Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die halwe orrel
Die halwe orrel [boodskap #49970] Di, 11 September 2001 15:00 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die storie van die orrel:

Toe die gemeente in die vroeg 70's afstig en hulle toe hul eie kerk bou, was
daar nie R23000 om die orrel volgens spesifikasie te voltooi nie. Net die
helfte van die orrelpype en wat daarmee saamgaan, is toe geïnstalleer. Dit
het tot gevolg dat die orrel nie 'n gebalnseerde klank gehad nie. Dit kon
hard speel, maar dit was maar skree-erig. Dit kon sag speel, maar dan het
daar op sekere note 'n pyp saamgespeel wat die hele klankeffek opgemors het.
Speel daar 'n fluit saggies in die swelkas, dan sal hier vanaf 'n skere noot
op die manuaal sommer 'n "mikstuur" of klaroen saambrom vanuit die groot
kas! Heel ongebalanseerd.
So is daar dan toe kwotasies aangevra, en die R8000 van 1976 het toe in 1992
die bedrag van R120000 geword.
Maar dit was 'n gestoei.

So is die orrelbouers toe al aan't werk aan die bykomende pype, en het hulle
toe reeds die "basuin" register geïnstalleer. Daar word 'n lofsang gesing
na die kollekte, en Nina gebruik toe die Basuin in haar register stelling.
Natuurlik klink dit toe heel anders en luid. Amper soos daai gevoel as die
kerk so bewe soos die lae note gespeel word. Gryp een van die ouer omies
kerkraadslede die dominee na die tyd in die konsistorie:
"Dominee, ek sien nou dat ons maar die orrel sal moet laat klaar maak. Ek
kon nou ook hoor dat hy darem regtig snaaks beginne klink." En dit nadat
die Kerkraad toe alreeds hoeveel maande lank besig was met
geldinsamelings...:-))

Die orrel is toe voltooi, en behoorlik "ingespeel" Oom Pieter vd
Westhuisen van die Konserve het die gemeente sang die Sondag aand gelei, en
Wilna Prekeldt het die meer "hogere" speelwerk na die diens gedoen as deel
van die inwyding.

Thys oppie Bos (denkend aan die tragedie wat hom nou in New York afspeel)
Re: Die halwe orrel [boodskap #49977 is 'n antwoord op boodskap #49970] Di, 11 September 2001 18:15 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Thys.
Annette ( ook denkende aan die tragedie)
> Die storie van die orrel:
>
> Toe die gemeente in die vroeg 70's afstig en hulle toe hul eie kerk bou, was
> daar nie R23000 om die orrel volgens spesifikasie te voltooi nie. Net die
> helfte van die orrelpype en wat daarmee saamgaan, is toe geïnstalleer. Dit
> het tot gevolg dat die orrel nie 'n gebalnseerde klank gehad nie. Dit kon
> hard speel, maar dit was maar skree-erig. Dit kon sag speel, maar dan het
> daar op sekere note 'n pyp saamgespeel wat die hele klankeffek opgemors het.
> Speel daar 'n fluit saggies in die swelkas, dan sal hier vanaf 'n skere noot
> op die manuaal sommer 'n "mikstuur" of klaroen saambrom vanuit die groot
> kas! Heel ongebalanseerd.
> So is daar dan toe kwotasies aangevra, en die R8000 van 1976 het toe in 1992
> die bedrag van R120000 geword.
> Maar dit was 'n gestoei.
>
> So is die orrelbouers toe al aan't werk aan die bykomende pype, en het hulle
> toe reeds die "basuin" register geïnstalleer. Daar word 'n lofsang gesing
> na die kollekte, en Nina gebruik toe die Basuin in haar register stelling.
> Natuurlik klink dit toe heel anders en luid. Amper soos daai gevoel as die
> kerk so bewe soos die lae note gespeel word. Gryp een van die ouer omies
> kerkraadslede die dominee na die tyd in die konsistorie:
> "Dominee, ek sien nou dat ons maar die orrel sal moet laat klaar maak. Ek
> kon nou ook hoor dat hy darem regtig snaaks beginne klink." En dit nadat
> die Kerkraad toe alreeds hoeveel maande lank besig was met
> geldinsamelings...:-))
>
> Die orrel is toe voltooi, en behoorlik "ingespeel" Oom Pieter vd
> Westhuisen van die Konserve het die gemeente sang die Sondag aand gelei, en
> Wilna Prekeldt het die meer "hogere" speelwerk na die diens gedoen as deel
> van die inwyding.
>
> Thys oppie Bos (denkend aan die tragedie wat hom nou in New York afspeel)
>
Vorige onderwerp: Re: Afrikaans as wêreldtaal
Volgende onderwerp: Ek vertrou nie die vrede nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 06:29:35 MGT 2024