Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina en die hangballas
Gloudina en die hangballas [boodskap #50765] Wo, 26 September 2001 09:44 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
GGONES
Wonder jy hoekom ons nie sommige van jou bruin broers en susters op hierdie
nuusgroep sien nie?

Wouter
Hier word periodiek naakte rassistiese uitsprake gemaak - dis noodwendig dat
'n kleurling nie hier gemaklik sal wees nie. Met grappe oor peper,
hangpramme of hangballas het dit min of niks te maak nie.

GGONES
En die "grappie" van die tannie met die hangpramme.
Ek dink nie dis OK nie. Ek dink dit is seksisties

Wouter
Maar jy het teen al die ander grappe uitgevaar en dus implisiet
te kenne gegee dat jy meer gemaklik is hiermee. Met jou aanhoudende
gesoek na 'n rassis binne in elke storie wat nie leliewit is nie, stuur
jy die boodskap uit dat seksisme meer aanvaarbaar as rassisme is.

GGONES
Hoekom hoor mens nie grappies oor ou ooms met hangballas
nie, hê, Wouter Plaasvark. Vertel dit vir my.

Wouter
Nee ek weet nie. Ek gee op, vertel jy my maar. :-)
Dalk omdat ou ooms se hangballas nie so opmerklik is nie?
Nou dat ek daaraan dink, ek het nog nooit iemand se hangballas gesien nie,
kan ek aflei dat daar so iets in jou familie is? Of waar sou jou intense
belangstelling hierin vandaan kom?
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50773 is 'n antwoord op boodskap #50765] Wo, 26 September 2001 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter
> Maar jy het teen al die ander grappe uitgevaar en dus implisiet
> te kenne gegee dat jy meer gemaklik is hiermee. Met jou aanhoudende
> gesoek na 'n rassis binne in elke storie wat nie leliewit is nie, stuur
> jy die boodskap uit dat seksisme meer aanvaarbaar as rassisme is.
>

O nee. Jy is nie lank genoeg op hierdie nuusgroep nie.
Ek val baie keer seksistiese grappe aan. Maar ek maak
nie kommentaar op alles wat ek hier lees nie. En in
hierdie geval het ek ongeveer gewag (a) dat Shannon, nou
Kekkelbek sal reageer,. (b) hoe ander vroumense op hierdie
nuusgroep sal reageer. My stilte is somtyds 'n "trap", ou
Wouter.

Gloudina
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50774 is 'n antwoord op boodskap #50765] Wo, 26 September 2001 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Nou dat ek daaraan dink, ek het nog nooit iemand se hangballas gesien nie,
> kan ek aflei dat daar so iets in jou familie is? Of waar sou jou intense
> belangstelling hierin vandaan kom?

Wys net hoe 'n naiewe en onervare oom jy werklik is. Nognooit in plekke gewees
waar mense kaal swem nie?

Gloudina
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50784 is 'n antwoord op boodskap #50765] Wo, 26 September 2001 14:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> (b) hoe ander vroumense op hierdie
> nuusgroep sal reageer. My stilte is somtyds 'n "trap", ou
> Wouter.
>
> Gloudina

Ek's jammer , Gloudina, maar ek's seker 'n slegte mens, want ek kan amper
met elke grap lag en ek's mal oor galgehumor.
Ek het geen probleem daarmee dat Hollanders en Franse grappe oor Belge maak
nie - ons vertel ook grappe oor Hollanders.
Ek kyk elke dag na 'n program op die Franse televisie (France2) 'Pyramide'
en een van die aanbieders is 'n pragtige, swart jong vrou. Sy is baie snaaks
en ook baie mooi ! Almal is mal oor haar (ek ook !), maar die ander
aanbieders terg haar gereeld, selfs oor haar intelligensie. Sy kan altyd
gevat antwoord en sy lag saam. Ek dink as jy g'n komplekse het nie en jy
weet wat jy werd is, dan kan mense maar grappe vertel oor 'jou groep', of
dit nou Belge, of swartes, of vroue, of enigiets anders is. Ek het g'n enkel
probleem daarmee nie. Ek dink as mense 'n bietjie meer met mekaar oor mekaar
se 'snaaksighede' sou lag, dat daar seker minder misverstande en selfs
oorloe sou wees. As ons onsself as té belangrik begin te beskou en nie meer
kan lag as ander mense lag nie, dan vergroot ons net die afstand tussen die
andere en ons.

