskap #51034 is 'n antwoord op boodskap #51016] Wo, 03 Oktober 2001 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter, jou kennis van ekonomie is duidelik. Ek weet dit is nie 'n een reël
antwoord nie, maar wat volgens jou is die hoof rede vir die swak vertoning
van ons Rand. Party van ons lees deur Reisiger se twak so jy mag ook maar
vir ons 'n opstel skryf.
Re: Plaasvark se snoet in die ekonomie. [boodskap #51037 is 'n antwoord op boodskap #51034] Wo, 03 Oktober 2001 07:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wouter - ek wou jou twee opstelle hier plaas om jou moeite te spaar - maar
daardie hardeskyf is opgekoffie.
Dus sal ek dit VREESLIK WAARDEER as jy weer daardie twee stukke plaas, sodat
ek dit kan stoor en nie weer verloor nie.
Annette (daar - nou weet jy hoekom ek daardie stukkie geskryf het - sodat ek
jou kan vra:))))

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Sakkie skryf in boodskap news:3bbab49b$0$237@helios.is.co.za...
> Wouter, jou kennis van ekonomie is duidelik. Ek weet dit is nie 'n een reël
> antwoord nie, maar wat volgens jou is die hoof rede vir die swak vertoning
> van ons Rand. Party van ons lees deur Reisiger se twak so jy mag ook maar
> vir ons 'n opstel skryf.
>
Plaasvark en die Rand van Afrika 1 en 2 [boodskap #51052 is 'n antwoord op boodskap #51037] Wo, 03 Oktober 2001 16:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie : wat volgens jou is die hoof rede vir die swak vertoning van ons
Rand..... mag ook maar vir ons 'n opstel skryf.

Annette - ek wou jou twee opstelle hier plaas om jou moeite te spaar

Wouter :
Ek moet dit net eers duidelik stel dat ek nie 'n ekonoom is nie. En trots is
daarop :-)

Daar was 4 opstelle, hier is nommers 1 en 2.

Nommer 1 was na aanleiding van 'n vraag oor hoe 'n mens die persepsies
rondom die Rand omdraai, hoe benader 'n mens die saak positief?.

********* 1 **********

Daar is nie eintlik iets wat jy kan doen om hierdie persepsies om te draai
nie, ons doen klaar die groot dinge reg. Ons betalingsbalans, ens. regverdig
'n baie sterker Rand.

Dit gaan eerder oor wat jy nie doen nie en oor 'n redelike lang typerk ook.

Soos om nie bure soos Zimbabwe te hê nie of hulle dan minstens op meriete te
behandel (Ek sien die regering het hulle pas aangespreek omdat hulle nie die
boere beveilig soos wat hulle ooreengekom het nie).

Soos om nie strooi oor vigs te praat nie, ens ens. En om nie valutabeheer te
hê nie.

Ek glo die Rand is nie op 'n een-rigting "slide" nie. Maar op watter vlak hy
sy stabiliteit gaan kry weet ek nie. Dit kan selfs op 'n sterker vlak as die
huidige R9 per $ wees.

Op korttermyn kan die Rand verbeter. Daar is klaarblyklik baie oop
spekulatiewe posisies. Dié mense sal weer rande moet inkoop, een of ander
tyd.

(Dit was verlede week, ek voel nog onveranderd)

Nommer 2 was kort daarna, in reaksie op 'n vraag oor wat met die rand
aangaan

********* 2 **********

My gevoel is dat die Rand verswak ten spyte van die terreur-aanslag
en nie as gevolg daarvan nie. Om dieselfde ou redes, Zimbabwe, valutabeheer,
uitsprake rondom die rassismekongres, vigs, ens. Dus oor persepsies. Tito
Mboweni se uitsprake oor onpatriotiese witmense wat valutabeheer afgeskaf
wil hê sodat hulle vir Perth kan inpak gaan ook nie die proses vergemaklik
nie.

Ons kan dalk binnekort ons geldeenheid die Rand van Bankrotskap noem.

Ek verstaan darem (maar het nie probeer kontroleer nie) dat sommige
geldeenhede in Suid Amerika (en Australië of NZ?) swakker as die Rand gevaar
het. Maar dit verklaar myns insiens ook nie veel nie.

