Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaners in New Zealand
Afrikaners in New Zealand [boodskap #50230] Ma, 17 September 2001 11:49 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Is hier enige persone wat op die nuusgroep betrokke is wat op die staduim in
NZ woon.

Ek oorweeg dit baie sterk om volgende jaar soontoe te trek. Indien julle vir
my meer inligting kan gee tov waarvoor moet 'n persoon uitkyk ensovoorts sal
ek dit baie waardeer.

Dankie

Riaan
Re: Afrikaners in New Zealand [boodskap #50234 is 'n antwoord op boodskap #50230] Ma, 17 September 2001 12:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Riaan wrote:

> Is hier enige persone wat op die nuusgroep betrokke is wat op die staduim in
> NZ woon.
>
> Ek oorweeg dit baie sterk om volgende jaar soontoe te trek. Indien julle vir
> my meer inligting kan gee tov waarvoor moet 'n persoon uitkyk ensovoorts sal
> ek dit baie waardeer.
>

Onthou net, dit reën hier aanmekaar.

Tant Hessie van die Maoris
Re: Afrikaners in New Zealand [boodskap #50235 is 'n antwoord op boodskap #50230] Ma, 17 September 2001 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Sommer so saam met die winde van verandering het ant Hessie in die land
vannie kiewie geland. Trekvoël?

Thys wat wat wonder oor ant Hessie??
skryf in boodskap news:3BA5EB0D.885D5DD6@home.com...
Riaan wrote:

> Is hier enige persone wat op die nuusgroep betrokke is wat op die staduim in
> NZ woon.
Onthou net, dit reën hier aanmekaar.

Tant Hessie van die Maoris
Re: Afrikaners in New Zealand [boodskap #50238 is 'n antwoord op boodskap #50230] Ma, 17 September 2001 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Sommer so saam met die winde van verandering het ant Hessie in die land
> vannie kiewie geland. Trekvoël?
>

Ja, Tant Hessie is van Kandahar en van Kandahier.
Re: Afrikaners in New Zealand [boodskap #50239 is 'n antwoord op boodskap #50230] Ma, 17 September 2001 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Riaan, ek korrespondeer al 'n hele rukkie met iemand wat daarheen uitgewyk
het - as jy rêrig nêrens anders kan regkom nie, kan jy my kontak.
Die persoon het deur ernstige depressie gegaan nadat hulle NZ toe getrek
het, dus sal sy siening baie persoonlik wees.
Annette

--
> Is hier enige persone wat op die nuusgroep betrokke is wat op die staduim in
> NZ woon.
>
> Ek oorweeg dit baie sterk om volgende jaar soontoe te trek. Indien julle vir
> my meer inligting kan gee tov waarvoor moet 'n persoon uitkyk ensovoorts sal
> ek dit baie waardeer.
>
>
> Dankie
>
>
> Riaan
>
Re: Afrikaners in New Zealand [boodskap #50282 is 'n antwoord op boodskap #50239] Di, 18 September 2001 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:9o4t5k$atgeb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
Riaan, ek korrespondeer al 'n hele rukkie met iemand wat daarheen uitgewyk
het - as jy rêrig nêrens anders kan regkom nie, kan jy my kontak.
Die persoon het deur ernstige depressie gegaan nadat hulle NZ toe getrek
het, dus sal sy siening baie persoonlik wees.
Annette

Donderdag 13 Sept 2001 (19:00)

Ek en my verloofde stop voor by my prok vriend se huis in Wierdapark om ons
huweliks kontrak op te tel. Rustig klim ons uit die motor en begin die sowat
10 tree hek toe stap. Skielik uit die bloute uit hou 'n motor langs ons stil
en die deure vlieg oop. Die bestuurder sê vir my KOM HIER, KOM HIER en ek
hoor hoe 'n pistool gespan word.

Om 'n lang storie kort te maak, ons het daarin geslaag om te vlug terwyl die
persoon sy hele magasyn op ons leeg geskiet het. Dit was net genade van bo
wat gekeer het dat nie een van ons getref is nie. Op die oomblik is ons
altwee vol blou kolle, skrape en snye wat ons opgedoen het in 'n poging om
te vlug.

Ek weet mense sal se ek wil nou weghardloop uit SA uit, maar ek gee nie om
nie. Ek sal terugkom SA toe as die regering begin om die geweld in die land
ernstig op te vat, want op die oomblik dink ek hulle dink dit is alles net
'n groot grap.