Ek verklaar dus hardop : ek's fier ek is 'n (al 'n bietjie ou) vrou en 'n
Belg en 'n eks-Afrikaan en alles wat ek is en julle mag maar grappe oor my
vertel :-)))).

Groete,
Hilda.
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50787 is 'n antwoord op boodskap #50784] Wo, 26 September 2001 15:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda en Gervaas" skryf in boodskap news:KZls7.72434$6x5.15873301@afrodite.telenet-ops.be...
>
>> (b) hoe ander vroumense op hierdie
>> nuusgroep sal reageer. My stilte is somtyds 'n "trap", ou
>> Wouter.
>>
>> Gloudina
>

> Hilda:
> Ek dink as jy g'n komplekse het nie en jy
> weet wat jy werd is, dan kan mense maar grappe vertel oor 'jou groep', of
> dit nou Belge, of swartes, of vroue, of enigiets anders is.

Sakkie:
Pragtig Hilda, ek dink jy het die kruks van die saak hierbo beet.
Dit is die "g'n komplekse" gedeelte wat by party mense kortkom.
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50788 is 'n antwoord op boodskap #50765] Wo, 26 September 2001 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hilda en Gervaas wrote:

> . Ek dink as jy
> weet wat jy werd is, dan kan mense maar grappe vertel oor 'jou groep',
> As ons onsself as té belangrik begin te beskou en nie meer
> kan lag ... dan vergroot ons net die afstand tussen die
> andere en ons.
>

Dis alles goed en wel. Maar in die nie te verre verlede
nie het sommige van die "Kleurlinge" in SA begin sê,
wie dink "hulle" is ons? Hulle maak ons in "hul" grappe
uit as gammatjies, en hoere by die dokke en plaas-
arbeiders, en ons is professore en joernaliste en digters
en suksesvolle besigheidsmense. Hoekom dink jy
verkies so baie "kleurlinge" in SA om "swart"
genoem te word. Hoekom dink jy Adam Small weier
om Afrikaans te praat, al word hy deur Afrikanets as
'n Afrikaanse digter beskou? Hoekom dink jy so baie
bruin mense stem vir die ANC? In hierdie draad gaan
dit nie oor of iemand 'n sin vir humor het nie. In hierdie
draad gaan dit nie oor of iemand 'n grap kan vat of nie. In
hierdie draad gaan dit oor die inhoud van die Afrikaner-
psige. En as iemand met Afrikaner-bloed voos plekke
daarin ontdek, maak hy dit sy werk om dit uit te wys
en te probeer uitsny. As jy as Belg wat vroeër in die
Kongo gebly het, mense in België hoor sê dat alle swartes
agterlik en immoreel is, sal jy nie ook billik ontstoke wees
en die waarheid probeer verdedig nie?

Gloudina
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50794 is 'n antwoord op boodskap #50765] Wo, 26 September 2001 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> ek het nog nooit iemand se hangballas gesien nie, kan ek aflei
> dat daar so iets in jou familie is? Of waar sou jou intense
> belangstelling hierin vandaan kom?

Gloudina
Wys net hoe 'n naiewe en onervare oom jy werklik is.
Nog nooit in plekke gewees waar mense kaal swem nie?

Wouter
O nou verstaan ek. Dis waar jou belangstelling vandaan kom.
Jy swem kaal om te kyk hoe hangballas dryf.
Klink vir my effe pervers :-(

Of is dit om na te vors waar die ander betekenis van ballas
vandaan kom, soos in 'n skip se ballas?
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50797 is 'n antwoord op boodskap #50765] Wo, 26 September 2001 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> As jy as Belg wat vroeër in die
> Kongo gebly het, mense in België hoor sê dat alle swartes
> agterlik en immoreel is, sal jy nie ook billik ontstoke wees
> en die waarheid probeer verdedig nie?

