Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » WTC: Ook nie meer
WTC: Ook nie meer [boodskap #50253] Ma, 17 September 2001 14:09 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gistermiddag het ons weer na ons tuisvideo gekyk van ons 'trippie' in '97
wat in NY geëindig het.
Veral was ek weer getref deur die omvang van dit wat eens die WTC was.
Weer gekyk na die skote wat ek met die wyehoeklens geneem het waar dit amper
lyk asof die twee torings se punte bo aan mekaar geraak het.
Daar het ek en Hanlie nog gestaan en grappies maak. "Hier stink dit na
geld" sê sy nog op die video. En ek het my voete in daai koel water van die
fontein afgekoel, want dit was so vrek warm... 110 Fahrenhet binne in die
Statue of Liberty gewees, en ons kon nie ingaan nie.

Ek kan my net indink hoe sommige van die slagoffers van die sinlose
terreurdaad na daardie koel water gesmag het in hul laaste lewensoomblikke.

Ek het nog daar naby in 'n 21st Century winkel vir my sommer 20 video bande
gekoop teen soiets soos $3.00 elk (1US$ = R4.30) Hier het dieselfde bande
my R50 elk gekos...

En ek dank my God dat ek veilig kon terugkom.

Thys (dankbaar) op hierdie Akker
Re: Ook nie meer [boodskap #50260 is 'n antwoord op boodskap #50253] Ma, 17 September 2001 14:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek onthou hoe ons van die uitkykplatvorm op die 110e verdieping afgekyk
het, en die geel taxi's onder soos dinky toys gelyk het. Ian was te bang om
voorr die reeling te staan, maar ek moes afkyk, en met die skuins- uit ruite
was dit 'n heerlike gevoel om van so hoog so ver rondom en af te kon kyk. -
soos voëls dinge sien.
Annette

> Gistermiddag het ons weer na ons tuisvideo gekyk van ons 'trippie' in '97
> wat in NY geëindig het.
> Veral was ek weer getref deur die omvang van dit wat eens die WTC was.
> Weer gekyk na die skote wat ek met die wyehoeklens geneem het waar dit amper
> lyk asof die twee torings se punte bo aan mekaar geraak het.
> Daar het ek en Hanlie nog gestaan en grappies maak. "Hier stink dit na
> geld" sê sy nog op die video. En ek het my voete in daai koel water van die
> fontein afgekoel, want dit was so vrek warm... 110 Fahrenhet binne in die
> Statue of Liberty gewees, en ons kon nie ingaan nie.
>
> Ek kan my net indink hoe sommige van die slagoffers van die sinlose
> terreurdaad na daardie koel water gesmag het in hul laaste lewensoomblikke.
>
> Ek het nog daar naby in 'n 21st Century winkel vir my sommer 20 video bande
> gekoop teen soiets soos $3.00 elk (1US$ = R4.30) Hier het dieselfde bande
> my R50 elk gekos...
>
> En ek dank my God dat ek veilig kon terugkom.
>
> Thys (dankbaar) op hierdie Akker
>
Hoge uitsig...met lekker en mooi herinneringe [boodskap #50283 is 'n antwoord op boodskap #50260] Di, 18 September 2001 07:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Daai uitsig laat my dink aan die besoek aan 'G in K' se CN Tower in Toronto.
Daar is mos een gedeelte waar die vloer van (dik) glas is, en jy reguit af
tot op die grond kan kyk. Daar ook lekker gelag oor ons vriendin so bang
was dat sy behoorlik soos 'n waagarties met arms oopgesprei na weerskante so
op die balke (wat jy kan sien) 'loop'...

Ons was ongelukkig nie bo-op die WTC torings in NY nie. Sal maar wag tot
hulle dit weer herbou...