Ja ek is lie vir SA en wil nie graag trek nie, maar met die wette wat op die
oomblik van so aard is dat die kak van die samelewing met alles wegkom en jy
so diep in die kak sal wees as jy jouself wil verdedig sien ek nie die punt
in om hier te wees solank dit die situasie is nie.
Re: Afrikaners in New Zealand [boodskap #50291 is 'n antwoord op boodskap #50282] Di, 18 September 2001 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek verstaan Riaan - maar hoekom wag jy eers tot daar op jou gekiet word?
Dis maar 'n persoonlike besluit wat elkeen moet neem, en ek wys nie 'n
vinger na 'n ganer of 'n blyer nie.
Annette

--
Groetnis> Donderdag 13 Sept 2001 (19:00)
>
> Ek en my verloofde stop voor by my prok vriend se huis in Wierdapark om ons
> huweliks kontrak op te tel. Rustig klim ons uit die motor en begin die sowat
> 10 tree hek toe stap. Skielik uit die bloute uit hou 'n motor langs ons stil
> en die deure vlieg oop. Die bestuurder sê vir my KOM HIER, KOM HIER en ek
> hoor hoe 'n pistool gespan word.
>
> Om 'n lang storie kort te maak, ons het daarin geslaag om te vlug terwyl die
> persoon sy hele magasyn op ons leeg geskiet het. Dit was net genade van bo
> wat gekeer het dat nie een van ons getref is nie. Op die oomblik is ons
> altwee vol blou kolle, skrape en snye wat ons opgedoen het in 'n poging om
> te vlug.
>
> Ek weet mense sal se ek wil nou weghardloop uit SA uit, maar ek gee nie om
> nie. Ek sal terugkom SA toe as die regering begin om die geweld in die land
> ernstig op te vat, want op die oomblik dink ek hulle dink dit is alles net
> 'n groot grap.
>
> Ja ek is lie vir SA en wil nie graag trek nie, maar met die wette wat op die
> oomblik van so aard is dat die kak van die samelewing met alles wegkom en jy
> so diep in die kak sal wees as jy jouself wil verdedig sien ek nie die punt
> in om hier te wees solank dit die situasie is nie.
>
Re: Afrikaners in New Zealand [boodskap #50308 is 'n antwoord op boodskap #50239] Di, 18 September 2001 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9o4t5k$atgeb$1@ID-92016.news.dfncis.de...

> Die persoon het deur ernstige depressie gegaan nadat hulle NZ toe getrek
> het, dus sal sy siening baie persoonlik wees.
> Annette

My ondervinding in NZ was ook baie onaangenaam - ek neem niemand kwalik wat
daar deur depressie gaan nie. Die plek is genoeg om mens behoorlik
teneergedruk te laat voel. Ook my persoonlike mening - ons was gedwing om
daarheen te gaan en het amper drie jaar daar gewoon. Maar daar is mense wat
dink dis die beste plek op aarde.

Op die oomblik hier in Aus is almal behoorlik die hoenders in vir die
Kiwi's, veral Air New Zealand, wat die lugdiens Ansett Australia laas week
in bankrotskap gedompel het. Praat van groot boikotte teen hulle want hulle
wil nie die ongeveer 17000 werkers die geld betaal wat hulle toekom nie.
Air New Zealand is nou self op die randjie van bankrotskap.
Re: Afrikaners in New Zealand [boodskap #50368 is 'n antwoord op boodskap #50282] Wo, 19 September 2001 10:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dis Afrikaans!!!
_______________________________________________________
"Riaan"
> en die deure vlieg oop. Die bestuurder sê vir my KOM HIER, KOM HIER en
> ek hoor hoe 'n pistool gespan word.
Re: Afrikaners in New Zealand [boodskap #50484 is 'n antwoord op boodskap #50282] Do, 20 September 2001 20:24 Na vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Sep 2001 08:58:37 +0200, "Riaan" wrote:

> Die bestuurder sê vir my KOM HIER, KOM HIER en ek
> hoor hoe 'n pistool gespan word.
>
> Om 'n lang storie kort te maak, ons het daarin geslaag om te vlug terwyl die
> persoon sy hele magasyn op ons leeg geskiet het. ......................................
...............................
......................
............
ens...

Is jy seker daarvan dat hulle nie net 'n grap gemaak het nie Riaan?
Of strek jou sin vir humor nie sò ver nie?

DD
Vorige onderwerp: The 3rd Boer war
Volgende onderwerp: HERITAGE DAY 2001
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 02:57:03 MGT 2024