Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Biskop Tutu
Re: Biskop Tutu [boodskap #50577] Sa, 22 September 2001 07:25
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Danielle
Waarom dink jy Tutu is mal en fanaties? Tutu het nie net 'n
wonderlike sin van humor nie, maar is ook seker een van die
nederigste mense wat ek al ontmoet het. Wat het julle teen hom?

Wouter
Destyds het ek vir Tutu met 'n passie gehaat. Hy het 'n groot politieke rol
gespeel in die aanblaas van die sanksie-veldtog teen SA en ek het nog nooit
van predikers gehou wat terselfdertyd politiek speel nie. Dit geld regoor
die politieke spektrum. Van Boesak na Badenhorst, van Treurnicht na Tutu.

Ek het ook so 15 jaar gelede 'n byeenkoms bygewoon waar Tutu sy saak
voor 'n klomp sakemense probeer stel het en hy het in daardie geselskap
sleg tweede gekom. Hy is hoogs ontsteld en seergemaak daar weg.
Dit het destyds nie my opinie van him verander nie, maar vandag glo ek
dat wat hy daardie aand gesê het opreg was.

Ek stem dus met jou saam, Danielle. Toe die politiek in 1992 normaliseer,
het Tutu sy rug op politieke aanbiedinge gedraai en is hy terug na die
bediening toe. Dit plaas hom in 'n ander klas as die gewone politieke
dominee of die grappe wat onder politieke dekmantels opereer.
Tutu het gedoen wat hy gedoen het uit oortuiging vir die saak en
nie vir eie politieke gewin nie.

Ek reken die geskiedenis sal vir Desmond Tutu onthou as een van SA
se heel grootste seuns.

*******************************

Op 'n ander noot, ten spyte daarvan dat Gloudina en Ferdi klaarblyklik
geen toleransie het vir humor wat nie "Slegs Blankes" is nie en my dus
moontlik hieroor ook sal wil aanvat, hier is 'n ou tongue-in-cheek rympie
oor Tutu. Lees dit hardop in Engels

1 0 was a bishop
2 2 was 1 2
1 0 1 a Noble Prize
2 2 1 1 2
Vorige onderwerp: Britney Spears is in die stro...
Volgende onderwerp: TOEVALLIG, ONGELOOFLIK OF WAT??
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 21:49:49 MGT 2024