Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar staan SA- vra Rico
Waar staan SA- vra Rico [boodskap #50732] Di, 25 September 2001 18:45 na volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die berig in 'n liberale, swak maar bekende dagblad (vandag se
uitgawe) sal bes moontlik jou vraag GEDEELTELIK beantwoord.

' 1000 van SA reeds gewerf om Afgane te help veg.'

Werwingspamflette word sedert Donderdag uitgedeel 'om in Afghanistan
teen teen die Amerikaners en hul bondgenote te gaan veg.'

Die regering is bewus daarvan en spreek hulle nie daarteen uit nie.
Dit word wel genoem dat hulle ontmoedig maar nie gekeer kan word nie.

DD
Re: Waar staan SA- vra Rico [boodskap #50735 is 'n antwoord op boodskap #50732] Di, 25 September 2001 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit berig laat my skrik.
En die regering doen niks daarteen nie, ons kan se, SA is pro Afganen?????

Gr.Rico

"Davie Davis" skryf in boodskap news:cpi1rtch6rpcm280fclqmek056i1skf8na@4ax.com...
>
>
> Die berig in 'n liberale, swak maar bekende dagblad (vandag se
> uitgawe) sal bes moontlik jou vraag GEDEELTELIK beantwoord.
>
> ' 1000 van SA reeds gewerf om Afgane te help veg.'
>
> Werwingspamflette word sedert Donderdag uitgedeel 'om in Afghanistan
> teen teen die Amerikaners en hul bondgenote te gaan veg.'
>
> Die regering is bewus daarvan en spreek hulle nie daarteen uit nie.
> Dit word wel genoem dat hulle ontmoedig maar nie gekeer kan word nie.
>
> DD
Re: Waar staan SA- vra Rico [boodskap #50741 is 'n antwoord op boodskap #50732] Di, 25 September 2001 23:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Rico
> Dit berig laat my skrik.
> En die regering doen niks daarteen nie, ons kan se, SA is pro Afganen?????

Danielle
Nee, Rico - ek glo nie dit is die geval nie. Laat ons eers hoor wat
het Wouter en Annette en andere wat in SA woon, te sê.
SA is mos 'n demokrasie - en as sulks het haar mense mos 'n vrye wil
en keuse, wat hulle mag beoefen soos dit hulle pas. Of hoe dan nou?
Die berig sê mos dat hulle die mense ontmoedig - om hulle te keer, sal
wees om hulle vrye keuse weg te neem - dit is 'n diktatorskap...

Wouter
Wat jy sê is in beginsel reg, Danielle, maar
* ek sou graag eers die berig wou sien, miskien kan Davie dit
volledig plaas?
* ek glo nie dat betekenisvolle getalle uit SA na Afghanistan sal gaan nie.
(daardie 1000 klink reeds dik vir 'n daalder, talk is cheap)

Wat Rico se vraag oor die SA Regering se houding oor Afghanistan betref:
Dis 'n komplekse ding, baie ANC-mense haat die VSA heimlik met 'n passie.
In die struggle is apartheid en kapitalisme gelyk gestel en die VSA
verteenwoordig vir hulle die boosste van bose kapitalistiese stelsels.
Kapitalisme is ironies steeds 'n vloekwoord vir baie van hulle, al is dit
in effek 'n groot deel van hulle ekonomiese beleid.. Die VSA se relatief
ongenaakbare houding teenoor arbeid versterk die VSA-haat.

Maar 'n betekenisvolle deel van die ANC se leiers het hierdie mentaliteit
ontgroei. Die ANC het intussen meer kapitalisties geword as wat die NP
ooit was, al erken hy dit nie so maklik nie. (Tariefbeskerming is afgeskaf,
fiskale dissipline word gehandhaaf, maatskappybelasting is verlaag,
persoonlike vryheid en demokrasie het verhoog, ens ens)

Die Regering bestaan vandag nie uit mense wat homogeen dink nie.
Daar is mense met realisme oor die VSA se rol,, maar ook ander wat
die VSA steeds met 'n passie haat. Moet dus nie verwag dat hulle met
sterk uitsprake sal kom teen mense wat hulle teen die VSA wil skaar nie.

Maar daar is ook genoeg realisme om nie as pro-terreur gesien te word nie.
Verwag dus dat daar langs diplomatieke kanale simpatieke geluide na
die VSA gemaak sal word en dat terroriste nie in SA geduld sal word nie.
Maar moet niks meer verwag nie.

Pro-Afghanistan? Nie amptelik nie, ek glo nie so nie.
Re: Waar staan SA- vra Rico [boodskap #50744 is 'n antwoord op boodskap #50732] Wo, 26 September 2001 02:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Soos ek verstaan en in die koerant hier lees, ondersteun die regering die
VSA, maar ons sal nie troepe stuur nie.
Onder die Pagad aanhangers is daar wel 'n klomp wat hulle geroepe voel om in
Afghanistan vir Bin Laden te gaan help. Hulle dra T-hemde hier waarop Bin
Laden se gesig verskyn ( of liewer, ek het 'n foto gesien waar een so 'n
hemp dra), en een of ander pro-terroristiese slagspreuk. Die hemde, volgens
hulle, verkoop glo soos soetkoek. Glo - want ek kom elke dag in die stad, en
het nog geen mens met so 'n hemp sien rondloop nie.
My gevolgtrekking is dat hulle die hempies koop om by hulle maats in tel te
wees, maar te bang is om openlik dit in die publiek te dra.
Dus, die 1000 wat glo wil gaan veg is -dink ek- Pagad ondersteuners, Ek dink
hulle moet maar gaan as hulle wil - maar dan moet ons regering dit vir hulle
bietjie baie moeilik maak as hulle wil terugkom.
Annette