> Gloudina

Natuurlik sal ek dit doen en ek het dit al gedoen (alhoewel ek moet sê dat
swartes in België goed aanvaard word - mense van Arabiese afkoms het meer
probleme).
Maar dit het niks met grappe te doene nie. 'n Grap is 'n grap - bedoel om
mense te laat lag, om die lewe aangenamer en ligter te maak.
Toe ons (nou vandag net 10 jaar gelede) uit Kongo moes wegvlug, het ons een
nag in die huis van 'n Belgiese weermag kolonel deurgebring. Ons was seker
60 mense daar wat alles agtergelaat het en wat nie geweet het wat die
toekoms vir hulle sou bring nie. Wel, ons het die hele nag lank grappe
vertel. Die mees onwaarskynlike en absurde grappe en ons het trane gelag ...
net om (onbewus) die omstandighede te versag .

Ek stem saam dat jy nie vir enigiemand enige grap kan vertel nie. Soos
Arthur vroeër geskryf het : jy moet dit 'n bietjie aanvoel. Maar ek is 'n
voorstander van grappe, alle grappe, oor enige onderwerp.

Dalk is 'n nuusgroep soos hierdie een nie die geskikte 'plek' om grappe te
vertel nie. Persoonlik het ek g'n probleme daarmee nie, alhoewel ek moet
erken dat ek self g'n rassistiese of tendensieuse grap op die internet sal
plaas nie - behalwe as dit oor Hollanders handel, natuurlik :-))).

Groete,
Hilda.
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50798 is 'n antwoord op boodskap #50765] Wo, 26 September 2001 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
GGONES: Hoekom dink jy Adam Small weier om Afrikaans te praat, al word hy
deur Afrikanets as 'n Afrikaanse digter beskou?

Wouter : Dis 'n direkte leuen. Hy het een hele aand wat ek in sy geselskap
was geen woord anders as Afrikaans gepraat nie. (Hy het wel uit protes
vroeër sy kinders in Engels groot gemaak) Soos so baie van jou ander
uitbarstings, is hierdie een ook op 'n heel ander tydvak van toepassing. Jy
moet 'n slag kom kyk wat hier aangaan, Gloudina. Sodat jy van jou een snaar
kan afklim. En beskaafd kan saamgesels

GGONES
Hoekom dink jy so baie bruin mense stem vir die ANC?

Wouter
Dis eerder 'n wonder dat, minstens in die Wes-Kaap, die meerderheid nie vir
die ANC stem nie. Hulle is ook deur apartheid getref, nes die swart
bevolking. En die ANC is die sg. bevryder. Maar ek het regtig gedink dat jy
dit reeds weet.

GGONES
In hierdie draad gaan dit nie oor of iemand 'n sin vir humor het nie.
In hierdie draad gaan dit nie oor of iemand 'n grap kan vat of nie.
In hierdie draad gaan dit oor

Wouter
Dis jou siening. Maar het jy al een oomblik daaraan gedink dat dit vir die
res van ons (behalwe dalk Ferdi) wel daaroor gaan? Hierdie draad het met 'n
grap begin, al verstaan jy dit klaarblyklik nie. Waar kom jy vandaan dat jy
jou die reg wil toeëien om te besluit waaroor dit gaan, net omdat jy
klaarblyklik nie humor kan snap nie?
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50802 is 'n antwoord op boodskap #50797] Wo, 26 September 2001 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hilda schreef...
> Dalk is 'n nuusgroep soos hierdie een nie die geskikte 'plek' om grappe te
> vertel nie. Persoonlik het ek g'n probleme daarmee nie, alhoewel ek moet
> erken dat ek self g'n rassistiese of tendensieuse grap op die internet sal
> plaas nie - behalwe as dit oor Hollanders handel, natuurlik :-))).

OK, jy het daarom gevra!

(verskoon die swak vertalings) ....


Waarom is malhuise (gekkenhuizen) in België nie oordek nie?
Dan sou mens heel België moet oordek.

'n Belg het 'n nuwe vliegtuig ontwikkel. 'N elektronies vliegtuig. Dit vlieg
fantasties net die verlengsnoer is nog nie lang genoeg nie...

'N Belg besproei sy tuin. Sy vrou sê: as jy vinnig is kan jy klaar wees vir
dit begin te reën.

Wit of bruin vra 'n bakker aan 'n Belg. Maak nie saak nie, dis mos vir 'n
blinde.

Hoe vang 'n Belg 'n vlieg? Hy jaag hom op die solder en vat die ladder weg.

Twee Belge het fietse gehuur. Plots stap één van die Belgen af, en hy laat
uit beide bande lug ontsnap. "Wat doen jy nou?" vra die ene Belg. Sê die
ander: "Ja, my saël is 'n bietjie te hoog."

