Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Antie G, die een is vir jou...
Antie G, die een is vir jou... [boodskap #50767] Wo, 26 September 2001 10:36 na volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ta' Hessie, dink jy nie dis tyd dat jy en die Oom bietjie gaan vakansie hou
nie... Die somer is besig om uit te loop en jy klink gefrustreerd. Bietjie
son sal help. Hoe lank spandeer jy eintlik per dag agter jou PC?

Seker nie te lank nie, want ek dink jy cut and paste dieselfte stukkie oor
en oor... Of is jy miskien 'n robot wat af en toe gediggies plaas, en verder
net soek vir "rassistiese" woorde en dan een of ander toesnouing genereer?

My gevoel vir almal op hierdie groep bly byna heeltyd dieselfte, maar vir
jou nie. Soms is ek gek oor jou, en spyt dat ek jou nie persoonlik ken nie,
maar ander dae gee jy my 'n kramp in die gat!
__________________________________________________________


So niks het nog verander in die elitiese breine
van die wit Bolanders nie, nê?

EN NIKS VERANDER IN DIE ELITIESE BREIN VAN GLOUDINA.
Re: Antie G, die een is vir jou... [boodskap #50776 is 'n antwoord op boodskap #50767] Wo, 26 September 2001 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> My gevoel vir almal op hierdie groep bly byna heeltyd dieselfte, maar vir
> jou nie. Soms is ek gek oor jou, en spyt dat ek jou nie persoonlik ken nie,
> maar ander dae gee jy my 'n kramp in die gat!

En, my liewe Max, jy reageer PRESIES soos wat Tannie
verwag. (En dit veroorsaak ook dat jy gereeld die nuusgroep
lees, nè?)

Tant Hessie, die bot.
Re: Antie G, die een is vir jou... [boodskap #50777 is 'n antwoord op boodskap #50767] Wo, 26 September 2001 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Ta' Hessie, dink jy nie dis tyd dat jy en die Oom bietjie gaan vakansie hou
> nie... Die somer is besig om uit te loop en jy klink gefrustreerd. Bietjie
> son sal help. Hoe lank spandeer jy eintlik per dag agter jou PC?
>

Max, die probleem is eintlik die Oom. Hy hou nie
verskriklik daarvan om van sy rekenaar weg te wees
nie. Die Oom is 'n baie snaakse oom. As hy nie sit
en Japannees leer nie, leer hy Tibetaans (Lhasa-dialek.)
En hy is so lief vir sy kleinkinders hier in Ottawa, dat
hy kla as hy hulle nie vir 'n dag of twee gesien het nie.
Maar ons sal darem een van die mooi dae vir 'n paar
dae weggaan, want die Kanadese Thanksgiving is in
die middel van Oktober, en daar sal 'n groot saamtrek
by een van ons ander kinders wees.
Hoe lank spandeer ek voor die PC? Nie te lank nie.
Ek skryf meeste van die goed op hierdie nuusgroep
vroeg in die oggend, as die Oom nog 'n slapie wil
vang en ek al op is. Onthou, ek is ses uur agter SA
en vier of vyf uur agter jou.

Tant Hessie
Re: Antie G, die een is vir jou... [boodskap #50779 is 'n antwoord op boodskap #50767] Wo, 26 September 2001 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nou's ek deurmekaar... Ek het tog al oor en oor gesê dat ek al moeg is vir
al die njap-njap oor rassisme. En die holruggeryde wit omies en
apartheidsvarke. Ek dink ek mis ook heelwat interessante staaltjies, want as
'n thread eers so begin draai (raar genoeg, draai byna almal een of ander
tyd daar - volgens my sorg jy daarvoor) dan lees ek dit nie eers verder
nie...

Wat veroorsaak dat ek gereeld die nuusgroep lees? Jy? Ek dink dit nie.
___________________________________________________________

Max wrote:
> My gevoel vir almal op hierdie groep bly byna heeltyd dieselfte, maar vir
> jou nie. Soms is ek gek oor jou, en spyt dat ek jou nie persoonlik ken nie,
> maar ander dae gee jy my 'n kramp in die gat!

En, my liewe Max, jy reageer PRESIES soos wat Tannie
verwag. (En dit veroorsaak ook dat jy gereeld die nuusgroep
lees, nê?)

