Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina oor seksisme en hangtieties
Gloudina oor seksisme en hangtieties [boodskap #50757] Wo, 26 September 2001 08:00 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
GGONES
Hier het jy die perfekte antwoord vir jou argument dat swart en
bruinmense lag as jy vir hulle die grap van die black pepper vertel. Dis
presies dieselfde situasie as waaraan Shannon dink wanneer sy moet
sit en hoor hoe mans degraderende grappe oor vroumense reg voor
haar vertel, en sy is te bang om objeksie te maak ......So hangtieties
of black pepper, ou Wouter, dis ses van die een en 'n halfdosyn van die
ander.

Wouter
Gloudina, as jy dink die swart en bruinmense waarvan ek gepraat het is bang
om 'n whitey aan te vat, het jy absoluut geen clue wat hier aangaan nie. En
ek praat nou uit persoonlike ondervinding. Ek verstaan ook nou beter hoekom
jy na my gesprek met Arthur as intellektueel verwys het.

Konsentreer jy liewers op die hangpramme, is dit waarvan jy sê dat jy ses
van die een en 'n halfdosyn van die ander het?
Dit raak al beter in die "NUWE SA" [boodskap #50764 is 'n antwoord op boodskap #50757] Wo, 26 September 2001 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet julle die een vertel. Miskien sal dit vir ons nie Suid-Afrikaanse
lesers 'n bietjie lig plaas op die huidige stand in sekere kringe in ons
land. Dit is nou die kringe wat WIL saamwerk en oor die weg kom.

In 'n vergadering by 'n kliënt vanoggend. Stan, 'n swart
verrkoopsbestuurder:"Wie soek koffie" almal sê ja en Stan is uit om koffie
te maak. Tien minute later is hy terug met vyf koppies koffie. Stan wag
geduldig dat almal eers geproe het aan die koffie. Stan: "En toe, hoe proe
die koffie" Ek: "Magtag boet, jy kan maar weer maak." Stan: "Sien jy ek het
jou al lankal gesê swartmense is net goed vir kitchen boys"

Gaan ons vér linkses gou vir ons 'n sielkundige ontleding gee van hoekom
Stan sulke rassistiese grappe vertel ten koste van homself.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:9os39v$4lj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> GGONES
> Hier het jy die perfekte antwoord vir jou argument dat swart en
> bruinmense lag as jy vir hulle die grap van die black pepper vertel. Dis
> presies dieselfde situasie as waaraan Shannon dink wanneer sy moet
> sit en hoor hoe mans degraderende grappe oor vroumense reg voor
> haar vertel, en sy is te bang om objeksie te maak ......So hangtieties
> of black pepper, ou Wouter, dis ses van die een en 'n halfdosyn van die
> ander.
>
> Wouter
> Gloudina, as jy dink die swart en bruinmense waarvan ek gepraat het is bang
> om 'n whitey aan te vat, het jy absoluut geen clue wat hier aangaan nie. En
> ek praat nou uit persoonlike ondervinding. Ek verstaan ook nou beter hoekom
> jy na my gesprek met Arthur as intellektueel verwys het.
>
> Konsentreer jy liewers op die hangpramme, is dit waarvan jy sê dat jy ses
> van die een en 'n halfdosyn van die ander het?
>
Re: Gloudina oor seksisme en hangtieties [boodskap #50768 is 'n antwoord op boodskap #50757] Wo, 26 September 2001 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Konsentreer jy liewers op die hangpramme, is dit waarvan jy sê dat jy ses
> van die een en 'n halfdosyn van die ander het?

Sien, Wouter Plaasvark, in sulke stukkies skrywe ontblootjy jouself op hierdie
nuusgroep. Onthou, met elke skrywe
op hierdie nuusgroep, bou 'n mens 'n kuberindruk op in mense
se gedagtes van hoe jy is. Met elke keer wanneer jy reageer
(somtyds op 'n lokval wat vir jou gestel is) wys jy duidelik
waarvan jy eintlik aanmekaar gesit is. Die prentjie wat jy
van jouself opbou is nie vleiend nie. En ek wonder somtyds
hoekom Pop nie vir jou aanvat oor die manier waarop jy op
hierdie nuusgroep met mense praat nie. Sy is ewe vinnig om dit
met my te doen.