Daar is groot baklei tusse 'n aantal jongs teënoor die lyceum in Brussel.
Twee jongs word vrot geslaë. Vervolgens kom die Belgiese Rykswag met twee
man. Vra die één aan die ander: `Weet jy eintlik hoe mens lyceum
skryf?´ -`.............Weet jy,´ sê die andere Rykswagter, `ons sleep hulle
na die Grote Markt!´

Daar gaan 'n Belg na Afrika en hy neem almal fotoos van diere. Dan kom hy
terug in Belgie en dink: "Hier ken ons daardie diere nie". Dus besluit hy om
een lesing te gaan hou oor al sy fotoos. Dus maak hy 'n groot bordjie "A.S.
VRYDAG, LESING OOR AFRIKAANSE DIERE. KOM ALMAL". Die hele saal is vol. Die
belg begin en sê: "Sien, hierdie dier het lang mane, 'n lang steert en skerp
tande. En hulle noem dit 'n dangeroe". Die publiek: "Goh, 'n dangeroe!!. Die
ken ons hier nie." Hy vat die volgende foto en sê: "Sien, hierdie dier het
'n stokkie en 'n steertjie en hulle noem dit 'n dangeroe". Die publiek:
"Goh, 'n dangeroe!!. Die ken ons hier nie." Dan vat hy die volgende foto en
sê: "Sien, hierdie dier het baie groot ore, 'n lang slurf en hy is nog nooit
by die tandarts gewees nie en hulle noem hom 'n dangeroe". Die publiek:
"Goh, 'n dangeroe!!. Die ken ons hier nie." As die lesing afgeloop is, is
daar 'n Belg wat dink: "Enigiets is nie in orde nie". Hy weet net nie wat
nie. Dus gaan hy na die Belg wat in Afrika gewees is en vra: Hoe kan dit:
Die eerste dier was 'n dangeroe, die tweede was 'n dangeroe en die derde was
'n dangeroe. Dan sê die Belg: "ja ek ging na 'n reservaat en daar was 'n
groot bord: "All animals dangeroes".

Twee Belge beklim 'n berg. Plotseling gly die een uit en val in 'n kloof.
Die ander roep: 'Het jy jou beseer?' 'Nee,' is die antwoord, 'ek val nog.'

'n Belg verf sy dakgoot en telkens klim hy na beneë om sy kwas in die verf
te doop en dan klim hy weer omhoog om te verf ens. Toen kwam daar 'n
Nederlander langs, hy het blyf kyk en sê "He, waarom neem jy die pot verf
nie mee na bowe nie, dan hoef jy nie die hele tyd na omhoog en omlaag te
klim." "Nee," sê die Belg "dat kan ek nie doen nie, want dis grondverf!"

'n Belg, 'n Nederlander en 'n Fransman staan voor 'n nee-masjien. As
enigiemand iets beweer en dit is nie waar nie, dan gee die apparaat 'n piep
en dit wel waar is is daar geen piep nie. Die Fransman sê: 'Ek dink dat ek
wel 50 stokbrode kan eet.' 'Piep,' sê die apparaat. 'Nou, dan kan ek daar
wel 5 eet.' Geen piep nie. Dan sê die Nederlander: 'Ek dink dat ik wel 45
biertjies kan drink.' 'Piep,' sê die apparaat weer. 'Dan maar 9'. Daarna is
dit die Belg se beurt en hy sê: 'Ek dink...' 'Piep,' sê die apparaat.

'n Belg wil gaan vis midde in die winter. Omdat dit vries neem hy 'n byl
mee. As hy 'n poos oor die ys geloop het, stop hy en gaan hak. Dan hoor hy
'n stem: "Hier is geen vis nie." Hy kyk om maar hy sien niemand nie. Hy
besluit dan maar verder te loop. Na weer 'n poos stop hy weer en begin te
hak. Hy hoor weer 'n stem: "Hier is geen vis nie." Hy kyk om en sien niemand
nie. Hy vra: "Is daar iemand?" Geen antwoord nie. "Is dit U, God?" "Nee, ek
is die speaker van die Thialf-stadion (oordekte ysstadion)."

