Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Slawerny in Suid-Afrika
Slawerny in Suid-Afrika [boodskap #5055] Ma, 11 September 2006 15:32
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elna Boesak is tans besig met die finalisering van 'n reeks oor
slawerny in Suid-Afrika oor RSG.
Haar slawerny is bloot die van blankes wat as oor die
donker-gepigmenteredes mense.
Haar navorsing blyk ietwat gebrekkig te wees. Die swart "stamme" het
ook slawerny tooegepas - oor die boesmans (die sg. san). As u sou let
op die agterstewe van SA swart vrouens sal u sien wat ek bedoel - die
groot boude dui op vermenging tussen swart- en san-mense - die
klik-klak van die Xhosas (soortgelyk as die san/boesmans) dui ook op
hierdie vermenging ....
Volgens my (beskeie) mening was die swartes groter slawehandelaars as
die blankes.
Wat is u / die afleiding rakende swart slawehandelaars? Was dit meer
regverdig as die van die blankes?
Eienaardig dat Boesak dit probeer verswyg...
Re: slawerny [boodskap #10959 is 'n antwoord op boodskap #5055] Sa, 04 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
vygie@loxi wrote in article ...
> asar...@aol.com (ASAR2001) wrote:

> As aktiewe en uitgesproke atheis is ek van mening
> dat die kerk/christendom die gehele mensdom
> onverruklik in die verkeerde rigting van sosiale
> en geestelike ontwikkeling gestuur het.
>
> Geloof in god moedig jaloesie, rasisme, slawerny,
> seksisme en oorlogvoering aan. Hier sluit ek alle
> geloofstipes in god in, nie net christelikheid
> nie)

Hmmm.... En ateisme is hiervan (en van al die ander probleme wat jy noem)
vry, Vygie? Of sou jy wou beweer dat Hitler, Stalin & Mao enigiets behalwe
ateiste was?

> (ek aanvaar wel elke individu op eie meriete
> indien hulle glo of nie, so moet my atheisme nie
> as 'n dreigement teenoor jou persoonlike geloof
> sien nie)

Dankie jong! (:-))

Groete, Leendert
Re: slawerny [boodskap #10983 is 'n antwoord op boodskap #5055] Di, 07 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ozemail.com.au skryf:

> Moenie, omdat daar baie poepholle is/was wat dink hulle is Christene,
> vir God en die christendom gaan kwalik neem nie.
> Die meeste wreedaardighede is gepleeg deur atteiste of (Hitler,
> Stalin, Pol Pot..) of het weinig te doen gehad met die Bybelse boodskap.
> Wreedaardighede is wel dikwels gepleeg IN DIE NAAM van christendom, deur
> politici en magsugtige mense.
> My raad aan mense wat die moer in wil wees: neem eerder die mense kwalik
> wat godsdiens misbruik tot hul eie bose doel.

Liewe Galjoen,

Jy is reg. Die groot gevaar is daardie mense wat
godsdiens wil gebruik vir hulle eie bose doel.

Hoe herken 'n mens hierdie mense? Eintlik is dit
baie maklik. Hulle matig hulle die reg aan dat hulle
die eienaars van die godsdiens is. As eienaars het
hulle dus die reg om daarmee te maak wat hulle wil.

Wat is hulle bose doel? Dis altyd om ander mense
hulle eiendom te maak sodat hulle met die mense
kan maak wat hulle wil.

Hoe bied 'n mens weerstand teen hierdie mense?
S^e elke oggend aan jouself - vandag gaan ek
niemand se werfbobbejaan wees nie.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Slawerny [boodskap #11032 is 'n antwoord op boodskap #5055] Di, 14 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vygie skryf:

> Ek besef dat ek mense woedend gemaak
> het met my uitlatings, maar hoe dink julle
> voel ek soms ?

Vygie is 'n mooie blom!
die dinge wat uit haar pen uit kom
soms kruip sy uit haar bos
en maak haar penne los
al maak sy mens partykeer kwaad
saai sy meestal goeie saad
Kom vygie skryf tog weer
al is jou hartjie seer
maak almal op die nuusgroep bly
laat die bos 'n bloeisel kry

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: slawerny [boodskap #11047 is 'n antwoord op boodskap #5055] Vr, 17 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Vyg Fynbos skryf:

> Ek sien julle punt, en stem saam, tog kan
> mens nie kwalik geneem word as jy soms
> net mooi keelvol is van mense wat jou
> stomslaan met hul hipokrasie.
>
> Ek besef dat ek mense woedend gemaak
> het met my uitlatings, maar hoe dink julle
> voel ek soms ?
>
> Ek is werklik 'n uitgeworpene in my eie
> samelewing, dis nie selfbejammering nie,
> net bewustheid daarvan.

Liewe Vyg,

Baie dankie vir jou openhartige bydrae.

Moenie dink ek wil jou met die volgende kritiseer nie. Jy het
"hipokrasie" gebruik vir die Engelse woord "hypocricy". Ek weet
nie of ons 'n Afrikaanse woord vir "hipocricy" het nie. Die
grammatikale ekwivalent in Afrikaans sou "hipokrisie" wees.

In Grieks is "hypo"=onder, en "kritikos"=regter". 'n Hipokriet is
dus iemand wie se oordeel onder dit is wat dit moet wees. Met
ander woorde, 'n hipokriet se oordeel is bedenklik.

Die woord demokrasie beteken "demos"=volk en "krateo"=regeer.
Jou woord "hipokrasie" gee vir my 'n pragtige kinkel aan die
probleem - mense met 'n bedenklike oordeel wat regeer, wat ander
mense as hulle eiendom beskou, wat met ander mense maak
soos wat dit hulle pas. Met ander woorde, sulke mense is
nie net hipokriete nie, maar ook "hipokrate" ('n woord wat ek
so pas opgemaak het.) Die etimologie van die woord hipokraat is
dus 'n mens wat bedenklik regeer.

Net soos jy is ek siek en sat vir Hipokritiese Hipokrate (HH). Die
werkwyse van 'n HH is gewoonlik om 'n kaste/klasse stelsel
tot stand te bring. Die HH behoort aan een klas. Dis die klas wat
kan maak net wat hulle wil. Hulle eis dus van die ander klasse
net wat hulle wil. Verder behandel hulle party van die ander klasse
as uitgeworpenes, soos jy tereg opgemerk het.

Hoe maak van 'n mens 'n HH. Dis so goed as wat 'n mens vra wat
maak van 'n mens 'n skisofreen. Dis altyd een of ander fout in die
denkpatroon van 'n mens. Elke mens se persoonlikheid is kompleks.
'n Skisofreen is 'n mens waarvan die komplekse persoonlikheid in
los stukke gebreek het. Skisofrenie is 'n erkende geestesafwyling.
Maar HH nie omdat dit steeds in die mode is by baie mense! 'n HH
is iemand wat eksklusief dink en ander mense daarby wil betrek

Dit laat my dink aan apartheid wat deur so baie Afrikaners
ondersteun was. Die meeste van hierdie apartiste was HHs.
Apartheid is nou begrawe en al die mense van Suid Afrika het
stemreg. Maar die HHs in die politiek gaan steeds lustig voort!
Nuwe HHs het bygekom en so is word 'n nuwe stelsel van
slawerny bekook.

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: Drie Diere
Volgende onderwerp: Vlok jou ook ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:24:37 MGT 2024