Wat vir my wel betekenisvol is dat ons beurs vanjaar baie beter (lees baie
minder swak) as die VSA-beurs vaar. Dis hoog tyd dat die relatiewe waarde in
ons beurs raakgesien word.
Plaasvark en die Rand van Afrika 3 [boodskap #51053 is 'n antwoord op boodskap #51052] Wo, 03 Oktober 2001 16:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Iemand het gevra hoekom die Rand aanhoudend swak bly. Volgens
Deutsche Bank se SA makelaarsafdeling (volledige berig hier onder)
is die Reserwebank se beleid om Dollars te koop wanneer die
Rand sterk is 'n belangrike rede daarvoor.

Vroeër is die groot ongedekte tekort aan buitelandse valuta
(die sg NOFP) as 'n rede vir die Rand se daling beskou. Die rede
vir die groot Dollar-aankope is juis om die NOFP te verklein.

Ek verstaan wat Deutsche Securities hier sê, maar hulle uitspraak is vir my
'n totale verassing.

'n Mens moet ook in gedagte hou dat 'n swak Rand baie voordele het. Dit
maak plaaslike besighede meer kompeterend, stimuleer uitvoere en omdat meer
mense binnelands koop (as gevolg van duur ingevoerde goedere) stimuleer dit
die ekonomie en veral werkskepping.

Deutsche lambastes the Reserve Bank
By: Mboniso Sigonyela
Posted: 2001/09/27 Thu 17:00 | © Moneyweb 1997-2001

Deutsche Securities is probably the first institution to voice its
disagreement with governor Tito Mboweni's policies. In a document
intended for its clients, Deutsche blames the central bank's activities
in the foreign exchange market as the major cause of the free fall.

The report suggests that the Bank needs to review its intervention
policy on the foreign exchange market, as its one-sidedness has
resulted in the currency's one-way slide. The Rand's fall is more
than most emerging market currencies, the report says.

Before the events of 11 September, the rand had lost more than 8%
against a trade-weighted basket of currencies. Since then it has lost
another 8%. Against the dollar it dropped from R8.45 to today's
(Thursday) R8.99. Deutsche Securities says the decision taken to
purchase foreign currency inflows outside the market was to
prevent the rand appreciating artificially.

Although it was not usual among emerging market currencies, it
seemed like a reasonable argument when the rand was stable.
"However, over time, it has become apparent that the chief result
has been that South Africa does not get the benefit of large foreign
inflows - but has to suffer the effects of outflows."

"This asymmetrical effect has been one of the reasons for the build-up
of sentiment that says the rand always depreciates," the report adds.

The Reserve Bank has bought in excess of $20bn worth of inflows
over the last two years. Deutsche says it is impossible to quantify
the effect the inflows would have had on the Rand, had they been
allowed into the market. "But it is almost certain that the Rand
would have been significantly stronger."

Although Deutsche believes it would not be of economic benefit for
the bank to interfere as a buyer of Rands in the market, it says the
Bank's buying of dollars to reduce the Net Open Foreign Currency
Position contributes to the perception that there is always a net
buyer of dollars.

"Permanent damage has been done to the absolute level of the
Rand and any appreciation that might happen once the NOFP
is unwound will be off an eroded base," the report concludes.

The report accuses the central bank of misleading the market
with its claims of non-intervention. "They are not strictly true,
by buying dollars SARB intervenes, but on one side of the market."
Plaasvark en die Rand van Afrika 4 [boodskap #51054 is 'n antwoord op boodskap #51052] Wo, 03 Oktober 2001 16:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die berig hier onder vat al die persepsies oor die Rand goed saam.
Dis taamlik lank, maar ek kan dit nie sinvol verkort nie.

Ek haal wel een sin aan :
ABSA's Chris Hart says the Rand is seen as a proxy for Africa.
"It is tradable and speculators love that."

Die sin verklaar dalk baie van die Rand se probleme.