'n Belg is verdwaal in die woestyn en roep "Help! Help". Dan ontmoet hy 'n
andere Belg wat ook "Help! Help!" roep. Sê die 1e teë die 2e "Sal ons saam
roep?" "OK", sê di 2e. "Saam! Saam!"

'n Belgiese boer het 'n bord in sy weiland staan. Koei te koop vir
50.000,--. Ek sê hom die gaan jy nooit verkoop vir die prys nie. 'n Paar dae
later loop ek langs die weiland en die bord is weg. Ek loop na die boer en
sê hoe het jy dit gedoen?!?. 'n Stom Hollander het die koei wil ruil teen 2
kikkers van 25.000,--.

Groete,
Arthur
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50803 is 'n antwoord op boodskap #50784] Wo, 26 September 2001 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hilda, vertel ons meer van daardie Fier;)))
Annette

>> (b) hoe ander vroumense op hierdie
>> nuusgroep sal reageer. My stilte is somtyds 'n "trap", ou
>> Wouter.
>>
>> Gloudina
>
> Ek's jammer , Gloudina, maar ek's seker 'n slegte mens, want ek kan amper
> met elke grap lag en ek's mal oor galgehumor.
> Ek het geen probleem daarmee dat Hollanders en Franse grappe oor Belge maak
> nie - ons vertel ook grappe oor Hollanders.
> Ek kyk elke dag na 'n program op die Franse televisie (France2) 'Pyramide'
> en een van die aanbieders is 'n pragtige, swart jong vrou. Sy is baie snaaks
> en ook baie mooi ! Almal is mal oor haar (ek ook !), maar die ander
> aanbieders terg haar gereeld, selfs oor haar intelligensie. Sy kan altyd
> gevat antwoord en sy lag saam. Ek dink as jy g'n komplekse het nie en jy
> weet wat jy werd is, dan kan mense maar grappe vertel oor 'jou groep', of
> dit nou Belge, of swartes, of vroue, of enigiets anders is. Ek het g'n enkel
> probleem daarmee nie. Ek dink as mense 'n bietjie meer met mekaar oor mekaar
> se 'snaaksighede' sou lag, dat daar seker minder misverstande en selfs
> oorloe sou wees. As ons onsself as té belangrik begin te beskou en nie meer
> kan lag as ander mense lag nie, dan vergroot ons net die afstand tussen die
> andere en ons.
>
> Ek verklaar dus hardop : ek's fier ek is 'n (al 'n bietjie ou) vrou en 'n
> Belg en 'n eks-Afrikaan en alles wat ek is en julle mag maar grappe oor my
> vertel :-)))).
>
> Groete,
> Hilda.
>
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50804 is 'n antwoord op boodskap #50797] Wo, 26 September 2001 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hilda - hierdie ng is net die regte plek om wel grappe te vertel - dit is in
ons kultuur;))
Jy moet egter oplet die mate van steun en teenstand t.o.v. die grappe
vertel, en jy sal agterkom dat die meeste van ons hou om te lag.
Annette

--
>> As jy as Belg wat vroeër in die
>> Kongo gebly het, mense in België hoor sê dat alle swartes
>> agterlik en immoreel is, sal jy nie ook billik ontstoke wees
>> en die waarheid probeer verdedig nie?
>
>> Gloudina
>
> Natuurlik sal ek dit doen en ek het dit al gedoen (alhoewel ek moet sê dat
> swartes in België goed aanvaard word - mense van Arabiese afkoms het meer
> probleme).
> Maar dit het niks met grappe te doene nie. 'n Grap is 'n grap - bedoel om
> mense te laat lag, om die lewe aangenamer en ligter te maak.
> Toe ons (nou vandag net 10 jaar gelede) uit Kongo moes wegvlug, het ons een
> nag in die huis van 'n Belgiese weermag kolonel deurgebring. Ons was seker
> 60 mense daar wat alles agtergelaat het en wat nie geweet het wat die
> toekoms vir hulle sou bring nie. Wel, ons het die hele nag lank grappe
> vertel. Die mees onwaarskynlike en absurde grappe en ons het trane gelag ...
> net om (onbewus) die omstandighede te versag .
>
> Ek stem saam dat jy nie vir enigiemand enige grap kan vertel nie. Soos
> Arthur vroeër geskryf het : jy moet dit 'n bietjie aanvoel. Maar ek is 'n
> voorstander van grappe, alle grappe, oor enige onderwerp.
>
> Dalk is 'n nuusgroep soos hierdie een nie die geskikte 'plek' om grappe te
> vertel nie. Persoonlik het ek g'n probleme daarmee nie, alhoewel ek moet
> erken dat ek self g'n rassistiese of tendensieuse grap op die internet sal
> plaas nie - behalwe as dit oor Hollanders handel, natuurlik :-))).
>
> Groete,
> Hilda.
>
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50813 is 'n antwoord op boodskap #50802] Wo, 26 September 2001 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Waarom is malhuise (gekkenhuizen) in België nie oordek nie?
> Dan sou mens heel België moet oordek.