Tant Hessie, die bot.
Re: Antie G, die een is vir jou... [boodskap #50780 is 'n antwoord op boodskap #50767] Wo, 26 September 2001 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Nou's ek deurmekaar... Ek het tog al oor en oor gesê dat ek al moeg is vir
> al die njap-njap oor rassisme. En die holruggeryde wit omies en
> apartheidsvarke. Ek dink ek mis ook heelwat interessante staaltjies, want as
> 'n thread eers so begin draai (raar genoeg, draai byna almal een of ander
> tyd daar - volgens my sorg jy daarvoor) dan lees ek dit nie eers verder
> nie...
>

Uit jou reaksies leer jy jouself ken.
En wees maar versekerd, my teenwoordigheid
op hierdie nuusgroep is nie om vir jou plesier
te bring nie. Ek was hier van die begin van die
geboorte van die nuusgroep af, en sal nog hier
wees lank nadat jy al opgehou het om dit te
lees.

Tant Hessie, vryheidsvegter en terroris.
Re: Antie G, die een is vir jou... [boodskap #50781 is 'n antwoord op boodskap #50767] Wo, 26 September 2001 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek word so bly as ouer mense nie bang is vir PC's nie. Ek wens so ek kan my
Pa oortuig om ook een te koop! En as mens PC's gebruik om slimmer te word is
dit nog soveel beter...

Ons is in die somertyd op dieselfte tydzone as SA en in die winter is ons
een uur agter SA.

Groete
__________________________________________________________

> Max wrote:
>
>> Ta' Hessie, dink jy nie dis tyd dat jy en die Oom bietjie gaan vakansie hou
>> nie... Die somer is besig om uit te loop en jy klink gefrustreerd. Bietjie
>> son sal help. Hoe lank spandeer jy eintlik per dag agter jou PC?
>>
>
> Max, die probleem is eintlik die Oom. Hy hou nie
> verskriklik daarvan om van sy rekenaar weg te wees
> nie. Die Oom is 'n baie snaakse oom. As hy nie sit
> en Japannees leer nie, leer hy Tibetaans (Lhasa-dialek.)
> En hy is so lief vir sy kleinkinders hier in Ottawa, dat
> hy kla as hy hulle nie vir 'n dag of twee gesien het nie.
> Maar ons sal darem een van die mooi dae vir 'n paar
> dae weggaan, want die Kanadese Thanksgiving is in
> die middel van Oktober, en daar sal 'n groot saamtrek
> by een van ons ander kinders wees.
> Hoe lank spandeer ek voor die PC? Nie te lank nie.
> Ek skryf meeste van die goed op hierdie nuusgroep
> vroeg in die oggend, as die Oom nog 'n slapie wil
> vang en ek al op is. Onthou, ek is ses uur agter SA
> en vier of vyf uur agter jou.
>
> Tant Hessie
>
Re: Antie G, die een is vir jou... [boodskap #50782 is 'n antwoord op boodskap #50767] Wo, 26 September 2001 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Soms bring jou teenwoordigheid vir my plesier... Ek weet jy's al lank hier.
________________________________________________________

Max wrote:

> Nou's ek deurmekaar... Ek het tog al oor en oor gesê dat ek al moeg is vir
> al die njap-njap oor rassisme. En die holruggeryde wit omies en
> apartheidsvarke. Ek dink ek mis ook heelwat interessante staaltjies, want as
> 'n thread eers so begin draai (raar genoeg, draai byna almal een of ander
> tyd daar - volgens my sorg jy daarvoor) dan lees ek dit nie eers verder
> nie...
>

Uit jou reaksies leer jy jouself ken.
En wees maar versekerd, my teenwoordigheid
op hierdie nuusgroep is nie om vir jou plesier
te bring nie. Ek was hier van die begin van die
geboorte van die nuusgroep af, en sal nog hier
wees lank nadat jy al opgehou het om dit te
lees.

Tant Hessie, vryheidsvegter en terroris.
Re: Antie G, die een is vir jou... [boodskap #50826 is 'n antwoord op boodskap #50767] Wo, 26 September 2001 23:24 Na vorige boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ons het altyd gesê iemand gee jou n "pyn in die onnerste
holaar." As die persoon dan protesteer dan wys jy hom
net dat "hol aar" is hollow vein, en dit is in die hart geleë.

Pop

Max skryf in boodskap news:9osb64$alr$1@azure.nl.gxn.net...
> My gevoel vir almal op hierdie groep bly byna heeltyd dieselfte, maar vir
> jou nie. Soms is ek gek oor jou, en spyt dat ek jou nie persoonlik ken nie,
> maar ander dae gee jy my 'n kramp in die gat!
> __________________________________________________________
>
Vorige onderwerp: Oopgesprek
Volgende onderwerp: Waarom?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 03:18:53 MGT 2024