...
> On Tue, 25 Sep 2001 23:36:09 +0200, "Rico"
> wrote:
>
>> Dit berig laat my skrik.
>> En die regering doen niks daarteen nie, ons kan se, SA is pro
Afganen?????
>
> Nee, Rico - ek glo nie dit is die geval nie. Laat ons eers hoor wat
> het Wouter en Annette en andere wat in SA woon, te sê. Wouter veral,
> het baie kennis oor die SA'nse regering.
> SA is mos 'n demokrasie - en as sulks het haar mense mos 'n vrye wil
> en keuse, wat hulle mag beoefen soos dit hulle pas.
> Of hoe dan nou?
> Die berig sê mos dat hulle die mense ontmoedig - om hulle te keer, sal
> wees om hulle vrye keuse weg te neem - dit is 'n diktatorskap...
>
Re: Waar staan SA- vra Rico [boodskap #50783 is 'n antwoord op boodskap #50732] Wo, 26 September 2001 14:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie regering kan nie bekostig om PAGAD, of enige terroristiese
organisasie teen te staan nie. Eenvoudig, bloot omdat die sekerheidstelsel
te swak / nie bestaande is nie.
Dis my persoonlike en eerlike mening.

"Danielle" skryf in boodskap news:rb22rt0ctrhponom5qretcchhf7d60jnrq@4ax.com...
> On Tue, 25 Sep 2001 20:45:55 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> Die berig in 'n liberale, swak maar bekende dagblad (vandag se
>> uitgawe) sal bes moontlik jou vraag GEDEELTELIK beantwoord.
>
> Ek kan nie help om te wonder of dit die Beeld was/is nie, Dave?
>
Re: Waar staan SA [boodskap #50847 is 'n antwoord op boodskap #50732] Do, 27 September 2001 11:39 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Danielle:
..die Beeld en Sunday Slimes het my nooit juis beindruk nie.
Ek het gelees, en noudat ons ook weet wat die bron is, kan mens nie
help om te wonder hoe waar dit is nie? :-)

Wouter
Ek het persoonlik min probleme met Beeld, ek beskou dit as 'n goeie
gebalanseerde koerant. Saam met Die Burger die beste Afrikaanse koerante in
die land. 'n Mens moet hulle seker maar vergewe vir sekere regstellende
aksietjies wat daar rondhang ...

Maar hier het hulle 'n effe skewe beeld geskep deur die oorpronklike berig,
wat in Die Burger verskyn het, op 'n strategiese plek te verkort. (Die res
van die berig is ongeveer net so geplaas).

Beeld het berig:
"Mnr. Paul Setsetse, woordvoerder van dr. Penuell Maduna, minister van
justisie, het gister gesê die Suid-Afrikaanse regering kan die mense wat
gewerf word ontmoedig, maar kan hulle nie keer om na Afganistan te reis
nie."

Die Burger se berig se laaste paragraaf lui:
"Mnr. Paul Setsetse, woordvoerder vir dr. Penuell Maduna, minister van
justisie, het gister gesê die Suid-Afrikaanse regering kan die mense
ontmoedig wat gewerf word, maar kan hulle nie keer om na Afganistan te reis
nie. Setsetse het in 'n verklaring gesê die wet wat para-militêre opleiding
verbied, maak alle militêre werwing in Suid-Afrika onwettig."

'n Mens sou nogal graag die oorspronklike ministeriële verklaring wou
sien, voor dit eers deur Die Burger en toe deur Beeld opgesom is.

Die werwing is dus onwettig, maar ek twyfel of die wetstoepassers
die vermoë en die politikeke wil het om daarteen op te tree. Hulle
sal waarskynlik redeneer dat hulle belangriker werk het, seker met
reg ook? 'n Paar Suid-Afrikaners wat hulle holare - dankie Pop :-)
in Afghanistan wil gaan sien is seker nie 'n groot gebeurtenis nie.

Ek reken dit is grootliks 'n publisiteitsoefening deur SA
se handjievol fanatieke Moslems. 'n Storm in 'n blikbeker.

Maar dit gesê...
Wouter het nogal die hele kwessie mooi opgesom. Het jy dit gelees?
Wat was/is jou opinie van die plaasvark se standpunte?
Annette het ook 'n goeie idee gehad - laat hulle gaan, maar stop hulle
om weer terug te keer na SA. :-)
Dit klink asof hierdie Khan persoon net probleme gaan of kan
veroorsaak vir die res van die muslim gemeente wat nie sy
"yank-bashing" passie deel nie - nog nie.
Maar soos Wouter ook verduidelik het, is dit maar 'n moeilike ding.
Al wat my net baie vies maak - is dat dieselfde mense wat so
anti-amerika is, is maar te gewillig om bakhand te staan en geld te
ontvang - selfs te EIS van Amerika. Elkgeval...

Mnr. Paul Setsetse, woordvoerder vir dr. Penuell Maduna, minister van
justisie, het gister gesê die Suid-Afrikaanse regering kan die mense
ontmoedig wat gewerf word, maar kan hulle nie keer om na Afganistan te reis
nie.

Setsetse het in 'n verklaring gesê die wet wat para-militêre opleiding
verbied, maak alle militêre werwing in Suid-Afrika onwettig.
Vorige onderwerp: Gloudina en die hangballas
Volgende onderwerp: Re: Peter Jennings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 12:13:08 MGT 2024