> Groete,
> Arthur

:-))
Hoekom is die Belge-grappe so simpel ? Sodat die Hollanders hulle kan
begryp.

Sorry, Arthurkie, jy weet ek hou van julle, Hollanders :-).

Hilda.
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50814 is 'n antwoord op boodskap #50804] Wo, 26 September 2001 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Hilda - hierdie ng is net die regte plek om wel grappe te vertel - dit is in
> ons kultuur;))
> Jy moet egter oplet die mate van steun en teenstand t.o.v. die grappe
> vertel, en jy sal agterkom dat die meeste van ons hou om te lag.
> Annette

Ja, Annette, eintlik is jy reg ! Elke volk moet sy grappe-kultuur koester -
dit hou mense gesond :-).

Hilda.
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50827 is 'n antwoord op boodskap #50765] Wo, 26 September 2001 23:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Soos agter die muur in Seepunt Wouter? :-)

Pop

skryf in boodskap news:3BB1C2E6.BD0B7434@home.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Nou dat ek daaraan dink, ek het nog nooit iemand se hangballas gesien nie,
>> kan ek aflei dat daar so iets in jou familie is? Of waar sou jou intense
>> belangstelling hierin vandaan kom?
>
> Wys net hoe 'n naiewe en onervare oom jy werklik is. Nognooit in plekke gewees
> waar mense kaal swem nie?
>
> Gloudina
>
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50828 is 'n antwoord op boodskap #50765] Do, 27 September 2001 00:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hilda en Gervaas wrote:

> Ja, Annette, eintlik is jy reg ! Elke volk moet sy grappe-kultuur koester -
> dit hou mense gesond :-).
>

Van watter volk praat jy as jy van SA praat? So jy stelvoor dat die wit
Afrikaners maar voortgaan om neerbuigende
grappe van bruin en swart mense te "koester." En die Engelse
Suid-Afrikaners neerbuigende grappe van Afrikaners te
"koester." Want dit hou hulle gesond?

Gloudina
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50830 is 'n antwoord op boodskap #50765] Do, 27 September 2001 00:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Danielle wrote:

> Lag is goeie medisyne. Peter Jennings het ook nou
> die dag vertel hoedat hulle joernaliste baie keer die eerstes is om
> grappe te vertel

Wat ek werklik skreeusnaaks vind, is dat Peter Jenningswat van Ottawa af kom, en
nooit sy hoërskool klaargemaak
het nie, nou $9, 000, 000 betaal word, en nou
die dag openlik gesit en praat het oor hoe onpresidensieel
George Bush was dat hy nie dadelik sy gesig in Washington
en New York gewys het na die WTC ramp nie. Effens
onbetaamlik vir 'n Kanadees.

Gloudina
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50833 is 'n antwoord op boodskap #50765] Do, 27 September 2001 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina - wat is skreeusnaaks?
Die feit dat hy nie sy skoolopleiding voltooi het nie?
Die feit dat hy 9 miljoen betaal word?
Die feit dat hy iets oor Bush te sê gehad het?
Hoekom is dit onbetaamlik vir 'n Kanadees?
Annette

...
Danielle wrote:

> Lag is goeie medisyne. Peter Jennings het ook nou
> die dag vertel hoedat hulle joernaliste baie keer die eerstes is om
> grappe te vertel

Wat ek werklik skreeusnaaks vind, is dat Peter Jenningswat van Ottawa af
kom, en
nooit sy hoërskool klaargemaak
het nie, nou $9, 000, 000 betaal word, en nou
die dag openlik gesit en praat het oor hoe onpresidensieel
George Bush was dat hy nie dadelik sy gesig in Washington
en New York gewys het na die WTC ramp nie. Effens
onbetaamlik vir 'n Kanadees.