Gloudina
Re: Dit raak al beter in die "NUWE SA" [boodskap #50772 is 'n antwoord op boodskap #50764] Wo, 26 September 2001 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Stan wag
> geduldig dat almal eers geproe het aan die koffie. Stan: "En toe, hoe proe
> die koffie" Ek: "Magtag boet, jy kan maar weer maak." Stan: "Sien jy ek het
> jou al lankal gesê swartmense is net goed vir kitchen boys"
>
> Gaan ons vêr linkses gou vir ons 'n sielkundige ontleding gee van hoekom
> Stan sulke rassistiese grappe vertel ten koste van homself.
>

Wel, ou Sakkie, as die subtiele humor van Stan by jou
verbygegaan het, is ek jammer vir jou. As die subtiele
kommentaar sosiaal-politieke kommentaar in Stan se
opmerking by jou verbygegaan het, is ek jammer vir jou.
Dit was nie 'n grappie nie eintlik. Dit was eintlik 'n stekie.
En dit was ook 'n trap waarin jy jouself vasgeloop het.

Ek neem aan ek tel onder jou "ver-linkses." Ek is nie
ver links nie. Ek is reg. Ek is 'n regopstaande burger
van die wêreld.

Gloudina
Re: Dit raak al beter in die "NUWE SA" [boodskap #50785 is 'n antwoord op boodskap #50764] Wo, 26 September 2001 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BB1C09E.45741AFA@home.com...
Sakkie wrote:

> Gaan ons vér linkses gou vir ons 'n sielkundige ontleding gee van hoekom
> Stan sulke rassistiese grappe vertel ten koste van homself.
>

Gloudina:
Wel, ou Sakkie, as die subtiele humor van Stan by jou
verbygegaan het, is ek jammer vir jou. As die subtiele
kommentaar sosiaal-politieke kommentaar in Stan se
opmerking by jou verbygegaan het, is ek jammer vir jou.
Dit was nie 'n grappie nie eintlik. Dit was eintlik 'n stekie.
En dit was ook 'n trap waarin jy jouself vasgeloop het.

Ek neem aan ek tel onder jou "ver-linkses." Ek is nie
ver links nie. Ek is reg. Ek is 'n regopstaande burger
van die wêreld.

Sakkie:
Tannie G, jou antwoord is niks anders as wat ek
verwag het nie. Ek wou oorspronklik bysê dat
sy grappie gesorg het vir 'n baie ligter luim in 'n
andersinds ongemaklike vergadering.

In antwoord op jou plasing in die politieke spektrum.
Links, reg of regs is relatief. Met wie vergelyk jy
jouself en noem jouself reg. Osama bin Laden, Ghadaffi
Stalin? Ek is bevrees as die tannie haar vergelyk met
die gemiddelde persoon op hierdie groep moet ons sê,
vê-ê-êr links ongelukkig.
Re: Dit raak al beter in die "NUWE SA" [boodskap #50791 is 'n antwoord op boodskap #50764] Wo, 26 September 2001 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Ek is bevrees as die tannie haar vergelyk met
> die gemiddelde persoon op hierdie groep moet ons sê,
> vê-ê-êr links ongelukkig.

Interessante opmerking, Sakkie. Wouter is dus regs.Shannon is dus regs. Gids
is dus regs. Danielle is dus
regs. Swart Simon is dus regs?
Ek dink dis tyd dat jy ophou dink aan regs en links
in die politiek. Begin dink wat reg is en wat is verkeerd.
As jy dink dis reg om bruin mense te "profile" as
immoreel en agterlik in die grappies wat jy oor hulle
vertel, dan is jy welkom. In die VSA is "racial
profiling" nou 'n strafbare oortreding.

Gloudina
Re: Gloudina oor seksisme en hangtieties [boodskap #50795 is 'n antwoord op boodskap #50757] Wo, 26 September 2001 15:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
GGONES
ek wonder somtyds hoekom Pop nie vir jou aanvat
oor die manier waarop jy op hierdie nuusgroep met
mense praat nie. Sy is ewe vinnig om dit met my te doen.