Thys

"Annette" skryf in boodskap news:9o56l6$b6n3g$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek onthou hoe ons van die uitkykplatvorm op die 110e verdieping afgekyk
> het, en die geel taxi's onder soos dinky toys gelyk het. Ian was te bang om
> voorr die reeling te staan, maar ek moes afkyk, en met die skuins- uit ruite
> was dit 'n heerlike gevoel om van so hoog so ver rondom en af te kon yk. -
> soos voëls dinge sien.
> Annette
Re: Hoge uitsig...met lekker en mooi herinneringe [boodskap #50290 is 'n antwoord op boodskap #50283] Di, 18 September 2001 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien bou hulle 'n hoër ene.
As ek reis besoek ek mos alles wat daar te siene is en loer in al wat
vreemde gat is:))) Soos die moltreingatte.:))
Ek kan nog goed onthou hoe ek vir die eerste keer in een van daardie
glashysers wat buite vassit gery het - dit voel kompleet of die grond onder
jou wegval - net te lekker.
Miskien moet hule met die nuwe WTC die glashysers buite sit - net die
hyser-rit sal al klaar 'n helse ondervinding wees.
As ons ooit eendag ontmoet, sal ek die kiekie saambring van ons op die WTC
110e vloer - met NY op die agtergrond - iets vir die nageslag...
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Thys de Wet skryf in boodskap news:9o6rff$1irr$1@news.adamastor.ac.za...
> Daai uitsig laat my dink aan die besoek aan 'G in K' se CN Tower in Toronto.
> Daar is mos een gedeelte waar die vloer van (dik) glas is, en jy reguit af
> tot op die grond kan kyk. Daar ook lekker gelag oor ons vriendin so bang
> was dat sy behoorlik soos 'n waagarties met arms oopgesprei na weerskante so
> op die balke (wat jy kan sien) 'loop'...
>
> Ons was ongelukkig nie bo-op die WTC torings in NY nie. Sal maar wag tot
> hulle dit weer herbou...
>
> Thys
> "Annette" wrote in message
> news:9o56l6$b6n3g$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek onthou hoe ons van die uitkykplatvorm op die 110e verdieping afgekyk
>> het, en die geel taxi's onder soos dinky toys gelyk het. Ian was te bang om
>> voorr die reeling te staan, maar ek moes afkyk, en met die skuins- uit ruite
>> was dit 'n heerlike gevoel om van so hoog so ver rondom en af te kon yk. -
>> soos voëls dinge sien.
>> Annette
>
Re: Hoge uitsig...met lekker en mooi herinneringe [boodskap #50294 is 'n antwoord op boodskap #50283] Di, 18 September 2001 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Ons was ongelukkig nie bo-op die WTC torings in NY nie. Sal maar wag tot
> hulle dit weer herbou...
>

Daar is mense wat sê dat hulle nie dieWTC presies dieselfde
moet herbou nie. 'n Ou wat 'n studie gemaak het van die
argitektuur sê dat dit nooit 'n veilige opset was nie, en dat dit
ook nie aan sekere basiese veiligheids-maatreëls beantwoord
het nie, ten spyte van die feit dat dit regerings-eiendom was.

Gloudina
Re: Hoge uitsig...met lekker en mooi herinneringe [boodskap #50310 is 'n antwoord op boodskap #50283] Di, 18 September 2001 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n paar sommetjies gemaak (Oom Isaac se Wette bietjie afgestof) en ek
kan jou een ding vertel. Die WTC het nie inmekaar gestort as gevolg van
'n swak struktuur nie. Beide die geboue het 'n 100 ton voorwerp met 'n
spoed van omtrent 250 km/h (my skating, dit kan selfs bietjie meer wees)
gestop binne 30m. As my berekeninge my nie in die steek laat nie is dit 'n
krag van ongeveer 16 MegaNewton.

Die geboue het geval omdat die brand die struktuur van die vloere waar die
vliegtuig getref het verswak het tot op 'n punt waar dit nie meer die gewig
van die boonste vloere kon hou nie. Dit is ook daarom dat die tweede gebou
eerste geval het. Daar was meer gewig bo. Daar is ook nie 'n manier dat
die onderste vloere die momentum van die boonstes kon keer nie. Dit was een
groot domino effek. As daar beter brandbestyding was sou die geboue nie
getuimel het nie.

skryf in boodskap news:3BA730BF.41CCB584@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Ons was ongelukkig nie bo-op die WTC torings in NY nie. Sal maar wag tot
> hulle dit weer herbou...
>

Daar is mense wat sê dat hulle nie dieWTC presies dieselfde
moet herbou nie. 'n Ou wat 'n studie gemaak het van die
argitektuur sê dat dit nooit 'n veilige opset was nie, en dat dit
ook nie aan sekere basiese veiligheids-maatreëls beantwoord
het nie, ten spyte van die feit dat dit regerings-eiendom was.

Gloudina
Re: Hoge uitsig...met lekker en mooi herinneringe [boodskap #50364 is 'n antwoord op boodskap #50310] Wo, 19 September 2001 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Watter tipe stof gebruik hulle om brande op lughawens(vliegtuie) te blus?
Ek dink nie mens kan verwag dat daar daarvoor ook voorsiening gemaak moet
word nie.