How the Rand has held up to African currencies
By: Mboniso Sigonyela
Posted: 2001/09/27 Thu 11:29 | © Moneyweb 1997-2001

The Rand seems to have tested new lows against the British Pound and the US
Dollar virtually on a daily basis since the terror attacks on the United
States, just over two weeks ago. On Thursday the currency, plumbed new
depths, dropping as low as R8.99 to the American unit and R13.25 to
sterling. At this rate, it's possible that the South African currency could
end the week below R9 to the dollar.

Several explanations are being given as to the reasons for the troubles. No
analyst is able to identify internal factors for the currency's massive
losses. Their suggestions range from the Zimbabwean crisis and the South
African government's response to it, Thabo Mbeki's contradictory stance on
HIV/AIDS, and the flight from uncertain emerging markets to safer havens.
Lately, the World Trade Centre attacks in New York, and the assault on the
Pentagon in Washington DC have been cited as reasons why investors are
removing money from emerging markets and investing in first world economies.

Until recently, many of the Rand's woes were ascribed to its exposure to a
basket of international currencies, the biggest component of which is the
Euro. But, as RMB Chief Investment strategist Wayne McCurrie observed on
Wednesday, now that the Euro is gaining, the Rand's weakness is harder to
explain.

Surprisingly, some currencies in the SADC region have performed relatively
well against the US dollar in comparison the rand. According to Standard
Bank's SADC Exchange Rate Monitor, other currencies have had a better run
against the US dollar. The Malawian and Zambian Kwacha gained almost 20% to
the dollar between January and August, while the Seychelles Rupee
appreciated by 10.5% over the same period.

While the Rand as the most easily traded currency in Africa has been
hammered over the past two years, the virtually non-existent Congo franc
leads the way with losses exceeding 400% in the first nine months of this
year. The ZAR before the New York disaster had lost about 11% to the dollar
for the year.

The usually stable Botswana Pula has been dragged lower by its exposure to
the Rand. The Pula lost only 6% to the dollar in the first 8 months of 2001
and Standard Bank blames the high weighting of the rand in the basket of
currencies used to determine its value for some of that loss.

Economists say comparing the rand against SADC currencies may be unfair.
"South Africa is the largest economy in Africa with highly developed
financial markets. This resulted in a very high turnover enabling players to
move in and out freely," says the author of Standard Bank's report Henry
Flint.

Flint says in other countries like Uganda, where the Shilling has gained
more than 50% to the Rand, has had Central Bank intervention in the foreign
exchange market. "They can get away with it because the forex market is
pretty small. But for South Africa such an attempt would be frowned upon by
the market and would wipe out our reserves within two days," he warns.

ABSA's Chris Hart says the Rand is seen as a proxy for Africa. "It is
tradable and speculators love that." He believes that most appreciations in
Africa are not significant because they come from a very low base and are
not backed by fundamentals. The Zambian quacha for instance may have risen
from around 600 to 400 to the rand but moving your investments there would
be a silly thing to do."

That currency is fragile and is more prone to shocks than the rand, he says.

Economists believe that the Pula is probably the most stable currency, if
one considers fundamentals, in the region. Because of Botswana's diamond
exports, there is a healthy current account balance and foreign reserve
position, Hart says.

Although guarding the currency is generally regarded as one of the major
tasks of a central banker, South African economists say they cannot fault
governor Tito Mboweni. Luckily for him this happens when there is a
deflationary trend in global economies so it will not affect his inflation
targets. "In any case he has no reserves to interfere in the market," says
Hart.
Re: Plaasvark en die Rand van Afrika 4 [boodskap #51057 is 'n antwoord op boodskap #51054] Wo, 03 Oktober 2001 17:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Wouter, ek sal dit weerens sinvol wegsit, hopelik die keer op 'n plek
wat nie in die niet sal verdwyn nie.
Annette