Wouter
Waarskynlik omdat jy dinge uitlok en dus alles verdien
wat na jou kant toe kom. En dié op wie jy tot vervelens
toe pik nie.
Re: Dit raak al beter in die "NUWE SA" [boodskap #50807 is 'n antwoord op boodskap #50785] Wo, 26 September 2001 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Sakkie man!!! Gloudina dink sy is altyd reg - Ver REGS sou ek sê:)))
Annette

.za...
>
> skryf in boodskap news:3BB1C09E.45741AFA@home.com...
> Sakkie wrote:
>
>> Gaan ons vér linkses gou vir ons 'n sielkundige ontleding gee van hoekom
>> Stan sulke rassistiese grappe vertel ten koste van homself.
>>
>
> Gloudina:
> Wel, ou Sakkie, as die subtiele humor van Stan by jou
> verbygegaan het, is ek jammer vir jou. As die subtiele
> kommentaar sosiaal-politieke kommentaar in Stan se
> opmerking by jou verbygegaan het, is ek jammer vir jou.
> Dit was nie 'n grappie nie eintlik. Dit was eintlik 'n stekie.
> En dit was ook 'n trap waarin jy jouself vasgeloop het.
>
> Ek neem aan ek tel onder jou "ver-linkses." Ek is nie
> ver links nie. Ek is reg. Ek is 'n regopstaande burger
> van die wêreld.
>
> Sakkie:
> Tannie G, jou antwoord is niks anders as wat ek
> verwag het nie. Ek wou oorspronklik bysê dat
> sy grappie gesorg het vir 'n baie ligter luim in 'n
> andersinds ongemaklike vergadering.
>
> In antwoord op jou plasing in die politieke spektrum.
> Links, reg of regs is relatief. Met wie vergelyk jy
> jouself en noem jouself reg. Osama bin Laden, Ghadaffi
> Stalin? Ek is bevrees as die tannie haar vergelyk met
> die gemiddelde persoon op hierdie groep moet ons sê,
> vê-ê-êr links ongelukkig.
>
Re: Gloudina oor seksisme en hangtieties [boodskap #50808 is 'n antwoord op boodskap #50795] Wo, 26 September 2001 17:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Walter man!! Moenie my "game-plan" so goedsmoeds afmaak nie;)))
Annette

> GGONES
> ek wonder somtyds hoekom Pop nie vir jou aanvat
> oor die manier waarop jy op hierdie nuusgroep met
> mense praat nie. Sy is ewe vinnig om dit met my te doen.
>
> Wouter
> Waarskynlik omdat jy dinge uitlok en dus alles verdien
> wat na jou kant toe kom. En dié op wie jy tot vervelens
> toe pik nie.
>
Re: Dit raak al beter in die "NUWE SA" [boodskap #50837 is 'n antwoord op boodskap #50764] Do, 27 September 2001 07:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BB1F628.95E60879@home.com...
Sakkie wrote:

> Ek is bevrees as die tannie haar vergelyk met
> die gemiddelde persoon op hierdie groep moet ons sê,
> vê-ê-êr links ongelukkig.

Gloudina:
Interessante opmerking, Sakkie. Wouter is dus regs.Shannon is dus regs.
Gids
is dus regs. Danielle is dus
regs. Swart Simon is dus regs?

Sakkie:
Regs wanneer hulle met wie vergelyk word tannie G?

Gloudina:
Ek dink dis tyd dat jy ophou dink aan regs en links
in die politiek. Begin dink wat reg is en wat is verkeerd.

Sakkie:
Selde indien ooit is iets net reg of verkeerd. Reg of
verkeerd is ook baie keer 'n kwessie van tydsberekening.
Om 'n vyand dood te skiet gedurende oorlog is reg?
Sou jy dieselfde persoon doodskiet enige ander tyd is
dit verkeerd.

Gloudina:
As jy dink dis reg om bruin mense te "profile" as
immoreel en agterlik in die grappies wat jy oor hulle
vertel, dan is jy welkom. In die VSA is "racial
profiling" nou 'n strafbare oortreding.

Sakkie:
Tannie G, ek daag jou uit om een enkele grappie
uit enige van my vorige geskrewe oor die laaste
paar jaar te gaan uithaal waar ek neerhalend was
teenoor enige ander ras of bevolking.
Re: Dit raak al beter in die "NUWE SA" [boodskap #50839 is 'n antwoord op boodskap #50764] Do, 27 September 2001 08:35 Na vorige boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
> In die VSA is "racial
> profiling" nou 'n strafbare oortreding.
>

Dit is nou soos in Afrikaners is rassisties - sorrie kon dit nie laat
vebygaan nie. :)
Vorige onderwerp: Re: Waar staan SA- vra Rico - Koerant.jpg (0/1)
Volgende onderwerp: Gloudina en die hangballas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 01:35:49 MGT 2024