Gloudina
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50834 is 'n antwoord op boodskap #50827] Do, 27 September 2001 06:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daardie muurtjie help niks as mens op 'n stoel staan met 'n verkyker nie:)))
Annette

--
.net...
> Soos agter die muur in Seepunt Wouter? :-)
>
> Pop
>
>
> skryf in boodskap news:3BB1C2E6.BD0B7434@home.com...
>> Wouter Plaasvark wrote:
>>
>>> Nou dat ek daaraan dink, ek het nog nooit iemand se hangballas gesien nie,
>>> kan ek aflei dat daar so iets in jou familie is? Of waar sou jou intense
>>> belangstelling hierin vandaan kom?
>>
>> Wys net hoe 'n naiewe en onervare oom jy werklik is. Nognooit in plekke gewees
>> waar mense kaal swem nie?
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50842 is 'n antwoord op boodskap #50802] Do, 27 September 2001 10:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Excellent, Arthur!!!

Vir die SA'ners: 'n kikker is 'n padda...
_____________________________________________________
"Arthur"
> 'n Belgiese boer het 'n bord in sy weiland staan. Koei te koop vir
> 50.000,--. Ek sê hom die gaan jy nooit verkoop vir die prys nie. 'n Paar dae
> later loop ek langs die weiland en die bord is weg. Ek loop na die boer en
> sê hoe het jy dit gedoen?!?. 'n Stom Hollander het die koei wil ruil teen 2
> kikkers van 25.000,--.
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50843 is 'n antwoord op boodskap #50765] Do, 27 September 2001 10:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Zippit, G!
__________________________________________________________

> Hilda en Gervaas wrote:
>
>> Ja, Annette, eintlik is jy reg ! Elke volk moet sy grappe-kultuur koester -
>> dit hou mense gesond :-).
>>
>
> Van watter volk praat jy as jy van SA praat? So jy stelvoor dat die wit
> Afrikaners maar voortgaan om neerbuigende
> grappe van bruin en swart mense te "koester." En die Engelse
> Suid-Afrikaners neerbuigende grappe van Afrikaners te
> "koester." Want dit hou hulle gesond?
>
> Gloudina
>
Re: Gloudina en die hangballas [boodskap #50846 is 'n antwoord op boodskap #50765] Do, 27 September 2001 11:35 Na vorige boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> Hilda en Gervaas wrote:
>
>> . Ek dink as jy
>> weet wat jy werd is, dan kan mense maar grappe vertel oor 'jou groep',
>> As ons onsself as té belangrik begin te beskou en nie meer
>> kan lag ... dan vergroot ons net die afstand tussen die
>> andere en ons.
>>
>
> Dis alles goed en wel. Maar in die nie te verre verlede
> nie het sommige van die "Kleurlinge" in SA begin sê,
> wie dink "hulle" is ons? Hulle maak ons in "hul" grappe
> uit as gammatjies, en hoere by die dokke en plaas-
> arbeiders, en ons is professore en joernaliste en digters
> en suksesvolle besigheidsmense. Hoekom dink jy
> verkies so baie "kleurlinge" in SA om "swart"
> genoem te word. Hoekom dink jy Adam Small weier
> om Afrikaans te praat, al word hy deur Afrikanets as
> 'n Afrikaanse digter beskou? Hoekom dink jy so baie
> bruin mense stem vir die ANC? In hierdie draad gaan
> dit nie oor of iemand 'n sin vir humor het nie. In hierdie
> draad gaan dit nie oor of iemand 'n grap kan vat of nie. In
> hierdie draad gaan dit oor die inhoud van die Afrikaner-
> psige. En as iemand met Afrikaner-bloed voos plekke
> daarin ontdek, maak hy dit sy werk om dit uit te wys
> en te probeer uitsny. As jy as Belg wat vroeër in die
> Kongo gebly het, mense in België hoor sê dat alle swartes
> agterlik en immoreel is, sal jy nie ook billik ontstoke wees
> en die waarheid probeer verdedig nie?
>
> Gloudina

Want hulle het 'n slegte kompleks oor wie of wat hulle nou eintlik is...
Vorige onderwerp: Gloudina oor seksisme en hangtieties
Volgende onderwerp: Waar staan SA- vra Rico
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 05:13:06 MGT 2024