Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ken jy hom? (deur Dirk Lamprecht)
Ken jy hom? (deur Dirk Lamprecht) [boodskap #49744] Vr, 07 September 2001 14:25
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ken jy hom?
Hier waar hy op die wye vlaktes staan
en stil die hittegolfies vas teen hom slaan.

Ken jy hom?
'n Seuntjie, kaalvoet, vaal, 'n kind
wat dwaal en soek - en vind.

Ken jy hom?
die eensaamheid, die swye wat staar
oor die stom stilte van hierdie wye altaar.

Ken jy hom?
die verlange na iets wat wyer kring
oor die stil vlaktes lê - en vrede bring.

Ken jy hom?
die hunkering na, die begeerte vir wysheid op die wind
waar 'n kinderhart al die antwoorde vind.

Ken jy hom?
die gees wat vryraak in die tyd
wat sweef oor eensame paaie - stil en wyd.

Ken jy hom?
as hy terugkeer en vreedsaam lyk
as hy geen vrae vra - net met ander oë kyk.

Ken jy hom?

~~~~~~~~~~~~~~~~~
kommentaar?
Vorige onderwerp: Gaap...
Volgende onderwerp: Vragie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 06:41:03 MGT 2024