Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Brandaan-siklus: "Séance" deur D.J. OPPERMAN
Brandaan-siklus: "Séance" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #50162] So, 16 September 2001 01:28
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit die Brandaan-siklus
D.J. Opperman

Séance

Ons is meteens soos in die donker kamer
van 'n skip oor Kaapse waters diep en glad,
dan breek daar tot ons deur uit enkel vame
die geluide van 'n ondersese stad,
wat ons nie sien, maar weet dis waar: ons hoor
'n slaafklok lui en Burgers loop en praat,
perde runnik, 'n klein Maleierkoor
teem êrens, en 'n kokkewiet fluit-lok 'n maat.
En sy wat helder sien, is ons skietlood
wat in die dieptes van die Syn wegsak,
maar peilend in die waters van die dood
raak ons aan die deurstraalde stad gehaak.
Geen kuns of kennis dryf ons verder voort.
Verlos ons van dié strik. Heer, sny die koord.
Vorige onderwerp: Brandaan-siklus (6): "Kronos" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Brandaan-siklus: "Man met Horries" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:57:18 MGT 2024