Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Loop Lig
Loop Lig [boodskap #50558] Vr, 21 September 2001 21:28 na volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit is nou 11.25nm. 'n Halfuur gelede was daar 'n harde klop
aan my agterdeur. My agterplaas is omhein met 'n 6' betonheining
en mense woon anderkant al die grense. Dit reën fyn.

Met 'n pistool in my hand het ek die agterplaas deursoek terwyl my
vrou 'n rewolwer by haar het. Daar is niemand. Ek weet van êrens
het iemand ons dopgehou. Ek het die bure geskakel en gewaarsku
en buurman sê dat hy reeds buite gaan rondkyk het na hy iets gehoor
het. En 'dankie vir die oproep want nou sal hy sy Colt gereed hou."

Ek is nie regtig bekommerd want omdat dit seker die ideale aand (en
tyd) vir inbrake is was dit seker slegs 'n toets of ons by die huis
is.

Wees maar versigtig waar julle woon.

DD
Re: Loop Lig [boodskap #50560 is 'n antwoord op boodskap #50558] Vr, 21 September 2001 22:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD ek wil se, take care en doen nie enigiets wat nie veilig is nie!!!
Ons wil jou hier nog weer wil sien skryf.

Gr,Rico
"Davie Davis" skryf in boodskap news:nhbnqtgi8n8tntfn6dd7prlpu726ju8g3i@4ax.com...
>
>
> Dit is nou 11.25nm. 'n Halfuur gelede was daar 'n harde klop
> aan my agterdeur. My agterplaas is omhein met 'n 6' betonheining
> en mense woon anderkant al die grense. Dit reën fyn.
>
> Met 'n pistool in my hand het ek die agterplaas deursoek terwyl my
> vrou 'n rewolwer by haar het. Daar is niemand. Ek weet van êrens
> het iemand ons dopgehou. Ek het die bure geskakel en gewaarsku
> en buurman sê dat hy reeds buite gaan rondkyk het na hy iets gehoor
> het. En 'dankie vir die oproep want nou sal hy sy Colt gereed hou."
>
> Ek is nie regtig bekommerd want omdat dit seker die ideale aand (en
> tyd) vir inbrake is was dit seker slegs 'n toets of ons by die huis
> is.
>
> Wees maar versigtig waar julle woon.
>
> DD
>
Re: Loop Lig [boodskap #50565 is 'n antwoord op boodskap #50558] Vr, 21 September 2001 23:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wees versigtig Davie, ek hoop dit was niks nie.

Pop

Davie Davis skryf in boodskap news:nhbnqtgi8n8tntfn6dd7prlpu726ju8g3i@4ax.com...
>
>
> Dit is nou 11.25nm. 'n Halfuur gelede was daar 'n harde klop
> aan my agterdeur. My agterplaas is omhein met 'n 6' betonheining
> en mense woon anderkant al die grense. Dit reën fyn.
>
> Met 'n pistool in my hand het ek die agterplaas deursoek terwyl my
> vrou 'n rewolwer by haar het. Daar is niemand. Ek weet van êrens
> het iemand ons dopgehou. Ek het die bure geskakel en gewaarsku
> en buurman sê dat hy reeds buite gaan rondkyk het na hy iets gehoor
> het. En 'dankie vir die oproep want nou sal hy sy Colt gereed hou."
>
> Ek is nie regtig bekommerd want omdat dit seker die ideale aand (en
> tyd) vir inbrake is was dit seker slegs 'n toets of ons by die huis
> is.
>
> Wees maar versigtig waar julle woon.
>
> DD
>
Re: Loop Lig [boodskap #50567 is 'n antwoord op boodskap #50565] Vr, 21 September 2001 23:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 21 Sep 2001 18:05:18 -0500, "pop" wrote:

> Wees versigtig Davie, ek hoop dit was niks nie.
>
> Pop
>
>
>
Dankie Pop en Rico. Dit is kalm nou en was beslis slegs mense wat wou
seker maak of ons hier is. Wanneer ligte so laat(vroeg!) steeds
brand (dis nou 1:20) word daar dikwels gedink dat die mense met verlof
is en ligte aangeskakel hou. Al wat ons in so geval doen is om die
bure te waarsku. Eem van my bure is 'n vrou wat enkel ouer is. By
haar is dinge ook wel.

Dankie en lekker slaap. Ons gesels oor 'n paar uur.

DD
Re: Loop Lig [boodskap #50572 is 'n antwoord op boodskap #50558] Sa, 22 September 2001 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Davie ja - ons is maar almal bedag - maar ek gaan definitief nie met 'n
rewolwer uitloop as ek sien 'n arme Bergie krap in die dromme rond nie - al
is dit op my eiendom waar sy/hy nie hoort nie.
Annette
--
>
> Dit is nou 11.25nm. 'n Halfuur gelede was daar 'n harde klop
> aan my agterdeur. My agterplaas is omhein met 'n 6' betonheining
> en mense woon anderkant al die grense. Dit reën fyn.
>
> Met 'n pistool in my hand het ek die agterplaas deursoek terwyl my
> vrou 'n rewolwer by haar het. Daar is niemand. Ek weet van êrens
> het iemand ons dopgehou. Ek het die bure geskakel en gewaarsku
> en buurman sê dat hy reeds buite gaan rondkyk het na hy iets gehoor
> het. En 'dankie vir die oproep want nou sal hy sy Colt gereed hou."
>
> Ek is nie regtig bekommerd want omdat dit seker die ideale aand (en
> tyd) vir inbrake is was dit seker slegs 'n toets of ons by die huis
> is.
>
> Wees maar versigtig waar julle woon.
>
> DD
>
Re: Loop Lig [boodskap #50580 is 'n antwoord op boodskap #50572] Sa, 22 September 2001 09:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 22 Sep 2001 08:53:37 +0200, "Annette" wrote:

> Davie ja - ons is maar almal bedag - maar ek gaan definitief nie met 'n
> rewolwer uitloop AS EK SIEN AS EK SIEN AS EK SIEN AS EK SIEN
> 'n arme Bergie krap in die dromme rond nie - al
> is dit op my eiendom waar sy/hy nie hoort nie.
> Annette

ja'a maar jy's 'n vroumens Annette. :)

mansmens
Re: Loop Lig [boodskap #50667 is 'n antwoord op boodskap #50580] Ma, 24 September 2001 18:11 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Reg - ek weet - ons dogtertjies speel nie kellies en kroeks van
kleinsaf nie;)))
Annette

wrote in message news:7cnoqto4hsumcasp1dlcmmk353dedjgpvh@4ax.com...
> On Sat, 22 Sep 2001 08:53:37 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Davie ja - ons is maar almal bedag - maar ek gaan definitief nie met 'n
>> rewolwer uitloop
> AS EK SIEN AS EK SIEN AS EK SIEN AS EK SIEN
>> 'n arme Bergie krap in die dromme rond nie - al
>> is dit op my eiendom waar sy/hy nie hoort nie.
>> Annette
>
>
> ja'a maar jy's 'n vroumens Annette. :)
>
>
> mansmens
>
Vorige onderwerp: Re: America: A tribute to heroes
Volgende onderwerp: Engelse is Winties!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 22:28:50 MGT 2024