> skryf in boodskap news:3bbb40e4.0@news1.mweb.co.za...
> Die berig hier onder vat al die persepsies oor die Rand goed saam.
> Dis taamlik lank, maar ek kan dit nie sinvol verkort nie.
>
> Ek haal wel een sin aan :
> ABSA's Chris Hart says the Rand is seen as a proxy for Africa.
> "It is tradable and speculators love that."
>
> Die sin verklaar dalk baie van die Rand se probleme.
>
Re: Plaasvark en die Rand van Afrika 3 [boodskap #51066 is 'n antwoord op boodskap #51053] Do, 04 Oktober 2001 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
>
> Iemand het gevra hoekom die Rand aanhoudend swak bly. Volgens
> Deutsche Bank se SA makelaarsafdeling (volledige berig hier onder)
> is die Reserwebank se beleid om Dollars te koop wanneer die
> Rand sterk is 'n belangrike rede daarvoor.
>
> Vroeër is die groot ongedekte tekort aan buitelandse valuta
> (die sg NOFP) as 'n rede vir die Rand se daling beskou. Die rede
> vir die groot Dollar-aankope is juis om die NOFP te verklein.
>
> Ek verstaan wat Deutsche Securities hier sê, maar hulle uitspraak is vir my
> 'n totale verassing.
>
> 'n Mens moet ook in gedagte hou dat 'n swak Rand baie voordele het. Dit
> maak plaaslike besighede meer kompeterend, stimuleer uitvoere en omdat meer
> mense binnelands koop (as gevolg van duur ingevoerde goedere) stimuleer dit
> die ekonomie en veral werkskepping.

Een van die groot probleme met die aanhoudende ingryping deur die SARB
is dat hulle brandstof verskaf aan die spekuleerders wat dan geld maak
uit die skommeling in die Rand - om dus die Rand sy eie vlak te laat
vind kan dalk op die langer duur die rand ook bevoordeel.
Re: Plaasvark en die Rand van Afrika 4 [boodskap #51091 is 'n antwoord op boodskap #51066] Vr, 05 Oktober 2001 08:46 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Lou
Een van die groot probleme met die aanhoudende ingryping
deur die SARB is dat hulle brandstof verskaf aan die spekuleerders
wat dan geld maak uit die skommeling in die Rand - om dus die Rand
sy eie vlak te laat vind kan dalk op die langer duur die rand ook
bevoordeel.

Wouter
Dit sou beslis beter wees, Lou. Die SARB se destydse pogings om die Rand te
ondersteun het beperk en net op korttermyn gewerk. Wanneer die sluise
oopgebars het, het die Rand dan net verder gedaal as wat dit dalk sonder
inmenging sou doen.

Maar anders as in die ou dae is dit wel deesdae die SARB se beleid om nie in
te meng nie. Maar daar is baie druk om die sogenaamde NOFP (Net Open Foreign
Position) te verklein ('n nalatenskap wat geërf is), juis omdat hierdie
groot NOFP vertroue ondermyn en opsigself tot 'n swakker Rand aanleiding
gee. Omdat staatsbesteding ingekort en belastinginvordering verbeter is, is
daar nou ook die vermoë om dollars te koop om die NOFP te verklein.

Ek reken dus hierdie "inmenging" om dollars te koop kon nie vermy word nie.
En dit sal gelukkig ook nie vir altyd aanhou nie. As dit verby is is dit
verby. Maar met die geskiedenis van inmenging en die feit dat ons Afrika se
enigste werklik verhandelbare geldeenheid het, gaan ons die skyf van
spekulante bly. Spekulante gee natuurlik nie om of die Rand verswak of
verbeter nie, hulle maak in albei rigtings ewe veel geld. Hulle is belangrik
vir die mark, jy wil hulle ook nie wegwens soos die politici graag doen nie.

As die persepsies oor SA (en Afrika?) eendag omgeswaai kan word, sal die
spekulante die Rand ewe lustig opjaag. There lies the rub.

Dalk is dit ook nie so moeilik nie, die persepsies hoef net minder sleg te
wees as wat dit nou is, dan sal die onderliggende gesonde ekonomiese
situasie spekulante baie versigtiger maak om 'n posisie teen die Rand te
neem. En valutabeheer moet afgeskaf word, almal sal bang wees vir die Rand
solank die swaard van valatubeheer-afskaffing oor hom hang.
Vorige onderwerp: Re: Pipes
Volgende onderwerp: 'n Seksistiese een vir die dames
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 18:02:18 MGT 2024