Ek kan eerlikwaar nie glo mense is bereid om in sulke hoë geboue
te werk nie. As ek in Amerika gewerk het, het ek nou baie vinnig leer
valskermspring en sal hom permanent op my rug dra ;))

Sakkie skryf in boodskap news:3ba75d42$0$226@hades.is.co.za...
> Ek het 'n paar sommetjies gemaak (Oom Isaac se Wette bietjie afgestof) en ek
> kan jou een ding vertel. Die WTC het nie inmekaar gestort as gevolg van
> 'n swak struktuur nie. Beide die geboue het 'n 100 ton voorwerp met 'n
> spoed van omtrent 250 km/h (my skating, dit kan selfs bietjie meer wees)
> gestop binne 30m. As my berekeninge my nie in die steek laat nie is dit 'n
> krag van ongeveer 16 MegaNewton.
>
> Die geboue het geval omdat die brand die struktuur van die vloere waar die
> vliegtuig getref het verswak het tot op 'n punt waar dit nie meer die gewig
> van die boonste vloere kon hou nie. Dit is ook daarom dat die tweede gebou
> eerste geval het. Daar was meer gewig bo. Daar is ook nie 'n manier dat
> die onderste vloere die momentum van die boonstes kon keer nie. Dit was een
> groot domino effek. As daar beter brandbestyding was sou die geboue nie
> getuimel het nie.
>
> skryf in boodskap news:3BA730BF.41CCB584@home.com...
> Thys de Wet wrote:
>
>> Ons was ongelukkig nie bo-op die WTC torings in NY nie. Sal maar wag tot
>> hulle dit weer herbou...
>>
>
> Daar is mense wat sê dat hulle nie dieWTC presies dieselfde
> moet herbou nie. 'n Ou wat 'n studie gemaak het van die
> argitektuur sê dat dit nooit 'n veilige opset was nie, en dat dit
> ook nie aan sekere basiese veiligheids-maatreëls beantwoord
> het nie, ten spyte van die feit dat dit regerings-eiendom was.
>
> Gloudina
>
Re: Hoge uitsig...met lekker en mooi herinneringe [boodskap #50376 is 'n antwoord op boodskap #50364] Wo, 19 September 2001 11:51 Na vorige boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vir brandende vloeistowwe soos Jet-A1 word meestal skuim gebruik. Dit is
nou ook nie die skuim in 'n borrelbad nie. Dit is 'n versmoringstegniek wat
anders as meeste ander metodes die suurstof afsny vir 'n lang tydperk en nie
die vloeistof nog verder te verspei nie. Ek glo nie 'n ou kan dit in 'n
gebou gebruik nie. Jy gaan baie mense begrawe as gevolg van 'n klein brand.

"Shannon" skryf in boodskap news:3ba87192.0@news1.mweb.co.za...
> Watter tipe stof gebruik hulle om brande op lughawens(vliegtuie) te blus?
> Ek dink nie mens kan verwag dat daar daarvoor ook voorsiening gemaak moet
> word nie.
>
> Ek kan eerlikwaar nie glo mense is bereid om in sulke hoë geboue
> te werk nie. As ek in Amerika gewerk het, het ek nou baie vinnig leer
> valskermspring en sal hom permanent op my rug dra ;))
>
> Sakkie wrote in message
> news:3ba75d42$0$226@hades.is.co.za...
>> Ek het 'n paar sommetjies gemaak (Oom Isaac se Wette bietjie afgestof) en ek
>> kan jou een ding vertel. Die WTC het nie inmekaar gestort as gevolg van
>> 'n swak struktuur nie. Beide die geboue het 'n 100 ton voorwerp met 'n
>> spoed van omtrent 250 km/h (my skating, dit kan selfs bietjie meer wees)
>> gestop binne 30m. As my berekeninge my nie in die steek laat nie is dit 'n
>> krag van ongeveer 16 MegaNewton.
>>
>> Die geboue het geval omdat die brand die struktuur van die vloere waar die
>> vliegtuig getref het verswak het tot op 'n punt waar dit nie meer die gewig
>> van die boonste vloere kon hou nie. Dit is ook daarom dat die tweede gebou
>> eerste geval het. Daar was meer gewig bo. Daar is ook nie 'n manier dat
>> die onderste vloere die momentum van die boonstes kon keer nie. Dit was een
>> groot domino effek. As daar beter brandbestyding was sou die geboue nie
>> getuimel het nie.
>>
>> skryf in boodskap news:3BA730BF.41CCB584@home.com...
>> Thys de Wet wrote:
>>
>>> Ons was ongelukkig nie bo-op die WTC torings in NY nie. Sal maar wag tot
>>> hulle dit weer herbou...
>>>
>>
>> Daar is mense wat sê dat hulle nie dieWTC presies dieselfde
>> moet herbou nie. 'n Ou wat 'n studie gemaak het van die
>> argitektuur sê dat dit nooit 'n veilige opset was nie, en dat dit
>> ook nie aan sekere basiese veiligheids-maatreëls beantwoord
>> het nie, ten spyte van die feit dat dit regerings-eiendom was.
>>
>> Gloudina
>>
>
Vorige onderwerp: Ongelooflike Toeval
Volgende onderwerp: Nou wat de donner nou?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 06:34:19 MGT 2024